8 September 2006
MIA ...
Jong, ek het nie al jou briewe gelees nie - maar jou stukkie in bieg laat my jou baie jammer kry. Ek weet nie veel van sielkundiges en beraders nie, maar ek kan verstaan dat hulle nie agter jou gaan aanbel nie, nie omdat hulle nie omgee nie of niks van jou hou nie. As jy die loodgieter gaan sien het oor `n pyp wat lek of `n dokter oor `n oor wat pyn gaan hulle jou nie bel en hoor hoekom jy jou volgende afspraak nie nagekom het nie. Ek is eintlik bly dat die persoon wat jy gesien het nie agter jou aan bel nie. Dit sou dalk beteken daai persoon het niks anders om te doen nie of raak persoonlik betrokke by jou.
Verder weet ek dat mens self moet verantwoordelikheid vat vir jou wese, jou is en jou toekoms. Dit is makliker gesê as gedaan. Die feit dat jy briewe skryf, is al `n groot ligpunt.
Dalk antwoord baie mense jou nie, maar baie van ons dink aan jou en wens ons kon jou pyn ligter maak.
As jy `n "do it yourself" tipe is, kyk gerus hierna daar is oulike goed oor "inner child", "co dependency", "time-management", "accepting personal responsibility", "vulnerable" en vele meer. Die eerste prys is seker egter om by `n professionele persoon uit te kom.
Baie sterkte
Mamma
terug