13 Junie 2003
VROTHOLLANDS (VIR GERRIT BRAND) ...
Gerrit
Ek stem in n groot mate saam met wat jy sê.
My vraag is net: hoe bepaal jy watter pidjin kwalifiseer vir aanvaarding op amptelike vlak?
Afrikaans het darem gevorder van kombuistaal na n taal met vele nuanses en n ryk letterkunde. Sover my kennis strek, kwalifiseer geen ander Afrika pidjin vir amptelike status nie.
Wanneer n taal tot amptelike status verhef word, moet daar darem n geskrewe tradisie ook bestaan. Hoe anders gaan jy amptelike dokumente publiseer?
Of is jy n voorstaander van die orale tradisie en n terugkeer na die Afrikadrom metode om dit te kommunikeer wat nie skriftelik oorgedra kan word nie?
Vra maar net!
Lorelei
terug