12 Januarie 2005
VIR AFRICAN: ENGELS WORD IN ONS KELE AFGEDRUK ...
Ek verwys na jou brief van 13 Desember waarin jy wonder hoekom mense kla oor Engels op hierdie werf maar nie Nederlands of Duits nie.
Is dit nie vir jou logies nie?
Onder andere:
Nederlands en Duits word nie in ons kele afgedruk nie, Engels wel.
Nederlands en Duits kan Afrikaans net ten goede beïnvloed, Engels nie, hy is in n ander sleutel gekomponeer.
Nederlands en Duits is nie besig om, soos Engels, Afrikaans te versmoor nie. Kyk maar hoe praat mense soos Toast en Jackie Nagtegaal, dis net n kwessie van tyd dan is hulle, en definitief hulle kinders, Engels. Presies soos die Skotte en die Iere hulle tale verloor het. Dit is ook nie lank nie of die swartes in hierdie land praat ook net Engels want alreeds, oor die algemeen, is hul tale net spreektale, hulle kan nie meer in hul eie tale skryf nie.
Laat net weet as ek meer breedvoerig moet verduidelik.
Groetnis,
Jan Rap
terug