SêNet - briewe van lesersArgief
Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
SNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Posie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PosieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad daar in die vreemde aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006













    SêNet: 19 September

    Nota: Die oorskakeling na 'n nuwe diensverskaffer het onverwags probleme met SêNet veroorsaak. Ongelukkig werk die skakels na ander briewe en na die SêNet-Argief nie. Ons sal so spoedig moontlik die probleme oplos - Naomi

    Landdroste en aanklaers

    Ek voel ek moet hierdie brief skryf, eerstens na aanleiding van die landdros wat na 16:00 misdadigers loslaat, en tweedens na gisteraand se Fokus op SABC 2 waar die polisie weereens die skuld vir alles kry.

    Ek is reeds die afgelope sewe jaar 'n koerant-joernalis in die Noordwes. My "beat" is hofverslaggewing vir verskeie gemeenskapskoerante in die provinsie, Suid-Gauteng en Oos-Vrystaat. Ek kan met oortuiging praat van aanklaers wat nie hulle huiswerk doen nie, nie moeite doen om dossiere deur te gaan nie, aanklaers wat negatief is omdat hulle kleintydse "LA Law" droom in die Nuwe Suid-Afrika vervlak is tot 'n realiteit van elf amptelike tale, dronk hoftolke, tolke wat nie opdaag nie, oorvol hofrolle en geen "juicy" sake soos wat die Amerikaanse TV die regte uitgemaak het nie, maar hofrolle vol "petty" sake soos sakkerol, diefstal vanuit motorvoertuie, huisbraak en diefstal - nie die soort sake waarvoor aanklaers lus het en jare se studies op gemors het nie.

    Dan is daar die meestal vroue landdroste wat kort-kort breek vir tee, en nie voor 9 uur in die hof instap nie, om 13:00 te breek vir ete en enigiets van 14:15 eers weer in die hof instap.

    Dan praat jy in die hofgange met polisiebeamptes wat nie meer weet watter kant toe nie. Dis vir die aanklaer minder moeite om die saak te laat uitgooi as wat dit is om 'n ordentlike saak saam te stel. En na die sesde uitstel, stel die klaer nie meer belang in die saak nie omdat dit sy tyd en geld mors. Die polisie kry dan weer die skuld omdat daar dadels van gekom het.

    Niemand weet in watter haglike omstandighede ondersoekbeamptes werk nie. Ek weet van ondersoekbeamptes wat maandeliks hulle hele salaris in hulle petroltenks gooi om sake op te volg, omdat daar een staatsvoertuig tussen ses lede beskikbaar is en hulle dan les bes hul privaat voertuie gebruik om die werk gedoen te kry. En van ondersoekbeamptes wat in winternagte in 'n veld wag omdat hulle inligting van 'n beplande plaasaanval gekry het, die ryp spierwit op hulle uniforms.

    Justisie moet sy rol in misdaadvoorkoming ordentlik begin speel. 'n Kraak in hierdie pilaar gaan die hele huis in mekaar laat tuimel.

    Jana
    Noordwes

    Kaapstad tot Kenia vir Bobbejaan Bobbejaan, ek weet nou nie van Kaapstad tot Karo nie, maar hier het onlangs mense oorgeslaap wat met 'n 1928 model A-Ford van Kenya af hierheen getoer het. Gaan kyk hier vir 'n foto. (Jy sal die huis in die agtergrond herken) Hulle is eergister weer oor die Namibi grens op pad terug Kenia toe.

    MaanKind

    Verwys na F. Williams se "Good news SA, short and sharp facts..."

    Francois

    Dankie dat jy die Afrikaner se harde werk en bydrae tot die sukses van Suid-Afrika, soos genoem in jou brief, erken.

    Groete

    Leon Puth

    Die goeie nuus, vir Francois W

    Francois,

    baie dankie vir al die goeie nuus uit SA. Wie sou kon dink dat dit so goed gaan hier?

    So, ek neem aan jy kan nie wag om terug te kom nie, en dat jy reeds druk besig is om werk te soek hier?

    Gerhard

    Liefde vir Kobus

    Laat my toe om jou "perspektief" te gee oor iets.

    Ek lees nie jou briewe nie. Wie het jou aangestel as regter oor alles en almal? Wie dink jy is jy? Waar is jou nederigheid? Jy s: "Vir jou is die verkeerde reg. Dus, by mense soos jy, s daar gewoon geen verkeerde nie..." Wie is jy om dit oor my te s? Oor my? Jy ken my nie, Kobus...los my uit. Hou op om Christene te vervolg en te veroordeel. Ek het baie hartseer gesien wat deur mense soos jy veroorsaak word. Ek skaam my vir jou. Jy skrik mense af.

    Moet asseblief nie weer 'n brief aan my of oor my skryf nie.

    Mag jy die Liefde vind in die plek van jou verwaandheid.

    Afrikaan

    Mia Nagtegaal

    Hallo!

    Fantastic!! Wonderlikste gevoel innie wreld, heh? Anyway, nou's jy verslaaf, nou's daar geen omdraai nie...

    Tog te bly as ek kon help!

    Mooiloop!

    Abel K

    Ag Kobus...

    Jy weet mos jy gaan hemel toe, hoekom nou toelaat dat 'n katterige eks-Calvinis jou so ontstel?

    Ek weet jy brand om my snotklap te gee elke keer as 'n bisarre pennevruggie van my aan jou die lig sien, al hou jy jouself nou so heilig en verhewe bo fisiese tugtiging. Jy is maar net 'n mens Kobus, jy het nie vlerke nie, word nie omring deur 'n engelekoor wat jou aanpor nie en as jy verjaar stuur een van die selfoonnetwerke vir jou 'n verjaarsdag sms, nie Liewe Jesus nie.

    Hou asseblief in gedagte, jy is een van biljoene ander sterflinge wat geen idee het wat om te verwag as die eindklok lui nie. Jy dink jy weet, jy hoop jy weet, jy het vir jouself hierdie beeld geskep van Lig en Lewe en vergoeding, en sal nou jou vingers aftik om 'n leksel hiervan te probeer bekom. Nie almal deel jou siening en nie almal van di wat nie saam met jou bakhand in die tou staan, is boos of sleg nie.

    Jy kan my nie in 'n boksie probeer plaas nie, jy weet ongelukkig te min van my af. Ek dink ook nie katterigheid sal my laat kwalifiseer vir die warmplek nie, vir 'n snotklap wel, maar nie vir die hel nie, nee meneer.

    Ek kan net dink hoe styg jou bloeddruk as 'n naamlose, goddelose, haterig vroumens dit durf waag om die absurde in jou griffels uit te wys. En so tussen ons, jou vermo om die relatief eenvoudige te snap, is prysenswaardig onderontwikkeld.

    My definisie van 'n Godkompleks? Iemand met die Here in sy hart, en die duiwel in sy gat.

    God is 'n God van liefde en warmte, nie waar nie?

    Jy het egter vir jouself die titel opgeis as god van veroordeling en koue tweespalt, en in 'n wreld van doodslag, hartseer, hongersnood en absolute ellende is jy die laaste persoon wat op 'n seepkissie moet staan om die Blye Boodskap te bring.

    Jou tong is heeltemal te gevurk daarvoor.

    Ek stel nie daarin belang om jou iets te leer nie, net soos ek geen ons wysheid ryker word uit jou "The end is nigh!" duisend woorde per minuut nie. Ek kan myself net die worsteling voorstel om 'n ou omie met 'n kerkpak te probeer potty-train.

    As ek die emmer skop, sal ek regtig 'n plan probeer maak om jou te laat weet wat gaan vir wat aan die Ander Kant. Sal nou nie kan belowe ek gaan skryf of bel nie, maar as jy een aand hoor, "Kobus, ag drup asseblief bietjie water op my tong", moet jy weet dis ek.

    Gaan in vrede ou Grote, en trek maar daardie vuurhoutjie, jy sal soveel beter voel.

    Minerva

    Bankkostes

    Hel ou Namib, ENB is nie skaam om te vat nie.

    My ou rekeninkie gaan toe mos nou die dag oortrokke. Is my skuld man. Ek is mos maar so effe losgat met die tipe dinge. Hulle looi my waaragtig R95 vir wat hulle noem 'n "honouring fee". Wat het hulle ge"honour"? 'n R500 debietorder met R463,00 beskikbaar in die rekening.

    Donner!!!

    Die Banksoekende Gemaskerde Sopbeen

    Vir Kobus de Klerk

    Beste Kobus

    Ek lees vandag weer een van jou briewe raak, en toe tref dit my: Die goue draad wat deur al jou skrywes loop is nie die selfvoldane en alwetende arrogansie nie, die onaantasbare paternalisme en ook nie, soos voorheen hier voorgestel, die onskynlike liefdeloosheid nie. Nee, wat mens opval is jou totale gebrek aan nederigheid.

    Kobus, ek stel my 'n toneel voor na die bekende woorde: " Laat die een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip gooi" en dan sien ek jou daar staan langs 'n hoop stene, naarstigtelik besig om die grootste uit te soek. Laat ek dit weer onomwonde aan jou stel: jou pogings hier berokken jou eie saak groot skade.

    Die denkende Christen kan sonder veel ongemak jou "fire and brimstone" prekies hanteer, maar ek is bevrees dit is juis die twyfelaars wat kwesbaar is deur jou verwronge religieuse idees.

    Kobus, die Christen God is 'n God bowenal van Liefde. As jy ondanks al jou studies nog nie tot daardie insig kon kom nie, is dit dalk nou tyd om jou aandag op iets anders toe te spits.

    Leon Groenveld

    Andries Wolmarans en skokke

    Mens vergeet dat jy meeste keer met mense praat wat in 'n stad bly en g'n sout of water weet van die werklike praktiese hantering van diere elke dag nie. Ongelukkig ken hulle hiermee vir die diere waarvoor hulle so jammer is, geen intelligensie moontlikhede nie. Miskien omdat hulle bang is hulleself sal deur so 'n truuk gevang word dat hulle bang is daarvoor.

    'n Hond is 'n slim dier en sy gehoor is maar net 50 keer sterker as 'n mens s'n. 'n Kar se 'coil' is 'n induktor wat aanmekaar brug en dan geluide maak. Jy sal dalk een hond vang en 'n ander 'n tweede keer, maar daarna, op dieselfde plaas, nie maklik nie. Hulle assosieer die geluid en die gevolge met die aksie en die honde bly van die karre se wiele af weg. Van die pieterjannetjies op hierdie groep dink jy skok die hond elke dag!

    Soos jy s elektrisiteit word al lank op diere [en misdadigers!] gebruik. 'n Lekker storie is van olifante by Etosha wat soms vir 'n 'walkabout' gaan uit die wildtuin en groot moeilikheid maak in die boere se plase. Die sterk heinings is gebou, maar die olifante het soms nog uitgebreek. Toe elektrifiseer hulle die drade. Nou vertel 'n toergids vir my hoe hulle deur die verkyker gesit en kyk het hoe vat twee koeie 'n jong bulletjie en stoot hom eerste deur die elektriese heining. Hy skrou blou moord, maar die gat is gemaak en die trop is uit [Wys jou net. Vroumense!]. Toe het hulle die heinings op kritieke plekke gebou van ou spoorstawe en kabels en dit het meestal gewerk, maar olifant se kind buig steeds hierdie staal.

    Punt is egter, dat diere slim genoeg is om die krag op die drade te hoor en as een van hulle geskok raak, dan maak hulle die assosiasie en is so 'n heining baie effektief. Verduidelik dit egter nou vir 'n rekenaar-yuppie!

    Namib

    Vir Pierre die bouer en sy obsessie met die landy

    Ag Pierre,

    ons het mos nou vrede gemaak oor die gay storie en ek is so bly dat iemand van jou statuur my om verskoning gevra het.(Seker 'n doktorsgraad ook nog.)

    Wat my pla, my nuwe vriend Pierre, is dat jy vir die ingenieur wag om na die fondasies te kom kyk...soos ek jou skrywes getrou lees....en die bou niche waarin jy klink is, vra ek myself af...nou van wanneer af gebruik 'n bouer nou 'n ingenieur om hom te help as hy net "designer kakhuise en hoendehokke" bou?

    Advokaat 2

    Fransie se Mosambieksyfers

    Fransie het 'n propagandapamflet oor SA te lese gekry en toe raak hy orgasmies. Een stukkie goeie nuus het my laat glimlag, naamlik dat 'n halfmiljoen Mosambiekers elkeen gemiddeld R18,000 per jaar in SA spandeer en kollektief R11 biljoen, maar die armgat Duitse toeriste net R8,000 per persoon. Ai jai jai jai jai. Dit is 'n sprekende bewys van die totale onbetroubaarheid van SA Stats se syfers. Sulke syfers kan mos eenvoudig nie korrek wees nie. Mosambiek is steeds een van die armste lande ter wreld, al gaan dinge tans beter daar as 'n dekade gelede. Waar gaan so 'n klomp arm mense skielik so 'n klomp geld vind om op 'n vakansietjie te spandeer?

    En Fransie, Nieu-Seeland het 4 miljoen mense. Nagenoeg 300,000 van hulle woon in Oz. Dus: jy is grof verkeerd deur te beweer daar is meer Kiwi's in Oz as in NZ.

    Daardie SA Good News herinner my aan die ou Dept van Inligting. Weet jy wie agter die blad sit?

    Ewenwel, die Mosambieksyfers trek opnuut SA Stats se moordsyfer in twyfel. Dit was altyd 40,000 per jaar. Toe publiseer hulle geen syfers vir ses maande nie, en die volgende syfer is toe...20,000. 'n Skitterende 50 persent verbetering. Gister se voorblaaie weer vertel van drie professionele mense wat doodgeskiet is in Gauteng. Selfs die knusse Waterkloof met al sy beveiliging kan nie meer die boewe uithou nie.

    Klaas

    Vir Gezina, oor haar Theuns-briewe

    Gezina, ek hoor wat jy s. Die afleiding wat ek maak is dat jy n groot Theuns Jordaan aanhanger is, en vir almal daarvan wil vertel, soos iemand wat tot bekering gekom het. Dis duidelik dat jy hom nie goed genoeg ken nie. Ek is geneig om presies die teenoorgestelde te glo wat jy verkondig van sy egtheid. As ek hom nooit weer hoor of sien nie kan dit net n sen wees.

    Groete

    E Herfs

    Kry vir jou!!!

    Beste Francois

    Die feit dat jy jou brief afskop met "...kry vir julle!!..." het so half en half vir my geklink na 'n "dare". Dalk het ek dit totaal en al mis, maar was daar 'n ander rede vir jou skrywe as bloot net die weergee van feite...?

    Ek is bly om te verneem dat dit so goed in Suid-Afrika gaan! Ek is seker dat mense, in hul duisende nou na La Colombe restaurant in Constantia toe stroom, na die bekendmaking dat dit die 28ste beste restaurant in wreld is. Om nie eers te praat van The Singita Private Game Reserve nie. Jislaaik man, dinge lyk sommer weer lekker in Suid-Afrika en ek dink ek en die vrou moet sommer dadelik ons goedjies pak en teruggaan! Jy's reg, dinge in die buiteland is nie naastenby so GREAT soos in Suid-Afrika nie. Wat het ons besiel om ooit te waai? Hoe kan 'n ou nou al die wonderlike feite oor Suid-Afrika ignoreer?

    Maar wag, voor jy my by Jan Smuts, of te wel Johannesburg International Airport kom haal, vertel eers vir my die volgende: Die etter, amper noem ek hom bliksem, wat vanaand oor jou muur gaan klim om jou goedjies te steel, ken hy ook al hierdie feite? Jy het 'n muur om jou huis nie waar nie...? Anyway, maak die facts ook dat sy Afrika hart bokspring en sy bloed warm kook in sy borskas terwyl hy dit tot daar doer uitstoot? Dink jy dit maak vir hom saak dat "...The South African Rand was the best performing currency against the US Dollar between 2002 and 2005..."

    Elkeen besluit mos self waar hy wil bly of nie wil bly nie! As hierdie feite jou bly en exited maak oor Suid-Afrika, bly dan daar en geniet dit! As ek egter ander redes het hoekom ek nie daar wil bly nie en nie happy is met wat daar aangaan nie, los my dat ek waai en self my gat sien. Niemand anders kan jou besluit vir jou maak nie. As jy wil bly, bly dan. As jy wil waai, waai dan!

    Elke keer wanneer ek sulke "How Great We Are" propaganda lees, klink dit so asof die skrywer homself wil oortuig dat sy besluit om te bly (of te waai) die regte een was. Tot 'n mate klink dit meeste van die kere ook maar na suur druiwe, maar wat weet ek nou? Wat ook al jou besluit, of jy nou baat vind by die feit dat "...South Africa houses one of the three largest telescopes in the world at Sutherland in the Karoo..." dan is dit so!

    Hier's 'n quote wat jy dalk al gehoor het. In Engels nogal. Nie die jongste amptelike taal in die wreld nie, maar amper. Miskien kan jy dit ook by die lysie sit van Good news SA, short and sharp facts...

    "...People in South Africa would rather be killed in their beds than live in some country where they would have to make their beds themselves..."

    Die uwe

    Smartvraat-suurgat-blanke-boef-verloopte-hensopper-verdraaier-verraaier koud verkluim en uitgeweke in my kille-skrille-bekontraste-derde-wereldse-wanna-be-first-world-hole.

    Francois - gebalanseerde lewe asb

    Hallo Francois

    Hou so aan ou maat. Dis baie oulik, insiggewende feite oor SA en n skreeusnaakse skryfstyl.

    Jy laat my dink aan daai een outjie wat in John Cleese se TV show gespeel het destyds wat so 217 byvoeglike voornaamwoorde voor elke naamwoord ingesit het.

    Dis baie lekker.

    Ek wonder net hoe lank neem al die navorsing jou? En al die ander korrespondensie? Dis impressive hoor!!!

    Staan net so nou en dan op en gaan gee jou partner n drukkie, soen hom oopmond en vertel hom jy is lief vir hom. Dan vra jy hom uit oor sy dag se gebeure. Maak teetjie en sit die TV af en connect mens tot mens. Die arme bliksem huil homself elke aand aan die slaap, want ek is seker jou woede en frustrasie vul die hele huis met swart en gal.

    Ek weet nie of jy n gay persoon is nie. Makie sakie aan my. Maar na ek al die bieg stories gelees het oor getroude mans en ander mans wat saans hulle self betas en na mans websites kyk, stort ek nie meer na gholf by die klub nie. Nee ek kom huis toe voel te selfbewus as n ander mans daar rondstaan. Ek kyk elke vriend van my met effense agterdog aan en weet nie mooi of die handdruk n handdruk of handvat is nie.

    So statisties het ek net gedink ek het beter kans om reg te wees as ek na jou partner as hy en hom verwys eerder as wat ek na haar sou verwys.

    Ek sien uit na jou volgende briewe.

    John Cleese Fan

    Koerantlees - vir Gerhard

    Gerhard, ek weet presies hoe jy voel. Ek is ook siek en sat vir al die misdaad waarvan mens daagliks in die koerante lees. Uit die aard van my werk is ek genoodsaak om koerant te lees en glo my, ek doen dit al hoe meer langtand - des te meer sedert ek die afgelope tyd die wonderlikste twee staptoere meegemaak het. Sou wat wou gee om permanent in die wildernis te kon wees met geen koerant of TV in sig nie.

    Gelukkig is daar darem ts in die koerant wat ek met die grootste lekkerkry lees. Dis nou Beeld se Zitts met Jeremy in die hoofrol. Was dit nie daarvoor nie, het ek die kluts lankal heeltemal kwytgeraak en nie net halfpad nie.

    Ingeval iemand dalk wonder, Zitts is n daaglikse comic strip wat spesiaal vir m geteken en geskryf word. Daarin word my seun ag ek bedoel die tienerseun Jeremy, sy ouers en vriende skreeusnaaks uitgebeeld. En om in n bestek van twee of drie raampies en enkele woorde n situasie s te kan raakvat soos Jerry Scott en Jim Borgman dit doen, sit nie in enigeen se broek nie. Was dit nie vir my daaglikse kwota Zitts nie, sou ek, wat self broederloos grootgeword het, nooit besef het my seun se manewales is universeel nie. As ma sou ek die lewe heeltemal te ernstig opgeneem het, siek van bekommernis gewees het en fluks bygedra het tot menige opvoedkundige sielkundige se skatkis. Sedert Jeremy deel van my daaglikse koerantlees geword het, hoef ek net na die verdwaasde gesigsuitdrukkings van sy teken-ouers te kyk om uit te bars van die lag oor my eie ma-van-n-seun-gedrag.

    Nog n gunsteling is Groeipyne. Laat my daagliks terugverlang na my meisiekind en seunskind se kleintyd manewales.

    Viva Jeremy, Zoe en Hammie! Julle bied heerlike ontvlugting. En sommer ook Madam & Eve, Calvin and Hobbes, Shrek, Mickey, Pluto, Donald, Goofy, Alice in Wonderland ... !

    Raak ek nou skoon meegevoer.

    Net jammer dit gaan nie mre se misdaadberigte laat verdwyn nie.

    Bokka

    Laurie Gaum se ma se brief - vir Kiewiet

    Jy kan die artikel waarin die brief verskyn kry by hulle webwerf. Maar soos jy sal sien, is daar n vangplek. Jy moet eers vir ten minste een maand op die internetweergawe van Huisgenoot inteken teen R47.70. Die voordeel is dat jy in daardie tydperk die hele kaboel ou artikels van Huisgenoot kan lees, plus n maand se nuwes.

    Groetnis

    Bokka

    Good news Francois

    Jou Good news stukkie verwys.

    Wat hulle nie s nie is dat ons Mosambiekse en Zim besoekers baie goedkoper reis as die Europers deurdat hulle sommer so duimgooi en aanstap oor die grens. Dus het hulle meer geld om te spandeer op onwettige wapens en die omkoop van RSA amptenare vir n vals ID en rybewys. Hierdie artikels word dan gebruik om informele aankopies te doen rooftogte, huis inbrake ens. Dan verlaat hulle weer die land heel waarskynlik met n gekaapte duur voertuig en siedaar hulle het meer geskor as wat hulle in die land spandeer het. Dis die enigste manier hoe ek dink daai statistieke iets sinvol kan beteken.

    Snuffels

    Korreksies aan Kleinboer...

    Jy s oa:

    "Francois, jyt geskryf: Boeddha het ges armoede is jou grootste vriend. Mao Zedong (het dit uit die hart gekom of was dit kommunistiese propaganda?) het ook in n gedig kwytgeraak dat armoede skoonheid is. Dis bes moontlik waar ('n sjebien is vir my byvoorbeeld mooier as 'n Wimpy Bar), maar gaan vertel dit vir n Afrikaan wat werkloos op die straathoek sit, en hy sal jou uitlag. Armoede is vir ryk mense mooi. Armoede is dalk vir arm mense ook mooi, maar dis nie vir hulle lkker nie. Armoede gaan dikwels met hongerte gepaard."

    As jy jou eie woorde weer lees hierbo kan jy seker ook al die teenstrydighede daarin sien? Die Afrikaan wat werkloos op die hoek sit bv! As werk werklik so 'n groot plesier is, hoekom werk jyself dan nie? Die waarheid is dat die woordjie 'werk' eerder baie mooi ondersoek moet word...ek bv sal eerder in die Afrikaan werkloos op die hoek se skoene wil staan as se nou maar my eie broer sin wat elke dag 'werk', sy gat afbetaal aan karre, huise, kos, kinders, belastings en dies meer, shame, hy kon my nie eens 'n bier koop toe ek laas by hom was nie, is dit nou die ideale lewe vir jou? Nie vir my nie hoor, maar ek wens diesulkes sterkte toe, want dis alles tevergeefs, soos die Boeddha dit ook bedoel het...

    Boeddha het ook oa ges:
    Dis beter om 'n enkele dag te lewe met die waarheid as eenhonderd jaar daarsonder... En wat het die arme Afrikaan op die hoek die afgelope paar miljoen jaar dan gedoen voordat hy 'werkloos' geword het? Maw, vanaf die oomblik wat God die eerste Afrikaan geskape het, dis nou Adam of hoe, wat ook toevallig die eerste mens was? Het sy probleme nie maar begin toe die Blanke invallers en uitbuiters die konsep 'werk' ingevoer het so 'n paar honderd jaar gelede nie? En toe ook sommer die kersie op die konsep 'werk' geplaas het met slawerny nie? Vandag is die Afrikaan ongelukkig nog steeds 'n slaaf, en dit sluit die Blankes ook in hier...en julle wat self slawe is kyk meewarig neer op die arme Afrikaan wat op die hoek staan en wonder wat de fok aangaan!

    Laat ek jou vertel, ek wil nie he dat my liewe Afrikane meer slawe word of wees nie. Soos die Chinese bv wat 16 ure per dag werk, 30 dae per maand nie, waar 3 mense wat skofte werk een bed deel nie, en dit vir wat? Om in die mees besoedelde land in die wreld te woon nie! Nee wat, gee my maar Afrika enige dag met al sy 'werkloses'...waar die mense nog tyd vir mekaar...en hulle self het...

    Francois Williams

    Korreksies vir Charlie...oor Tibet

    Jy s oa:

    "Tibet het nog altyd vir my n gevoel van natuurlike minimalisme gegee. So half of net ou siele daar kan woon. Ek koester steeds die wens om eendag daar tyd te gaan deurbring. "

    Die goeie nuus is dat jy natuurlik enige tyd Tibet kan gaan besoek in teenstelling met 50 jaar gelede VOOR die Chinese oorgevat het.

    Daar is selfs nou 'n trein gebou oor die Himalayas! Maak net seker dat jy die dun lugdruk kan hanteer, 'n ou Honkie is nou die dag dood nadat hy die trein opgevat het...maar dat die Chinese Tibet oopgemaak en toeganklik gemaak het, daaroor is daar geen twyfel nie, selfs die Dalai Lama reken so. Seker die dat jy ook verder aan s:

    "n Kenner van Tibet is ek egter geensins"

    Dit blyk duidelik uit jou braaksel oor die Chinese wat Tibet dadelik moet verlaat!! Wat bv van die Blanke-boewe-Afrikaners wat SA elke dag afskiet selfs hier op LitNet! Dink jy nie dis meer imperatief dat hulle SA onverwyld moet verlaat nie??? Of wat bv van die Britte, Ozzies en Yanks wat Irak beset en die mense in groot getalle vermoor, gemartel en vervolg nie? Of die Russe in Chechnya? Of die Blankes in NZ, die Engelse en Franse in Kanada, die Wit kriminele in Australia? Die Engelse in Skotland, Wallis en Ierland? Die Jode in Palestina? Waar en wanneer wil jy die streep trek? Elke slag wat jy 'n besonderse roerende CD oor die plekkie gesien het seker...groei op outjie, die werklikheid is hard...en as jy nie daarvan hou nie het jy basies twee keuses: Verander dit of sny jou polse, verkieslik met 'n plastiese messie, ok...

    Francois Williams

    Arme, arme Coenie K

    Coenie, jy vermy steeds my vrae. Hier is dit weer, reguit en eenvoudig: Wat in my brief kwalifiseer my as gay basher en namens wie het jy geskryf in jou leedwese brief? Hoe maklik is dit nie? Kom ons laat maar die vraag oor hoe jy by die gevolgtrekking uitgekom het dat n paar dooie pylsterte daaraan gelyk is dat Steve-O se nalatenskap die daarstelling van jagters is.

    Jy bly my egter as anti-gay bestempel. Verduidelik asseblief waarom! n Klein pointerkie vir jou, as ek sou reken jy is irriterend of skryf te veel en besoedel eintlik die blad met jou meesal beuselagtige onderwerpies of dat jy waarskynlik jouself te veel bejammer of te ernstig opneem en dat jy klink asof jy vrot van issues is en dat niemand werklik omgee of jy n sekretaresse het of nie, en so voorts, dan beteken dit NIE dat ek anti-gay is nie, dit beteken bloot dat ek spesifieke issues aanspreek. Kry daai konneksie reg.

    Oor die naam, maklik, ek het eers onder Rooi Charles geskryf. En my uitsprake oor gay-wees is ook redelik maklik opspoorbaar, en wat jou aanname gemaklik verkeerd bewys.

    Waarvoor ek nie kans sien nie is om aan te gaan met hierdie redekawelinkie nie, tensy jy minstens my vrae beantwoord.

    Groete

    Charl Cornelissen