SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die vraagstuk van die Afrikaanse minderheid

Groep van 63

1. Teoretiese oorsig: Demokrasie en die minderhede

(a) Inleidende opmerkings

Die Groep van 63 is ’n demokratiese kultuur-politieke beweging wat veral op die gebied van idees en simbole intree vir die saak van minderhede en in die besonder vir die Afrikaanse gemeenskap.

As sodanig wil die Groep van 63 die bre Afrikaanse wreld oproep om deel te neem aan die soeke na ’n lewenskragtige simboliese tuiste van waaruit die saak van die veelheid van taal- en kultuurgemeenskappe en in die besonder die saak van die Afrikaanse wreld effektief verwoord en uitgebou kan word.

Daaruit moet nie afgelei word dat die Groep van 63 daarna strewe om die Afrikaanse gemeenskap of ander minderhede van die groter Suid-Afrikaanse gemeenskap te isoleer nie. Die Groep van 63 tree in vir die saak van minderheidsgemeenskappe omdat hy juis daarin die noodsaaklike voorwaarde sien vir hulle skeppende betrokkenheid by die groter geheel. Indien daar nie voldoende ruimte vir die kultuur-politieke aspirasies van minderhede geskep word nie, sal hulle energie en skeppingskrag ook vir die geheel verlore gaan. Indien minderhede daarenteen in staat gestel word om hulle onderskeie ruimtes in beskerming te neem, sal hulle juis skeppend meewerk aan die noodsaaklike heropbou van Suid-Afrika. Om klem te plaas op die partikuliere beteken nie om die groter geheel en die dwingende eise waarvoor dit te staan gekom het, te verwaarloos nie. Dit beteken eerder om die voorwaardes vir sinvolle (en nie bloot slagspreukagtige) deelname aan die groter geheel neer te l.

Eertydse kultuur-politieke verdelingslyne binne die Afrikaanse gemeenskap het hulle geldigheid verloor. Dit word tans met nuwe opposisies — d.i. met nuwe bondgenootskappe n vyandskappe — vervang. Die Groep van 63, wat hoofsaaklik ’n groepering van intellektuele uit die skrywerswreld, die vakbondwese, die joernalistiek en die akademie is, is van mening dat die nuwe situasie en die uitdaging waarvoor kultuur-politieke gemeenskappe te staan gekom het, met nuwe denke en dade beantwoord moet word. Sonder skeppende denke en dade word minderhede gebalkaniseer en gee hulle hulle noodsaaklike plek in die groter geheel van dinge prys. Met nuwe denke kan minderhede vandag ’n kreatiewe posisie aan die voorpunte van die Suid-Afrikaanse proses van herkonstruksie en demokratisering inneem en so juis die groter geheel van dinge dien.

Die Groep van 63 het ’n duidelike voorkeur vir die demokrasie en ’n deelnemende politiek. Onlosmaaklik deel van sy kultuur-politieke ideaal is om die demokratiese etos ook in die Afrikaanse wreld in beskerming te neem en uit te bou. Buiten die ondemokratiese vergrype uit die Afrikaanse verlede, waaronder apartheid, is talle aspekte van die Afrikaanse lewe ook vandag nog gemerk deur ondemokratiese voorkeure: rassisme, seksisme, patriargie en godsienstige onverdraagsaamheid. Di ondemokratiese houding jeens die openbare lewe word vandag byvoorbeeld gekontinueer deur ’n verlammende en privatiserende negatiwiteit onder veral “Wit” Afrikaanssprekendes, of deur ’n gedienstige houding jeens sowel uitgediende ideologiese voorskrifte as jeens die nuwe kultuur-politieke orde. Vanuit ’n sin vir die demokratiese en die openbare lewe eie aan die demokratiese lewenshouding, wil die Groep ’n kultuur-politieke strategie aktiveer wat tot gevolg sal h dat ’n demokratiese Afrikaanstalige wreld haar regmatige plek as ’n historiese-bewuste gemeenskap, en nie as gemarginaliseerde en uitsterwende groepie nie, binne die nuwe Suid-Afrika kan inneem.

Die Groep van 63 vertrek van die standpunt dat die demokratiese prosesse in Suid-Afrika nog nie voltooi is nie en dat minderhede kultureel nog nie tuisgemaak is binne ’n volledig demokratiese orde nie. Deur sy woorde en dade wil die Groep daartoe bydra dat die proses van demokratisering nie versand nie, maar dat dit ’n lewendige en realiseerbare moontlikheid bly. Alhoewel die 1996-grondwet volgens hom ’n buitengewone bevrydingsgebeure was en ’n historiese stap in die proses van demokratisering verteenwoordig, moet die demokrasie in haar finale gestalte nog kom. Vir di koms van die demokrasie wil die Groep van 63 ruimte skep.

(b) ’n Nuwe kultuur-politiek

Vir die Groep van 63 speel idees ’n kragtige rol in die geskiedenis. Die geskiedenis en die revolusies eie daaraan is onvoorstelbaar sonder die idees van mense soos Herakleitos, Aristoteles, Augustinus, Aquinas, Ren Descartes, Immanuel Kant, Adam Smith, Karl Marx en Friedrich Nietzsche. Rondom hulle idees het wrelde van sin en betekenis gestalte gekry en die invloed daarvan word vandag nog ervaar. Die geskiedenis van die mens is grootliks die resultaat van haar vermo en wil om, binne die ruimte van haar historiese moontlikhede, by wyse van idees opnuut inhoud aan haarself en haar wreld te gee. Dit is ook waar van klein gemeenskappe en van die Afrikaanse gemeenskap in die besonder. Die doel van die Groep van 63 is om deur idees en die konkrete aktivering daarvan, by te dra tot die bestendiging n die herskepping van die Afrikaanse wreld.

Die globale konteks

Ons is daarvan oortuig dat die posisie van gemeenskappe in Suid-Afrika nie van die bre en globale konteks geskei kan word nie. Eise wat aan minderhede elders gestel word, is ook eise waarop die Afrikaanse minderheid ’n antwoord moet gee. Om hoegenaamd ’n greep op ons situasie te kry, moet die dinamika van die groter konteks kortliks verdiskonteer word.

Met die woorde ‘groter konteks’ verwys ons veral na die proses van globalisering. Dit is die agtergrond waarteen die posisie van minderhede tans begryp moet word. Wat is die proses van globalisering?

Die proses van globalisering moet gesien word as ’n proses van radikale ontperking, nie net in terme van die vloei van kapitaal tussen en oor die grense van sogenaamde soewerweine nasionale state nie, maar ook in terme van die verskille of grense tussen die veelheid van tale en kulture wat die mensdom tot dusver gekenmerk het. In die globaliseringsproses is dit nie net kapitaal wat onbeperk verskuif kan word na gelang van waar die hoogste wins behaal kan word nie. Ook lewenstyle kan onbeperk verander en aangepas word na gelang van veral die individualistiese voorkeure van die geglobaliseerde enkeling. As lewenstyle in ’n vorige kulturele orde as relatief staties ervaar is en met tradisionele gesagsbronne soos religie en gemeenskapstradisies ondersteun is, word dit in die globaliseringsproses bepaal deur die individuele en momentele voorkeure van sogenaamde “kulturele verbruikers”.

Ons noem slegs twee gevolge van hierdie verwikkelde proses: Eerstens bewerkstellig globalisering enorme prosesse van reduksie. ’n Mens sien dit in die kommodifisering van alles. Vir agente van die globaliseringsproses kan letterlik alles, ingesluit kultuur-religieuse waardes, gekoop en verkoop word. Alles word met ander woorde gereduseer tot ’n kommoditeit waarvan die waarde deur middel van ’n abstrakte en universele metingsinstrument soos pryse gemeet kan word.

Die proses van reduksie is egter ook aanwesig in die monolitiese of eenstemmige kultuur, wat homself oor alle ander kulturele verskille vestig. Dieselfde lewenstyle, dieselfde massale inkopiesentrums, dieselfde kos en kleredrag, dieselfde stede en argitektuur, dieselfde verwagtingspatrone, ens. Benjamin R. Barber verwys na hierdie monolitiese kultuur as die “McWorld-kultuur” — McIntosh net soveel as McDonalds. Die effek van di monolitiese kultuur op die veelheid van tale en kulture is vergelykbaar met die uitwissing van die spesies in die orde van die biologiese. Tale verdwyn soos spesies.

Sosio-psigies lei die monokultuur tot enorme prosesse van sosiale ontwrigting en gemeenskapsdisintegrasie. Dit vind o.a. neerslag in ’n massale vereensamingskultuur en ’n kapitalisties-nomadiese lewenstyl wat ontknoop is van enige groter kulturele samehang en historiese verantwoordelikheidsbesef. Die enigste oproep wat die enkeling ken, is die oproep om sy privatistiese belange onbeperk te bevorder.

Dit bring ons by die tweede gevolg van globalisering waarna ons wil verwys. Die sosiale anomie en vervreemding waartoe dit aanleiding gee, word gekompenseer deur presies die teenoorgestelde sosiale en psigiese verskynsel, naamlik fundamentalisme en xenofobiese etnosentrisme. Om te kompenseer vir die verlies aan ’n begrensde kultuur-ruimte, versteek gemeenskappe wreldwyd hulle met vreemdelinghaat agter geslote grense. Die ontperking wat globalisering skep, lei m.a.w. tegelyk tot die verabsolutering van grense. Die totale oop gemeenskap word beantwoord met die totale geslote gemeenskap. Die twee dinge hang ten nouste saam: orals waar die globaliseringsproses sy invloed laat geld — en dit is orals — is daar ook ’n terugorganisering in bendes, chauvinistiese stamme en woeste etnosentrismes. Die een is noodwendig die donker skadu van die ander.

Die kultuur-politieke uitdaging van die 21ste eeu is om ’n derde weg te vind, ’n weg tussen die totale opheffing van grense en die verabsolutering daarvan. Nog nader omskryf: die uitdaging van die toekoms l daarin om die verskille of grense tussen die veelheid van tale, kulture en gemeenskappe te herontdek en kreatief te bevestig, sonder om di verskille tot onoorbrugbare of onkommunikeerbare verskille te verhef. Die paradoksale gedagte van die “oop grens” is o.i. die idee waaromheen die kultuur-politiek van die toekoms opnuut gestalte sal kry. Sonder die oop grens kan die kultuur-politiek van die toekoms versplinter langs die breuklyne wat l tussen die nihilistiese verlies aan grense en hulle ewe nihilistiese verabsolutering. Met die oop grens kan taal- en kultuurgemeenskappe volgens die Groep van 63 hulle verskille onderling bevestig sowel as hulle historiese samehang en wedersydse afhanklikheid — waarmee tegelyk gestalte gegee word aan die grens tussen kultuurgemeenskappe en die openheid wat dit laat vir wedersydse kontak en benvloeding.

Tussen le abstraksies en etnosentrisme

Die Groep van 63 vertrek vanuit die filosofiese standpunt dat die universele gedagte van menswees slegs sin en betekenis het wanneer dit binne ’n spesifieke historiese konteks en binne ’n besondere kultuur- en taalgemeenskap neerslag vind. Die sin van menswees moet met ander woorde nie in die abstrakte konsep ‘mens’ opgesoek word nie, maar in die manifestasie daarvan binne ’n konkrete veelheid van kulture, tale en gemeenskappe.

Die Groep van 63 stel hom dit ten doel om die gedagte van menswees en die wyse waarop dit in haar veelkantige en gedifferensieerde aksentigheid na vore tree, in beskerming te neem. Wanneer die begrip “mens” van haar historiese en kulturele manifestasie losgesny word, word sy ’n blote abstraksie. Wanneer sy daarteenoor in samehang met haar veelkantige manifestasie in die partikuliere bedink word, verwerf ons menswees die onontwykbare appl wat sy nog altyd op ons gemaak het. Haar sin l opgesluit in haar veelheid.

Dit beteken nie dat ons menswees resloos opgaan in haar kulturele manifestasies nie. Ons menswees is ook altyd weer mr as die wyse waarop sy haarself binne die veelheid van kulture, tale en gemeenskappe vertoon. Dit is die verleiding van die hedendaagse fundamentalisme, tribalisme en chauvinisme om ons menswees slegs te omskryf in terme van ’n besondere manifestasie daarvan binne ’n bepaalde kulturele groepering. Alhoewel ons menswees haarself nie anders vertoon as by wyse van die besondere historiese kleed wat sy altyd weer aantrek nie, sluit die idee van menswees ook in dat daar altyd weer ’n oop horison agter en anderkant die spesifieke manifestasies daarvan is. Dit is ’n horison wat ook altyd weer oopgehou moet word. Anders sluit ons onsself toe in die fundamentalismes van ons tyd.

Die Groep van 63 wil die spanningsveld tussen die universele en die partikuliere wakkerhou. Hy ‘plaas’ homself daarom in die tussenruimte tussen die abstrakte idee van menswees en haar onvermydelike manifestasie binne histories-kulturele en partikuliere kontekste. Di ongemaklike tussenposisie voorkom dat ons in f ’n bloedlose abstraksie f ’n geslote partikulariteit tot ons reg sal kom.

Die liberale demokrasie

Die idee van die “oop grens” word filosofies waarskynlik die beste versinnebeeld deur die liberale demokrasie. Daarom sien die Groep van 63 die liberale demokrasie ook as die politieke tradisie aan die hand waarvan die minderheidspolitiek van die toekoms bedink en gedoen moet word. In die woord liberaal l die gedagte van “oop” vervat, terwyl die demokrasie altyd weer ’n bepaalde “grens” neerl.

Anders as in die demokrasie gaan die liberale tradisie daarvan uit dat alle mense in beginsel gelyk is. Dit beteken dat daar in die liberale tradisie — ten minste teoreties — geen grense geplaas word op die skep van iets soos ’n wreldstaat nie. Alle mense kan volgens die liberale tradisie wreldburgers wees. Binne die demokrasie daarenteen — en hier het ons met die spanning tussen die twee woorde te doen — is die woord ‘wreldburger’ ’n anomalie en ’n drogbeeld. Want, en dit is die fundamentele uitgangspunt van die demokrasie, volgens die demokrasie kan ons net burgers wees van ’n spesifieke politieke gemeenskap. Volgens die demokrasie is ek altyd ’n burger van di of daardie politieke gemeenskap, di of daardie politieke beweging of groepering, en nooit bloot ’n burger van die wreld nie.

’n Mens sou die verskil tussen die liberale en die demokratiese ook so kon verwoord: In die liberale tradisie mag daar in beginsel geen perke aan burgerskap gestel word nie. Almal kan in beginsel burgers wees. In die demokratiese tradisie daarenteen is burgerskap altyd beperk. Ek kan net burger wees van ’n gemeenskap waarmee ek byvoorbeeld sekere tradisies, ’n gemeenskaplike taal, klas, geslag, religie of welke ander belang deel. Terwyl die liberale tradisie dan ook op die idee van onbeperkte inklusiwiteit geskoei is, is die demokrasie eksklusief. Die demokrasie kan net demokrasie wees wanneer dit rondom eksklusiewe dinge gestalte aanneem en andere, wat nie hierdie belange deel nie, dus daarby uitgesluit word. Om die waarheid te s, dit is juis die beginsel van uitsluiting wat in elke demokrasie werksaam is, wat van die idee van die demokrasie ’n politieke beginsel maak. Die politiek leef daar waar daar van uitsluiting sprake is. Die politieke leef daar waar daar spanning opgeroep word vanwe die beginsel van uitsluiting. Dit is wat van die liberale tradisie daarenteen ten diepste juis nie ’n politieke begrip maak nie. In sy wil om almal te akkommodeer, vertoon die liberale tradisie juis sy begeerte om met die uitsluitingsbeginsel eie aan elke demokrasie en daarom met die politieke lewe weg te doen.

Wanneer die Groep van 63 ’n pleidooi lewer vir ’n “oop grens” en in die proses die liberale demokrasie vir homself toe-eien, praat ons van twee dinge wat op ’n gespanne voet met mekaar staan. En dit is ook goed so. Die uitdaging van ’n metapolitiek van die toekoms is nie om die spanning tussen die liberale en die demokratiese tradisies op te hef nie, maar om hulle eerder op ’n gespanne voet met mekaar te hou. As die demokrasie altyd weer gemobiliseer word rondom dinge wat andere noodwendig en onvermydelik uitsluit, dan sorg ’n gelyktydige beroep op die liberale tradisie dat dieselfde uitsluitingsbeginsel tegelyk vanuit die liberale voorkeur vir inklusiwiteit aan ’n spanning onderwerp word. In kort: Die liberale demokrasie mobiliseer rondom gedeelde belange, maar op so ’n wyse dat die grense rondom daardie belange (soos die grense wat tussen taalgemeenskappe getrek word) altyd weer as oop en dus as onderhandelbaar beskou word. Daarmee voorkom die liberale demokrasie dat die grense wat sy onvermydelik moet trek, onverdraagsame en onoorskrybare grense word.

In apartheid is die grense hard en onwrikbaar rondom enger belange getrek. Die eksklusiwiteit van die apartheidsorde is nie vanuit die liberale inklusiwiteitsbeginsel aan spanning onderwerp nie. Maar die teenoorgestelde is ook waar. Die vertolkers van die nuwe nasionalistiese renboognasie vergeet dat daar ook eksklusiewe ruimtes is, soos die van minderhede en tale, wat grense stel aan die wil van nasionale state tot insluiting en eenheid. As daar nie ruimte vir di eksklusiewe belange is nie, word die nuwe renboog-inklusiwiteit gewoon ondemokraties.

Die kultuur-politiek van die toekoms

Dit bring ons by enkele gevolge van die gedagte van die “oop grens” en die liberaal-demokratiese opvatting van die politiek wat dit onderl.

Vir die ekonomie van die toekoms, wat vanuit die gedagte van die oop grens bedink word, is daar geen ander uitweg uit die impasse van die huidige “casino-ekonomie” en die gevolglike al groter wordende gaping tussen Eerste en Drde Wreld nie as om die onbeperkte vloei van kapitaal aan ’n bepaalde vorm van grens te onderwerp — ’n “oop grens,” omdat die grens van die toekoms ook nie meer bepaal sal kan word deur die absolute norm wat goud in die verlede aan die ekonomiese prosesse opgel het nie. Politieke magte sal geskep moet word om effek hieraan te gee.

Vir die politiek van die toekoms sal ’n antwoord gevind moet word op die huidige onvermo van die nasionale state om nie net ekonomiese grense neer te l nie, maar ook sinvolle kultuur-politieke grense waarbinne die veelheid van tale en kulture skeppende ruimte gegee word. Die nasionale staat het eenvoudig te klein geword om die nuwe ekonomiese orde te beperk. Talle multi-nasionale korporasies het tans groter begrotings as talle groot nasionale regerings. Hierdie nasionale regerings bevind hulself toenemend in ’n posisie van totale onmag teenoor die onmiddellike wins-voorkeure van di korporasies.

Tegelyk is die nasionale staat te groot om lokale gemeenskappe n institusioneel afgegrensde minderhede in beskerming te neem. Buiten dat sy geskiedenis eerder spreek van ongeduld met die veelheid van tale en kulture binne sy grense, staan die nasionale staat tans magteloos voor die skouspelagtige herlewing van minderhede dwarsoor die wreld. Die historiese rol van die nasionale staat is o.i. uitgespeel.

Die politiek van die toekoms sal gekenmerk word deur die kontinue interspel tussen die veelheid minderhede aan die een kant, en nuwe en groot ruimtelike ordes waarbinne minderhede hulself sal tuismaak, soos die Verenigde State van die Amerikas, die Federasie van Europa, Die Federasie van Suid-Oos Asi en in die verre toekoms selfs die Federasie van Afrika aan die ander kant. Laasgenoemde mag spekulatief klink, maar is o.i. die noodsaaklike historiese en politieke voorwaarde waaraan Afrika moet voldoen indien hy nie in ’n onhistoriese leegte wil terugtree nie, maar sy plek in die geskiedenis wil inneem. Die Groep van 63 is van mening dat die idee van pan-Afrika uiteindelik krities uitgebrei moet word nie net om politieke gestalte te gee aan ’n effektiewe transnasionale politieke orde in Afrika nie, maar ook ’n orde wat — anders as die koloniale erfenis van die nasionale state in Afrika — eweneens geduld sal h met die magdom van kulturele gemeenskappe binne sy grense.

Nuwe ruimtelike ordes, soos ’n toekomstige Federasie van Europa, sal weer bepaalde grense aan veral die finansile markte kan opl en die heersende onmag wat die politiek jeens die ekonomie ervaar, deurbreek. Tegelyk sal sodanige ruimtelike ordes, anders as die nasionale state van die verlede, federatiewe ruimtes skep waarbinne lokale minderhede weer hulle verskille asook hulle onderlinge samehang konstruktief en op basis van die liberale demokrasie gestalte kan gee.

Die geskiedenis van Afrika in die twintigste eeu leer dat daar ’n veelheid van identiteitsfaktore is wat in die politiek meespeel: etnisiteit, godsdiens, klas, taal en selfs die ou koloniale grense. Teen die agtergrond van die problematiese geskiedenis van die nasionale staat in Afrika kan met reg gevra word of Afrika nie moet soek na ’n post-nasionalistiese politieke konstruk wat ’n antwoord op globalisering kan bied nie. So ’n konstruk kan ’n sosiale kontrak van minderhede wees, ’n indaba waarbinne Afrikane wat hulself aan die hand van die verskillende voorgenoemde identiteitsfaktore organiseer kan inspraak kry.

Binne die Suid-Afrikaanse konteks word die onmag van die nasionale staat ten opsigte van die beheer oor finansile skommelinge op die wreldmarkte, die Vigs-epidemie, bevolkingsverskuiwings, etniese oorlo, ens. reeds sterk gevoel. Die ekonomiese repliek daarop by wyse van die interstaatlike SADC-platform is volgens die Groep van 63 een te midde van ander belangrike eerste tre in die rigting van die uiteindelike vorming van ’n groter politieke eenheid anderkant die huidige nasionale staat.

Daarby is die huidige nasionale staat in Suid-Afrika, soos elders is die wreld, nie daartoe in staat om ruimte vir die veelheid van minderheidsgemeenskappe te skep nie. Die geskiedenis van die nasionale staat staan in die teken van ’n volledige vyandskap jeens die gedagte van kleiner kulturele gemeenskappe. In plaas daarvan om die veelheid in beskerming te neem, het dit in die verlede juis eentaligheid afgedwing. ’n Verbreding van die staatlike model tot anderkant die uigediende nasionale konsep kan ruimte skep waarbinne taal- en kultuurgemeenskappe weer groter inspraak in hulle onderskeie n vervlegte geskiedenisse verwerf.

2. Die Afrikaanse minderheid aan die begin van die nuwe eeu: ’n Bestekopname en strategiese ontleding

(a) Agtergrond.

Nota: Omdat die Groep van 63 binne afsienbare tyd ’n volledige dokument oor apartheid vrystel, sal die bespreking hieronder van die huidige stand van die Afrikaanse wreld nie na die apartheidsverlede verwys nie. Uit die gebrek aan verwysings na apartheid moet dus nie die afleiding gemaak word dat die Groep onsensitief is vir die enorme ekonomiese, sosiale en politieke skade wat apartheid ook onder die ander minderheidsgemeenskappe aangerig het nie. Inteendeel, juis vanwe die belang wat die Groep aan hierdie saak heg, sal hy dit bespreek in ’n dokument gefokus op apartheid en die historiese kragte wat dit onderl het.

Hoofsaaklik drie faktore raak die posisie van die Afrikaanse minderheid in die huidige tydsgewrig: Die einde van die Koue Oorlog en daarmee saam ideologiese politiek sedert 1989, die opkoms van etnies-kulturele minderhede wreldwyd en die verontagsaming van hierdie deurslaggewende verskynsels in die Suid-Afrikaanse demokratiseringsproses wat in 1990 ’n aanvang geneem het.

Die gevolg is dat die Afrikaanse minderheid ses jaar na die begin van die nuwe politieke orde grootliks gemarginaliseer is. Nie net beleef die Afrikaanse taal ongekende agteruitgang op amptelike en openbare vlak nie, maar ervaar Afrikaanssprekendes ’n afgang in hulle ekonomiese situasie, diwels vanwe (in talle gevalle histories verstaanbare) rassediskriminasie. Die grondwetlike skikking van 1996 het talle Afrikaanssprekendes feitlik volkome magteloos gelaat.

In teenstelling met die groter magte en relevansie van minderhede in talle demokrasie het die skep van ’n politieke speelveld wat afgestem is op slegs individuele regte, ’n eenparty-oorheerste staat gegrond op meerderheidsoorheersing in Suid-Afrika tot gevolg gehad.

Die noodsaak vir politieke partye om meerderheidsteun te werf, het daartoe gelei dat nie een van die partye met tradisionele Afrikaanse steun na vore kon tree as pleitbesorger vir Afrikaanse minderheidsbelange nie.

Die reusagtige verskil tussen die steun van die regerende party en sy naaste mededinger en die wesenlike daling in die steun vir opposisiepartye tussen 1994 en 1999 toon bowendien dat opposisiepolitiek ’n sukkelbestaan voer. In geen erkende demokrasie in die demokratiese wreld is die verskil tussen die regerende party en die amptelike opposisie so groot soos in Suid-Afrika nie — wat ’n ernstige refleksie werp op die lewensvatbaarheid van die huidige stelsel se ontwikkeling tot ’n ware demokrasie.

Te midde van hierdie uiters ongunstige situasie vir die Afrikaanse minderheid was en is ook die meeste van sy tradisionele kultuurorganisasies uiters versigtig om nie as openbare kampvegter vir Afrikaanse belange op te tree nie uit vrees dat hulle daarvan beskuldig sal word dat hulle terughunker na die vorige bestel.

Die gevolg hiervan was dat die Afrikaanse minderheid in ’n kritieke situasie beland het waar hy ’n nypende tekort ervaar aan doeltreffende en geloofwaardige meningsvormers, kampvegters en pleitbesorgers wat gesag by die bre massa Afrikaanstaliges dra.

(b) ’n Bre nuwe Afrikaanse beweging en die Groep van 63.

Die ontstaan van die sogenaamde “Groot Afrikanerdebat,” wat bestaan uit volgehoue standpuntinnames in ope briewe en boeke, koerantartikels en -briewe, is die regstreekse uitvloeisel van ’n bewuswording by duisende Afrikaanssprekendes oor die gebreke van die huidige bestel. Dit verteenwoordig ’n onbetwisbare soeke by ’n massa Afrikaanstaliges na metodes om hulle regmatige aansprake tot uiting te bring, gepaard met ’n strewe na ’n verbreding van die demokrasie wat minderhede op ’n sinvolle wyse sal kan akkommodeer.

Die dinamiese debat onder Afrikaanstaliges kan met reg as ’n bre nuwe intellektuele Afrikaanse “beweging” beskou word.

Een van die bemoedigendste tendense in hierdie debat is die vervaging en selfs uitwissing van ou verdelingslyne tussen Afrikaanssprekendes. Die ontstaan van die Groep van 63 het klaarblyklik nuwe momentum aan hierdie ontwikkeling gegee.

Een van die belangrikste deurbrake van die Hammanskraal-beraad van 5-7 Mei 2000 waar die Groep van 63 ontstaan het, is dat daarin geslaag is om ’n groot aantal persone met wyd uiteenlopende politieke standpunte in die verlede suksesvol byeen te bring.

Onder die aanwesiges was ’n hele aantal persone wat die regering van voor 1994 aktief gesteun het, terwyl ander die destydse bewind van f regs f links teengestaan het. Nog ander het geen politieke affiliasie gehad nie of het vir ’n lang tydperk geen lojaliteit aan enige politieke organisasie of party betuig nie. Die Groep is dus in groot mate ’n deursnit van die Afrikaanse samelewing in geheel en sy onderlinge werkswyse mag ’n nuttige maatstaf bied waarvolgens Afrikaanssprekendes hulle politieke verskille van die verlede kan oorbrug.

Om dit te bereik, moet aanvaar word dat die politieke spektrum wat voor 1994 bestaan het, geheel en al verval en in onbruik geraak het. Die rede hiervoor is dat persone se standpunte feitlik volledig bepaal is deur apartheid en die wit minderheidsregering. Sommige het hulle beywer om apartheid in sy geheel afgeskaf te kry, met ander wat dit wou hervorm terwyl ’n derde groep dit op een of ander wyse wou handhaaf.

Omdat apartheid in 1994 tot ’n einde gekom en ’n nuwe werklikheid daargestel is, het die soms strak verdelingslyne van die vorige era ook verdwyn. Dit het ’n belangrike en nuwe voorwaarde geskep vir ’n onderlinge oop gesprek oor die toekoms van die Afrikaanse minderheid.

Mense se politieke optrede en oordeel in die verlede het egter nie saam daarmee in die niet verdwyn nie.

Afrikaanssprekendes behoort daarom onderling die goeie trou en oordeel wat almal op ’n bepaalde tydstip in die verlede aan die dag gel het, te aanvaar en behoort daarom geen oordeel daaroor uit te spreek nie. Daarmee word erken dat elkeen die goeie reg gehad het om met inagneming van sy of haar spesifieke omstandighede op bepaalde politieke voorkeure of standpunte te besluit — of om later weer van standpunt te verander.

Geen instelling wat die belange van die Afrikaanse gemeenskap in die toekoms wil beskerm, behoort daarom die standpunte van sommige van sy deelnemers op ’n hor morele vlak te plaas as di van ander nie. Sou dit gebeur, sal dit beteken dat bepaalde persone gemarginaliseer en hulle vir ewig buite die oop gesprek geplaas word en net sommige die reg kry om hulle sienings en standpunte oor die toekoms van die Afrikaanse minderheid te stel.

Sulke optrede sal nie net hoogs ondemokraties wees nie, maar relreg indruis teen die vryheid van spraak.

Vir die Afrikaanse gemeenskap sal dit geen doel hoegenaamd dien om ’n onderlinge debat oor sy deelnemers se politieke verlede aan die gang te sit nie. Nie net sal dit verlammend vir die werksaamhede van enige instelling of organisasie wees nie, maar ook geen kans hoegenaamd op sukses h nie.

Afrikaanssprekendes wat saam die uitdagings van ’n nuwe eeu tegemoet wil gaan, moet waak teen ’n agterdog oor groepvorming en bedekte of openlike agendas wat op politieke standpunte van die verlede gegrond is.

Deelnemers aan die nuwe Afrikaanse beweging word ondanks dinamiese meningsverskille — wat terloops oor die verdelingslyne van die verlede sny — saamgebind deur die bre oogmerk om die belange van die Afrikaanse minderheid te bevorder aan die hand van die uitbreiding van die demokrasie, die strewe om diskriminasie teen lede van minderhede te bestry en ware gelykheid tussen alle burgers van die land te bewerkstellig.

Die Groep van 63 hoop om ’n fasiliterende rol hierin te speel.

(c) Die skikking van 1996.

Enige optrede om Afrikaanse minderheidsbelange te bevorder, moet noodwendig die huidige grondwetlike bedeling as vertrekpunt neem om die Afrikaanse minderheid se situasie te evalueer. Talle mense uit alle vertakkings van die Afrikaanse wreld redeneer dat die Grondwet slegs die eerste stap op die pad na demokratisering is.

Pleks daarvan om die huidige grondwetlike bedeling as ’n afgeslote, voltooide bedeling te sien, moet die demokrasie met daaropvolgende stappe uitgebou word.

Die huidige politieke orde, veral gerugsteun deur die Grondwet, moet in die regte perspektief gestel word. ’n Grondwet is soos ’n verdrag. Die party wat in ’n swak posisie was toe die “verdrag” gesluit was, moet uiteindelik met nadelige bepalings tevrede wees, teenoor die party wat danksy ’n magtige posisie deur gunstige bepalings van die “verdrag” bevoordeel word.

Die regsterme waarin die grondwet verwoord is, verberg gewoonlik die politieke realiteite en die ongelyke magsverhoudinge waarop die grondwet gebaseer is. Suid-Afrika se huidige grondwet is wesenlik die juridiese vergestalting van die soort politieke orde wat die ANC graag tot stand wou bring. Dit is die juridiese verskansing van die politieke oorwinning wat die ANC voor en tydens die skryf van die Grondwet behaal het.

Die Afrikaanse minderheid trek aan die kortste ent in die huidige grondwetlike bedeling.

Die Grondwet bevat byvoorbeeld nie behoorlike meganismes vir die beskerming van Afrikaans in die openbare sfeer en in die onderwys nie. Die drastiese afname in Afrikaanse skole en die sterk relativering van die konsep van ’n Afrikaanse universiteit is regstreeks te wyte aan gebrekkige grondwetlike bepalings.

Die algehele afwesigheid van grondwetlike bepalings wat die sinvolle devolusie van gesag na kultuur- en taalgemeenskappe bewerkstellig en in plaas daarvan alle mag binne die nasionale staat sentraliseer, is eweneens die produk van ’n defektiewe grondwetlike reling.

By al die voordele wat die Grondwet (doelbewus of onbeplan) teweeggebring het, en daar is heelwat, lewer dit veral vanuit ’n minderheidsoogpunt ’n stewige kwota leemtes wat dringende aandag verg.

(d) Die Grondwet, die Handves van Regte en sy beskerming aan minderhede.

Reeds voor die totstandkoming van die nuwe politieke orde in Suid-Afrika het minderhede ’n uitermate ho verwagting geplaas op die beskerming wat die Handves van Regte vir hulle belange sou inhou. Die Handves van Regte vervat in die Grondwet waarborg Suid-Afrikaners immers die beskerming van basiese regte. Die Grondwet geniet die status van hor reg, wat beteken die howe kan enige wetgewing of regeringsoptrede wat daarmee strydig is, ongeldig verklaar.

Juis daarom word die Grondwet as die primre meganisme vir die beskerming van basiese regte beskou en word algemeen geglo die Grondwet is ’n bykans waterdigte waarborg vir individuele en minderheidsregte.

Maar grondwetlike regsbeskerming het beperkte trefkrag en is onderhewig aan inherente gebreke.

’n Grondwet kan op sigself geen beskerming bied nie. Dit sit slegs rels uiteen. Dit hang van mense af of di rels konkrete betekenis gaan h. Dis juis hier waar die eerste gebrek ter sprake is.

’n Grondwet is gewoonlik ’n onbuigsame regsdokument wat nie deur ’n gewone meerderheid parlementslede gewysig kan word nie. In die geval van Suid-Afrika se Grondwet word ’n twee derde-meerderheid vir geldige wysiging vereis.

Wanneer s ’n meerderheid wel behaal word, soos nou in Suid-Afrika die geval is, is die skanse van die verskanste grondwetlike regte in die gedrang en kan di regte uit die Grondwet verwyder of gewysig word.

Regte bly dus slegs gewaarborg as die regerende party nie te dominant word nie. ’n Groot getalle-oorwig is inherent sterker as gewaarborgde grondwetlike regte.

Grondwetlike regte bied dus geen remedie vir eenparty-dominasie nie.

Die hof kan ’n uitspraak lewer wat ongunstig vir die regering is en die regering kan besluit om nie daaraan gehoor te gee nie. Die vermo van die howe strek slegs sover dit bevele kan gee. Die vermo van howe om voldoening aan hul bevele te verseker, is uiters gering.

Die regbank is dus inherent swak en het geen ingeboude meganisme om die regering te dwing om sy bevele te gehoorsaam nie. Trouens, vir voldoening aan bevele is die howe primr van die mag van die uitvoerende gesag afhanklik. As die uitvoerende gesag dus onwillig is om uitsprake uit te voer, is die hof se bevele net van akademiese belang.

Een van die basiese uitgangspunte van grondwetlike beskerming is dat die bepalings vervat in die Handves van Regte elke reg met presiese sekerheid omskryf.

S kan elke mens gemoedsrus oor sy regte h. Die regering weet presies wat hy mag en nie mag nie en vir die howe word presies uitgestippel wat hulle te doen staan in die geval van ’n regskending deur die regering. As die regering grondwetlike regte skend, is daar die gerusstellende sekerheid dat die howe aan die hand van definitief omskrewe maatstawwe van die grondwet die regering se optrede ter syde sal stel.

Di uitgangspunt dat die regsrels seker is en voorspelbare resultate sal oplewer as dit deur die howe toegepas word, is egter onrealisties. Regsrels is bykans altyd vatbaar vir uiteenlopende interpretasie.

Grondwetlike regte is nog meer as ander regsrels wyd gedefinieer en dus besonder vatbaar vir uiteenlopende interpretasie. Boonop is die beginsels vervat in grondwetlike regte dikwels in spanning met mekaar, of word die regte wesenlik gekwalifiseer.

Grondwetlike regte het op sigself geen definitiewe inhoud nie. Dit kry bloot stuksgewys inhoud soos wat die howe di regte saak vir saak uitl en toepas.

Howe en die grondwet kan nie aan individue en minderhede ’n remedie teen politieke oormag en magsmisbruik deur ’n regering bied nie. Onlangse gebeure in Zimbabwe het dit bo alle twyfel bevestig.

Die waarheid dat ewigdurende waaksaamheid die prys is wat vir vryheid betaal moet word, kan nie deur ’n grondwet, hoe goed dit ook al is, ongedaan gemaak word nie. ’n Goeie grondwet is noodsaaklik, maar deelnemende politieke betrokkenheid bly onmisbaar. ’n Grondwet kan ’n minderheid soos die Afrikaanse gemeenskap dus nooit van die verantwoordelikheid bevry om self nougeset na sy belange om te sien nie.

(e) Die Afrikaanse gemeenskap en minderheidsbelange.

Die besef het dus die afgelope jare algaande onder ’n groeiende aantal Afrikaanssprekendes begin posvat dat die Grondwet van 1996 nie Afrikaanse belange tot hulle reg laat kom nie en dat Suid-Afrika in die rigting van die meeste multi-kulturele demokrasie moet beweeg deur minderheidsregte ’n inherente deel van die staatsbestel te maak.

Dit het duidelik geword dat die demokrasie in Suid-Afrika net in ’n eerste ontwikkelingsfase is en dat menseregte nie tot hulle reg sal kom as minderheidsbelange nie pertinent in die Grondwet erken word nie.

Die rede hiervoor is dat die Suid-Afrikaanse bedeling, soos so dikwels die geval is in heterogene samelewings, bloot ’n permanente meerderheid teenoor permanente minderhede opgelewer het waarin die waardes en belange van die meerderheid en die minderhede dikwels verskil en drasties uiteenlopend is.

Die ANC tree op as die voorhoede van die swart meerderheid en het vanselfsprekend min of geen erg aan die taal- en kulturele belange van die Afrikaanse minderheid.

Ofskoon Afrikaanssprekendes, net soos al die ander burgers oor die stemreg beskik, stel dit hulle hoegenaamd nie in staat om die amptelike beskerming en bevordering van hul belange te bewerkstellig nie. Hoewel stemreg dus vir die meerderheid die sleutel bied tot die verwerkliking van hul belange, bied dit vir die minderheid met elke verkiesing slegs die bevestiging van hul politieke magteloosheid.

Uit die oogpunt van ’n minderheid is die blote erkenning van stemreg dus nie genoeg om ’n demokrasie te bewerkstellig nie. Inteendeel, stemreg slaag nie daarin om die demokrasie vir minderhede te verseker nie. Minderhede moet steeds die knie voor die dominante wil van die meerderheid buig.

Bowendien word lede van die Afrikaanse minderheid ook steeds aan die onmenswaardige situasie blootgestel dat hulle nie oor hul eie belange kan beskik nie. ’n Minderheid is dus ondanks die uitoefening van stemreg in dieselfde onmenswaardige posisie as wat ’n bevolking sonder stemreg teenoor ’n diktator of ’n geslote regerende elite is.

In Suid-Afrika verkeer die meerderheid en die minderhede eweneens in ’n ingrypend ongelyke posisie ondanks die feit dat alle volwasse burgers mag stem: die belange en waardes van die meerderheid word telkens in ag geneem, terwyl di van die minderheid slegs erkenning kry wanneer dit die meerderheid behaag. Van die aanvanklike oogmerk om deur die invoer van algemene stemreg gelykheid en die erkenning van menswaardigheid te probeer bewerkstellig, kom dus weinig tereg.

Vanwe die onvermo om die demokrasie in ’n land soos Suid-Afrika met algemene stemreg te bewerkstellig, moet hulpmiddels noodwendig gevind word om dit tot sy reg te laat kom. Dit is presies in hierdie konteks waarin minderheidsregte tot die hulp van die demokrasie kom.

Die Groep van 63 aanvaar dat die konsep van minderheidsregte met die realistiese veronderstelling werk dat belange en waardes in ’n heterogene staat uiteenlopend is. Waar algemene stemreg egter tot die euwel lei dat die meerderheidsbelange telkens voorkeur kry en minderheidsbelange gemarginaliseer word, word daarenteen met die erkenning van minderheidsregte beoog om ook na die belange van minderhede om te sien. Dit word gedoen deur minderheidsbelange buite die besluitnemingsbevoegdheid van die meerderheid te plaas.

Waar dus geredelik aanvaar word dat sake wat almal raak deur die meerderheidstem beslis kan word, word terselfdertyd aanvaar dat die meerderheid oor geen bevoegdhede moet beskik om oor sake wat vir ’n minderheidsgemeenskap soos die Afrikaanse gemeenskap van besondere belang is, te besluit nie. Anders as in ’n simplistiese meerderheidsdemokrasie, waar alles deur die meerderheidstem beslis word, behoort die besluitnemingsbevoegdheid van die meerderheid daarom ingekort te word.

Die uitdruklike erkenning van minderheidsbelange verhinder dat die meerderheid oor die besondere belange en waardes van die minderhede beslis soos wat tans in Suid-Afrika gebeur.

Die inkorting van die mag van die meerderheid behoort niemand vreemd op te val nie; inteendeel, dit is ’n wesenlike element van ’n bestel waarin individuele regte grondwetlik beskerm word. Die punt is dat dit juis teen die meerderheidswil verskans is en die besluitnemingsbevoegdheid van die meerderheid aan bande l.

Die erkenning van minderheidsregte bou voort op hierdie algemeen erkende inkortingsmeganisme. Die uitgangpunt van ’n stelsel waarin minderheidsregte van krag is, is dat onderskei moet word tussen enersyds ’n egte demokrasie en andersyds ’n stelsel van meerderheidsoorheersing. Wanneer die meerderheid toegelaat word om oor alle sake, insluitende die besondere belange van minderhede, te besluit, verval die demokrasie tot ’n stelsel van illegitieme meerderheidsoorheersing waarin minderhede tot ’n ongelyke, nadelige posisie teenoor ’n oppermagtige meerderheid verklein word.

Suid-Afrika het ongelukkig reeds hierdie punt bereik.

Gevolglik is die erkenning van minderheidsregte in ’n land soos Suid-Afrika geen anomalie nie, maar ’n noodsaaklike bestanddeel vir die verwesenliking van die demokrasie. ’n Heterogene staat met algemene stemreg vertn demokraties. Sonder minderheidsregte is ’n multi-kulturele land soos Suid-Afrika egter nie ’n egte demokrasie nie, maar ’n gebrekkige stelsel van meerderheidsoorheersing.

(f) Transformasie en Afrikaanssprekendes as teiken van rassediskriminasie.

’n Nuwe stelsel van rassediskriminasie word stelselmatig sedert 1994 in Suid-Afrika toegepas om ongelykhede van die verlede reg te stel.

Die nuwe bedeling van neo-rassisme vaar onder die vaandel van Transformasie, waarskynlik die oorheersende Nasionale Projek van ’n owerheid wat veral gekenmerk word aan sy sterk swart nasionalistiese en Afrikanistiese sentimente.

Daarvolgens moet die hele samelewing omvorm word om allereers die belange van die swart meerderheid te dien.

Namate die tyd verloop, word transformasie op alle lewensterreine van toepassing gemaak met die staatsdiens wat om verstaanbare redes reeds die verste gevorder het. Dit word egter ook met al groter drif buite die openbare sektor toegepas en feitlik geen lewensterrein sal dit uiteindelik kan vryspring nie. Nadat domeine so uiteenlopend soos sportspanne en die regstelsel reeds die mikpunt van transformasie geword het, sal die private sektor ongetwyfeld die meeste aandag aan die begin van die nuwe eeu kry.

Volgens die nuwe stelsel van rassediskriminasie moet alle persone, net soos onder die apartheidstelsel, in rassegroepe verdeel word. Hierdie keer is daar egter net twee hoof-rassegroepe, swart en wit, met almal wat nie wit is nie, wat as swart geklassifiseer word.

Maatskappye word volgens die Wet op Billike Indiensneming verplig om rassediskriminasie toe te pas of om die gevaar te loop om met boetes so hoog as R900 000 (ongeveer $130 000) vervolg te word.

Die nuwe beleid van rassediskriminasie word toegepas namate regstellende aksie in ’n ernstige proses van afgang in die Verenigde State van Amerika, sy bakermat, is. Boonop word die Suid-Afrikaanse stelsel gekenmerk deur kwota’s, wat selfs onder baie Amerikaanse ondersteuners van regstellende aksie in diskrediet is.

Wat ongelykhede van die verlede betref, word die VSA en Suid-Afrika ook onderskei deurdat swartmense daar ’n betreklik klein minderheid is, terwyl hulle in Suid-Afrika ’n groot meerderheid uitmaak. Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal ernstig agteruitgaan as ’n groeiende aantal geskooldes, waarvan die groot meerderheid noodwendig swartmense moet wees, nie binne die volgende aantal jare tot die arbeidsmark toetree nie. Omdat blankes so ’n klein komponent van die bevolking is kan maatskappye, al is hulle in blanke beheer, beswaarlik teen swartmense diskrimineer sonder om hulle winsgewendheid wesenlik in gevaar te stel nie.

Verder neem die beleid van rassediskriminasie ook nie die beweging van aansienlike getalle swartmense tot die heel hoogste inkomstegroep in ag nie en hulle en hulle kinders word dus steeds begunstig as “benadeeldes”, al sou dit selfs tot nadeel van blankes wees wat nie dieselfde onderwysgeleenthede gehad het nie.

Die beleid van diskriminasie benadeel nie net minderhede onnodig nie, maar die hele bevolking. Suid-Afrika is onherroeplik deel van die internasionale ekonomiese wedloop. Di wedloop het een goue rel vir sukses en dit is mededingendheid. Die land wat nie internasionaal kan meeding nie, val ekonomies van die wreldkaart af; daar is nie ’n tweede prys in di wedloop nie.

Daarom is dit belangrik dat mense wat nie gelyke geleenthede gehad het nie, gehelp en ontwikkel moet word. Maar daarom is dit nt so belangrik dat hoogs opgeleide en ervare mense nie verlore gaan vir die ekonomie of uit die arbeidsmark gedruk of “gepakket” word nie. Om ’n uiters mededingende internasionale wedloop te wen, moet ’n land ook bel in sy voorste en beste presteerders. Die uitgangspunt moet wees dat almal ’n gelyke wegspringkans kry, maar nie dat almal gelyk by die wenpaal mt uitkom nie!

Die korrekte beoordeling van regstellende aksie is dat nie net gekyk moet word na diegene wat voorheen benadeel is nie, maar ook na di wat nou en in die toekoms benadeel word. Dit is uiters kommerwekkend dat maatskappye se omvattende regstellende programme nie ’n woord rep oor wat gedoen sal word vir diegene wat deur die toepassing van daardie programme benadeel sal word nie.

Die uitdaging vir regstellende aksie is om die wanbalanse in die arbeidsmark s reg te stel dat dit nie terselfdertyd lei tot nuwe wanbalanse en vorme van diskriminasie nie.

Die dilemma is dat dit uiters moeilik is om regstellende aksie toe te pas in ’n krimpende arbeidsmark, waar meer mense om ’n kleiner koek meeding. Sedert 1991 het meer as ’n miljoen poste in die ekonomie verlore gegaan. Daar is nou dieselfde aantal poste in die ekonomie as in 1982, terwyl die bevolking sedertdien met 34% gegroei het. Werkloosheid staan nou volgens die uitgebreide definisie op 37%, of byna 5 miljoen mense, uitgesluit die informele sektor.

Die nuwe tegnologie dryf ’n genadelose internasionale mededinging, wat lei tot groot druk om meer te produseer met minder en goedkoper, produktiewer mense.

Die bevolkingsontploffing van die Derdewreldse deel van die bevolking, gekoppel aan die bevolkingsinploffing van die Eerstewreldse komponent, vererger die probleem net verder. Hierby moet die uitstroming van hoofsaaklik gekwalifiseerde mense en die instroming van hoofsaaklik lae gekwalifiseerdes bygereken word. Werkskeppers word minder en verlaat die land, terwyl werksoekers in groot getalle toeneem.

Die huidige krisis in die arbeidsmark is ’n wreldwye probleem, en nie beperk tot Suid-Afrika nie. Die ideologies gemotiveerde inmenging in die arbeidsmark verleen egter ’n dieper dimensie aan die Suid-Afrikaanse problematiek rondom werkloosheid.

Die Wet op Billike Indiensneming het daartoe gelei dat die eindpunt van regstellende aksie gestel is as die proporsionele verteenwoordiging van rassegroepe op elke posvlak — kwota’s dus. Di doelwit skep verskeie probleme, omdat dit ’n kunsmatige ingryping in die arbeidsmark is. Die grootste probleem is om die rassesamestelling van ’n drasties krimpende arbeidsmark te verander midde-in die ongenaakbare internasionale mededinging. Die einddoelwit beteken dat die huidige 1,8 miljoen wit mense wat 20,4% van die arbeidsmark vorm, verminder moet word na sowat ’n miljoen of 12,2%. Di prentjie kan nog erger raak, omdat die arbeidsmark net verder krimp en die wittes ’n krimpende deel van die bevolking uitmaak. Die gevaar bestaan dat di situasie tot ’n rasgebaseerde kompetisie om werk kan lei.

Die doelwitte vir regstellende aksie skep ’n kunsmatige vraag na sogenaamde swart arbeid. Di kunsmatige vraag oorskry egter die aanbod van toepaslik gekwalifiseerde en ervare swart mensekrag in die meeste poskategorie, en lei terselfdertyd daartoe dat ervare en gekwalifiseerde mensekrag vir die ekonomie verlore gaan vanwe hul velkleur.

Die doelwitte oorskry ook die natuurlike personeelomset in baie gevalle met meer as 500%, wat lei tot groot onsekerheid by wit mense wat weet dat hulle oortollig is ten opsigte van hul werkgewer se rasseteikens.

Die proses lei verder tot vervreemding van wittes, van wie duisende eerder ’n skeidingspakket vat as om langer met die onsekerheid en tweedeklasstatus saam te leef. Vanwe faktore soos onervarenheid en die rasgebaseerde sakebeleid van die staat en groot maatskappye sukkel die meeste van di pakketnemers egter om ’n suksesvolle bestaan as ondernemer te voer.

Die dilemma is dat die nuwe Wet op Billike Indiensneming ten eerste gemik is op die rasgedrewe omvorming van die arbeidsmark, en nie hoofsaaklik op die regstelling van ongelykhede as gevolg van die verlede nie. Dit lei in baie gevalle tot die sogenaamde regstellende-aksie-paradoks, waar diegene bevoordeel word wat nie benadeel was nie, en diegene nou benadeel word wat nooit bevoordeel was nie.

Talle gevalle bestaan waar swart buitelanders voorkeur kry bo wit Suid-Afrikaners, omdat die wet alle werknemers oor dieselfde (rasse-)kam skeer. Nog ’n bepaling wat emosie gaande maak, is dat die wet slegs meld dat daar in posvlakke waar swart mense onderverteenwoordig is, reggestel moet word, maar niks s oor die normalisering van posvlakke waar swart mense oorverteenwoordig is nie. Dit is meestal die onderste en intree-posvlakke. Die omstredenheid van di kwessie spruit daaruit dat die meeste poste (sowat 3,2 miljoen) in die ekonomie hieronder tel, en dat dit jong wit toetreders tot die arbeidsmark prakties uit werk uit kan hou. Daar is ’n proporsionele “tekort” van 280 000 wittes op di posvlakke.

Di kwessie bring ’n belangrike leemte met betrekking tot regstellende aksie in Suid-Afrika se grondwet na vore, nl. die afwesigheid van ’n afsnypunt of sonsondergangklousule. Daar bestaan ’n geregverdigde vrees by wittes dat regstellende aksie ’n permanente verskynsel sal word. Dit moedig baie jong mense aan om te emigreer, omdat hulle bekommerd is dat hulle deel van ’n permanent benadeelde minderheid gaan word as tweedeklasburgers in hul eie land.

Min wittes in Suid-Afrika sou beswaar h teen verantwoordelike maatrels om die ongelykhede van die verlede reg te stel. Wye kommer bestaan egter dat die huidige maatrels baie verder gaan as regstelling, maar ruik na die gewettigde etniese suiwering van wittes uit die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Die vraag wat bly knaag, is wat die beginselverskil is tussen die politiek-gemotiveerde besetting van wit plase in Zimbabwe omdat dit nie op grond van ras proporsioneel besit word nie, en die politiek gemotiveerde afneem van wit poste in Suid-Afrika omdat dit nie proporsioneel beklee word nie?

(g) Afrikaans

Die benadeling van die Afrikaanse minderheid se sleutelbelange was nrens so opmerklik as op die terrein van die Afrikaanse taal nie. Afrikaans het ongetwyfeld ingrypend agteruit begin gaan sedert die begin van die nuwe orde in 1994 en die taal toon groter verliese as ooit die afgelope halfeeu.

Een van die vernaamste oorsake hiervan is die gebrek by sowel die tussentydse grondwet van 1993 as sy opvolger, die grondwet van 1996, om die belange van minderheidstale behoorlik te verskans en die gebrek aan meganismes en instellings om hierdie tale, insluitend Afrikaans, doeltreffend te beskerm.

Die gevolg is dat Suid-Afrika die omvattendste proses van verengelsing sedert die begin van die vorige eeu beleef. Die openbare sektor het vinnig feitlik heeltemal verengels terwyl die minderheidstale, wat nog altyd in ’n ongelyke posisie was in die private sektor, daar waarskynlik selfs ’n groter afgang beleef het.

Die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat), ’n grondwetlike instelling wat meertaligheid moet bevorder, het sedert die einde van die negentigerjare ’n ongekende aantal uitsprake teen owerheidsinstellings, onder meer die Departement van Openbare Werke en die nasionale elektrisiteitsverskaffer, Eskom, gelewer waarin bevind is dat hulle Engels op ongrondwetlike wyse teen Afrikaans bevoordeel. Daarmee is die Regering, wat deur die grondwet verplig word om minderheidstale te bevorder, dus ook skuldig bevind aan die ernstige klag van taaldiskriminasie.

Pansat het egter geen wetlike magte om sy besluite af te dwing nie en aanduidings is dat die posisie in ten minste sommige staatsinstellings onverpoosd voortduur.

Regeringsinstellings staan ondanks hierdie grondwetlike opdrag dikwels aan die voorpunt van die verengelsingsproses. So het die Departement van Justisie dit reeds in 1998 as sy onomwonde standpunt gestel dat Engels die enigste verslagtaal in die land se howe moet word. Word dit ’n werklikheid, sal dit beteken dat Afrikaanssprekendes van tolke gebruik sal moet maak in groot dele van die land waar hulle die groot meerderheid van betrokkenes in howe uitmaak.

Die verdwyning van Afrikaans as hoftaal sal ook die taal, wat naas Engels die enigste taal is waarin volledig uitdrukking gegee kan word in die regswetenskap, stelselmatig as vaktaal sal verdwyn.

Selfs nadat die Departement van Justisie reeds maande gelede aangekondig het dat hy Engels as enigste verslagtaal in die howe wil behou, het die Regering hom nog nie by monde van pres. Thabo Mbeki of enige ander ho regeringsamptenaar daarteen uitgespreek nie.

Die verengelsingsproses het ’n ingrypende uitwerking op die Afrikaanse gemeenskap se onderwysinstellings gehad. Sowel tersire instellings as skole bevind hulle in ’n wesenlike gevaarsituasie. In 1999 het die aantal Afrikaanssprekende studente by Afrikaanse universiteite vir die eerste keer ’n minderheid van die totale aantal studente uitgemaak en die gevolgtrekking kan met reg gemaak word dat die meeste van die aanvanklike vyf Afrikaanse universiteite spoedig Engelse instellings sal word.

’n Besondere onheilspellende teken van Afrikaans se agteruitgang is die feit dat van die ongeveer 2 100 Afrikaanse skole landwyd wat in 1994 bestaan het, nagenoeg 800 reeds na parallel- of dubbelmediumonderrig oorgeskakel het. Maar die ervaring met sulke veranderings in lande met ’n dominante taal toon dat sulke skole nie hulle huidige taalstatus sal behou nie en dat hulle gaandeweg sal oorskakel na onderrig in die dominante taal.

Die groeiende oorwig van Engels as openbare taal het volgens kenners reeds tot ’n aansienlike taalverskuiwing onder Afrikaanssprekendes gelei met na raming ongeveer 20% Afrikaanssprekendes wat al hulle kinders na Engelstalige skole stuur.

Die agteruitgang van Afrikaans het sulke dramatiese afmetings aangeneem dat sommige kenners reeds in die openbaar voorspel het dat die taal binne twee geslagte kan verdwyn. Afrikaans is besig om baie vinnig sy hor taalfunksies te verloor, een van die voorvereistes vir enige taal wat sy nuttigheidswaarde vir sy gebruikers wil behou.

Dit is onwaarskynlik dat die kwyning van Afrikaans binne die huidige staatsbestel gestuit sal kan word omdat Engels ’n belangrike instrument van nasiebou is, net soos koloniale tale dit geword het in ander Afrika-state met die aanbreek van die post-koloniale era. Die verontagsaming van die grondwetlike opdragte rondom meertaligheid is dus nie maar net ’n onverskillige versuim aan die kant van die owerheid nie, maar veel eerder deel van ’n bre ideologiese program.

Die ideologiese stukrag agter verengelsing pas ook volledig in by transformasie. Transformasie kom nie net op swart bevoordeling neer nie, maar ook op die begunstiging van Engels ten koste van al die minderheidstale.

Die regerende eilte se verontagsaming van die belange van minderheidstale word waarskynlik die beste onderstreep deur die agterstand van die nege swart tale en die uiters nadelige uitwerking daarvan op die land se welvaart en potensiaal op ekonomiese groei. Terwyl moedertaalonderrig wreldwyd aanvaar word as ’n voorvereiste vir kennisoordrag in skole, word die oorweldigende meerderheid Suid-Afrikaanse leerlinge in ’n taal, Engels, onderrig wat hulle dikwels swak verstaan, terwyl onderwysers in baie gevalle ook nie genoegsaam onderleg daarin is nie.

Ondanks Suid-Afrikaanse kinders se uiters swak vertoning in die skoolverlatingseksamen — die afgelope jare reeds minder as 50% slaagsyfer — is daar geen nasionale poging om die swart tale te probeer bemagtig nie.

Die ideologiese noodsaak vir die bevordering van Engels is selfs daarvoor te belangrik.

Die ervaring van die afgelope ses jaar het oorweldigend geleer dat Afrikaans en ander minderheidstale nie op die owerheid binne die huidige bedeling kan staatmaak om die reeds diepgaande proses van taaldiskriminasie tot ’n einde te bring en om te keer nie. Nuwe en omvattende maatrels sal daarom bedink en uitgevoer moet word indien die glygang van Afrikaans gestuit moet word.

(h) Die Afrikaanse gemeenskap en die opposisiepolitiek

Die Afrikaanse gemeenskap is sedert 1994 op soek na ’n sinvolle staanplek binne die partypolitieke bedeling. Aanvanklik is die ho verwagting by hom geskep dat hy deel van ’n sterk opposisiegroepering, indien nie van ’n regerende party nie, sou word. Dit sou gebeur as die Nasionale Party (later die Nuwe Nasionale Party) groot steun binne die swart gemeenskap sou werf en dat die ANC, as politieke verteenwoordiger van die meeste swartmense, sodoende by die stembus aangedurf sou kon word.

Hierdie scenario sou verhoed dat die Afrikaanse gemeenskap gemarginaliseer word. Hy sou dus ’n wesenlike deel van die hoofstroompolitiek word.

Hierdie verwagting het hopeloos beskaam nadat dit duidelik geword het dat die swart meerderheid sterk — en al hoe sterker wordende — solidariteit binne die ANC handhaaf.

Nadat hierdie scenario ’n hersenskim geblyk het, het oproepe begin om opposisiepartye saam te snoer met die verwagting dat eenheid ’n sinvolle ruimte aan die Afrikaanse gemeenskap binne die partypolitieke bedeling sou bied. Nie die politieke orde, wat aanleiding gegee het tot ’n eenparty-oorheerste stelsel met verkiesings as rasse-sensusse, is dus voorgehou as die oorsaak van die Afrikaanse gemeenskap se marginalisering nie, maar wel opposisieverdeeldheid.

Die eenwording van die DP en die NNP in Junie 2000 was die belangrikste stap om hierdie probleem aan te spreek. Soos die NP voor hom, gee die nuwe party, die Demokratiese Alliansie (DA) egter ook steeds voor dat hy beduidende swart steun sal kan werf.

Die opposisiepolitiek en veral die Afrikaanse gemeenskap se sinvolle plek daarbinne het dus nou voor sy grootste toets te staan gekom. Indien die DA nie daarin slaag om deur te breek na die swart massa nie, soos wat die meeste kenners voorspel, sal die krisis waarin die opposisiepartye hulle voor die stigting van die DA bevind het, volledig herstel wees. Dan sal Afrikaanssprekendes steeds net so gemarginaliseer wees as voorheen.

Hierdie uiteinde lyk tans na ’n sterk waarskynlikheid, aangesien die moontlikheid dat enige saambinding van opposisiepartye groter sal wees as die samestellende dele, gewis nie hoog aangeslaan kan word nie.

Minderhede soos die Afrikaanse gemeenskap se dilemma is egter selfs meer diepliggend en akuut. Sou die DA teen alle verwagtings in daarin slaag om groot getalle swart kiesers se steun te verkry, sal die Afrikaanse gemeenskap tot ’n minderheid binne hierdie party verminder word. Kry die DA bowendien soveel swart steun as wat hy nodig het om die ANC geloofwaardig uit te daag, sal die getallewerklikheid inderdaad van die Afrikaanse minderheid ’n nietige klein minderheid binne die party maak. Enige party met sodanige groot nie-Afrikaanse steun sal noodwendig sy beleidsvoorkeure moet afstem op die belange van die meerderheid en nie enige kleiner wordende minderheid nie.

Albei hierdie scenario’s is dus uiters onaantreklik wat betref die beskerming en bevordering van Afrikaanse belange en regte.

’n Derde opsie rondom die opposisiepolitiek wat dikwels as die enigste lewensvatbare moontlikheid voorgehou word, is ’n linkse skeuring in die ANC. So ’n gebeurtenis sal aanleiding gee tot die totstandkoming van ’n sosialistiese werkersparty as vernaamste opposisie. In Afrikaanse geledere word steeds die hoop gekoester dat so ’n skeuring weer vir die Afrikaanse gemeenskap die deur kan open tot sinvolle deelname aan die politiek, omdat dit tot samewerking tussen die oorblywende gematigde deel van die ANC en die Afrikaanse gemeenskap kan lei. Hierdie moontlikheid moet egter met die grootste skeptisisme bejeen word, omdat die gematigde deel van die ANC onder geen omstandighede met enige vorm van wit of Afrikanergroepering sal kan saamwerk terwyl hy met ’n linkse party meeding om die steun van die armes en werkloses nie. Vir ’n gematigde ANC sal dit politieke selfmoord beteken.

Opposisiepolitiek soos dit tans bedryf word binne ’n bestel wat nie minderheidsbelange verskans nie en grootliks neerkom op ’n rasse-getallewedloop, hou dus wesenlike risiko’s en besliste gevare vir die Afrikaanse minderheid in.

Die Afrikaanse minderheid kan nie wag tot proefnemings rondom die lewensvatbaarheid van opposisie afgehandel is en daarna ander uitwe begin soek nie. Die moontlikheid dat opposisiepolitiek in sy huidige gedaante teen die volgende verkiesing in 2004 of selfs vroer in ’n doodloopstraat kan beland, is net te groot.

Dit is duidelik dat die stelsel omvattend hervorm sal moet word om ruimte vir die Afrikaanssprekende te skep. Hierdie hervorming sal vanuit die Afrikaanse minderheid self bevorder en beding moet word met een of meer Afrikaanse belangegroepe as voertuig. Afrikaanssprekendes sal met die owerheid in interaksie moet tree met die uitgesproke oogmerk om ’n nuwe en duursame historiese akkoord te bereik waarin genoegsame politiek-kulturele ruimte geskep word.

(i) Die opkomende mag van minderhede in die post-moderne wreld

Die NP se verdwyning is meer as net ’n politieke party wat ontbind word. Die NP was vir groot gedeeltes van sy bestaan sedert sy stigting in 1912 nie net die politieke voertuig van ’n meerderheid Afrikaners nie, dit was terselfdertyd die werktuig waardeur miljoene Afrikaners hulle taal, kultuur en ekonomiese posisie bevorder het. Veel meer as ’n politieke party was die NP vir talle die instrument vir volledige Afrikaner-bemagtiging.

Baie min politieke partye oorleef egter ’n proses van vinnige verandering en dit wat Suid-Afrika sedert 1990 beleef het, is al deur meer as een kenner as ’n “onderhandelde revolusie” bestempel. Kyk maar wat het met die regse partye, wat veral tydens die tagtiger- en negentigerjare ook groot steun van Afrikaners geniet het, gebeur. Partye wat honderdduisende Afrikanerstemme kon monster, is vandag net historiese voetnota’s. Politieke partye wat tydens ’n bepaalde era groot populre steun geniet, slaag dus dikwels nie daarin om in ’n nuwe tydvak hulle appl te behou nie.

Minderhede, soos di in Suid-Afrika, is egter veral in die post-moderne tyd hoogs duursaam en gelukkig nie afhanklik van ’n bepaalde politieke beweging nie. Hulle mag van party of organisasie verander, tydelik of selfs permanent hulle krag by bestaande organisasies ingooi of nuwe instellings skep wat uiting kan gee aan hulle aspirasies. Hulle optrede word egter in baie gevalle gekenmerk deur ’n baie duidelike identifisering van die belange en oogmerke van die bepaalde minderheidsgroep. Hulle verdwyn nrens as ‘t ware in die niet nie, maar tree telkens na vore as ’n relevante faktor, wat die organisatoriese middel ook al mag wees wat hulle kies.

Die geskiedenis van die afgelope dekade of wat het treffend geleer dat sulke minderhede dikwels ’n deurslaggewende rol speel in die grondwetlike omvorming van bestaande state. So is dit nie die Engelstalige meerderheid wat die aard en karakter van die moderne Kanadese staat bepaal het nie, maar eerder die optrede van die Franssprekende minderheid. Dieselfde geld vir ’n land soos Brittanje, waar die Skotse en Walliese minderhede die totale Britse konstitusionele landskap aan die verander is vanaf ’n klassieke eenheidstaat tot feitlik ’n federasie. Om nie eens te praat van die skouspelagtige — en bloedige — wyse waarop minderhede die eertydse Joego-Slawiese staat tot iets gans anders omvorm het nie.

Die les hieruit te leer is dat dit nie meerderhede is nie, maar dikwels minderhede wat in ons tyd die geskiedenis skryf. In baie gevalle is hierdie optrede vreedsaam van aard en in die oorweldigende meerderheid voorbeelde lei die optrede van minderhede tot ’n verdieping van die demokrasie.

Een belangrike kenmerk van hierdie verskynsel is dat geen minderheid wat sy sout werd is, bereid is om uitgeskuif te word en sy lede te verdoem tot ’n private bestaan nie. Minderhede is feitlik oral daarop uit om multi-kulturele state te probeer oorreed om die belange van minderhede sinvol te akkommodeer, nie net op kulturele en ekonomiese terreine nie, maar ook wat die politiek self betref.

In die oorwig van voorbeelde is meerderhede nie hiermee gediend nie en skop hulle in wisselende grade van vasberadenheid vas teen pogings van minderhede om hulself te laat geld. Dit is bloot ’n herhaling van die ou waarheid dat ’n meerderheid nooit die belange van ’n minderheid kan behartig nie. Dit l op die weg van die minderheid self om dit te doen. In gevestigde demokrasie gee meerderhede gewoonlik bes en selfs daar waar die demokrasie nog nie stewig wortel geskiet het nie, kom meerderhede onder druk om minderheidsbelange te erken. Net in kwasi-demokratiese state of diktature word minderheidsaansprake verwerp of word sulke minderhede onderdruk.

Met apartheid vlak in die verlede en sy verlengstuk, die Waarheidskommissie nog steeds met ons, is veral wit Afrikaanssprekendes dikwels geneig om hierdie stuk werklikheid wat hom wreldwyd afspeel, mis te kyk of te verontagsaam.

Maar die Afrikaanse gemeenskap behoort ter wille van hulself groter ag te slaan op hierdie belangrike historiese wending. Hulle behoort hulself ook te troos dat geen minderheid, al het hy die vorige minderheidsregering in stand gehou, gestraf kan word vir die “sondes” van die verlede nie. Met ander woorde, ’n demokrasie wat erken dat hy tekort skiet wat die akkommodering van ’n minderheid betref, kan homself kwalik verontskuldig deur aan te voer dat hy eers die betrokke minderheid moet straf oor wat in die verlede gebeur het!

Aan die ander kant is daar nog vele hindernisse op die weg na interne demokratisering binne die Afrikaanse gemeenskap self. Hier word verwys na seksisme, rassisme, patriargie, godsdienstige onverdraagsaamheid en ’n algemene gebrek aan saaklikheid in die openbare Afrikaanse gesprek. Al hierdie hindernisse kan gesien word as oorblyfsels van die apartheidsera en dit moet met die gepasde deeglikheid in ons eie gemeenskap teengestaan word. Op hierdie wyse kan die Afrikaanse gemeenskap omvorm word tot ’n leidinggewende demokratiese agent in die brer Suid-Afrikaanse gemeenskap.

Die Afrikaanse gemeenskap kan dus net so aktief begin deelneem aan die internasionale dinamiek rondom die bevordering van minderheidsbelange as enige ander en die voorbeeld van ander minderhede gerus as model neem.

Sonder om enige politieke party te na te kom: Die afgang, sukkelbestaan of verdwyning van feitlik al die politieke partye wat die tuistes was van die onderlinge konflik en twis tussen Afrikaners in ’n vorige tydvak, plaas Afrikaners in vele opsigte vir die eerste keer volledig binne-in die post-apartheid-era. Afrikaners kan dus nou hulle roete na die toekoms uitstippel sonder belemmerings en oorgerfde lojaliteite.

Sou die meerderheid dit verwelkom dat Afrikaanssprekendes politiek aktief bly — doen hy dit nie, l daar gewis oortuigingswerk voor — sal hy vir lief moet neem met die vooruitsig dat Afrikaanssprekendes, soos dinamiese minderhede elders, hulle nie sal wil laat verswelg of as ’n aanhangsel van die meerderheid wil laat kopteer nie. En die Afrikaanssprekendes wat maar verswelging aanvaar of meen dat koptering die enigste sinvolle opsie is, sal gaandeweg hopelik tot die slotsom kom dat hulle binne die Afrikaanse minderheid self uitgeskuif word.

Afrikaanssprekendes sal hulle soos minderhede elders daadwerklik moet beywer vir erkenning en akkommodasie met en deur die meerderheid. Maar weer, ’n meerderheid wil en kan nooit ’n minderheid se belange doeltreffend behartig, beskerm of bevorder nie en Afrikaanssprekendes sal dus gou moet leer dat hulle ’n sinvolle akkomodasiemodel met die owerheid sal moet beding.

Soos ander meerderhede elders sal ons s’n hom natuurlik nie sito-sito laat oortuig dat hy groter ruimte vir Afrikaanssprekendes moet skep nie. Die Groot Afrikanerdebat van die afgelope jaar of twee dui gelukkig egter daarop dat daar heelwat latente politiek-kulturele dinamiek onder die Afrikaanse oppervlakte skuil. Dit sal met vrug in opbouende bane gestuur kan word tot voordeel van die hele land, die ontwikkeling van die demokrasie en broodnodige grondwetlike vernuwing en verbetering.

Vir pessimisme oor die agteruitgang of opkoms van watter party ook al, is daar gelukkig hoegenaamd geen noodsaak nie. Organisasies, instellings, bewegings of partye wat groot getalle Afrikaanssprekendes wil huisves, sal egter daarop moet let dat as hulle Afrikaanse belange wil bevorder, hulle sal moet optree ingevolge die riglyne van die post-moderne minderheidspolitiek wat minderhede as volwaardige regsubjekte sien naas individue. Daarvolgens word geywer vir instellings en liggame waarheen mag afgewentel word vir ’n minderheid om sinvol na sy politieke, ekonomiese en kulturele belange om te sien. Net s kan die demokrasie gedy en net s kan ’n minderheid ’n bousteen van ’n groter geheel word.

Dit is ook hierdie maatstaf wat Afrikaanssprekendes moet aanwend wanneer hulle oor hulle toekoms besin.

Die herskikking van die partypolitieke toneel het klaarblyklik ’n ruimte geskep vir instansies wat die belange van die Afrikaanse minderheid op ’n daadwerklike en baie sigbare wyse in die openbaar beskerm en bevorder.

(j) Die noodsaak vir die hervorming van die politieke orde.

Meningspeilings sedert die middel-negentigerjare toon onteenseglik dat ’n diepgaande proses van vevreemding tussen die Afrikaanse minderheid en die staatsbestel aan die gang is. Volgens een so ’n peiling staan die Afrikaanse minderheid die ergste van alle minderhede afsydig teenoor nasionale simbole soos nasiebou, die Afrika-renaissance, vlag en volkslied.

Die emigrasie van tienduisende Afrikaanssprekendes is egter waarskynlik die treffendste teken van met watter graad van wanhoop Afrikaanssprekendes die toekoms in die land van hulle geboorte bejen. Nie net is hierdie uittog waarskynlik ’n onomkeerbare slag vir die skepping van uiteindelike ekonomiese welvaart vir alle Suid-Afrikaners nie, maar dit verteenwoordig ook die ergste bloedlating ng van die Afrikaanse kultuurgemeenskap, die Anglo-Boereoorlog ingesluit.

Hierdie emigrasie moet so vinnig doenlik gestuit en indien moontlik, selfs omgekeer word deur aan Afrikaanssprekendes ’n nuwe venster op die toekoms te skep. Afrikaanssprekendes se menseregte en gelykheid moet bevorder word deur hulle huidige persepsie dat hulle tweedeklas-burgers geword het, vasberade uit die weg te ruim.

Die vervreemding van Afrikaanssprekendes hou egter ook ’n gevaar vir die konsolidasie van die demokrasie in Suid-Afrika in, omdat geen demokrasie werklik kan slaag as ’n betekenisvolle minderheid soos die Afrikaanssprekendes gemarginaliseer word soos nou nie. Dit is noodsaaklik dat Afrikaanssprekendes weer moet besef dat hulle, hoewel betreklik klein in getal, ’n belangrike komponent van die totale bevolking uitmaak.

Die moontlikheid dat hierdie oogmerke bereik kan word sonder ’n wesenlike verandering en verbetering van die huidige staatsorde bestaan egter feitlik nie.

In die lig van hierdie werklikheid is dit noodsaaklik om te let op die leidinggewende rol van minderhede in grondwetlike hervorming in multikulturele demokrasie elders. In talle gevalle oor die afgelope jare was dit minderhede wat die inisiatief geneem het om state se demokratiese aard te verdiep en te verruim, dikwels teen die aanvanklike weerstand van meerderhede in.

Dit beteken nie dat ’n minderheid soos die Afrikaanse gemeenskap onverskillig moet staan teenoor nasionale vraagstukke soos armoede, werkloosheid, gebrekkige gesondheids- en onderwysinstellings en HIV/Vigs nie. Inteendeel, die Afrikaanse minderheid kan net sy verlangde bydrae tot hierdie knellende vraagstukke lewer as hy voel dat hy self tot sy reg kom en as ’n gewaardeerde en erkende komponent van die bevolking gereken word.

Om hierdie oogmerk te bereik, sal die Afrikaanse gemeenskap in sy breedste vertakkings egter moet begin om self die agenda rondom sy voortbestaan, met volledige erkenning van sy vrese en ambisies, te bepaal. Nie net behoort die onderlinge debat wat tans aan die gang is, voortgesit te word nie, maar ook die regering, nie-regeringsinstellings, akademiese instansies, menseregtegroepe en die internasionale gemeenskap moet so spoedig moontlik betrek word.

Hierdie interaksie met die Regering moet noodwendig ’n proses inlui vir ’n nuwe historiese ooreenkoms tussen die regerende meerderheid en die Afrikaanse minderheid. Interaksie met die owerheid hoef en sal hopelik ook nie in ’n gees van wedywering of selfs konflik plaas te vind nie, maar een van wedersydse begrip, betrokkenheid en welwillendheid.

’n Onverhandelbare vertrekpunt is nogtans dat die huidige politieke bestel dringend hervorm en demokratiese ontwikkeling ’n drastiese stap vorentoe geneem moet word. Die demokratiese skikking van 1996, wat gestalte gegee het aan ’n eenparty-oorheerste stelsel sonder die toereikende beskerming van minderheidsbelange, is klaarblyklik reeds uitgedien. Dit sal daarom hersien moet word om veel sinvoller politieke, ekonomiese en kulturele leefruimte aan minderhede soos die Afrikaanse gemeenskap te bied.

Gelykheid en menswaardigheid vir al Suid-Afrika se mense, ook lede van minderhede, behoort in die volgende fase van grondwetlike hervorming voorrang te geniet.

Almal wat ’n wesenlike belang by die uitbou van die demokrasie in Suid-Afrika het, behoort hieraan mee te doen.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.