Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Ek het so terloops jou briefie raakgelees vanoggend. Kuiken het vanoggend
die nuwe skooljaar begin by `n nuwe skool en ek sit en wag dat die bus haar
moet huis toe bring na haar halfdag se inburgering in die nuwe omgewing.
Ek het die Bloedrivier-sindroom opgehaal na aanleiding van sommige
Afrikaners se onwrikbare geloof in die mitiese godvolk en die onvermoë om
iets goed in Afrika te sien.
Gaan lees die gedig van Theo Wassenaar wat Cornelius Henn op 24 Augustus met "liefde en deernis" met my gedeel het en jy sal verstaan. Skrikwekkende
beskrywing van die sindroom. Afgryslik dat dit so al rymend opgehaal is.