SêNet - briewe van lesersArgief
††Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
††SÍNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



PoŽsie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoŽsieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad ďdaar in die vreemdeĒ aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SÍNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    5 Oktober 2004

    KAALBREIN AFRIKANERS ...

    Goeiedag en salutasies aan ieder en elk, van Brixton tot Skelmbos

    Dames en here, dit was my vertwyfelbare plesier om die afgelope week die Aardklop-fees by te woon.

    Eerstens moet ek egter waarsku dat my kritiek hier nie gerig is op die toneel, beeldende kuns of ander kreatiewe areas van die fees nie, maar op die feesgangers.

    Dames en here, ek is die arme onopgevoede nar wat daagliks op die feesterrein rondgeloop het, en medefeesgangers irriteer het met my verkope van kinder-CD`s. My posisie sodanig verduidelik, kom ons by die kern van my klag.

    WAAR de hel kom hierdie mense vandaan?? Dis my groot vraag. Waar kom hierdie mense vandaan wat in 2004 na John Jacobs op ’n VERNIET verhoog kyk (besig om ’n stukkie uit Force de Silence te doen) en kliphard vir hulle mans se: "Ag nee, nog ’n kaffershow Ö"

    Waar kom hulle vandaan wat die arme pottebakker van Kaapstad af uit die pad stamp omdat hy vra of hy maar Engels kan praat.

    Waar kom hulle vandaan wat ’n akteur direk in haar gesig vra "Hoeveel vra jy per uur?Ē en dan een of ander nog vrotsiger line daarna gooi om haar nog meer te verkleineer?

    Ek is bitterlik jammer, maar dit gaan baie, baie vergeet en vergewe kos om my weer by Aardklop te kry.

    Dit waaroor ek die hartseerste is, is dat ek weet hoeveel werk en liefde in die vorm van die projek ingaan. Alle heil aan die vooruitdenkers wat daarvoor verantwoordelik is. Ook aan die kunstenaars in alle genre`s wat so hard werk om mense te laat dink en wakker word.

    Ongelukkig staan ek op hierdie oomblik intens gewalg in die feit dat ek Afrikaans en ’n Afrikaner is. Ek skaam my om saamgehoop te word met sulke kleinlike, haatdraende individue as sekere van die mense met wie ek elke dag moes praat by die fees. Hulle verdien nie voorreg om in hierdie fantastiese land te woon nie.

    Ek skaam my om saamgehoop te word met die vraatsugtige heeldagvreters wat net daar is om dronk te word of hulle uitsluitlik wit Afrikaans te verkwansel.

    Ek skaam my en ek huil, want die taal en die mense waarvoor ek so hartstogtelik lief is, het ’n hammer en ’n vuis geword om joernaliste, akteurs, kunstenaars, musikante en denkers tot op dieselfde barbaarse vlak as hulleself af te breek.

    Ek vra sommer by voorbaat omverskoning aan al die ANDER, opgevoede mense wat ook saam met my die feesterrein moes aanskou.

    Baie Groente

    Geelheks

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.