11 September 2006
ZSA ZSA GABOR VIR DIRK D ...
Mae West het (na bewering, flip, mens moet seker wees van jou feite op Sênet deesdae) gesê: “I`m as pure as the driven slush.”
Een van my gunsteling Zsa Zsa sêdinge is: “I`ve never hated a man enough to give him his diamonds back.”
Vir die rekord, voordat Tintin uit Cambridge, Engeland, my weer uitvat oor een of ander verskuilde rassisme, ek het nog nooit diamante begeer of ontvang nie.
Kom ons praat liewers weer oor setperke of Mr Sex. Tom Ford, die lees ek, koester ambisies om `n Hollywood director te word.
Meanwhile, elders, beplan SêNet se nuwe eselruiter vir homself nie alleen `n palmtakbestrooide wandelpad nie, maar sommer `n blombestrooide ene op die koop toe.
Mens kan seker verwag dat daar verder in die paadjie af op Fini balsamiekasyn aangedring sal word, want ek kan nie dink dat Farmgirl Brown Spirit Vinegar ooit aan die felle standaarde sal voldoen nie.
There. I should just about have managed to offend everyone.
Staan PK vir polities korrek, of pretensieuse kontinentaal?
Groete
Sonia
terug