SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die toekoms is nie meer wat dit was nie


Frederik Van Zyl Slabbert


(Met hierdie lesing het Van Zyl Slabbert die Aardklop-kunstefees se Sol Plaatje-Diskoersreeks op Dinsdag 23 September 2003 ingelei. Die reeks word moontlik gemaak deur die Konrad Adenauer Stiftung en ondersteun deur LitNet.)

1. Inleiding

Van Zyl Slabbert1.1 Met vanjaar se Sol Plaatje-diskoers — en ons is dankbaar teenoor die Konrad Adenauer-stigting wat dit geborg het — wil ons geloofwaardig spekuleer oor wat Suid-Afrika in die volgende 10 jaar kan verwag, eerder as om ’n oorsig te gee of ’n voorraad-opname te doen van die afgelope 10 jaar. As ons egter nadink oor wat in die afgelope 10 jaar gebeur het en oor die patrone, persoonlikhede en gebeure wat dit beÔnvloed het, word ons herinner aan Paul Verlaine se woorde: “Die toekoms is nie meer wat dit was nie.”

1.2 ’n Mens kan die toekoms metodologies benader, soos die verlede. Ons kan daarna kyk vanuit die perspektief van dominante individue en hul dade — dit staan bekend as die “groot-man-teorie” en word gewoonlik gekritiseer omdat dit voluntarisme te ver voer, asof individue ’n deurslaggewende rol kan speel ongeag die historiese omstandighede waarin hulle leef. Alternatiewelik kan ons die individue ignoreer en fokus op patrone en omstandighede — en hierdie benadering word gewoonlik gekritiseer omdat dit te “deterministies” is. ’n Derde moontlikheid, wat wegbly van oordadige voluntarisme of determinisme, is om na die verlede, die hede en die toekoms te kyk as die resultaat van interaksie tussen die optrede van individue en/of groepe en die uitwerking van die maatskaplike en historiese omstandighede waarin hulle optree. Hierdie benadering bevraagteken noodwendig die sekerheid van voorspellings en sorg vir ’n bietjie intellektuele nederigheid. Dus, ek is nie hier om vir julle te vertel hoekom ek reg is nie, maar om julle te nooi om deel te neem aan ’n diskoers — nie aan ’n voorspelling of sterrewiggelary nie.

2. Suid-Afrika: ’n spesiale soort oorgang

2.1 Baie navorsing is al gedoen oor lande wat van ondemokratiese na demokratiese stelsels beweeg. In die jare ‘70 en ‘80 het Suid-Amerika baie aandag gekry. Sedert die ineenstorting van georganiseerde kommunisme as regeringsvorm het die aandag egter verskuif na Oos-Europa, die voormalige Sowjet-blok, die Midde-Ooste en, natuurlik, Afrika. Na my mening is Suid-Afrika ’n spesiale, byna unieke, voorbeeld van oorgang na demokrasie. Daarom is die gewone stereotipes van outoritÍre agteruitgang, populistiese opstand of militÍre destabilisering nie van veel nut wanneer ons spekuleer oor die toekoms van Suid-Afrika nie. Ek noem ’n paar faktore:

2.2 Eerstens, Suid-Afrika was die eerste land wat ’n oorgang na demokrasie gemaak het nŠ die val van die Berlynse Muur in 1989. Hoekom is dit ter sake? Een rede is dat die ideologies bipolÍre wÍreld op ’n einde gekom het — daar was nie meer twee mededingende supermagte wat hul invloed probeer uitbrei het deur nuwe kliŽntstate te werf nie. Die konvensionele dekolonisasie-model, waarin pas onafhanklike state verlei is om ůf by die Westerse ůf by die Sůwjet-blok aan te sluit, het nie meer gegeld nie. Daarbenewens is die onderhandelingspartye in Suid-Afrika gekonfronteer met twee dominante paradigmas wat bykans oornag gevestig geraak het: ’n liberale demokrasie vir goeie politieke regering, en markgedrewe welvaartskepping as ’n gesonde grondslag vir ekonomiese bestuur. Nůg die ANC, nůg die NP was voorbereid op die politieke paradigma — en wat die ekonomiese paradigma betref, het die ANC histories ’n Marxistiese benadering gevolg, terwyl die NP die Suid-Afrikaanse ekonomie met apartheid gekniehalter het.

2.3 Dit bring my by die volgende rede waarom ons spesiaal is. Geen regering of ander agent het van buite af ingemeng met ons oorgang nie. Daar was nie ’n Lancaster House soos met Zimbabwe of ’n Resolusie 435 soos met NamibiŽ nie. Ons het dit op ons eie gedoen. Nie omdat ons mekaar liefgehad en vertrou het nie, maar omdat die partye onderling aanvaar het dat hulle die proses nie alleen verder kon voer nie. En hulle het geweet as die spiraal van onderdrukking en opstand eskaleer, sal die prys aan swaarkry en lyding vir almal die hoogte in skiet. Dus het ons ’n skikking uitgewerk waarby soveel as moontlik van die partye kon inskakel. En dit was nie maklik nie. Vier weke voor die verkiesing van April 1994 was die Inkatha-Vryheidsparty en die Vryheidsfront nog nie deel van die proses nie. Nietemin, ek reken dis billik om te sÍ dat ons uiteindelik die oorgang na demokrasie met die breedste basis in nakoloniale Afrika gehad het.

2.4 Nog ’n faktor wat Suid-Afrika onderskei, is dat ons van die begin van die oorgang af, en as doelbewuste beleid, besluit het om tegelykertyd ’n liberale demokrasie en ’n mark-ekonomie na te streef. Dit klink miskien voor die hand liggend, maar dis heel buitengewoon. As ons demokrasie en ekonomiese groei korreleer, is daar vier verskillende moontlikhede: demokrasie met groei, demokrasie sonder groei, groei sonder demokrasie en laastens geen groei en ook geen demokrasie nie. Elke moontlikheid kan met empiriese voorbeelde geÔllustreer word. Gewoonlik gaan groei saam met demokrasie in die sogenaamd volwasse ekonomieŽ soos Amerika, Brittanje, Kanada, ens, terwyl sommige lande In AsiŽ hoŽ groei behaal sonder demokrasie. Deur altwee tegelyk na te streef, is Suid-Afrika, as ’n sogenaamd ontluikende demokrasie en ’n ontwikkelende ekonomie, voortdurend vasgevang in die spanning tussen die vereistes vir ’n suksesvolle mark-ekonomie en die beloftes van ’n liberale demokrasie.

2.5 Vierdens wil ek daarop wys dat Suid-Afrika in die nŠ-Sowjet-era ’n demokratiese oorgang binnegegaan het met ’n ekonomiese, handel- en bank-infrastruktuur wat meer volwasse en gesofistikeerd is as in enige ander oorgangsland. Met ’n stedelike bevolking van sowat 56% van sy 45 miljoen mense, is Suid-Afrika ’n industriŽle samelewing wat worstel met die probleme van ’n industriŽle ekonomie.

3. Die futiliteit van vergelykings

3.1 Een van die modewoorde in vergelykende ontledings is benchmarking, met die aanname dat die hede of verlede van een land ’n maatstaf kan wees waarmee die toekoms van ’n ander land vergelyk kan word. So word lande in Suid-Amerika, Suidoos-AsiŽ en Afrika met mekaar vergelyk. Met inagneming van alles wat ek reeds gesÍ het, glo ek dis misleidend of selfs heeltemal sinloos om Suid-Afrika met sogenaamde maatstaflande te wil vergelyk.

3.2 En tog is dit die gewildste tydverdryf in kroegpraatjiepolitiek en aan senuagtige onthaaltafels. Die gunsteling-voorbeeld is natuurlik Zimbabwe: “Ons gaan dieselfde paadjie loop.” Die ontledende armoede van so ’n siening kan skaars gepeil word. Zimbabwe se bevolking is 77% plattelands, as jy Harare en Bulawayo stede wil noem — en jy is welkom as jy wil. Toe sy ekonomie op volle stoom was, was dit kleiner as Durban s’n en oorweldigend landelik, soos ’n mens kan sien in sy grondgebruik-patrone. “Dit maak nie saak nie,” lui die argument, “ons is in Afrika en ons gaan dieselfde paadjie loop.” As dŪt enigiemand hier se benadering is tot ons gesprek oor die toekoms, dan is ek jammer, maar dan is die Sol Plaatje-diskoers nie vir jou nie.

3.3 Moet my nie verkeerd verstaan oor die gebruik van ’n maatstaf nie. Natuurlik kan heelparty bruikbare insigte verkry word met vergelykende ontledings van lande wat in oorgang is. Ek maak sekerlik gebruik van sodanige insigte wanneer ek spekuleer oor die toekoms van Suid-Afrika. My beswaar is dat ’n maatstaf gemaak word van ’n spesifieke land of groep lande en dat Suid-Afrika se ekonomiese, politieke en maatskaplike toekoms dan daarvolgens voorspel word. Popper het lank gelede al daarop gewys dat mense die buitengewone vermoŽ het om te reageer op die onvermydelikheid van hul eie voorspellings en so die verloop van die geskiedenis te verander. As dit nie so was nie, sou Suid-Afrika nie so ’n spesiale land gewees het nie.

4. Meet die toekoms aan die doelwitte wat ons gestel het

4.1 Nou ja, as ek nie ’n maatstaf gaan gebruik of eindelose moontlikhede uit my duim gaan suig nie, hoe kyk ek na Suid-Afrika se toekoms? Ek reken die beste manier is om ons vordering of gebrek daaraan te meet aan die doelwitte van ons onderhandelde oorgang. Per slot van rekening is dit hierdie doelwitte wat die mense van ons land mobiliseer, demobiliseer, motiveer of demotiveer in hul daaglikse lewens. Oorhoofs beskou, identifiseer ek drie doelwitte: polities — die nastrewing van ’n liberale demokrasie; ekonomies — die nastrewing van ’n mark-ekonomie; en maatskaplik — die nastrewing van ’n oop samelewing. Hierdie doelwitte is vasgelÍ in ’n grondwet, parlement, wette, ekonomiese voorskrifte en in ons onderwys-, gesondheid- en veiligheidsbeleid — en so word die lewens van verreweg die meeste mense in ons land gestruktureer. Ons kan onsself ’n Suid-Afrikaanse samelewing noem omdat ons alledaagse lewens gevorm en beÔnvloed word deur die maniere waarop hierdie doelwitte nagestreef en uitgevoer word. Kom ons kyk na die toekoms in die raamwerk van hierdie doelwitte.

4.2 Die Toekoms van ’n Liberale Demokrasie in SA

4.2.1. Die gewone, intuÔtiewe siening van demokrasie is dat dit soos drie leeus en ’n bok is wat stem oor die spyskaart vir aandete. ’n Liberale demokrasie is ’n baie spesifieke soort demokrasie. Daar het die bok regte — die reg op lewe, byvoorbeeld, of om te stem, sy mening vryelik te lug en vryelik rond te beweeg volgens die wet. Dit maak nie saak hoe groot die meerderheid in so ’n demokrasie is nie, daar is beperkinge op die gebruik van mag. Byvoorbeeld, die oomblik as mag misbruik word om menseregte te ondermyn of om ’n grondwet te omseil, is dit nie meer ’n demokrasie nie.

4.2.2 Wat is die kanse dat Suid-Afrika oor 10 jaar steeds sal probeer om ’n liberale demokrasie te wees? Moontlike bedreigings is onder meer ’n aanslag op die skeiding van magte tussen die uitvoerende gesag, die wetgewende gesag en die regsprekende gesag, ’n opheffing van die oppergesag van die reg, of die weiering van ’n regering om te aanvaar dat hy by die stembus verslaan is. Die grootste toets vir ’n jong demokrasie kom nie met sy eerste vrye verkiesing nie, maar wanneer die party wat gewen het, in ’n latere verkiesing verslaan word. Dit geld ook vir leiers wat aan die einde van hul termyne kom.

4.2.3 Een bedreiging vir stabiliteit wat gereeld in jong demokrasieŽ gesien word, is militÍre avonturisme. In Suid-Afrika is daar geen tekens dat die militÍre hiŽrargie politieke ambisies het nie — nie in die vorige bewind en ook nie in die huidige bewind nie. Hulle het immers hul lojaliteit aan en aanvaarding van ’n burgerlike regering by herhaling verklaar. As Suid-Afrika geposisioneer moet word op ’n lyn wat loop van onderdrukking tot by demokrasie, reken ek dis billik om te sÍ ons lÍ oorwegend by demokratiese stabiliteit.

4.2.4 Daar is egter gevaartekens wat dopgehou moet word. ’n Lewelose en onbuigsame verkiesingstelsel waarin die grootbase van politieke partye die toutjies trek; onvoldoende dissipline en demokrasie binne partye; te min dissipline en verantwoordbaarheid onder parlementslede; onvoldoende akkommodasie van tradisionele gesagstrukture; of kiesers wat toenemend apaties raak omdat een party die demokrasie oorheers. Nietemin, daar is nie oortuigende getuienis dat Suid-Afrika oor 10 jaar nie steeds sal probeer om ’n liberale demokrasie te wees nie.

4.3 Die toekoms van ’n mark-ekonomie in Suid-Afrika

4.3.1 Onthou dat ’n land nie demokraties hoef te wees om ekonomies te kan groei nie. Sjina is vandag prominent onder die ekonomieŽ wat die vinnigste groei, en met die beste wil ter wÍreld is daar nie sprake van ’n Sjinese liberale demokrasie nie. Daar is pessimistiese ontleders wat redeneer dat die ontluikende ekonomiese bourgeoisie in Suid-Afrika sal saamspan met die politieke elite en rykdom sal nastreef ten koste van die meerderheid — die armes, die dakloses en die werkloses. Maar daar is geen teken hiervan in die partypolitieke verkiesingsbeloftes van die regering of die opposisie nie.

4.3.2 Vandag lyk dit asof daar voortdurend ’n balanseertoertjie is tussen, aan die een kant, die pilare van makro-ekonomiese beleid soos privatisering, afskaffing van valutabeheer, ’n buigsame arbeidsbeleid en ’n lae begrotingstekort en, aan die ander kant, die politieke koste van die implementering daarvan. Ek het genoeg vertroue dat ’n markgedrewe ekonomie die volgende 10 jaar sal oorleef, maar ek hoop dit gebeur nie ten koste van demokrasie nie.

4.4 Die toekoms van ’n oop samelewing in Suid-Afrika

4.4.1 Met “oop samelewing” bedoel ek eenvoudig die mate waarin ’n burgerlike samelewing deur die Staat verdra word, en die Staat se vermoŽ tot lewering van dienste aan sy burgers. Met “burgerlike samelewing” bedoel ek die vryheid wat individue of groepe het om vrywillig gesamentlike doelwitte na te streef, onafhanklik van inmenging deur die Staat. Met “lewering” bedoel ek die Staat se vermoŽ om sy burgers te bemagtig om hul doelwitte doeltreffend na te streef, soos onderwys, gesondheid, veiligheid, vervoer, verdediging, ens ens.

4.4.2 Alles dui daarop dat Suid-Afrika ’n energieke en aktiewe burgerlike samelewing het. Vra jouself af: is enige organisasie of party, enige boeke of flieke in die afgelope 10 jaar verbied? Is enigiemand aangehou sonder verhoor? Is die regering luidrugtig gekritiseer en aangeval in die openbaar? Die antwoorde is voor die hand liggend. As ons die regering se onverdraagsaamheid meet aan die vervolging van die burgerlike samelewing, is Suid-Afrika, vanuit diť perspektief, ’n baie oop samelewing.

4.4.3 Die prentjie verander egter dramaties wanneer ons na lewering kyk. Baie van die probleme met lewering word nie deur die Staat veroorsaak nie, byvoorbeeld die tempo van verstedeliking, die invloei van mense uit buurlande, oorgeŽrfde gebreke in onderwys, gesondheid, behuising, ens. Maar in die mate wat die Staat die finale verantwoordelikheid dra vir lewering, ongeag die omvang van die taak, moet twee probleme aktief en met groot toewyding aangepak word: eiesinnige ondoeltreffendheid en onbekwaamheid; en korrupsie. Die Staat het baie leweringsvertakkings en diť twee probleme kom in die meeste van hulle voor. Ek wil die klem plaas op lewering wat van kritieke belang is: gesondheid, opvoeding en veiligheid (met “veiligheid” bedoel ek die administrasie van die regstelsel in sy wydste sin — die polisie, gevangenisse en howe). Wanneer ’n oorgangsland aanhoudend misluk met die lewering van diť dienste, gebeur dit redelik algemeen dat die ryk minderheid hulle in afgesonderde gemeenskappe privatiseer terwyl die arm meerderheid ronddwaal in akute verwaarlosing. In so ’n situasie is dit maklik vir misdaad en vigilantisme om ’n bose kringloop te vorm. Uiteindelik sal die burgerlike samelewing nie deur ’n onverdraagsame Staat bedreig word nie, maar deur onverdraagsame, vervreemde mense.

4.4.4 Wanneer ek kyk na die doelwitte wat ons vir onsself gestel het, dink ek ons grootste uitdaging is om van Suid-Afrika ’n standhoudend ope samelewing te maak. As ons misluk, sal die resultaat bepaald ’n baie negatiewe uitwerking hÍ op die soort demokrasie en die soort ekonomie wat ons gaan hÍ.

5. Slot

5.1 Ek het kortliks die buitelyne geskets van ’n model waarvolgens ons na die toekoms kan kyk. Modelbouery is altyd ’n proses van selektiewe abstraksie. Wat ons beklemtoon, plaas noodwendig ook die soeklig op wat ons weglaat. Dis waarom ’n diskoers belangrik is. Daar is baie ander kwessies wat ons aandag verg, soos globalisering, Suid-Afrika en Afrika, die omgewing, ens. As ons daaroor nadink, is dit byna seker dat diť sake ’n invloed sal hÍ op wat ek gesÍ het.

5.2 Wanneer ek van die buiteland af terugkom, kry ek altyd ’n sterk gevoel van voorreg. Ons leef in ’n buitengewoon opwindende en uitdagende tyd in ons land. Ek beskou Aardklop en spesifiek die Sol Plaatje-diskoers as ’n spesiale reaksie op diť uitdaging. Dis vir my ’n plesier om julle te nooi om deel te neem en die beloftes van die uitdaging te ondersoek.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.