SêNet - briewe van lesersArgief
Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
SNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Posie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PosieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad daar in die vreemde aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006













    SêNet: 15 September - Tweede Uitgawe

    Nota: Die oorskakeling na 'n nuwe diensverskaffer het onverwags probleme met SêNet veroorsaak. Hieronder is al die briewe van Vrydag se tweede uitgawe. Ongelukkig werk die skakels na ander briewe en na die SêNet-Argief nie. Ons sal so spoedig moontlik die probleme oplos - Naomi

    Rabbit

    Whats cooking good looking?

    Krag, innerlike krag, en kennis is soos druppels in `n emmer water. Jy sien dit nie onmiddellik raak as jy na die groter prentjie van die emmer en water kyk nie. Maar sodra jy dit nodig kry, is dit daar. Diep binne in, en niemand kan dit wegvat nie.

    Youve got it Babe, en moenie eers twee keer daaroor twyfel nie.

    My ore is oop en my skouers breed. Praat, ek luister.

    Groetnis

    Bobbejaanboer

    Koes Ampie, hier kom n plaasroman

    Alle uitgewers in die ganse Afrika, wees bedag, raak opgewonde.

    Die beste plaasroman sedert die somer van die dertigers is oppad.

    Namib skryf dit met bloed en sweet en met n hoed soos n muishond laag oor sy kop gebrand. Hy vloek, hy stink, hy ry n Toyota. Hys n man wat sy moffie kan staan. Hys n pl wat sy girl kan vry lat haar voete vuiste maak. Hys n ewige laaitie wat honde van sy wiele afskok, wat willewragtag wild oor sy trop heers. Hys die oer-man wat geen vrou kan betaam. Hys rof en onbeskof, en pis lukraak in die veld. Sy son is die beste, sy bakkie die sterkste (en luukste) en hy laaik die reuk van sy brannewynpis op die witgebrande gras op n besonder hittige dag. Hyt sy Eiendom Beperk, self gekamp (n hy die grond uit die boedel gekry en sy Goose(n)-susters afbetaal het) Hy haat blink karre, en laaities met blink hare en brille. Hys rof, hys onbeskof, hy ry sy vroue grof. Wat meer kan mens verwag? Hys die moderne Ampie.

    Sterk straal-groete

    Bertus Beemwee

    Oorle Stevie

    Ja, hy het my ook afgepis toe ek hom die eerste keer ontmoet het. Gedink hys arrogant en hoe kan jy natuurbewaarder en ego-cruising so tesame doen. Dus vir `n rukkie my rug op hom gedraai.

    Tot ek een naweek oppie plaas my seun en sy plle hoor praat oor die natuur en natuurbewaring en liefde vir onse Moeder Aarde. Dinge wat ek hulle nie geleer het nie, en nie in my boeke staan nie. Vind toe uit hulle leer by oom Steve en hulle hou van wat hy leer.

    Gaan `n liggie vir my op: Hier probeer ek al jare my kinders leer van die klein dinge wat elkeen van ons kan doen om uiteindelik `n groot verskil te maak, en telkens kry my preke net daai ek-wil-playstation-speel kyk. Maar hier is `n wilde, vrolike, uitbundige mallerige Aussie besig om iets groots met my kids en hulle tjomme te bereik. En dit werk, want hulle praat passievol oor die dinge wat hulle by di man hoor.

    Dink ek toe terug aan die keer wat ek op Radio Kansel gehoor het hoe die slim bybeltannie van Bloem Harry Potter as satanisties bestempel, maar by verdere navraag blyk dit toe dat sy nog nie eers die boek gelees het nie! Voel ek toe dieselfde, want ek kritiseer `n man wie se program ek twee of drie keer gekyk het. Besluit toe om weer na di Aussie te kyk, en is vandag nog dankbaar.

    Hierdie man het miljoene nuwe harte convert na liefde vir die aarde en sy diereryk. Sy metodes was verseker nie konvensioneel nie. Tog was sy resultate verbysterend. Passie pis baie af, en di man was passievol. En hoewel hy so `n groot aanhang onder die middelgroep gehad het, het die heel liberales en die heel konserwatiewes hom beide gehaat. Die liberales omdat hy diere se privaatheid binnegedring het, en die konserwatiewes omdat hy jag verafsku het, veral die teorie dat jag van wildbewaring `n "sustainable" industrie maak.

    Wat my betref, ek het later al sy programme gekyk en onder die diepe indruk van sy ware en passievolle liefde vir die natuur gekom. Ek respekteer hom vir dit wat hy in so `n kort leeftyd bereik het. En is baie hartseer oor sy dood. En glo dat natuurbewaring een van sy groot seuns verloor het.

    En nee, ek het nog nie wraak geneem op `n ray nie en gaan ook nie.

    Groetnis

    Bobbejaanboer

    Arms wide open - Bobbejaan

    Hey Bobjan

    Ek luister ook graag die liedjie, maar dit is nie Nikelback wat dit sing nie. Dis Creed. Maar dit maak nie rrig saak nie. My seuntjie kom, volgende week Woensdag, 20 September, en die CD is al op geluister in my kar. Ek kan nie wag nie!!!

    Sterkte en vreugde aand daai kant!

    Lizard

    Ek stem saam Uberboer

    Ek is so bly daar is nog iemand wat sy common sense gebruik. Dit is so waar wat jy s. Dit is omdat ons mensdom nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir ons eie foute en verkeerde keuses nie. Iemand anders moet mos altyd die skuld kry. As daar dan niemand is nie dan is dit God wat ons straf. Ag nee man, ek kan nie glo daar is mense wat nog met sulke mentaliteit rondloop nie.

    Dit is nou soos die vrou wat ook die oggend voor haar kasdeur staan en vra: "Here watter rokkie dink u moet ek aantrek vandag?"

    Hellooooo!!!

    Puntjie

    Kaapstad tot Kairo

    Ek sit vandag en wonder oor hoe befok dit sou wees om met n 4X4 van hier tot in Kairo te moes ry. Het egter gewonder watter roete sou mens vat. Is daar n veilige roete, is daar roetes wat mooier as ander sou wees, of sou mens die pad vat wat die maklikste sou wees? Miskien het van julle krels al so iets deur gegaan. Dit sou regtig interessant wees om te hoor wat s julle mensies wat weet.

    Beste groete

    Bobbejaan

    Kingsley Holgate en sy gesin het mos so n toer aangepak en die boek, Cape to Cairo: One familys adventures along the waterways of Africa, geskryf. Kyk bietjie hier. MV

    Pieter R oor sakke sout

    Pieter jy kan definitief meer oorspronklik wees.

    Dat jy dit met sout sou neem dui dat jy nog onder die invloed van die ou bedeling is en nie kan insien dat n mens trots kan wees op wie jy is en terselfdertyd jou naaste kan liefh nie. Wys my sommer ook waar het ek haat teen ander rasse uitgespreek of aangedui dat ek Apartheid mis. Ek haat die gedagte. Ek haat die nawiteit en die onkunde wat dit kweek. Ek het feite aan jou genoem in daardie brief en gevra dat jy dit moet navors en kyk of dit akkuraat is. Jy het egter, soos jou brief waarop ek daar gereageer het, afgekraak maar geen stawende feite getoon nie.

    Dis maklik om negatiewe goed te skree. Dis soos kinders. S iets beduidend. Ek weet jy kan.

    Mis jou sinvolle dae

    Leon Puth

    O wye en walglike land

    Party dae kan ek net walg van hierdie land.

    Of dalk moet ek net ophou koerant lees. Liewers lees van Wene, waar dit 'n kwessie was toe fietsdiefstal en sakkerollery toegeneem het. Die Staatsoper, die Cafe Diglas.

    Vanoggend se Beeld en news24 verwys. Nog 'n jong vrou vermoor vir niks. Nog 'n kind vermoor. Nog 'n skolier aangerand.

    So gaan dit aan, dag na dag, jaar na jaar. Dit kom al nader, hier in Pretoria.

    Die patroon het verander. Jy word deesdae voorgel en aangeval deur bendes.

    By die stigting van julle wykskomitee verduidelik die man van Brooklyn-polisiestasie dat hulle hopeloos onderbeman, onderbefonds en oorwerk is.

    Iemand anders s dit in die openbaar en ontlok net bontpratery en ontkennings van die polisiebase.

    Maar die regering s hulle is nie "in denial" oor misdaad nie. Shame. Net jammer hulle is te lamsakkig om dit stop te sit.

    Soos in meedonloos. Soos in "zero tolerance".

    2010 is die lig voor in die tonnel. Gaan dit 'n treinsmesj wees? 'n Orgie vir die moordenaars, verkragters en rowers?

    Gerhard

    Vir Kleinboer: Verraderlike boeke en Ottomanne

    Hallo Kleinboer,

    Dankie vir jou geurige skrywe en dat jy aan my en Calvino gedink het in jou dokter se spreekkamer. Hopelik niks meer as seisoenale sinus nie.

    Ottoman cubes het my ook dadelik laat dink aan Knorr se oxtail stock cubes vir moerse meaty taste. Dit is min of meer hoe geurig ek my maalvleis kan kry. Ek sien hier in my klein woordeboek dat n ottoman as volg beskryf word: storage chest with a padded lid for use as a seat, en dan ook iets te doen met n lid van die Turkse ryk. My dikker woordeboek noem daar iets van: sofa. Ek is ook byna seker ek het al gehoor mense praat van n poef (daai sagte kleurvolle opgestopte poewe langs die pad) as n ottoman.

    n Seskantige blok ottoman, mmm. Vir R 130.00. Sal jy maar vir Sonia vra? Ek het gelees haar sterrekaart is vervloek met scorpios wat haar gemoedstoestand Knorrig maak. Dit sal beter wees as jy vra. Sal jy ook vir uitvind onder watter sterreteken sy gebore is.

    Worstel ek met If on a winters night a traveller deur Italo Calvino nie vir Kanadese bedoel nie?

    Nee, ek doen nie.

    Die rede daarvoor is dat ek dit tot op hede nog net versigtig uitgehaal en bekyk het. Dit sal onwys van my wees om die geskiedenis en aura van die item te ignoreer en nie net nog vir n wyle daarin te linger (soos in The Cranberries) nie. Die boek is bietjie soos n oumens, moeg en broos na n lang reis.

    Vandaar die versuim.

    Ek het wel die buiteblad gelees. Dit was baie vernuftig om hoofstuk 1 sommer so op die buiteblad te begin, dit lok die leser reeds uit die staanspoor.

    Dit sal dwaas van die boek wees om my te minag.

    Jy sal verstaan as ek nou my koffie moet gaan drink.

    Mooi bly

    Henning

    Naamsverandering en dr Pallo Jordan Ongeag of Potch nou Tlokwe word en Lydenburg word whatever, die gekarring met name bly 'n spul stront.

    Dit is die mankoliekige maaksel van plaaslike regerings wat te lui of onbekwaam is om hulle eintlike werk te doen en hulle nou met polities korrekte beuselagtighede besig hou.

    Niemand kan 'n mens in elk geval dwing om die nuwe name te gebruik nie. Ek is seker dat baie mense nog steeds na Potch sal verwys, en die nuwe naam waar moontlik sal ignoreer.

    Terloops, dr Pallo Jordan, volgens alle berigte 'n geleerde en intelligente man, is die een wat die name finaal moet goedkeur. Dit is ook al wanneer 'n mens van hom hoor. Wat doen hy aan die bevordering van kuns en kultuur in hierdie land - sy eintlike taak?

    Oor die dwaasheid om die kunsterade tot niet te maak sal hopelik eendag 'n boek geskryf word.

    Gerhard

    Blou Bul Steaks!

    Mag die Haaie die naweek lekker smul aan Blou Bul steaks!

    Beste groete

    Bobbejaan die Leeu

    Naamsveranderinge

    Afrikaan en Willa

    Ek l weer klem hierop.

    Ons verander ons plase, kerke, maatskappye en selfs huise se name sodat dit die nuwe Suid-Afrika pas, maar sodra die regering die dorpe en stede se naam wil verander, dan spring ons op ons agterpote.

    Dink maar hoeveel kommin Afrikaners net in die laaste paar jaar plekname verander het in Hakuna Matata en Lalapanzi. Hoeveel kinders is op skool met name soos Tristan Potgieter, Tarryn Griesel en Brad Koekemoer.

    Miskien moet die Afrikaner eers die balk uit sy eie oog haal

    Dawie Malan

    Laurie Gaum se ma se brief aan Huisgenoot

    Weet iemand dalk waar op die internet kan Laurie Gaum se ma se brief jare gelede aan Huisgenoot gelees word?

    Dankie

    Kiewiet

    ANC, verkiesings en die Apartheidsregering

    Die ANC se onvermo om verkiesingsuitslae te aanvaar bekommer my. Kommerwekkend ook vir my is die manier hoe die ANC tans alles in hul mag probeer om met provinsiale inmenging en wetgewing weer beheer oor Kaapstad te probeer verkry.

    Dit herinner erg aan die Apartheidsregering se manier om na elke verkiesing die kiesafdelings her in te deel om sodoende seker te maak hul behou beheer.

    Dit stem ook erg ooreen met die Afrika tendens in sekere dele waar verkiesingsuitslae bykans NOOIT aanvaar word nie...en uiteraard to binnelandse onrus aanleiding gee.

    Dit maak my bekommerd...of maak dit van my "'n vreesbevange sensitiewe individu?"

    Neil Kroese

    Aan Dawie Malan oor ons Christenskap

    Dawie

    Ai mens, dit wat jy s jy wil nie doen nie (mense laat dink en s dat Christene onder mekaar twis) doen jy dan rds in jou brief aan my. En by daardie punt wil jy dit laat? Nee, Dawie, stel dit dan reg, ook vir jou eie beswil.

    S vir my, Dawie, welke van God se dienaars, sy apostels, profete, dissipels was sonder sonde? Was en is die Here dan nie die nigste Wie sonder sonde is nie? En tog, Dawie, het Hy, die Here, sondeloos soos Hy is, en instaat tot sonde soos hulle was en ons nog vandag is, vir ons almal wie onder Sy Naam vergader en onder Sy Leer en Gesag, aanges om uit te gaan en die Woord, S Woord, aan alle nasies te gaan verkondig, om van hulle Sy dissipels te maak, en hulle dan te laat doop nie?

    Daarom moet jy besin oor wat jy geskryf het aan my, want mense kan dit maklik interpreteer dat jy bedoel dat slegs diegene wie nie tot sonde instaat is nie, die Woord mag bring, en dt weet jy, is nie waar nie.

    Ek doen wat die Here vir ons s om te doen, en ek doen dit in Sy Naam. Waarom gaan jy my te, Dawie, doen jy jou Christelike plig? Jy s ons moet mense wys hoe lekker dit is om Christene te wees, wel, vir m is dit, maar hoe is mens n Christen as jy die Woord van Christus nie wil aanvaar nie, Dawie? En hoe geniet mens dn Christendom?

    Indien ek ooreenkomstig jy opregte Christelike wete iets verkeerd doen, Dawie, is dit nie jou plig om dit aan my uit te wys nie, my tereg te wys nie, sodat ek daarmee kan ophou nie? Jy weet n ding, ek sal dit verwelkom! Sien Psalm 141:5. Ek glo drin ook! Maar dit is verkeerd om my sommer net die mond te wil snoer

    Wys my asseblief tereg, Dawie, en los maar die drama van wang draai. Ons is nie besig om mekaar te klap nie. Indien jy opreg is in Christus, sal jy hierop reageer en doen soos ek jou vra. Indien nie, wees dan maar liefs stil, Dawie, en besin ernstig oor die dinge wat ek skryf.

    Te vl mense skree Jesus!, Christus!, maar hulle kan Sy Woord nie verdra nie. Is hulle dan nie huigelaars nie? Te veel dring aan om nie S Siening nie, maar my siening te wil hoor. Maar dt is waar mense die fout maak. Ek weergee Sy siening, en maak dit ook my eie.

    Groete,

    Kobus de Klerk

    Jy verstaan, Kleinboer

    Kleinboer

    Daar is nie baie wat verstaan nie, jy is een van die wat wel. Jy weet meer van gay-wees as baie wat hul daaroor uitspreek.

    Welkom in die Familie.

    Ray

    Reiki vir Afrikaan

    Afrikaan

    Sien, die ding is, Reiki is nie 'n geloofsrigting of oortuiging nie. Die woord Reiki beteken "Universal Energy" Rei=Universe Ki(chi)=energy. Dis die tipe life force energy wat ons almal oor beskik, dis wat ons laat lewe en ons deel almal energie. As jy Reiki bestudeer leer jou Reiki Master jou net om die energie te channel en dit in groot hoeveelhede deur iemand kan stuur om 'n siektetoestand te verlig. Dis nie magic nie, dis nie 'n wonderkuur vir siektes nie, maar 'n komplimentre terapie.

    Ek werk gereeld met mense wat byvoorbeeld 'n hoofpyn het, of 'n migraine. Dit vat my slegs 'n minuut of twee om die pyn dmv van Reiki te verlig. Ek doen ook pro bono werk op kankerpasinte vir pynverligting.

    Dit smaak my jy het met iemand te doen gehad wat jou probeer oortuig het soos iemand wat Amway aan jou probeer verkoop. Om 'n Reiki practitioner te wees is soos 'n journey. Jy groei en leer baie. Jy kan nie suksesvol aan mense werk as jy nog nie eers jouself gereinig het nie. Rook kill die energie...ek is nog in die proses om die euwel neer te sit, maar dis OK, want jou journey hoef nie oor 2 weke klaar te wees nie...dis 'n leeftyd lank. Selfterapie is geweldig belangrik en dit sal jou help om beter werk te doen op mense. Hehehehe...daar's van die oumanne in die Reiki geledere wat glo jy moet rooivleis ook uitsny...ek sukkel nog bietjie met die tjops en biltong...

    Afrikaan, ek sou s die beste ding wat jy kan doen, is om vir 'n session te gaan l by iemand wat dit al jaaaare doen...'n properse Reiki practitioner, verkieslik 'n Master. Experience die gevoel van energie wat deur jou liggaam vloei...dis bitterlik lekker...en relaxing.

    Baai!

    Abel K

    Vir Kleinboer, Chris, Charl, Mastermind, Afrikaan

    Kleinboer:

    Jy s:

    Voortaan sal ek liewers skryf oor dinge waarvan ek iets weet, soos tafeltennis en plekname.

    Jy kan skryf oor gay-wees ook, jy verstaan meer as wat baie gay mense verstaan.

    Chris vd H:

    Moenie my kopseer gee nog oor tradisionele en Moslem-huwelike ook nie! Ek sukkel genoeg met die 'gay agenda'! lol. Nee, jou hipotese sal nie voorkom nie, aangesien die Inheemse Reg oor die algemeen geen gay huwelik erken nie. Daar is wel 'n uitsondering - Modjadji (nie seker van spelling nie), die Renkoningin van Limpopo, wat vroue in 'n huwelik neem en wat slegs 'n man kies om mee voort te plant om die lyn te verseker. Daar was juis polemiek toe die huidige jong koningin te veel tyd aan haar jong saadskenker spandeer het as wat voorskrifte dit toelaat.

    Charl:

    Ek ken nie die naam op LitNet nie - ek neem aan jy het voorheen gelees, maar nie geskryf nie, of onder 'n skuilnaam. Ek gee jou krediet vir een ding - dat jy onder jou eie naam skryf. Ek gaan myself nie oor en oor herhaal nie - so gaan soek my naam op SNet van Augustus to Desember 2005 en lees die oneindige briewe wat ek geskryf het. Oor myself en oor gay aktiviste en nog meer. Ek het nie tyd of lus om dit te herhaal nie, ek is te besig om mense soos jy op meer belangrike fronte aan te vat.

    Mastermind:

    LOL oor Siviele Unie. Op die kop. Niemand van die taalgeeste wil ons help met die vertaling van 'Civil Union' na Afrikaans nie. maar di op S praat net oor karre. En hulle sal sidderend dood neerslaan voor hulle vir hierdie koppeling 'n naam moet uitdink! Arme Fred en kie - ek spot net. Waar is Willem Botha en WAT?

    Afrikaan:

    Ek hoor jy is in Gauteng een of ander tyd. Hiermee 'n plegtige uitnodiging van my af om my en my vriend Ray en sy wederhelf om 'n glasie wyn te ontmoet. Hier is baie datums wat kom, soos Pride, boekvrystelling en verjaarsdae - so ons kan jou inpas by baie dinge, of sommer net vir 'n 'sundowner' ontmoet. Die weer is mos lekker op die oomblik.

    Die res:

    Ek sien dis weer oop seisoen op Coenie K. Laat kom, ek's reg. ;-)

    Coenie K

    Afrikaan en Reiki

    Afrikaan jy kan seker weet, as Reiki op jou pad gekom het, moet dit so wees. Dit is soos met alles, die regte ding op die regte tyd op die regte plek met die regte persoon. Dis ook 'n geval van When the student is ready, the teacher will appear. Die regte boeke en mense sal om die regte redes by jou uitkom.

    Dis ook net natuurlik dat jy die nuwe 'bekeerde' bevraagteken, jy sal voel wie en wat is reg vir jou. Jy het seker nou gelees van die verskillende vlakke, maar mense is te geneig om in te spring en ander te wil 'genees' as hulle eers Reiki 1 en Reiki 2 gedoen het. Glo my, dit vat baie werk aan jouself, voor jy jou op ander mense moet loslaat. Die ding is net, mense SIEN die miracles gebeur, en hulle wil met die beste van bedoelinge dit met ander deel. Dis dan wat dit ideologies begin klink.

    n Baie goeie website om te gaan lees, veral die FAQ deel vir 'n elementre begrip waaroor dit gaan.

    Lekker leer!

    MaanKind

    Swaeltjie

    Jip, ek hoor jou, maar met die naderende ouderdom het 'n vlaag ongekende sentimentaliteit my oorval. Ek is seker dit sal soos mis voor die son verdamp in Ierland. Of verdamp die mis nooit daar nie? Ek hoor sommige plekke ren dit tot 7 meter 'n jaar!

    Groetnis

    Sonia

    Hartseertaal vir Zanemvula

    Seker maar omdat dit 'n MOEDERTAAL is.

    Oom Kerneelsie

    Self aangestelde Queen Coenie

    Ek is nie n gay basher nie. Inteendeel dink ek ouens wat gays bliksem, is onseker oor hulle eie seksualiteit. Glo my, ek weet ek verkies pussy. Hoe meer ouens gay is hoe beter. Minder kompetisie. My kind se peetpa is toevallig ook gay. Afrikaan ken my, en weet ek het nogal baie gay vriende, en het ek ook al heelwat hier op die Se op gekom vir die gays. Net omdat ek dink jy is pretensieus en n brag-gat beteken dit nie ek is n gay basher of haat alle gays nie. Weereens, jy verteenwoordig nie alle gays nie. Jy herinner my aan van die swartes in die land wat so bitter gou rassis skree of alles op Apartheid blameer. In plaas daarvan om hand in eie boesem te steek. Die wreld draai nie net om jou en gay-wees nie.

    Beste groete

    Bobbejaan

    Land Rovers vs Land Rovers

    Dawie,

    Jy reken die Freelander is 'n haarkapper se kar? Nie so vinnig nie!

    Ek stem natuurlik saam dat mens nie die Freelander met die Defender kan vergelyk nie, ook nie met die Discovery en Range Rover nie. Maar nie almal het R400K om te spandeer aan 'n nuwe motor nie, en die Defender is beslis ook 'n "overkill" vir daaglikse Ben Schoeman ritte!

    Om terug te kom na jy 1ste stelling, ek sou eerder die Rav4, X-Trail en Honda CRV as haarkapper motors beskryf, die Freelander se 4x4 vermons is strate beter. Land Rover het ook heelwat verbeterings aan die Freelander aangebring (die 2de modelreeks is in 2004 bekendgestel), heelwat daarvan het te doen met betroubaarheid.

    tot later,

    Die man op straat

    Die Sangoma

    Hi Afrikaan,

    Moet my asb nie verkeerd verstaan nie. Dalk is van die mense langs haar nie so gelukkig oor die dromme nie, maar ek moet jou s dit het my glad nie gepla nie. Ek was net moerse nuuskierig om te gaan kyk wat hulle doen. Sy het darem n brief uitgegee aan al die bure om hulle te waarsku, en het selfs vir die mense ges hulle is welkom om hulle te "join". Ek het nou juis vir buurman ges as hulle weer so makietie hou, moet hy my asb laat weet, want dan gaan ek. Hy hoor Dalton was glo een aand daar om te gaan kyk.

    My brief aan Coenie was eintlik so half tong in die kies. Maar nou het hy my n gay basher gaan staan en noem. Ek meen regtig! Dit is omtrent so goed jy s ek hou nie van rugby nie, net omdat ek die Blou Bulle haat.

    Hoop dit gaan goed waar ook al jy jou op die oomblik bevind. Bobbejaan

    NS: Het jy vir Dalton geken?

    Antwoord aan Maankind (Lewe op Platteland)

    Ag Vader, al weer iets wat uit verband geruk word. Ek het op die platteland toevallig grootgeword. So ek weet waarvan ek praat. My ouers is vroeg in my lewe geskei en elke keer as ek in die NG kerk instap met my ma wat ons heel voor laat sit, hoor ek hoe mense oor ons skinder. Dit is hoekom ek kerke haat.

    Die tweede ding is as tannie Koekie en oom Neels eers begin kuier hou dit nie verdomp op nie. Derdens almal weet van almal se sake. Die twaalf jaar wat ek in die stad deurgebring het was nice en privaat. Die rede hoekom ek weg is, is oor die verkeer en afstand van alles af. Ek kan nou maklik saam met my kinders aan al hulle sportaktiwiteite deelneem sonder om my dood te ry. Dit is die enigste rede. Daai ou storie van stap en koffie drink en almal wat 'unannounced' by jou aankom het my ou simpel skoonma wat by die see bly my al baie vertel. Dink net hoe praat al die ou wonderlike vriende weer agter jou rug as hulle loop.

    Snaaks jou skuilnaam is Maankind. Dit is nogal stil daar.

    Geen Massa Volger

    Francois Williams

    Francois

    Ek het 'n kursus in Reiki gedoen omdat dit my nuuskierigheid getickle het. Ek gebruik dit nou om sterwende mense se pyn te verlig. As jy dit wil aanval, be my guest, maar dit klink my jy't 'n session nodig...

    Abel K

    Is dit moontlik?

    Is dit moontlik dat daar dalk een ding is waaroor almal hier op die S kan saamstem? Ek vermoed almal hier is lief vir Afrikaans of hou daarvan om in Afrikaans te kommunikeer. Is ek reg? Ok, miskien almal behalwe Francois.

    Beste Boere groete Bobbejaan

    Vir Sopbeen: Om te es of nie te es nie

    Mooi man. Dis nou oor jy nie eens bang is vir n leeu nie. Maar met permissie ges, dalk is die enigste leeus wat jou nog gejaag het daai innie Kalahari wat Afrikaans praat en wie se portrette in Weg verskyn het. As ek jou sou jaag was jy al gevang .

    O ja, en pasop tog net vir loop as die slegte vrouens agter jou aan is, n!? Dit sal goed wees as jy jou beleid hieroor wil hersien.

    Maar met die waarskuwings agter die rug wil ek by jou skinner oor die ou sepiekie. Wil aspris nie te veel verduidelik nie. Maar jy sal tussen die lyne lees. Inge kom darem deesdae mooi reg met haar ektieng, of wat dink jy? Om die waarheid te s, gisteraand toe sy so hartseer is oor Tokkie toe dink ek sy is ook die enigste een daar rond wat soos n regte mens optree. Is net haar hare wat my effentjies pla.

    En dit bring my by die hoofrede vir my skrywe. Kan jy nie jou invloed by Marko gebruik om vir Felicity n woordjie in die oor te fluister nie? Jissem, ek vat al my moerse groot lapsker saam tiewiekamer toe saans, want ek brand om met n paar vinnige knippe net die ergste slierte te verwyder. Soos dit nou staan voel ek aanhoudend aan my eie kort haartjies en knip dan sommer enigiets wat na n punt lyk summier af. Gevolglik is daar weinig van hulle (die haartjies) oor.

    Goeie jimmel, Sopbeen, Felisitasie lyk of sy familie is van daai beroemde heks wat die Israeliete so gemesmeraais het in die Ou Testament.

    Ek wonder wie is die Laan se haarstilis of daar ooit een is. As daar nie n sebrapaal is nie (ek sien nie een nie), kan mens dalk daaraan dink om so n besigheid te begin. Jy sal oulik lyk en goed werk met n sker en n kam in die hand. Ek sal tee maak en die hare van die vloer af opvee.

    Wat dink jy?

    NS. Ek sien hulle gebruik een van jou honde in n advertensie, maar dan verander hy in n perd. Dit maak ook nie sin nie.

    Liefdegroete,

    Willa

    De hoenders in, vir Swaeltjie

    Swaeltjie

    Jou brief het my geskok, verneder en ontstel. My vroulike, persoonlike en alle ander waardighede is aangetas deurdat ek met 'n skytende skrophoender vergelyk word. Mens verwag nie so iets van 'n menseregte-aktivis nie.

    Ek het beswaar aangeteken; jy kan eersdaags 'n besoek van 'n PETH verteenwoordiger (Yukon) verwag.
    Ek hoop jy het jou storie agtermekaar teen dan.

    Sonia