SêNet - briewe van lesersArgief
Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
SNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Posie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PosieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad daar in die vreemde aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    21 April 2004

    WANBEGRIP VAN VOLKSTAAT, AFRIKAAN ...

    Dt is waarom dit vir my nie die moeite werd is om met jou te korrespondeer nie, Afrikaan: jy het ’n wanbegrip van wat met ’n volkstaat bedoel word en watter soort mens die “ideologie” daarvan dryf. Jy het vooropgestelde idees en is nie in staat om jou eng siening van die saak te verbreed nie.

    Die volkstaat-gedagte het niks met rassehaat te doen nie, maar jy sal rassiste natuurlik ook onder volkstaters kry, hulle is oral te vinde. Dit het egter alles daarmee te make dat ’n volk, met ’n lang geskiedenis waarin hy soms moes veg om hom te bly handhaaf, dat daardie volk sy eie taal en kultuur wil bewaar en koester op ’n stukkie grond waar hy deur sy eie mense regeer word. Ek, soos baie ander, sien nie die volkstaat as ’n aparte onafhanklike staat nie, maar eerder as ’n bykomende provinsie, wat grotendeels binne dieSuid-Afrikaanse Grondwet fungeer, met spesiale magte soos die grondwet aan hom verleen. So ’n provinsie, welvarend soos ek verwag dit sal wees, kan ’n aanwins vir die hele SA wees.

    Die feit is dat as ons nie stappe neem om byvoorbeeld ons taal te handhaaf nie, dit sekerlik sal verdwyn soos dit tans oral afgeskaal en verdruk word. So ook die tradisies eie aan ons mense.

    Oral in die wreld strewe kleiner nasies of volke, of wat jy hulle ook al wil noem, na outonomie oor hul eie sake en word hulle deur liberale denkers gesteun in hul pogings om dit te bereik. Die Franse in Kanada is ’n voorbeeld, selfs Skotland het vordering gemaak in hierdie verband. Daar is sulke bewegings in talle lande in die wreld. Ook in die verskriklike stryd tussen die Jode en die Palestyne gaan dit in essensie daaroor dat elkeen van daardie volke hul eie stukkie grond wil h, in hulle geval is dit baie gekompliseerd weens die geskiedenis en veral die godsdienstige geskiedenis van die betrokke twee volke.

    Dikwels sal ’n mens eerder ’n opgevoede persoon van ’n ander kleur in jou voorkamer verwelkom as s maar ’n growwe soort blanke Afrikaner. Ek herhaal dus dat dit nie gaan oor rassisme nie — sien jy bv dr Mulder, leier van die Vryheidsfront, as ’n rassis? Hy is beslis nie een nie, is my mening. Maar in ’n Afrikaner-provinsie sal ons natuurlik met alle soorte Afrikaners moet saamleef, soos in Engeland hor en laer klasse saamleef, maar tog hul afstand ook behou.

    Is jy nie miskien ’n bietjie bevooroordeeld teenoor die Afrikaners in jou straat wat Sondae aan hulle motors peuter nie? Is dit nie ’n soort snobisme nie, omdat jy nie hulle belangstellings deel nie? Dalk beskou hulle jou as ’n groot ou onwelkome drol in hulle straat! In is jou houdings jeens hulle nie maar amper dieselfde ding as rassisme nie? Dit het as basis tog die gedagte: “Ek is beter as hulle.” Die feit is, nie alle mense van dieselfde taal- en kultuurgroep is dieselfde nie, maar ’n mens moet leer om te leef en te laat leef en dit is nog moeiliker in ’n veelrassige situasie waar jy voel jou taal en kultuur word bedreig. Ek gun elke swart of bruin mens geluk, gesondheid, welvaart, maar ek voel dat my eie geluk en so meer bedreig word in die huidige situasie. Daarom wil ek my eie ding doen in my eie grondgebied, waarheen ek besoekers van alle soorte kan uitnooi. Saam met ander Afrikaners, oor wie ek soms kan lag of huil na gelang hulle my vermaak of irriteer.

    Dit help nie om my te vertel hoe sleg dit gaan in Rusland of elders nie. Ons moet hier na onsself probeer omsien en eers wanneer ons ’n toestand bereik het waar almal tevrede en gelukkig is, kan ons daaraan dink om uit te reik na ander nasies.

    Ek glo nie die verkiesing was noodwendig so vry en regverdig nie. Luister bietjie wat s die IVP. Voeg daarby die SABC-propaganda vir die ANC wat ons in die weke voor die verkiesing gehoor het onder die dekmantel van die viering van tien jaar van demokrasie. Buitendien is dit mos ’n vooraf-sekerheid, want die swartes is ver in die meerderheid en stem op ’n rassegrondslag. Miskien is dr vir jou ’n opvoedingstaak.

    Eintlik moes ek nie weer aan jou geskryf het nie, maar ek probeer hiermee die laaste maal om jou tot beter insig te bring.

    Gemaskerde Varkspek

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.