16 Januarie 2001
WEG MET DIE TOTIUS-PSALMS ...
Dit help nie om enkele van die meer bekende verse uit van Totius se psalms aan te haal nie. Daar is ander verse wat weer uiters swak is. n Mens kry Nederlandismes daarin (hert), verouderde Afrikaans (stonde), en rymdwang (blade). In werklikheid is die standaard van die Totius-bundel in sy geheel baie ongelykmatig.
In Nederland is die gevoel dat daar elke 50 na 60 jaar n splinternuwe omdigting (die nuwe term vir beryming) van die psalms moet kom om dit eietyds te hou en om te verhinder dat die sing daarvan in onbruik verval. Hier by ons het dit broodnodig geword ek is oortuig daarvan dat die sing van die Totius-psalms op die dikwels temerige Geneefse wysies daartoe gelei het dat gemeentes allerhande ander gospel-twak nou liewer wil sing.
En mense, sjaddap nou eerder oor die nuwe psalms totdat julle hulle gesien het! Sover ek weet het TT Cloete die grootste (indien nie die enigste aandeel op die ou end nie) aandeel daarin gehad, en hy is ook geen liggewig nie. Ek is oortuig daarvan dat van TT Cloete se berymings beter gaan wees as Totius sn.
G Sang
terug