29 Augustus 2006
REGUIT LINKER ...
Ja, jy`s doodreg, die brief was geskryf uit woede. Woede omdat ek persoonlik aangeval is en nie net omdat iemand nie van my song of musiekvideo gehou het nie. Dit sou een paragraaf gevat het.
My laaste paragraaf nie regverdig nie??? Het ek vir een oomblik op LitNet kom spring en iemand net links en regs begin sê hy`s `n "onnosel moroon"?? Ooit vir enigiemand gesê ek dink hulle het kak name??
Nee, ek het nie eens hierdie debat op LitNet begin nie! Ek het soos vroeër al genoem `n mening gevra op `n ander forum en toe kies Strontpolisie om dit `n persoonlike aanval te maak hier op LitNet. En jy reken ek moet gebukkend gaan daaronder??
Oor Namaste...ek sit dit soms onderaan emails...dis nie `n skuilnaam nie, ek dink Webvoet het dalk gedink ek wil as Namaste skryf...hier`s die betekenis van die groetwoord namaste (NAMASTAY uitgespreek)
I honour the place in you
in which the entire Universe dwells,
I honour the place in you
which is of Love, of Truth, of Light and of Peace,
When you are in that place in you,
and I am in that place in me,
we are One.
Dan, vir Souf, Lilith en al die ondersteuners daarbuite, shot daarvoor. EK BELOWE die song gaan nie oor lelike vrouens met mooi persoonlikhede nie!!! Genuine...hieronder is die lyrics met `n verduideliking...ek sal weet...ek het dit geskryf...
Dit vat my terug toe ek gely het onder `n baie slegte vel, bad hair days en net pleinweg die gevoel om ongemaklik te voel in jou eie vel...ek was `n baie skaam tienerseun...vandaar die woorde...
Jou hare is gekrul soos ‘n spietkop se bril
Jy trek ‘n gesig as jy vir jouself gril
Jou maanlandskap gesig is vol zits
En jou asem ruik soos vrot armpits
Maar jy’t die mooiste mooiste persoonlikheid
Die mooiste mooiste persoonlikheid
Die mooiste mooiste persoonlikheid in die land
Jou lyfie waggle as jy in die straat afstap
Jou boude dril met elke trap
Jou bene is bak genoeg vir ‘n vark
Of maybe almal in die ark
Maar jy’t die mooiste mooiste persoonlikheid
Die mooiste mooiste persoonlikheid
Die mooiste mooiste persoonlikheid in die land
Jou tande is gepak soos ‘n hindernisbaan
Nie eens ‘n tandarts weet wat daar aangaan
Jou skeel oë is die laaste stront
Saam met die witgoed in die hoeke van jou mond
Maar jy’t die mooiste mooiste persoonlikheid
Die mooiste mooiste persoonlikheid
Die mooiste mooiste persoonlikheid in die land
Maar dis nie so erg nie
Dis net ‘n bietjie mal
Newwermaaind wat die mense sê
Jy bly nogsteeds my beste beste pel (Hier aan die einde van die song maak die seun vrede oor hoe hy lyk en weet dis van verbygaande aard...)
Met jou mooiste mooiste persoonlikheid
Die mooiste mooiste persoonlikheid
Die mooiste mooiste persoonlikheid in die land
©Abel Kraamsaal
Afgesien van al die lelike goed wat al gesê is...die video is darem al meer as 150 keer gedownload en/of gekyk...hehehehe
Abel Kraamsaal
Die “namaste” as naam, is inderdaad my skuld. Jammer. MV
terug