SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Kan geld alleen regmaak wat krom is?

Servaas van der Berg

Sol Plaatje-Diskoersreeks, Aardklop, September 2002


Ek wil vandag hier drie onderwerpe aanraak wat met armoede te doen het:

  • die belangrikheid van ekonomiese groei om inkomstes te verhoog
  • die veranderende verdelingspatroon in Suid-Afrika
  • die belangrike rol wat onderwys behoort te speel, maar tans nie speel nie, om sosiale uitsluiting te verminder en groei moontlik te maak.


    Ekonomiese groei
    In ’n diepgaande onlangse studie het die ekonoom Angus Maddison bevind daar was in Europa, en inderdaad in die wreld, ekonomiese agteruitgang in die eerste millennium nC, maar in die afgelope millennium, en veral in die laaste honderd jaar daarvan, was daar in selfs die armste lande vooruitgang. Selfs die armste lande is vandag in geldterme, en ook in terme van ander basiese behoeftes soos voeding, gesondheid, opvoeding en behuising, baie beter af as die mees ontwikkelde dele van die wreld twee duisend of selfs net ’n duisend jaar gelede. Gemeet in terme van ICP-dollars (’n maatstaf wat vir vergelykings gebruik word), is die gemiddelde inkomste van Afrika-lande vandag meer as 1 000, teenoor die 400 in die tyd van Christus, op dieselfde skaal gemeet.

    Daar was dus ekonomiese groei, en vinniger as die groei van die bevolking. En die uitwerking van selfs matige groei oor ’n baie lang periode is so enorm dat niemand daarvan uitgesluit bly nie. As die gemiddelde inkomste in Afrika-lande vandag drie maal soveel as twee millennia gelede is, moet daar minder armes wees, en moet die ellende van hulle armoede ook minder wees. Wie sou wou beweer dat die armoede van Amerika erger is as di van Mosambiek, of Ethiopi? Geld wat krom is, maak nie alles reg wat stom is nie — maar dit kan op belangrike maniere ’n verskil maak. “Money can’t buy you happiness, but it can buy the misery you like best.”

    Ekonomiese groei is en bly daarom die belangrikste langtermyn-determinant van die omvang van armoede, en dit gee ons nie net groter inkomste — geld — nie, maar stel ons ook in staat om meer te doen om ander basiese behoeftes te bevredig. Daarom is die hervatting van ekonomiese groei in Suid-Afrika na 1994 so belangrik, al is dit steeds pynlik stadig, gemeet teen die behoefte om armoede en die ongelykhede wat ons van apartheid gerf het, te verminder.


    Ongelykheid
    Die groot ongelykheid in Suid-Afrika is besig om te verskuif: bevoorregting loop nou nie net meer langs rasselyne nie, alhoewel ras nog ’n belangrike determinant is. Kyk byvoorbeeld na die volgende figuur. Dit toon die per kapita-besteding[1] van die verskillende bevolkingsgroepe aan die regterkant, en dieselfde syfer vir die swart bevolking gerangskik van die armste 10% (Desiel 1) tot die rykste 10% aan die linkerkant. Kyk ons na hierdie verdeling van die besteding binne die swart bevolking, dan sien ons dat reeds in 1995, toe hierdie opname gedoen is, die rykste 10% van swartes nie meer so ver agter die blanke bevolking was nie (hulle het teen 1995 reeds die Indir-bevolking verbygesteek), en in ’n heeltemal ander liga as die res van die swart bevolking. Hierdie gaping tussen die swart elite en blankes het nou nog verder vernou, en die swart elite het groter geraak — die Suid-Afrikaanse middelklas sluit vandag steeds die meeste blankes in, sowel as ’n beduidende en groeiende groep swart mense. Die diep rassekloof tussen bevoorregtes en minder-bevoorregtes het plek gemaak vir ’n ander kloof, steeds net so diep, maar met ras nou minder prominent.

    Per kapita-huishoudingsbesteding volgens ras en swart bestedingsgroep, 1995




















    Dat ras as skeidslyn nou nie meer byna die enigste lyn is waarlangs verdeling in ons samelewing loop nie, is wins. Maar dit sou gevaarlik wees as groot dele van ons bevolking hulself steeds permanent uitgesluit voel uit die hoofstroom van ons samelewing. Sosiale uitsluiting is dus ’n wesenlike gevaar, en dit bring my by die finale onderwerp wat ek wil aanraak: die onderwys.


    Onderwys
    Die enigste sekere langtermyn-manier om armoede uit te wis, is om meer te h van die belangrikste vorm van kapitaal — menslike kapitaal, dws onderwys en geskooldheid. Maar dit is die een gebied waarop Suid-Afrika sedert die einde van die apartheidsjare bykans geen vordering gemaak het nie. En meer geld alleen sou in die onderwys ook teenproduktief kon wees.

    Laat my dit illustreer deur ’n paar getalle en voorbeelde. Ons spandeer vandag baie meer aan onderwys as in die dae van apartheid, en daardie besteding is nou baie beter gerig op die grootste behoefte, ons swart skole. Onderstaande figuur illustreer dit duidelik:

    Staatsbesteding aan skoolopvoeding volgens ras, 1991 tot 1997 (1995 Rm)




















    Maar gemeet aan matriekresultate gaan dit vandag nog regtig beroerd in ons skole:

  • Ewe min mense slaag matriek as in 1994. Die slaagsyfer het wel verlede jaar toegeneem, maar hoofsaaklik weens strenger ouderdomsperke wat ’n groot klomp herhalers uit skole gehaal het — die getal suksesvolle matrikulante het weinig gestyg.

  • In die afgelope tien jaar het matriekvrystellings afgeneem — minder leerlinge kwalifiseer vir universiteit as aan die einde van die apartheidsperiode. Daarom sukkel ons beste universiteite om genoeg leerlinge met die nodige voorbereiding te vind vir kursusse dwarsoor die spektrum, maar veral in die natuurwetenskappe — omdat ons skole misluk.


    Matrikulante en vrystellings, 1988-2001





















  • Weinig leerlinge uit hoofsaaklik swart en selfs bruin skole kry die nodige opleiding in wiskunde en natuurwetenskap. Sewe jaar na die einde van apartheid lewer al die swart skole in die hele Wes-Kaap saam maar sowat ’n twintigtal leerlinge wat jaarliks wiskunde op hor graad slaag. Miskien ’n derde van hulle is toegerus vir verdere universiteitstudie in die natuurwetenskappe. Swart kandidate vir die natuurwetenskappe aan ons universiteite kom byna uitsluitlik uit histories blanke skole.

  • Ook het die gaping in matriekuitslae tussen die hoofsaaklik blanke en die hoofsaaklik swart skole nie veel verander nie. Die volgende figuur toon dit: soos in die ergste jare van apartheid, is die slaagsyfer van swart leerlinge steeds maar 42 persent, terwyl dit onder blankes byna 99 persent is.


    Verwagte slaagkoerse gebaseer op regressie en aannames oor swart onderwysbronne en skoolfooie


























  • Maar sou geld — hulpbronne — ’n verskil maak? Regressie-resultate dui daarop dat dit wel gedeeltelik sou kon — swart kinders met blanke skole se tipiese hulpbronne sou dalk ’n 51 persent-slaagsyfer kon bereik, en ’n beter sosio-ekonomiese agtergrond (soos rofweg gemeet aan skoolfooie) verklaar dalk nog ’n verdere 8 persentasiepunte van die differensiaal. Maar daarna bly daar nog ’n massiewe agterstand wat nie deur f hulpbronne f sosio-ekonomiese agtergrond van leerlinge en ouers verklaar kan word nie. Die rede daarvoor l by die funksionering van skole. Die onvermo van die meeste van ons skole om onderwyshulpbronne produktief te benut bly ’n belangrike nalatenskap van apartheid.

    In die onderwys, is ek bevrees, kan geld alleen nie regmaak wat krom is nie. Laat ek dit met ’n paar verdere voorbeelde illustreer.

    Die figuur hier onder toon die verband tussen die leerlinge per onderwyser en die slaagsyfer in hoofsaaklik swart skole. Elke kolletjie stel ’n skool voor. As u enige patroon kan onderskei, dan vaar u beter as die meeste statistiese ontleders, want die verband is uiters gering. Statisties gesproke kan slegs 4 persent van die verskil in skole se slaagsyfer deur die getal leerlinge per onderwyser verklaar word. Meer geld — of onderwysers — alleen is duidelik nie die antwoord nie.


    Matriekslaagsyfer en die getal leerlinge per onderwyser in hoofsaaklik swart skole








    Tog is die prentjie nie oral ewe donker nie. Neem ons armste swart skole, di met skoolfooie van minder as R30 per jaar. Die meeste van die meer as 900 sulke skole waarvoor ek data het in ses provinsies, vaar uiters swak. Tog is daar ’n stuk of 60 wat slaagsyfers van oor die 75% behaal in matriek, en baie van hulle doen dit jaar na jaar.

    Hierdie skole is die werklike presteerders. Dit is hulle wat toon dat ho slaagsyfers moontlik is met baie min hulpbronne, dat swak sosio-ekonomiese omstandighede nie permanent ’n belemmernis hoef te bly nie. Dit is hulle voorbeeld wat nagevolg moet word — ons is dit aan die kinders van vandag en mre verskuldig dat nie nog ’n geslag van die ekonomiese hoofstroom uitgesluit word nie, dat die geleenthede gegee word vir elkeen wat dit wil aangryp, en dat ons daardeur ons land se groeipotensiaal uitbou. Daarvoor het ons funksionerende skole nodig — en geld alleen kan dit nie vir ons gee nie.

    Dit is dan ons uitdaging — om ons skole produktief te laat funksioneer, sodat sosiale uitsluiting beindig kan word en ons ekonomie kan groei. Geld alleen is daarvoor nie die antwoord nie, maar gelukkig ook is dit moontlik sonder veel geld.


    [1] Alhoewel ons gewoonlik in debatte meer klem op inkomsteverdeling l, gebruik ekonome baie dikwels besteding eerder as inkomste as maatstaf van ekonomiese status, onder andere omdat besteding makliker akkuraat gemeet kan word en omdat dit minder saam met korttermyngebeurtenisse fluktueer.


    Prof Servaas van der Berg
    Departement Ekonomie
    Universiteit van Stellenbosch
    e-pos: svdb@sun.ac.za

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.