SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006













    SêNet: 18 September - Eerste Uitgawe

    Nota: Die oorskakeling na 'n nuwe diensverskaffer het onverwags probleme met SêNet veroorsaak. Klik hier vir Vrydag se tweede uitgawe. Ongelukkig werk die skakels na ander briewe en na die SêNet-Argief nie. Ons sal so spoedig moontlik die probleme oplos - Naomi

    Die nuwe LitNet

    Beste lesers

    LitNet beweeg hierdie week oor na sy nuwe platform.

    Ja, die ou moederskip vir Afrikaans, soos ‘n SêNet-skrywer hom ‘n keer genoem het, kry ‘n nuwe lyf en nuwe oemf. Dis vir ons groot tye, die span het hard geswoeg, en ons is baie nuuskierig oor wat julle gaan sê.

    Ons het ‘n spesifieke dag en uur in die oog wanneer ons wil loods, maar so nou en dan trek daar nog ‘n rilling deur die Web en dan kyk ‘n geek op en sê vir my: “Hy’s nog bietjie onstabiel…” Of ek hoor: “Druk nou daardie knoppie dan migreer die ou LitNet en kom ons hoop hy verdwyn nie…baie dinge kan skeefloop…” Opwindend, en bietjie naelbyterig.

    Laat ek dus nie nou te spesifiek wees oor tyd en datum nie. Gestel ‘n black hole sluk ons in en ons moet eers stoei om uit te kom? Wat ek wel kan verklap, is dat daar geruime tyd reeds twee LitNette is – die ene wat julle nou lees, en die nuwe LitNet, wat nou al lank soos ‘n spooktuig ongesiens saamsweef met die oue deur die kuberruim. Aan hom is ure en dae oor baie maande heen bestee – en nou’s hy byna reg.

    Wat ‘n skip! Wanneer hy skielik sigbaar gaan wees? Ek hou julle op hoogte. Slyp solank die penne.

    Groete,

    Etienne van Heerden
    Uitvoerende redakteur

    Good news SA, short and sharp facts...

    Steeds kom die goeie nuus soos 'n sneeu-storting deur! Hier is nog, spesiaal opgedra aan ons smartvraat-suurgat-blanke-boef-verloopte-hensopper-verdraaier-verraaiers koud verkluim en uitgeweke in hulle kille-skrille-bekontraste-derde-wereldse-wanna-be-first-world-hole...kry vir julle!!!

    South Africa is ranked 29th out of 175 countries for ease of doing business - ahead of Austria, France, Spain, Brazil and India - according to Doing Business 2007, a joint publication of the World Bank and the International Finance Corporation Cape Town has the fifth-best blue sky in the world according to the UK's National Physical Laboratory.

    La Colombe restaurant in Constantia, Cape Town, was voted the 28th best restaurant in the world by the UK's Restaurant Magazine.

    South African media ranks 31st out of 167 countries in the Worldwide Press Freedom Index 2005, higher than any country in Asia, the Middle East or South America, and ahead of Japan, Spain, Italy and the United States.

    The Johannesburg Stock Exchange was the 7th best performing stock market in 2005, according to the World Federation of Exchanges

    South Africa ranks 50th in the world in terms of economic freedom, according to the Index of Economic Freedom 2006.

    Home ownership in SA has increased from 64% (5,12m households) in 1994 to 78% (7,9m households) in 2004, according to a South African Advertising Research Foundation development index.

    Pretoria has the second largest number of embassies in the world after Washington, D.C.

    Interest rates are at a 25-year low Johannesburg is the 116th most expensive city out of the 144 measured by Irish business website finfacts.com

    South Africa accounts for almost 45% of the GDP of the entire African continent, with an economy three times the size of the second biggest (Egypt) South Africa is one of only 12 countries with potable tap water.

    Almost a quarter of South Africa’s non-interest budget is spent on education.

    The University of South Africa UNISA is a pioneer of tertiary distance education and is the largest correspondence university in the world with 250,000 students.

    In 1991, South Africa became the first country in the world to protect the Great White shark.

    Afrikaans is the youngest official language in the world.

    In 2005, Time Magazine hailed President Thabo Mbeki as the Most Powerful Man in Africa.

    According to the Economic Freedom of the World 2005 Annual Report, South Africa ranks 38th out of 127 countries in terms of economic freedom, tied with France and ahead of Israel, India, Italy, China, Brazil and Russia.

    The rand, the world's most actively traded emerging market currency, has joined an elite club of 15 currencies - the Continuous Linked Settlement (CLS) - where forex transactions are settled immediately, lowering the risks of transacting across time zones.

    The Singita Private Game Reserve in the Kruger National Park was voted the best hotel in the world by the readers of travel publication, Conde Nast Traveller.

    The South African Rand was the best performing currency against the US Dollar between 2002 and 2005, according to the Bloomberg Currency Scorecard.

    South Africa has 37 000 high net-wealth individuals (holding at least US$1million in financial assets) in 2004, according to the World Wealth Report South Africa's per capita GDP, corrected for purchasing power parity, positions the country as one of the 50 wealthiest in the world.

    Worldaudit.org ranks South Africa as the 32nd most democratic country out of 150 nations.

    Stellenbosch University was the first university in the world to design and launch a micro satellite.

    South Africa is the 32nd best place in the world to do e-business (tied with Poland), according to the Economist Intelligence Report.

    South Africa is the best-ranked country in terms of price stability, our fiscal policy is ranked 11th, our international trade competitiveness 21st, and we are the 28th most-attractive destination for foreign direct investment, according to the World Competiveness Yearbook 2005.

    South African business owners of mid-size companies are the second most optimistic worldwide about their economic prospects of the year ahead, according to the annual Grant Thorton International Business Owners Survey for 2005.

    South Africa houses one of the three largest telescopes in the world at Sutherland in the Karoo.

    South Africa is the first, and to date only, country to build nuclear weapons and then voluntarily dismantle its entire nuclear weapons programme.

    The value of South African real estate improved by 30% over the past 5 years Since 1994, 500 houses have been built each day for the poor.

    Tax revenue in SA has increased by 220% over the past 10 years.

    In 2005, 10 million South Africans benefited from access to social grants.

    The number of tourists visiting South Africa has grown by 116% since 1994.

    Over the past 5 years, Consumer Confidence in SA has improved by 43%.

    In the global measure of women in Parliament, South Africa ranks 8th in the world.

    Of the 10 LSM levels ( LSM1=poorest; LSM10 wealthiest ), the average SA family located in LSM6.

    The current police to population ratio is 1:304.

    Francois Williams

    Erika Henn – oor verliese / oor die insig en die Gees van God

    Hallo Erika

    Dankie vir die antwoord. Ja, die “vergeet” waarvan ons praat , is nie die geheueverlies tipe nie, maar die vergeet van die kwaad-en-verwyt tipe terugdink.

    Laasgenoemde is die verkeerde… maar daar is sovele dinge wat mens agterna maar weer aan die verliese van die lewe herinner, maar in mens self, deur die helende krag van God, dink mens terug aan die dierbare, en alhoewel die dierbare ook maar seker soms minder dierbaar was in lewe, dink mens selfs nie eens weer daaraan nie, en ook nie met wrewel oor die veroorsaker van die verlies nie. Dít is vergewe en vergeet – die kwaad word vergewe en vergeet, die mooi bly…

    Onthou tog, jou kind is nié dood (in die vlees, ja…) nie, net in ‘n ander lewe… waarheen ons almal eventueel sal gaan…

    Nou op ‘n ander punt. ‘n Stukkie getuienis wat jy gelewer het. Jy skryf:

    “Kobus, ek is nie kwaad vir jou antwoord nie, gelukkig lê die Vader dit my in die hart om dit in die regte perspektief te bring.”

    Ek weet dat ek ‘n baie reguit en direkte manier het, maar ek glo dat daar nie ‘n ander is met die Spirituele sake nie. Maar waar die Gees van God by die leser is, sal die leser wél die insig en perspektief verkry van wat ek skrywe, en mense besef dit nie, maar dit is die toets vir hulle… nie van my nie, maar van die Een van Wie ek skrywe. Lees maar die kommentare oor wat ek skrywe hierop die net, en dan sien ons, tragies genoeg, hoe daar geen teken is van die Gees van God in wat hulle antwoord nie, só anders, as byvoorbeeld jou eie getuienis, en hoe jy toelaat dat die Gees jou in insig lei. Die tragiesste is, dat hulle dink dat hulle op die regte pad is.

    Die Here het my die vermoë gegee om tussen die lyne en agter die woorde wat hulle skryf, te sien en ervaar, en as ek hulle waarsku, skuim hulle monde, instede om, soos bv jy, te oordink en te reflekteer, en die Gees van God geleentheid te gee om met hulle te kommunikeer. Dit is waar wat Duitswester onlangs vir GMV geskryf het, die Gees van God is ‘n “Gentleman”, maar die skuimmondiges verdring Sy kommunikasie, skreeu Hom as ‘t ware stil soos hulle teen my probeer te velde trek, hoe tragies. Dan wil sommiges nog geld verwed ook… die vervlakking van die spirituele mens het radikale vlakke aangeneem - soveel so dat sommiges van hulle al skuimend om die mondhoeke “nuwe” teologieë wil inisieer.

    Kyk byvoorbeeld na die tragiese en selfdestruktiewe antwoord van die jongmens, Neal, op die brief wat ek op Neal se versoek geskryf het. Sulke dinge gee mens koue rillings. Wat het van mense geword? Kyk na Dawie, Jean, "Mastermind", Ella, en andere. Tragies genoeg gebruik Ella nou die liefde as spotwapen... en só probeer hulle Jesus se Liefde misbruik om hulleself te regverdig.

    Mag die Here jou in jou wandel met Hom versterk, en mag jy volkome vrede in jou lewe ervaar, sodat ook jóú geweldige verlies, net ‘n mooi en tere herinnering word aan jou kind, wat jy die voorreg gehad het om vir ‘n tydjie te hê, asook jou broer, wie jy voor lief was (is).

    Groete en vrede,

    Kobus de Klerk

    Armoede is skoonheid?

    Francois, jy’t geskryf: “Boeddha het gesê armoede is jou grootste vriend.” Mao Zedong (het dit uit die hart gekom of was dit kommunistiese propaganda?) het ook in ‘n gedig kwytgeraak dat armoede skoonheid is. Dis bes moontlik waar ('n sjebien is vir my byvoorbeeld mooier as 'n Wimpy Bar), maar gaan vertel dit vir ‘n Afrikaan wat werkloos op die straathoek sit, en hy sal jou uitlag. Armoede is vir ryk mense mooi. Armoede is dalk vir arm mense ook mooi, maar dis nie vir hulle lékker nie. Armoede gaan dikwels met hongerte gepaard. Volgens Thabo Mbeki is armoede die grootste oorsaak van vigs. Daar is natuurlik ‘n subteks wat ek daar raaksien: Mbeki wil van die rykes wegneem om die armes minder arm te maak. Dis natuurlik nie 'n volhoubare oplossing nie.

    Francois, die volgende het ook op jou borslap uitgelek: “As jy in al jou glorieryke selfsug soveel uitspattighede soos jy kan om jou wil vergader, doen dit, maar moet net nie krokodiltrane huil as iemand anders daarin wil deel nie, veral nie as jy nie jou man kan staan nie. Ek het nie tyd vir on-parate piele nie.”

    Ek neem aan jy spreek hier tot ‘n generiese ‘jy’, en nie tot my nie? Het jy dalk in Februarie uitspattighede in my huis raakgesien? Nogtans het jy die panga aanvaar wat ek voor slaaptyd in jou hand gestop het. En ek was in die kamer langsaan met die rewolwer, jy was veilig.

    Die Cheetahs het ‘n maklike naweek, hulle speel teen die Poemas. Maar volgende week gaan dit moeilik raak. Rassie gaan Reiki dalk nodig kry.

    Sterkte met die Oosterse bendes wat jou agtervolg. En die China's wat jou oogballe en ander balle wil braai.

    Groete

    Kleinboer

    Tibet: Cry of the snow lion

    Ek het reeds vir jare ’n affiniteit vir Tibet. Eerstens oor die ongelooflike mooiheid van die land, die ruwe berge, ’n stille ongenaaktheid. En dan spesifiek ook vir die mense, hul tradisies, hulle klere en kleure, hul toegewyde uitoefening van hulle geloof en hul nastrewing van vrede. Tibet het nog altyd vir my ’n gevoel van natuurlike minimalisme gegee. So half of net ou siele daar kan woon. Ek koester steeds die wens om eendag daar tyd te gaan deurbring.

    ’n Kenner van Tibet is ek egter geensins. Waarvan ek egter wel oortuig is, is dat Sjina so vinnig moontlik daar moet uit. Die afgelope 50 jaar+ fok Sjina nog net die plek op. Interessant hoe die magtige VSA ook in die naam van handel eenvoudig ’n blinde oog en dowe oor op Tibet gegooi het. Ek het gisteraand die DVD Tibet: Cry of the snow lion gekyk. Dié veelbekroonde dokumentêr verskaf ‘n diepe insig in wat daar (steeds) aan die gang is.

    Kry gerus die DVD in die hande (DVD Gurus in Melville hou dit onder andere aan), dis die moeite werd.

    O ja, ek sal graag Prikkelpop Williams se mening oor Sjina se ongevraagde en ongewenste betrokkenheid in Tibet wil hoor, maar hou geensins asem op dat dit ‘n sinvolle stukkie sal wees nie.

    Groete

    Charl Cornelissen

    Landrovers

    Dawie Malan: Jy verstaan duidelik nie waaraan kwaliteit gemeet word deur die rakkers wat saak maak nie. Jy sê: "Landrovers is by verre die swaks ontwerpte, krakende, eenvoudige, ongemaklike, raserige, oorverhittende verskoning vir vervoer wat die Engelse nog ooit uitgedink het. Ek dink nie eers die goed is geskik vir ‘n brandsiek plaashoenner om daarin te slaap nie." Jy is reg. Doodreg. MAAR! Ding is. Mens kry Landies die wêreld vol. Elke land in die wêreld. Mense betaal, vrywillig sakke en sakke vol geld daarvoor. Die rakkers wat saak maak weet dus, Landrovers is fantasties. Dis nou die manne wat die sakke en sakke vol geld in hulle sakke steek.

    Neil Kroese: Moenie jou pêl te veel glo oor hoe hy Landies uit gate sleep nie. Die goed is maar kakkerig aanmekaar geplak, maar daar is niks fout met hulle 4x4 vermoë nie. 4x4 manne is maar baie soos hengelaars as hulle avonture deel.

    Die Man op Straat: Bly jy geniet jou Freelander. Het jy onlangs gekyk of die vierwieldrywing wel werk?

    Die Gemaskerde Sopbeen

    Francois Williams en Irak

    Dis die verskil tussen ons argumente...ons loop bymekaar verby en jy weet van g'n sout of water nie! Of die oorlog in Irak verkeerd is, of reg is, maak nie saak vir jou nie, 'n mens kan geen kommentaar daarop lewer net oor jy nie van die oorlog hou nie? Dat jy nie van die lewensverlies hou nie. Ek sal egter graag wil weet of jy net so veroordelend is teenoor wat die vliegtuie wat die geboue in New York getref het en die gevolglike lewensverlies? Wat stel jy voor moes die Amerikaners gedoen het? Omrol geel pensie na bo en vra om dit weer te doen? Almal is nie soos jy nie...

    As jy nie die vergelyking kan doen ivm met lewensverlies tussen Irak en bv die WW2 nie, dan kan ek jou nie help nie, want dis bloot getalle wat jy moet vergelyk, nie die motiewe nie. Die resultaat is dat Irak 'n 'goedkoop' oorlog is mbt tot lewensverlies…vir die VSA. In dollar waarde is dit seker hel duur, maar aan die anderkant sou ek graag wou weet wat dit vir die ekonomie van die VSA doen? Enige wapenstelsel het 'n rakleeftyd en as jy dit nie gebruik nie, dan moet jy onderhoud doen. Dan is daar die 'toetsterrein' wat die oorlog die VSA bied. Nuwe, beter wapens word ontwikkel terwyl daar geleentheid is om die uitgediende ammunisie uit te skiet. Die wapenbedryf in die VSA móét blom. Dit alles maak die VSA net sterker en sterker en die res van die wêreld al swakker. Kyk net hoe 'piss-willy' is Rusland nou nadat hy besluit het om vriendelik te raak.

    Namib

    Vir Evert en Petriesja

    Jis Evert, ek het jou...kan nie dink hoe ek daai een kon gemis het nie!

    Petriesja

    Jou coup de grass is baie goed maar 'n bietjie close to home.

    Groete

    Dirk D

    Vir Sonia

    Ek wil graag reageer op jou "ek's nou dieper in die moeilikheid"- briefie, maar is net ongelukkig op die oomblik moer besig. Dis 'n kans vir my om diep te raak, wat ek nie wil laat verbygaan nie.

    Tot later

    Dirk D

    Vir Swys

    Jis Swys

    Lanklaas gesels! Ek sal ook een van die dae reageer op die munisipaliteit-kwessie. Ek is toevallig juis op die oomblik verwikkel in 'n verbete stryd rondom burgermeestersverkiesings ingevolge die Munisipale Strukturewet.

    Praat later

    Dirk D

    Land Rovers ...eh..ehim

    Kan ek myself nou nie verhelp as om diep in my hebefreniese mou te lag nie, skielik is hier heelwat bydraes te maak ook 'n sekere E IQ trots... eh ehimmmm...

    Maar sal ek, die Groot Nederige enige iets se? Nee, ek sal nie, ek sal nie, ek sal niks sê nie...ek sal maar net sê, Mnr die Gekwesde, die pelletgun skrywer...dit was nie ek wat hierdie keer oor LR geskryf het nie.

    Kry ek die ingenieur wat my fondasies ontwerp, besadigde mens, goeie mens, Christenmens...laat vir die eerste keer...

    En ek wag.

    Slinternuwe Land Rover, 8000km
    4 keer terug...
    5 de keer, met vroulief gaan staan op die Ben Schoeman Snelweg, middelbaan om 7h00 vm...
    6, na insleep, ingeruil vir herverkoop,
    7... inruilwaarde ...ehh ehemmm...nie publiseerbaar

    Een die ingenieur, goeie mens, besadigde mens, Christenmens...se mening...?

    Nie publiseerbaar...

    Pierre van Niekerk

    Bankkoste

    Ek lees dat FNB die afgelope jaar, in Namibië, N$31 miljoen se bankkoste geoes het net uit die inbetaling van kliënte se geld in hulle eie rekenings! Die totale inkomste uit bankkoste die afgelope jaar was N$101 miljoen. Dan reken die banke hulle doen eerlike besigheid. Wat van eiendomsverbande? Net om die verband te registreer, vra hulle 10% en die rente is primakoers verbonde. Verder wil hulle assuransie hê op die verband én as jy die eiendom nie kan betaal nie, dan het die bank die eiendom as versekering van die skuld.

    Kan iemand kundig vir my vertel presies waar loop die banke enige risiko? As dit nie woekerwins is nie, dan weet ek nie.

    Namib

    Aan Puntjie – dankie vir die lig

    Hallo Puntjie,

    Baie dankie vir daardie openlike bemoediging. En jy weet, dit het netsoveel durf van jóú gekos om dit hier openlik aan my te skryf, want iedereen wie my ondersteun (eintlik die Here se Woord, want dit is Wie ek bring) word geteiken.

    Wys maar net, die ware Godsdienaars swymel of swig nie voor druk nie, maar floreer daarop. Wanneer dit soms op die ergste gaan, voel dit vir my ek staan reg aan die begin van die Krag wat my motiveer, en hoe meer druk, hoe meer motivering en resultaat – dit is God se krag en nie my eie nie.

    Ek het onlangs vir iemand geskrywe, dat ware Christendom floreer onder druk. Dit ís mos so. Christene wie nog bietjie bang is vir die openlike teenkanting, groei nog, en sal wel daar uitkom.

    Maar, ons Christene moet die dinamika van die Goddelikheid van ons geloof sonder skroom laat uitkom en blom, dit is ‘n wonderlike ervaring… dit is werklik soos saad, soos die Here sê, hoe meer ons daaroor praat en doen, so vermenigvuldig dit, hoe meer kom ons te wete daarvan, want die Here hou van interaksie.

    Dit is die verkeerdste ding op aarde vir die Christenmens om sy/haar Christenskap onder die maatemmer te sit, daardie Lig, waarvan die Here praat, onder die maatemmer te sit… nee, dit moet skýn! Die Here sê ware Christenmense is die Lig van die wêreld… Maar diegene wat daarvan hou om in spirituele duisternis te bly, haat die Lig, en hulle openbaar hulleself daagliks… maar besef dit nie. Dit is soos om bo in die toe, stowwerige solder te gaan, daar waar nooit genoeg vars lug en geen lig inkom nie, en met ‘n skerp lig te gaan skyn – die ongediertes skarrel halsoorkop en aggressief om van die lig af weg te kom, en só is dit mos ook in die spirituele wêreld, kyk net hoe skarrel dit. Wanneer iemand wat dink hy is ‘n Christen, allerhande aanstoot neem in openlike Woord standpunte, moet só ‘n persoon baie vinnig gaan introspeksie hou, want dan probeer só ‘n persoon spiritueel iets wegsteek… en meestal het iets ingesluip, mense weet nie, en skuil daar in die duister iewers in hulle hart, siel of gees. Die Lig laat dit opspring, sodat dit nie meer wegkruip nie.

    Dit is waar die keuses inkom, waarna jy verwys. Klink amper asof dit Creflo Dollar kon wees wat so gesê het.

    Vasbyt onder teenkanting? Wie anders as die Here Jesus het vir ons die voorbeeld kom stel. Hy belowe dat Hy Sy Krag (Gees) aan ons beskikbaar stel as ons bereid is om in Sy Naam uit te gaan, en ek ervaar dit waaragtig presies net só…

    Jy en Erika is twee sterre, rieme onder die hart. Interessant hoe kragtig veral vroue kan staan in juis hierdie dinge, wanneer dit moeilik raak… en dit is presies hoe God julle geskape het, en waarom ware vroue so ontsettend betroubaar kan wees. Baie dink om ‘n “hulp” te wees, is ‘n tweederangse posisie, maar die waarheid is, dít is die stewige posisie, waarsonder daar beslis gewankel word. Ankertoue aan ‘n paal, wortels aan ‘n boom, fondasie van ‘n muur.

    Baie sterkte, en mag die Here jou in krag en vreugde en vrede versterk.

    Kobus de Klerk

    Vir Gatvol Ray oor Kropvol

    Ja Ray, mens raak gatvol vir getroude mans se kaskenades met ander vroue se getroude mans... Die eerste twee het my laat regopsit, maar die gewroeg oor dieselfde geslag seks raak ook vir my ook 'n bietjie oordrewe (en ek het 'n vermoede dis dalk overrated).

    Maar, ek moet jou sê, na "Bieg" is niks meer dieselfde nie. Een van twee dinge gebeur nou: Jy begin amper voel, "Nou wat is dan fout met my dat die buurman of golfmaat my nog nie kom betas het nie!" of jy raak paranoïes dat die diaken en die kollega planne in die mou voer om dit dalk wel te kom doen! Almal, so lyk dit my, is nou onder verdenking.

    Die ding wat my nou prikkel is dat van die "biegers" waarskynlik gereëlde bydraers van hierdie tuiste is. As ek tyd gehad het sou ek graag skryfstyle wou vergelyk..... Dan weet mens mos wie bieg wat!!

    Maar dink jy nie die laaste storie, "In front of him", is 'n ware treffer nie! Weliswaar rou owerspel, maar ai, so druppend wellustig, so dierlik viriel, so skaamteloos bronstig en o wee, so skreiend logies!

    ...en dis 'n straight storie EN die skrywer het geen berou nie! Trouens, in sy kop kom hy triomfantelik daaruit - nie wroegend soos die meeste voëlaanbidders nie! Sy beeld oor die bom in die staalkoffer is weergaloos.

    Ek besef nou terdeë watter saai bestaan ekself voer. (En ek wonder waartoe ek nie dalk alles instaat is nie!)

    Wynand

    Waarhede vir Francois Williams

    Francois

    Ek is nie die een wat 'n reality check nodig het nie. Ek dink nie 'n mens se herkoms en gedrag kan aan mekaar gekoppel word nie. Ek het goeie mense ontmoet in Saudi Arabië en slegte mense in Engeland. Ek ken goed gemanierde Afrikaners asook Afrikaners wat my in skaamte in die openbaar my kop laat sak.

    In my brief aan jou het ek doelbewus gemeld die bagasiewerkers by Heathrow oorwegend immigrante is (dalk ook Afrikaners), aangesien ek weet jy glo dat alles wat wit is sleg is en alles wat nie wit is nie, goed is. Dit laat my dink aan 'n kollega in Suid-Afrika se woorde aan my: "Not all that is white is good and not all that is black is bad" - die teenoorgestelde is ook waar.

    Van die twee van ons is ek ook die een wat weet mense is mense, ongeag van hulle geloof of gebrek aan geloof. Ek weet daar is dominees wat prostitute besoek en beskik oor dieselfde vlak van moraliteit as 'n gewone man wat 'n prostituut besoek of 'n gay man wat 'n manlike prostituut besoek - afhangende van jou eie morele waardestelsel, sal dan bepaal of sulke gedrag aanvaarbaar is of nie.

    Dan ook - waar kom jy daaraan dat ek Suid-Afrika haat? Ek sal graag wil hê jy moet my verwys na die briewe waarin ek dit gesê het. Wat ek haat is wanbestuur. Wat ek haat is 'n onregverdige bestel. Wat ek sukkel om te aanvaar, is die toenemende vernietiging van Europese kultuur in Suid-Afrika. Ek het nie Apartheid aangehang nie, dit was nie regverdig nie, maar ek hang ook nie die nuwe stelsel in Suid-Afrika aan nie. Ook is ek nie 'n aanhanger van Tony Blair nie en stem ek nie noodwendig met die beleid van Engeland se new Labour saam nie. Nog minder met die beleid van die VSA se Republikeine. Jy weet Francois, ek is nie 'n persoon wat te veel verknog raak aan 'n plek nie, maar ek het 'n abnormale obsessie vir Europa, die Afrikanervolk wat uit haar ontwikkel het en ons geskiedenis - hoewel nie altyd mooi nie, maar wys vir my die perfekte nasie. Wys vir my een volk wat nog nooit iets verkeerd gedoen het en nog nooit 'n ander volk te na gekom het nie.

    Francois, ek is nie die een vol haat nie. Ek is nie die een wat 'n probleem het met my eie agtergrond en kultuur nie. Ek is nie die een wat nie met myself kan saamleef nie. Eerlikwaar, daar is tye wat ek die feit dat ek 'n Suid-Afrikaner is haat en hierdie tye is duidelik identifiseerbaar - dit gebeur gewoonlik as ek my Suid-Afrikaanse belastingopgawes moet indien (ek haat ook die Queen een keer per maand as ek my salarisstrokie ontvang en dink dat ek as buitelander aan die Britte 'n aansienlike bedrag belasting moet betaal) ook as ek vir 'n VISA om te reis aansoek moet doen. Wanneer ek in die tou staan by paspoort kontrole en deur arrogante paspoort beamptes as 'n mindere-mens behandel word, maar dan dink ek partykeer, dit is dalk nie 'n te groot prys om te betaal vir al die kere wat ek my medemens as 'n mindere-mens behandel het nie. Dit is seker nie die grootste prys om te betaal vir die voorreg wat ek het om juis te kan reis nie en in 'n groot mate, is die ervaring van 'n laeklas behandeling net 'n realiteit in my eie gedagtes.

    Op die einde van die dag is al wat belangrik is dat mens weet wie mens is, waar mens vandaan kom en waarheen mens oppad is - en dat jy dit met vrede en trots kan aanvaar. Ek het al baie gewonder oor die hiernamaals en tot die slotsom gekom dat die hemel en hel presies dieselfde plek is. Ek glo dat die dag wanneer jy hierdie lewe verlaat, aan jou geopenbaar gaan word die potensiaal waarmee jy gebore is en wat jy op hierdie aarde kon bereik. Die wat wel dit bereik het, vir hulle sal dit hemel wees, vir die wat nie het nie, hulle sal 'n ewigheid ingaan wetend dat hulle gefaal het.

    Francois, ek ken jou nie, maar uit die geskiedenis van ons briefwisseling dink ek nie ons sal sommer ooit vriende word nie, alhoewel ek dink ons dalk altwee 'n woordewisseling terdeë sal geniet. Jy het nogal die manier om my bloeddruk op te jaag en ek weet nie regtig hoekom nie. Dalk is dit omdat jy debat voer vanuit 'n uiterste teenset teen die weste en die Europese kultuur en ek sal veg vir die behoud van Europese kultuur met alles in my. Dalk is dit omdat jy die bydrae van die witman as 'n vloek sien en ek dit bykans verafgod.

    Groete uit Londen, die stad op die Teems wat deur die Romeine gebou is, die Britte oorgeneem is, afgebrand is, herbou is, die Duitsers verwoes is en weer deur Britte herbou is. (Very short history of London...)

    Zandes

    Cornelius Henn

    Vir eerste keer in lang tyd iemand wat soos ek voel oor die geloof van God, en die geloof van mense. Dankie vir die mooi en unieke manier hoe jy dit aan Bobbejaan (en andere soos ek) uiteengesit het. Ek het al voorheen op hierdie forum genoem dat ek `n gemis aan ware Christusliefde ervaar onder godsdiensleiers. Ek ervaar ware Christusliefde in jou skrywe, en dit maak my hart lekker.

    Baie dankie

    Groetnis

    Bobbejaanboer

    Gezina

    Hello Gezina

    Mens, ek het met verbasing die brief van tannie Elsie aan jou gelees.

    Ek dink, dit gebeur maar met my ook so dan en wan, het sy miskien maar net 'n erg slegte dag gehad, en was jy op die verkeerde tyd op die verkeerde plek.

    Miskien het ek nie haar geheue nie, maar ek vind jou briewe lekker om te lees, en ek is bly ek kan hoor van die shows wat jy so bywoon.

    Het jy kaartjies vir Skouspel? Nee, ek het nie. Sal probeer kyk of ek daar kan uitkom, maar dinge is erg besig en deurmekaar. As ek gaan laat ek jou weet, kan mos net lekker raak.

    Mooi bly

    Andries Wolmarans

    Namib, oor die geskokte diere

    Hello Namib

    Man, ek sien jy word aangevat hier oor skokke of so iets. Het nou nie alles gevolg nie, maar ek wil jou tog hierdie storietjie vertel.

    Ek ontmoet so ruk terug 'n ou wat vir die Bophuthatswana se parkeraad gewerk het. Jis, die ou is ongelooflik interessant en ek het my verluister aan hom. Hy vertel my hy was betrokke by die totstandkoming van die Madikwe Park, jy weet seker, maar die een daar naby die grens met Botswana.

    So het hulle op 'n stadium glo 'n klomp hiënas soontoe gebring, en hulle is toegemaak met ‘n elektriese draad. Toe hulle nou sien dat die diere reg is om in ‘n ander kamp in te gaan, toe slaan hulle nou die draad af, en maak ‘n plan om die diere uit te jaag uit die kamp.

    Hy sê hulle het ingegaan en die diere probeer aanjaag, maar hulle het vir ‘n vloek gaan vassteek waar die heining was. Hulle het dit ‘n paar keer probeer, maar die hiënas het aanhou op die presiese plek vasgesteek.

    Op die ou end moes hulle die diere onder verdowing plaas om hulle uit die plek te kry.

    Groete

    Andries Wolmarans

    Ek het twee vaders

    Wens nie baie van ons dat ons met sulke liefde groot geword het nie?

    Coenie K

    NS - gee kans dat die hele gek (Ndl.) liedjie aflaai, en luister dan.

    Geagte Mnr Kraamsaal

    Ek het vir jou 'n jaar terug 'n e-mail gestuur. Waarin ek jou raad gevra het oor baskitaar spel. Jy het daarin gesê dat ek die bass deel van my moet maak en die musiek moet kan voel.

    Ek is bly om te rapporteer dat dit onlangs gebeur het. Weereens dankie vir jou raad. Soos hulle sou sê op Idols:

    "Ek smaak jou, jy's lekker".

    Nie dat ek Idols gekyk het nie...

    Baie dankie.

    Mia Nagtegaal

    My 10 tien bands en liedjies

    Hier volg my eie top tien:

    Bands en sangers:

    Parlotones
    Red Hot Chili Peppers
    Airship Orange (R.i.p)
    Arcade Fire
    Ryan Adams (elke CD is 'n masterpiece op sy eie manier.)
    White Stripes
    Arno Carstens
    Interpol
    Foo fighters
    Black Rebel Motorcycle club

    Liedjies

    “Dreams and Troubles” van Perez
    “Reason I” van Wickhead
    “Headlights look like diamonds” van Arcade Fire
    “Charmless young man” van Magerets Daughter
    “Motivated” van Parlotones
    “Regular flavour” van Driverlane
    “So many times” van Jimmy 12''
    “Slow hands” van Interpol
    “Love is hell” van Ryan Adams
    en “Seven Nation Army” van White Stripes weens die fab bassline. (As jy nie 'n bassist is nie sal jy nie verstaan nie.)

    Die sou op my ipod gewees het as ek so iets besit het.

    Mia Nagtegaal

    Aan Afrikaan – ‘n Direkte perspektief

    Afrikaan,

    Ek verwys direk na jou brief aan Zandes, oor selfde geslag “pare” en hoe hulle in die samelewing behoort in te pas.

    Vir jou is die verkeerde… reg. Dus, by mense soos jy, ís daar gewoon geen verkeerde nie, soos dit in die New Age verkondig word.

    Maar, dit het niks te make met die objektiewe “reg” of “verkeerd” nie. Jy toon klaarblyklik géén begrip vir die onderskeid nie. Die enigste maatstaf, waaruit die werklike “reg” en die “verkeerd” vasgestel kan word, die Woord van God, word deur julle verwerp, sodat julle gerieflikerwys julleself kan bedrieg en sê dat dít wat inderwaarheid verkeerd is, wel reg is. Want daar is geen verkeerd vir julle nie, behalwe as mens nie met julle akkoord gaan nie. Dít sal vir julle verkeerd wees. Dus is julle self julle eie maatstaf, en hoe swak is dit nie…

    Jul dreig almal, en vloek en skel almal wat net skeef kyk na julle, julle wil van julself heilige koeie maak…

    Jy bring selfde geslag pare in vergelyking met kleur-gemengde pare. Wat is die analogie? Kleur-gemengde pare is glad nie teen enige morele of Christelike norme nie (polities wel, maar politiek is die eie brousel van manipulerende mense). Selfde geslag pare was nog altyd, en is steeds, en sal altyd bly, ‘n walglikheid, en een van die walglike werklikhede van ons tyd. Goddank, anders as wat jy voorgee, is dit by verre in die minderheid, en sal al minder word, want wat julle nie besef nie, is dat die natuurlike verwerping al hoe meer drasties raak, algaande diesulkes hulle self op die normale milieu af forseer deur drukgroepe en wetgewing, om dít wat nie natuurlik gangbaar is nie, te probeer afdwing. Net soos klein Apartheid destyds afgedwing moes word, en, net soos klein Apartheid op die ashoop beland het, net so, nie lank van nou af nie, sal hierdie walglikheid van selfde geslag pare, dws openlike sodomie, op die ashoop beland. Het julle nie uit die verlede geleer nie? Alles wat mense teen die natuurlike reëlmaat van dinge in forseer deur geweld (drukgroepe) en wetgewing, resulteer in ‘n ENORME terugslag (“backlash”) en die lydendes? Julle self… Het julle enige idee hoe ondraaglik julle die lewe vir julleself maak? Julle kan julleself net só lank op die gemeenskap forseer, voordat die gemeenskap (‘n baie groot wiel wat baie stadig aan die draai kom, maar wanneer hy eers draai, nie gestop kan word nie) gaan afreken met hierdie geforseerde situasie, net maar soos die met klein Apartheid gebeur het… kon die howe, die polisie, die weermag, die politici dit keer? Nee, want dit was teen God se wil, en net só is júlle besig om teen God en Sy Gebod te rebelleer, en julle sál dieselfde roete as Apartheid volg, en alles anders wat teen God rebelleer…

    En jy sê dit is normaal dat kinders dit meemaak? Hoe sal jý weet, wat nie die verskil tussen reg en verkeerd weet nie? Jy dink kinders sien dit nie seksueel nie, maar gou-gou sien hulle wél dinge seksueel, en tree daar by hulle weersin in… kan dit nie verhoed nie…

    Haatspraak? Nee. Julle kan nie van die waarheid wegkom wat ek hier skryf nie. ‘n Gay mens wat selibaat leef, is heel anders, maar gay mense wat hulleself op die enorme normale gemeenskap afdwing, moet bedag wees op die risiko van verwerping – mens kan nie iewers skryf (wet) iets is aanvaarbaar, en dan is dit sommer so, nie.

    Ek kry julle eintlik jammer, julle pak die hele ding só verkeerd aan.

    Kobus de Klerk

    Vir Pierre van Niekerk

    Hallo Pierre!

    My skat, raai net wie date op die internet, en toe ek jou konfronteer...toe blok jy my!! Kan jy nie eers met al jou slimmigheid self 'n girl kry nie? Shame......seker daardie pensie agter die deur!!!

    Odi

    Good news SA!!!

    Die goeie nuus uit SA is besig om in 'n onstuitbare Tsoenami te verander, geen wonder LitNet word so oorval deur suurgat-hensoppers wat nou bitterlik boos is waar hulle krepeer in hul oorsese hole, omdat hulle natuurlik in retrospek, die dwaashede van hulle onverstandige besluit agterkom...

    SA se wyn uitvoere het bykans verdubbel, en ek lees dat drinkers verdien heelwat meer as nie-drinkers! Verder haal ek graag aan van die Goodnews SA webblad:

    Almost 7,4 million tourists contributed more than R53-billion to the South African economy in 2005, according to the annual report on South African Tourism which was released last week. The biggest overall contribution to tourism direct spend in South Africa came from Mozambique.

    Jaaa...dis korrek, Mosambiek!!!

    Altogether 596 462 Mozambiqueans visited South Africa, and spent an average of R18 200. This means that their overall contribution was almost R11-billion. The number of visitors from Mozambique increased by almost 68 percent from 2004.

    Dan die res van ons vriendelike bure met die diep sakke:

    There was also a large increase in Zimbabweans visiting South Africa – up 40 percent from the previous year. A total of 773 991 Zimbabweans spent an average of R8 396 and overall contributed R6,4-billion. The third highest contribution came from Botswana with 794 706 visitors spending on average R6 989 and totalling R5,4-billion.

    Dan kom ons by ons veel suiniger, of is dit dalk armer, Euros...?

    ther major contributions came from the UK, with about R4-billion at an average of R8 601 per visitor. Individual German visitors were more extravagant than their British counterparts, averaging R8 895, but because fewer Germans visited South Africa, their overall spend was only R2,2-billion.

    The highest per capita spenders of the foreign visitors who came to South Africa in 2005 were the 36 045 Indians, who on average spent R11 392.

    The report noted that there has been an upward trend in foreign visitors to South Africa since 1993, with drops only in 2000 and 2001, both of which were attributed to global events.

    Maw dus, al wat SA behoort te doen is om seker te maak ons kry VEEL meer Mosambiekers en Indiërs hier, en fok die armsalige Rooinekke en Krauts, hulle het blykbaar in elk geval nie geld om te blaas nie, kyk maar ook na die arme Afrikaanse rotte wat vasgekeer sit op daai klein vastelandjie! Dis 'n absolute hand-na-die-mond-oorlewingstryd vir hulle...

    Van die Yanks, Kanadese, Kiwis en Ozzies wil ek nie eens praat nie! Hierdie laasgenoemde drie lande is berug vir kreunende nasionale-sosiale-basiese-brood-oorlewingsisteme wat die wolwe van die deure moet weghou...daar is bv meer Kiwis in Oz as in NZ, en niemand weet hoeveel miljoene Ozzies gaan bedel in die EU nie!

    Dan is daar natuurlik die Kanadese wat soos 'n plaag sprinkane toesak op die Beloofde Lande van die Ooste om hier te kom geld afbedel, dit terwyl die Yanks medisyne-koop ekspedisies per trein bv moet aanpak na daai koue Noordelike buurmannetjie toe, in ruil kry die Kanadese darem 'n oorvloed van onwettige wapens en dwelms wat van die VSA binnestroom...

    Nog goeie nuus van SA Good News:

    In their annual report on the state of the South African economy, the International Monetary Fund (IMF) said that the economic outlook for South Africa was broadly positive.

    The report said that recent economic performance has been strong, and that there are several indicators that suggest the economy will remain robust.

    The growth rate of the economy in 2005 was 4,9 percent, the highest it has been in more than twenty years. Public finances are sound and the South African government has been able to rebuild her international reserves, points which the IMF commended in the report. Although the value of the rand began to slow last year, and so affected the value of exports, Foreign Direct Investment more than covered any deficit this caused.

    Government debt was brought down to 34,1 percent of GDP in the financial year 2005/6. Strong economic activity and firm enforcement of policies as well as increased tax revenue were instrumental in easing debt.

    Shame, dis sekerlik genoeg om elke verloopte Japie in London en Perth hulle verrottende tande te laat deur kners! In plaas daarvan om NA die vleispotte toe te hardloop, het hulle inderwaarheid daarvan weggevlug!

    En nog meer:

    Joburg celebrated a more peaceful 9/11 anniversary this year – Mahatma Gandhi's Satyagraha or passive resistance movement which originated in Johannesburg on 11 September 1906. Gandhi lived in the city from 1903 to 1914.

    Satyagraha was most famously employed by Gandhi in forcing an end to the British Raj and against Apartheid in South Africa.

    Satyagraha was also used by Martin Luther King during the civil rights movement in the United States. He realised that "the Christian doctrine of love operating through the Gandhian method of non-violence was one of the most potent weapons available to oppressed people in their struggle for freedom".

    Two of the world's most profoundly compassionate philosophies originated in South Africa – Ubuntu (the belief in a universal bond of sharing that connects all humanity) and Satyagraha.

    Veral Afrikaners moet tog asb mooi hierop let, en LEER!!
    Sterkte...

    Francois Williams

    Die Wêreld leer by SA

    Van die Good news SA webblad:

    Addressing a joint sitting of the South African Parliament yesterday, the Secretary-General of the United Nations Kofi Annan praised South Africa’s achievements over the past decade and outlined how South Africa is ‘pointing the way’ for other developing nations and the rest of the world.

    Speaking of the challenges facing Africa today, Annan said that it was easy to blame the ills of poverty, hunger, AIDS, conflict and corruption on the “depredations of imperialism and the slave trade, the imbalance of power and wealth in a flagrantly unjust world”, but that cannot absolve the Africans of today from “our own responsibility to ourselves and to our children.”

    Africa, he said, required a new approach, and South Africa is pointing the way by what it is doing at home, in its “sub-regional neighbourhood”, in Africa as a whole and in the wider world.

    “South Africa today reminds us all of the remarkable African capacity for forgiveness and reconciliation, despite the pain of racial discrimination and oppression,” said Annan. “Your robust economy, stable democracy, support for the rule of law and – perhaps most important – your fully inclusive constitution have made South Africa a beacon of tolerance, peaceful co-existence, and mutual respect between people of different races, languages and traditions”

    Annan praised South Africa’s regional contributions and especially our “vitally important peacemaking and peacekeeping contributions in Burundi and the Democratic Republic of the Congo.” South Africa, he said, is also playing a leading role in Africa as a whole. “Economically, South Africa is now the biggest foreign investor in the rest of sub-Saharan Africa. It has also played a leading role in forming the New Partnership for African Development – a new paradigm based on African ownership of development strategy, and a partnership with the international community based on equality and mutual respect.”

    “Politically, this country has taken the lead in transforming the Organization of African Unity into the African Union. It has helped establish the Union's peer review mechanism, which over time should ensure a steady improvement in African standards of government; and it has taken a leading role in the work of the Union's Peace and Security Council, which is enabling Africans to help resolve each others' conflicts.”

    Annan commended South Africa for taking a leading role in advancing the cause of developing nations. “Economically, it is important that the developing countries help themselves and each other, and that as far as possible they present a united front in negotiations with the industrialized world. Here South Africa is showing the way, in alliance with the new economic giants in other parts of the developing world – China, India, Brazil – by forging a new global geography of trade and investment.”

    South Africa had much to teach the rest of the world, according to Annan. In a world “seething with resentment based on past and present injustice, and with misunderstandings based on differences of culture and belief”, South Africa had shown that the way to a better balance “lies through dialogue, and the establishment of mutual trust.”

    Archive: SA Teaching the World

    Nie sleg vir 'n land wat so afgekraak word deur van sy eie mislike inwoners nie, veral nou die van ligter velkleure...laat jou wonder hoekom hulle in elk geval so gal afblaas?

    Francois Williams

    A Minerva! – Op pad vanaf Kansas...

    A Minerva!

    Met dié dat jy juis ‘n probleem het om die vuur te “hoor” of te sien aankom… Kom staan eerder by Drolpeer, dan staan jy glad nie die risiko saam met Bloekom, Wattel en Pinus om op die uitheemse brandvuur te beland nie… en ek sal nie daar wees om die vlam aan te steek nie... wil natuurlik ook nie, nie my funksie nie, nie my plek nie, nie my doel nie, maar jy het dalk self die vuurklip in jou hand... nie geweet nie?

    Kansas?! Dis sal goed wees as jy nie meer in die Kansas van fabels is nie, en nog beter dat jy dit besef, want dit is nie dáár waar ons Drolpeer aantref nie… maar hiér!

    Sterkte, keuses… keuses…

    Miskien wil jy so bietjie die verspotte briewe wat jy skryf, laat staan? Ek sien jy verdiep jou soms in die digwerke van ander... doen jy ook jou eie? Kan jy dan nie substantief en sonder spot skryf nie? Ek sou dan ampertjies kon dink jou regte naam is “Mo Er”…

    En terwyl ons dan nou op hierdie punt is. Jy skryf in ‘n vorige brief aan my, jy onthou, daardie een waarin jy in die aanhef my jou vriend noem…:

    “Jy probeer die Woord verkondig op `n manier wat jou welgeval, en dis seker goed so in a strange but disturbing sort of way, maar wat egter nie so goed afgaan nie, is jou rigiede Godkompleks wat só afstootlik is,…” en dan volg nogeens ‘n bitter, katterige en verspotte aanmerking van jou (wat wél goed afgaan, hmmm?), wat nie ter sake is nie.

    Sê tog nou asseblief drie dinge vir my, A Minerva. Wat, in jou lewe, of in enigeen anders se lewe, doen jy, wat niks met God te make het nie, waaruit Hy Hom moet uithou? Is daar so-iets? En dan, hoe verkondig ons die Woord, sonder om die Woord direk te verkondig, met toeligting, waar nodig, daarby, en dan derdens, hoe verkondig ons die Woord, sonder om telkens na God te verwys. Hoe dan, is dit ‘n “Godkompleks”? Nee, vier dinge… hoekom, A Minerva, vind jy dit “disturbing”...

    Ek hoop jy kan vir eens ‘n sinvolle antwoord teruggee, jy weet, in opregtheid sonder snedigheid, bitterheid en katterigheid. Jy kán mos…

    Kom, onderrig jy my, asseblief. Ek luister… En moenie so skrikkerig wees vir die Kuber Inkwisisie nie, hulle is smallfry…

    Kobus de Klerk

    Landrover vs Landrover

    Geagte Man op die straat,

    Ek stem volkome saam met jou dat die Freelander nie ‘n haarkapster se voertuig is nie.

    Elke Landrover model is doelgebou om aan n sekere segment van die 4X4 motor mark te voldoen maar elke Landrover model is steeds ook n 4X4 en Landrover maak seker dar sy modelle wel basiese veldry toestande kan bemeester.

    Ek self het geen ondervinding van ‘n Freelander nie, maar kan maar net weergee wat ek self in Mosambiek gesien het.

    My Defender V8, Danie se Discovery V8 het eerste keer belbult op Nascer Do Sol uitgeklim (sekerlik twee of drie keer so hoog as belbult by Ponta d' Or), die Freelander V6 ook met die tweede probeerslag maar die Jeep Grand Cherokee Turbo Diesel het 19 keer nodig gehad en sou baie vroeër opgegee het was dit nie vir my wenas wat ek reeds sowat 25 meter afgerol het om hom te hak daar waar hy elke keer vasgegrou het nie en dit met al die traksie 4x4 knoppies en nog wat.

    Landrover is nou maar ongelukkig die een wat almal graag wil "wen" of wil hê moet vasval. Ai ons 4X4 ryers darem.

    Pleks dat ons mekaar respekteer, ondersteun en eerder lekker saam vakansie hou, het jy altyd hierdie probleem met van die manne - en asseblief moet tog net nie jou Landrover naby sy vasgevalde bakkie bring voordat die golwe nie eers oor die enjinkap spoel nie, want dis tog te vreeslik om met ‘n Landrover gehelp te word.

    Hardebaard 4X4 manne is wel anders.

    Ek sal enige tyd ook ‘n Freelander wil besit, maar vir tyd en wyl bly die Defender my rêrige vakansie 4X4 voertuig en my Discovery V8 my besigheids voertuig. Volgende Sondag gaan ek wel Mosambiek toe in die Discovery met ‘n Eco 3 sleepwa want die Disco het nie die pakplek van die Defender nie. Ek weet wel wat die Disco kan vermag want ek het reeds 7500 kilos in 24 dae voor ‘n Disco met my Defender gery (400 000 plus kilos op die klok) op ‘n toer deur die Soutpanne (Kubu eiland ingesluit), Chobe, Moreme, Caprivi Strook, Okavango Delta en Savuti sonder enige probleme met beide Landrovers.

    CR de Wet

    'n Reënboog, 'n olyftak en 'n glasie wyn

    Jy vra of ek hom geken het...

    Toe ek vroegoggend by my huis uitstap in Woodstock het ek oudergewoonte opgekyk Tafelberg toe. Daar was 'n breek in die wolke en 'n reënboog het gevorm voor die berg. Ek het na Fanie Smit se “Loof die Here” op RSG geluister soos ek uitry Paarl toe.

    Vanoggend, Sondagoggend, is sy as saam met die van sy ma ter ruste gelê is. Sy ma is al in 1982 oorlede, destyds toe hulle in Bloemfontein gewoon het. Hy was maar 11 jaar oud.

    Ons was so 30 mense vanoggend bymekaar in die tuin van die Strooidakkerk. Op die gewel is die datum 1805. Daar was 'n tafel met kerse en 'n foto van hom langs blomme. Onder langs die gedenkplaatjie met sy en sy ma se name op was 'n krans en 'n beeldjie van 'n biddende engel. Sy pa en suster was veral hartseer.

    Ek het net sy onmiddellike familie by die gedenkdiens geken. Soos dit maar is by ons begrafnisse, was daar 'n hele paar ander gay mans. Wie van ons ken nie daardie crowd by 'n gay man se begrafnis nie. Ons wat te veel by grafte moes staan in die afgelope twintig jaar.

    Die man wat die diens gelei het, het ek afgelei was 'n Katolieke priester. Of miskien 'n eks priester. Hulle het by Bronx ontmoet.

    Aan die einde van die seremonie het hy water geneem en dit geseën. Hy het 'n takkie van 'n wilde olyf in die water gedoop en dit met 'n seëngroet oor die gedenkplaatjie gesprinkel.

    Daarna is almal na 'n pragtige gastehuis. In die mooi tuin het hulle Chardonnay en indrukwekkende snacks bedien. So asof hy dit self gereël het.

    Ja, ek het Dalton geken...

    Afrikaan

    Kaapstad na Kairo

    Die boek wat Webvoet aanbeveel het, het ek gelees. Dit is 'n great boek en Holgate se skryfstyl maak dit maklik leesbaar. Regdeur die boek het hy ook sketse, foto's en persoonlike briewe wat die storie meer interessant maak.

    Die "maklikste" roete is via Soedan, Ethiopië, Kenia, Tanzanië, Zambië, Zimbabwe en dan is jy tuis. Jy reis dan deur die relatief droë en veilige dele van Afrika en daar is selfs openbare vervoer die hele roete. Jy hoef dus nie 'n Land Rover te koop nie. Jy kan dit moeiliker maak en deur sentraal of die weste van Afrika reis, maar paaie is minder begaanbaar en polities is dit ook meer suspect. Watter roete is die mooiste? Dit hang natuurlik af van wat jy as mooi ervaar. My Nederlandse vriende het Soedan en Ethiopië pragtig gevind, maar sommige Suid-Afrikaners verkies die groener weste.

    Vir Suid-Afrikaanse paspoorthouers is dit ook relatief maklik om visums te kry vir die eersgenoemde roete.

    Twee ander boeke wat ek kan aanbeveel is Dark Star Safari, overland from Cairo to Cape Town deur Paul Theroux, en Just add Dust, overland from Cape to Cairo deur Mike Copeland en Justin Fox. Dan natuurlik die boek oor die eerste blanke wat die tog klaargemaak het in 1900, Ewart Grogan: Lost Lion of Empire. The life of Cape-to-Cairo Grogan. Al hierdie boeke is fassinerende leesstof vir Afrika liefhebbers.

    Bobbejaan, as jy meer detail inligting wil hê, laat weet en ek kan jou detail gee van presies watter roete dorp na dorp. Ook van watter openbare vervoer die beste op die roete is en watter visums jy waar kan kry. Of droom jy nou maar net oor ons fantastiese kontinent en sy mense?

    Groete

    Afrikaan

    Vir Bobbejaan

    Ai, Haaisop is lekker! En so baie! Kon nie ophou eet nie.

    Coenie K

    Kan 'n sangoma gays regruk of andersom? - Coenie, Bobbejaan, slimmes.

    Vriende, sangomas en bure

    My vriend, Lesiba, en ek ry oor die naweek op Johannesburg toe, ons het albei vergaderings daar Dinsdag en ek moet boonop sangoma-probleme uitsorteer by 'n huis wat ek verhuur in Westdene. Hy kan my sommer so in die ry adviseer oor sangomas, maar sê hom niks op hierdie stadium. Netnou 1time hy my! Ons gaan oa oorslaap in ons geliefkoosde Karoodorp, Nieu Bethesda. Ons gaan en route kyk na eiendom in my ou familiedorp, Beaufort-Wes en in Victoria Wes. Dis hoekom ons ry en nie vlieg nie. Twee vriende, gedeelde belangstellings en 'n langnaweek in die Karoo Kan net lekker wees.

    My vorige buurman vir jare, hier al lank in Bobbejaan en my skrywes eenvoudig bekend as 'Buurman', moes die geraas van haar seremonies laas naweek verduur. Ek het verskeie oproepe en eposse gekry van ontstoke bure wat aandring daarop dat ek die probleem uitsorteer. Die vrou betaal haar huur goed vooruit en vertel my sy het skriftelike toestemming om die seremonies, wat die slag van 'n bok en hoender insluit, te hou. Dit is natuurlik 'n sensitiewe saak, rondom kulturele verskille, ensovoorts. Sy is toevallig, in haar day job, 'n prokureur by 'n NGO.

    Ek gaan die huis omskep begin volgende jaar, maar intussen moet sy en die bure in vrede saamleef. Salomo se wysheid is wat ek nodig het om die lotjie te ontlont.

    Die ander buurman het my op die foon toegesnou: "Ek woon g'n langs 'n lokasie nie!" Nou ja, sodra hy dit 'n ras ipv 'n rusverstoring saak maak, dan kook my bloed. Dit was die einde van die gesprek. Ag, Nuwe Suid-Afrika is ook maar 'n kopseer... ;-).

    Coenie, om 'n lang storie kort te maak: dankie vir jou, en Ray, se uitnodiging, ons maak dit 'n volgende keer.

    Ek wil ook net sê dat ek moet opkom vir Bobbejaan. Hy en ek verskil baie wanneer dit by politiek kom, maar een ding wat ek kan sê van hom is dat hy nie homofobies is nie. Sy dogter se peetpa is inderdaad gay en die predikant wat hulle getrou het is ook gay. En daar was hope moffies, ek ingesluit, by hulle troue in 'n gay man se tuin. Nou nie juis die profiel van 'n breker wat moffies met baseball bats slaan nie!

    Groete

    Afrikaan

    Antwoorde op Francois Williams se “vragies”! 1

    Terloops, hoekom het jou opskrif ‘n vraagteken? Vra jy toestemming of jy vragies mag vra? Dis verkeerd man; jou opskrif is die titel van ‘n klomp vrae en nie self ‘n vraag nie.

    Nou antwoordjies op jou vragies maar eers: Jou relaas oor Errol het niks met jou argument te doen nie, ek het jou reeds gesê jou stelling oor Joost se Afrikaans was net ‘n systap, ‘n poging om die aandag af te lei van jou infantiele gekweel oor die Afrikaner en Apartheid (ek hoop jy’t Leon Puth se brief gelees oor die Britte se aandeel in Apartheid).

    Maar laat ek nou jou vragies beantwoord; netnou beskuldig jy my dat ek jou taktiek na-aap.

    Jou vragie: Wat beteken dit kwansuis nou?

    Antwoord: Antwoord sal duidelik wees uit die hieropvolgende antwoorde.

    Jou vragie: Dat Errol beter Afrikaans praat as meeste Afrikaners …?

    Antwoord: Nie noodwendig nie maar, soos ek gesê het, beter as Rassie en baie beter as Taliep.

    Jou vragie: … of is hy ‘n beter Afrikaner as meeste Afrikaners?

    Antwoord: Ek sal nie sê ‘meeste Afrikaners’ nie maar ‘baie Afrikaners’, veral die hele lot van julle hoog-heilige askiesvraers, hoedfrommerlaars, gatkruipers en Anglofiele. Soos ek voorheen gesê het, ek twyfel of hy self sal sê hy is ‘n Afrikaner maar dit verander nie my opinie dat, as Afrikaner, hy ligjare voor julle klomp Browniepuntsoekers is nie.

    Jou vragie: Sluit dit jou ook in?

    Miskien, want daar is die geleenthede wat ek ook maar kniebuig: Ek praat byvoorbeeld net Engels in vergaderings by die werk omdat, by die werk, hulle die onkonstitusionele beleid het dat ons nie mag Afrikaans praat in ‘n vergadering nie omdat daar een of twee is wat nou kamtig ‘nie die geleentheid gehad het om Afrikaans te leer nie’. Ek sou ‘n beter Afrikaner gewees het as ek die lot elke keer na hulle moer stuur.

    Jou vragie: Klink in elk geval jy dink hy is beter as ‘wit kwota-afrigter’ Jakkie Wit of hoe?

    Antwoord: Nee glad nie maar soos praatjies rondhang het Jake White net mooi genoeg gehad van inmenging deur politici en politiekery en niemand sal hom kwalik neem as hy die hele storie vaarwel toeroep nie. Errol, aan die ander kant, met wie hy ook al in die span sit, sal nooit beskuldig word dat hy diskrimineer nie.

    Jou vragie: Wat dink jy verder van Wit Jakkie se kak wit spannetjie, net so tussen my en jou?

    Antwoord: Dit is nie Jake White se span nie; hy word in ‘n te groot mate deur politici en politiekery voorgeskryf. Die span is ook onder groot druk omdat daar onmin heers juis omdat daar sekere spelers – let wel SEKERE spelers – is wat bo beter kandidate bevorder is. Hierdie spelers is onder druk want hulle móét hulself bewys en die ander is die moer in omdat hulle weet daar kon ‘n beter span saamgestel gewees het wat tot gevolg sou hê dat hulle ook minder hard hoef te probeer om te wen. Op die manier is die span se moraal laag en presteer hulle ver onder hulle vermoë.

    Vervolg ….

    Antwoorde op Francois Williams se “vragies”! 2

    Jou vragie: Dit klink bietjie dik vir `n daalder (die feit dat ek jou ‘n rassis noem) of hoe?

    Antwoord: Glad nie.

    Jou vragie: Waar is my logika verkeerd?

    Antwoord: As die definisie van rassisme is dat rassisme die belediging van ‘n ras of ‘n volk is, is jou logika verkeerd. Indien die definisie van rassisme is dat spesifiek rasse of volkere ANDERS as jou eie beledig word dan is jou logika seker nie so verkeerd nie maar dan het mens nog steeds die probleem of ‘n gatkruiper en meeloper nog steeds deel van sy eie ras of volk is.

    Jou vragie: Ek vra weer: Wie is Dan Roodt?

    Reeds geantwoord, sien my brief waarop jy reageer het. Of swerf bietjie rond op die net, jy sal gou uitvind.

    Jou vragie: En van watter waansinnige vervolging praat jy?

    Antwoord: Die vervolging van die Afrikaner. My een seun het byvoorbeeld 6 onderskeidings in matriek gehad en ons werwingsmense het my gesê ek moet nie eers PROBEER vra vir ‘n beurs nie; dis gereserveer vir die voorheen benadeeldes. Ek mag in my eie land by my werk nie my boodskapmasjien in my eie taal hê nie, ek mag nie Afrikaanse memo’s aan Afrikaanse kollegas skryf nie en ek mag nie my eie taal in vergaderings praat nie. Afrikaans en die Afrikaner is beslis ‘n teiken soos onder andere manifesteer in die skrap van Afrikaanse name en monumente. Indien jy nog inligting wil hê oor hoe die Afrikaner geteiken word laat maar net weet.

    Jou vragie: Die enigste waansinnige vervolging in SA waarvan ek weet, was toegepas op mense soos Nelson Mandela bv...of weet jy nie daarvan nie?

    Antwoord: Soos jy sê, “waarvan jy weet” en jy weet van four call ou vriend, mens kan dit duidelik agterkom aan al die stront wat jy hier kwytraak.

    Tipies windgat en voor-op-die wa soos ‘n bedorwe brokkie maak jy stellings wat veronderstel is om te skok maar almal sien dit vir wat dit werklik is: Aandagsoekery, gatkruipery. Ek meen, vat nou jou Moeder-Theresa spiets oor rassisme: Wie dink jy flous jy met sulke hoogheilige snert? Jy is vasberade om, soos jy vir Kleinboer gesê het, die ‘regses (wat jy ook al dink sogenaamde regses is) vas te vat’, maar intussen irriteer jy die kak uit almal om jou met jou ongegronde en ondeurdagte stellings (aan die ander wat hier mag lees: verskoon my Engels).

    Wat jou deel van die vraag oor Mandela betref: Indien hy aan ‘n Britse regering probeer doen het wat hy hier aangevang het sou hulle, dis nou die Britte wie se taal jy jou geroepe voel om vir die Sjinese te leer, hom summier gefusilleer het vir hoogverraad soos hulle met byvoorbeeld met die Kaapse ‘rebelle’ gedoen het.

    Ter afsluiting wil ek jou vra om nie op te hou om die sogenaamde regses ‘vas te vat’ nie want met elke brief bevestig jy dat jy die ‘n donnerse clue het waarvan jy praat nie en versterk op die manier wat ook al hierdie ‘regses’ het om te sê.

    Jan Rap