SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Kan wit en swart saam ’n toekoms bou?

Erns Grundling

Die vraag of wit en swart saam ’n toekoms kan bou, het gister ter sprake gekom by Aardklop se Sol Plaatje-Diskoersreeks.

Volgens Ken Owen, voormalige redakteur van die Sunday Times, is daar by baie blankes ’n oordrewe vrees vir die toekoms. “As gesinne nie hul geld kan uitvoer nie, voer hulle hul kinders uit. Of hulle begin ondernemings oorsee wat dikwels faal. Ons diskoers word gekenmerk deur ’n histeriese element,” het hy gesÍ.

Owen het groot klem geplaas op die kwessie van identiteit. “Blankes moet besef dat hulle ’n klein en verdeelde gemeenskap uitmaak. Minder as tien persent van die bevolking is blank. Hulle kan nie meer die besluite neem nie, dit sal in die toekoms deur swart mense gedoen word,” het hy gesÍ.

Dit is vir Owen steeds ’n misterie dat die blankes onder Apartheid besluit het om “Afrikanerdom” weens rassefaktore te verdeel. “Die deurslaggewende ding is taal, en Afrikaners het hulself verswak deur identiteit op ras te baseer en nie op taal en kultuur nie,” het hy gesÍ.

Hy is van mening dat wit en swart saam sal werk, en dat kwessies van ras nie die demokrasie moet ondermyn nie.

Prof Sipho Seepe van Vista Universiteit het rasseverhoudings, vrees en korrupsie uitgesonder as uitdagings van ons tyd.

“Ons verbintenis tot demokrasie moet gemeet word aan ons dade. Ons kan nie net verval in vae begrippe soos ‘reŽnboognasie’ nie. Dit is nodig om ’n behoorlike greep op rassisme te kry, en veral die maniere waarop dit manifesteer,” het hy gesÍ.

Hy het uitgevaar teen swart mense wat kritiek vanuit blanke geledere steeds beskou as ’n aanval op transformasie. Volgens Seepe moet die regering hom eerder bepaal by die stryd teen Vigs.

“Suid-Afrika se probleem is nie rassisties van aard nie, dit gaan hier oor mense wat doodgaan. Wat help dit die ANC hou optogte teen die VSA se oorlog in Irak as daar in elk geval daagliks meer mense op eie bodem aan Vigs sterf?” het hy gesÍ.

Prof Hermann Giliomee, bekende geskiedkundige van Stellenbosch, het die behoefte aan ’n nuwe visie uitgespreek. Hy meen mense praat dikwels by mekaar verby omdat die debatte in die algemeen stil geword het. “In plaas van samehangende ideologieŽ praat mense deesdae in terme van sentimente en vrese,” het hy gesÍ.

Hy het veral kritiek gelewer teen Suid-Afrika se huidige kiesstelsel, wat nie noodwendig versoening bevorder nie, maar dit wel bevestig. “Die kiesstelsel is onvanpas vir ons samelewing; dit skep ’n totale afstand tussen die kiesers en diegene in die parlement.”

Hy het die kommer uitgespreek dat mense se demografiese aandeel in die bevolking al hoe meer die beskikbaarheid van werk gaan bepaal. Giliomee is dit eens dat die Grondwet in heelwat gevalle aangewend word om slegs die meerderheid se belange te beskerm.

“Hoewel die meeste blankes van hierdie land ’n sukses wil maak, word dit nie altyd deur die wetgewing beloon nie,” het Giliomee gesÍ.

Die sprekers is met afloop van die lesings met uiteenlopende vrae bestook. Dit is duidelik dat die debat oor rassisme en onderlinge samewerking nog lank nie klaar gevoer is nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.