SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die tekstuur van die alledaagse: 'n Resensie van Elsa Joubert se 'n Wonderlike Geweld

Desmond Painter

'n Wonderlike Geweld
Deur: Elsa Joubert
Prys: R156.00
Publisher: Tafelberg Publishers Ltd
ISBN: 0624042898
Format: Hardcover
Pages: 384
Klik op die boekomslag of hier om dit by kalahari.net te koop

In 'n onlangse resensie in Rapport het Andrť P Brink hierdie boek afgemaak as 'n vervelige, selfkoesterende en swakgeskrewe relaas wat liefs moes begin het by die punt waar die huidige narratief eindig: Elsa Joubert, in haar middel-twintigs, op pad om op haar eie deur Afrika en na Europa te reis.

Ek kan nie sterker van hom verskil nie. Joubert se "jeugherinneringe" is baie meer as net die verhaal van haar eie wording as persoon, skrywer en reisiger. As 'n blootlegging van die emosionele geografie van 'n Afrikaanse leefwÍreld in die 1930's en 1940's, daardie era van nasionalistiese uitbundigheid en konsolidering, is dit fassinerend en by tye aangrypend.

'n Wonderlike Geweld is 'n outobiografiese werk, maar soos JM Coetzee se Boyhood en Youth, is dit ook vanuit die derdepersoon-perspektief geskryf. Hierdie vertelstyl word by tye afgewissel met dagboekinskrywings, wat tot die onmiddellikheid en emosionele intensiteit van die vertelling bydra.

Soos Coetzee se tweeluik oortuig Joubert se boek eweseer as 'n roman, maar as 'n blik op 'n stuk kultuurgeskiedenis is Joubert dalk selfs meer oortuigend as Coetzee - dalk net omdat sy meer deelnemend en intens betrokke is by die wÍreld wat sy beskryf, en minder kil en afsydig daarteenoor staan.

Toe ek 'n Wonderlike Geweld begin lees het, was ek toevallig ook besig met 'n ander (grootliks) outobiografiese roman, VS Naipaul se The Enigma of Arrival. Ek wil dit nie te ver voer nie, maar 'n mens sou dalk interessante verbande tussen Joubert en Naipaul kon trek. Beide is immers suksesvol as romansiers sowel as skrywers van reisverhale, by beide voed die twee genres mekaar, en by beide is die kondisies van kolonialiteit, postkolonialiteit en reis sentrale motiewe - Naipaul gaan natuurlik net nog veel dieper om met hierdie gegewens as Joubert en die meeste ander skrywers. Waar Naipaul se The Enigma of Arrival wentel rondom die moontlikhede van tuiskoms in 'n wÍreld waarin die verband tussen plek en identiteit onbestendig is, probeer die jong Elsa Joubert loskom uit 'n wÍreld waarin plek beklemmend word - die versmorende dorpsheid en familialiteit, die geslagsverwagtinge, en die ylheid en eenselwigheid van die Afrikaanse kultuurwÍreld op daardie tydstip. Die reismotief word in die loop van die boek deurgaans dringender - 'n soort eksistensiŽle nood. Haar boek sou maklik Die enigma van vertrek kon heet ... "Die bevrydende anonimiteit van 'n stasie, die gemeenskaplikheid, 'n totale nuwe, opwindende gemeenskaplikheid van passasiers wat wag" (p 290).

Brink se "who cares"-houding oor wat hier opgeteken is, berus op sy oordeel dat Joubert nie universeel genoeg omgaan met haar gegewens nie, dat sy vasgevang bly in die persoonlike en die partikuliere. Dit is egter juis die onherhaalbare, vinnig vervagende, maar steeds - selfs vir 'n veel jonger leser soos ek - bekende werklikheid wat hier beskryf word wat hierdie boek so 'n besonderse leeservaring maak. Wat Joubert regkry, is om 'n geskiedenis wat 'n mens van buite ken, meermale al opgeteken in boeke soos Hermann Giliomee se Die Afrikaners en etlike van JC Kannemeyer se skywersbiografieŽ, van binne te belig. En dit doen sy uitstekend. Die gewoontes, praktyke, ritmes en teksture van 'n gewone Afrikaanse lewe in die 1930's en 1940's word tasbaar, en die leser word asemloos deel van die emosionele opwellinge, vergesigte en irrasionaliteite van die era.

Volgens die historikus Albert Grundlingh11 is dit juis in die sfeer van alledaagse praktyke, eerder as net in offisiŽle of "hoŽ" kultuur, politieke verskuiwinge en filosofiese invalshoeke, dat populÍre nasionalismes gekonstrueer, bestendig en gekontesteer word. Afrikanernasionalisme was geen uitsondering nie, en een van Grundlingh se voorbeelde, naas die ideologisering van sport (veral rugby), is die eeufeesviering van die Groot Trek in 1938. Hy wys op die geleentheid wat dit geskep het vir 'n populistiese mobilisering van etniese bewussyn. Elsa Joubert was intiem by hierdie gebeurtenisse betrokke, en haar herinneringe aan en herverbeelding van die persoonlike en sosiale dramas van daardie tyd demonstreer Grundlingh se punt presies. Dieselfde geld vir haar beskrywings van verkiesings, die Ossewa Brandwag, die lewe as student op Stellenbosch ("Hulle is die room van die Afrikanerdom. Die goue kinders van die vroeŽ veertigerjare", p 239), om maar enkele voorbeelde te noem.

Eerder as dat haar verhaal nie "universeel genoeg" is nie, bied dit die leser juis 'n insig in hoe een lewe, en haar unieke ervarings van grootword, gesinslewe, seksuele ontwaking, en dies meer, vervleg is met die veruniverselende, betekenisgewende narratiewe van 'n bepaalde tyd. Verder laat dit mens besef, weer na aanleiding van Grundlingh se argument, hoe hierdie oorkoepelende narratiewe en ideologieŽ vir hulle reproduksie afhanklik was van die strewes, aspirasies en veranderende gewoontes van gewone mense - as voorbeeld, die bestendiging en etnifisering van Afrikaans:

Almal voel baie sterk vir Afrikaans. Almal handhaaf. Sy sÍ nie meer "upstairs" nie, maar "die bo-kamer", nie "porch" nie, maar "balkon", nie "landing" nie, maar "trapportaal", nie "study" nie, maar "studeerkamer", nie "bowls" nie, maar "karkoer". Anglisismes is die vyand, word met rooi strepe in hulle opstelle omkring. Jy sÍ nie "ek lyk dit" nie, of "ek geniet myself" nie (p 111).

Sy is die naweek by die huis, haar pa en ma is kerk toe, sy en Lenie luister na die Afrikaanse draadlooskerk, Lenie sÍ: "Miss Elsa, maar ons taal is darem mooi." Sy ruk soos sy skrik. Sy het nooit besef dit is Lenie se taal ook nie (p 255).
Joubert gee mens inderdaad 'n dieper begrip van die alledaagsheid waarbinne Afrikanernasionalisme en 'n bepaalde stel begrippe oor Afrikaans en Afrikaans-wees tot stand gekom het en genormaliseer is. Haar jonger self, 'n sensitiewe, emosionele en soms driftige jong kind en vrou, word die perfekte instrument vir Joubert om die verskuiwings, groot sowel as subtiel, in die Afrikaanse wÍreld van haar tyd mee te registreer.

Maar dit is nie net 'n verhaal van politieke ontwaking nie. Joubert skryf ook met groot sensitiwiteit oor die bietjie vreugdes en baie bemoeienisse van adolessensie; en soos 'n mens kan verwag, ontmoet die leser ook vele skrywers: haar latere man, Klaas Steytler, Leipoldt, Rykie van Reenen, Jan Rabie, en (my gunsteling-ontmoeting in die boek) 'n jong Etienne Leroux ... Ek wil nie sy manewales hier verklap nie, dus sal ek maar net sÍ dis regtig hoog tyd dat ons 'n biografie van Leroux te lees kry!

'n Wonderlike Geweld is 'n boek wat ryk is aan atmosfeer en teksture, wat die leser betrek by intieme en soms intense detail. Vir hierdie leser het die boek 'n amper hipnotiese kwaliteit gehad. Miskien omdat 'n mens weet waaraan hierdie dikwels onskuldige, onwetende alledaagsheid ook geboorte sou gee.

Hulle jag die bobbejane wat uit die berg afkom om vrugte te steel, die blikkies aan die draad verklap hulle. Hulle hoor een skoot. Dit galm van kant tot kant in die kloof op. Dis 'n meedoŽnlose skoot. Dit skiet deur hulle vreugde, dit skiet in die toekoms in (p 128).


Aantekening
1 Albert Grundlingh, "The politics of the past and popular pursuits in the construction of everyday Afrikaner Nationalism, 1938-1948". In Saul Dubow en Alan Jeeves, South Africa's 1940s: Worlds of possibilities. Kaapstad: Double Story, pp 192-211.




LitNet: 14 Februarie 2006

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.