SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    13 September 2003

    ENGELS, ENGELS, OVERAL!!! ...

    Dit is totaal onaanvaarbaar dat die Engelse inhoud van die SAUK-TV uitsendings ʼn totaal van 91,1 % beloop.

    Dit is een van die bevindinge van ʼn inhoudsontleding van TV-uitsendings wat vir die Departement van Kommunikasie deur die Hope Madikane-Otto Research & Consulting Maatskappy onderneem is en vanoggend in die Wes-Kaap by ʼn beraad in Somerset-Wes bespreek is.

    Afrikaans geniet slegs 5 % uitsendingstyd vergeleke met die 91,1 % van Engels. Daar is geen duideliker bewys van die sloping van Afrikaans as hierdie syfer nie. Ten opsigte van die Afrikatale is die situasie nog swakker. Slegs Zulu haal 1 % uitsendingstyd, terwyl al die ander minder as 1 % blootstelling kry.

    Afrikaans is die enigste moderne inheemse wetenskapstaal in Suider-Afrika en dat die SAUK Afrikaans, tesame met die ander inheemse ampstale ten guste van Engels so onderdruk, dui op ʼn swak insig in die rol van die openbare uitsaaier in sy verpligtinge teenoor die mense van Suid-Afrika. Die NNP doen ʼn beroep op die SAUK en die Minister van Kommunikasie om dringend voordiehandliggende maatreëls te tref ten opsigte van programme en die gebruik van tegniese hulpmiddele om onderskrifte en gelyklopende radio-oorklanklanking in Afrikaans en ons ander inheemse tale in te stel.

    Die oorweldigend Amerikaanse aankope behoort ook verminder te word ten gunste van materiaal uit nie-Engelstalige lande wat weer eens toeganklik gemaak kan word deur tegniese hulpmiddele.

    Sodoende kan ʼn beter balans met betrekking tot wêreldbeskouing en waardestelsels aan die Suid-Afrikaanse publiek gebied word.

    Anna van Wyk

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.