Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Ek hoor baie omroepers praat van Roulind Schoeman. Net so hoor ek baie mense, omroepers ingesluit, praat van die Tjoubie rivier in plaas van Chobe om te rym met ôbê, of Okavango wat rym met ou in plaas van met ô. Hoekom word hierdie name op die Engelse manier uitgespreek?
Ook hoor mens deesdae al hoe meer verkeerde grammatika, byvoorbeeld dat die infinitief nie volg na modale hulpwerkwoorde nie. Iemand sal sê hy moet daar is in plaas van hy moet daar wees, of hy sal dit het in plaas van hy sal dit hê. Of mense gebruik die oortreffende trap, met eentonige reëlmaat, oorbodig. n Radio-advertensie lui byvoorbeeld: .. Suid-Afrika se mees gewildste baked beans. Baked beans oor die Afrikaanse radio is klaar erg genoeg, moet hulle nou nog die grammatika ook verkrag?
Nou wonder ek: Het hierdie verslapping ingetree omdat onnies nie meer lyfstraf mag toedien nie of omdat daar nie meer onnies oor is wat Afrikaans gee nie? Of, is dit aspris? Is dit deel van n bose plan, soos die baie Engels op RSG en kykNET (kan jy glo selfs met die program 2014), om Afrikaans te laat kwyn en uiteindelik dood te maak?