Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Verbeel ek my, of is LitNet besig om te verengels? Gaan Afrikaans hier ook sy deur toemaak om die stryd teen Engels te verloor?
Groete,
Frans
Andilandeli kakuhle. Uxolo, utheni? Yintoni le ngesiXhosa?
Ek verstaan nie mooi nie. Ekskuus, wat het jy gesê? Wat is dit in Xhosa?
Frans, ek probeer gewoon sê dat die taalkwessie in Suid-Afrika oor meer as slegs twéé tale handel. As sommige van die materiaal op LitNet nie vir alle Suid-Afrikaners toeganklik is slegs in Afrikaans nie, mag Engels dalk help om brûe te bou.