SêNet - briewe van lesersArgief
††Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
††SÍNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



PoŽsie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoŽsieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad ďdaar in die vreemdeĒ aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SÍNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    10 Februarie 2001

    CHANEL, VOORUITGANG EN SENDING ...

    Chanel Brits vra of ons vooruitgang moet terughou sodat sending kan floreer. Dit hang natuurlik alles af van wat met “vooruitgang” en “sending” bedoel word.

    Die woord vooruitgang dui op ’n beweging van ’n minder na ’n meer wenslike toestand. Die gebruik van die begrip berus dus op ’n evaluasie — wat geld as meer en wat as minder wenslik? Enige sodanige oordeel veronderstel ’n standaard vir beoordeling. Aangesien sulke beoordelingstandaarde of waardehiŽrargieŽ op hulle beurt weer met allerlei logiese voorveronderstellings en implikasies van metafisiese aard vervleg is, is dit duidelik dat “vooruitgang” verskillende dinge vir verskillende mense beteken.

    Wat Chanel met vooruitgang bedoel blyk duidelik uit haar historiese voorbeeld: die teloorgang van tradisionele godsdienstigheid in Europa na aanleiding van die industriŽle rewolusie — dit wil sÍ vooruitgang is gelyk aan industrialisasie.

    En sending? Sending gebeur wanneer mense oor die drumpels van hulle eie religieuse tradisie stap om die rykdomme van daardie tradisie in woord en daad met buitestaanders te deel. Dit kan gewelddadige en vreedsame vorme aanneem. Dit kan paternalisties wees of die vorm van ’n gesprek tussen gelykes (dialoog) hÍ. Dit kan uit wees op die vernietiging van ander se kultuur en geloof, of op wedersydse begrip en verryking. Hoe dit ook al sy, solank as wat mense deelneem aan lewensbeskoulike tradisies — hetsy religieus of sekulÍr — wat vir hulle die lewe die moeite werd maak, sal “sending” deel van die menslike ervaringswÍreld wees.

    Moet vooruitgang teruggehou word sodat sending kan floreer? Moet industrialisasie beperk word ter wille van ’n uitwisseling van waardes en diepte-ervaringe van die werklikheid?

    As Chanel se historiese voorbeeld klop — as industrialisasie tot ’n vernietiging van godsdienstige tradisies lei, soos inderdaad die geval skyn te wees — dan moet die antwoord hierop ja wees. Dit sal jammer wees as godsdienstige tradisies, soos tale en allerlei ander kulturele goedere wat deur industrialisasie tot niet gemaak word, verdwyn. Nie net ter wille van “sending” nie, maar ter wille van die potensiŽle rykdom, volheid en diepte van menslike ervaring in die algemeen, word dit hoog tyd dat industrialisasie ingeperk word. Gesien vanuit ’n meer as konsumentistiese mensbeeld is industrialisasie nie noodwendig vooruitgang nie, maar agteruitgang — beweging van ’n meer na ’n minder wenslike stand van sake.

    Buitendien kan die derde wÍreld nooit die industrialisasie van die eerste wÍreld inhaal nie. Ons ekologiese sisteem kan nouliks nog enige ekonomiese groei in industrialiserende sin dra. As ons die Weste se industriŽle rewolusie ook moet ondergaan, sal dit die einde van alle lewe op aarde beteken ... behalwe natuurlik as die Weste ophou “ontwikkel”, of beter nog: terugsny op hulle oorontwikkeling.

    Iewers sal industrialisasie — “vooruitgang” in Chanel se terminologie — ingeperk moet word. Nie net ter wille van “sending” nie, maar ter wille van alles wat die lewe die moeite werd maak. En ter wille van die lewe self.

    Miskien kan selfs die Weste nog gered word?

    Gerrit Brand

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.