SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

TV en politiek

Johann Rossouw

’n Franse vriend wat in die jare sestig diep betrokke was by rewolusionÍre politiek in Latyns-Amerika het Suid-Afrika ’n paar jaar gelede besoek. Hy was opgewonde oor die besoek, nie net omdat hy veral sedert die vroeŽ jare tagtig ’n lewendige belangstelling in Suid-Afrika gehad het nie, maar ook omdat hy gehoop het om nŠ die politieke oorgang van 1994 dieselfde rewolusionÍre gees van sy jeug in die strate van ons jong demokrasie terug te vind.

Binne ’n dag of twee het hy erken dat hy nie net teleurgesteld nie, maar eintlik ook stom verbaas was: in plaas van nuwe standbeelde, graffiti wat die rewolusie vier, mense wat skouer aan skouer met die oprig van nuwe geboue besig is en ’n algemene energie, is hy deur ’n soort apatiese gemoedelikheid begroet. Nie eens die besoeke wat hy saam met my aan politieke figure in regerende of Afrikaanse geledere gebring het, of die destydse nasionale konferensie oor rassisme, kon hom van die teendeel oortuig nie.

As hy Afrikaans gepraat het, sou sy verstomming waarskynlik nog groter wees: terwyl die Afrikaanse wÍreld homself geheel en al moet heruitvind te midde van ’n nuwe Suid-Afrika en ’n globaliserende wÍreld, verkies Afrikaanssprekendes om hul energie te stort in koopsentrums, sport, casino’s en, les bes, realiteitstelevisieprogramme.

Ten spyte daarvan dat politiek ’n stewige deel van die alledaagse mediadieet vorm, is weinig al oor hierdie verskynsel gesÍ. Die bietjie wat daaroor gesÍ is, het hier en daar geraak aan kwessies soos politieke vuisvoosheid onder gewone mense nŠ die einde van apartheid, of die gevoel van magsverlies wat onder veral Afrikaners heers. Maar ’n faktor waaroor so te sÍ nog niks gesÍ is nie, is die rol wat tegniese en materiŽle veranderinge in die samelewing in ons politieke apatie speel.

Alle gesonde samelewings het deur die geskiedenis heen daarin geslaag om ’n skeppende wisselwerking tussen die openbare en die private sfere tot stand te bring. In Athene, bakermat van die demokrasie, was die markplein en die huis ewe belangrik. In tradisionele Afrika was raad in die kraal tussen die hutte gehou. In die Afrikaanse wÍreld was die kuier nŠ kerk op ’n tyd net so belangrik soos die huis.

Die openbare sfeer het deur die geskiedenis heen in verskillende materiŽle gedaantes bestaan: daar was die Grieke se markplein, die Renaissance se koninklike hof, die parlement van die republikeinse demokrasie. In Suid-Afrika was daar die kraal, die nagmaal, die krygsraad, die volksvergadering, die stadsplein. Ook die stoep was op sy eie manier eens ’n beliggaming van openbare saamverkeer, die grens tussen die binnekant en die buitekant van die huis.

Maar aan die begin van die twintigste eeu het die uitvinding van die rolprent wÍreldwyd ’n geleidelike verskuiwing in die balans tussen die openbare en die private tot stand begin bring. Die rolprent was die eerste tegniek wat daarin geslaag het om die menslike vermoŽ tot verbeelding en vertelling as beweging en klank vas te lÍ. Net soos wat die menslike bewussyn geneig is om die alledaagse lewe saam te vat in verkorte weergawes van die werklikheid, so het die rolprent, volgens Bernard Stiegler, daarin geslaag om die werklikheid ook in verkorte weergawe saam te vat.

Betreffende die wisselwerking tussen die openbare en die private, het die rolprentteater daartoe gelei dat mense in die openbaar byeenkom, hoewel in stilte en donker. Terwyl hulle saam in die rolprentteater gesit het, was daar geen interaksie meer tussen hulle nie. Waar mense op die markplein of in die kraal saam die drama veroorsaak het, waar daar ’n spel van gee en ontvang plaasgevind het, het die rolprentteater van mense passiewe ontvangers van die gebeure op die silwerdoek gemaak.

Maar in vergelyking met die televisie het die rolprent die gebrek gehad dat dit slegs in vasgelegde tyd kon vertel: wat mense op die silwerdoek sien, het reeds plaasgevind en word nou in die hede aan hulle oorgedra. Met ander woorde, die gebeurtenis waarvan die rolprent mense deelgemaak het, het slegs vir die duur van die prent bestaan.

Die televisie het ’n belangrike stap vorentoe geneem met die koms van regstreekse uitsendings. Dit het twee belangrike effekte gehad: nie net het dit mense in staat gestel om deel te neem aan ’n gebeurtenis wanneer dit plaasvind nie, maar verskillende mense in verskillende liggings kon aan die gebeurtenis deelneem. Op diť wyse het televisie die grondslae gelÍ van wat vandag besig is om, saam met die omvorming van die wÍreld tot ’n reuse-vryemark, ’n globale ruimte te word.

Wat die wisselwerking tussen die openbare en die private betref, was die televisie vernietigend vir openbare betrokkenheid deur gewone mense. Omdat jy vanuit die gerief van jou sitkamer kan deelneem aan die openbare gebeure van die dag, waar dit ook al geskied, slaag die televisie daarin om die private en die openbare ineen te smelt. Trouens, wat nie op televisie gebeur nie, hťt nie gebeur nie en is ook nie van openbare belang nie. In werklikheid beteken dit dus dat die tradisionele gedaantes van die openbare sfeer binne twintig jaar verwoes is. In Suid-Afrika het die proses nŠ 1994 nog vinniger verloop.

Tog is en bly die mens ’n wese met ’n begeerte na die openbare. Die spelers in die vermaaklikheidsbedryf besef dit alte goed, en daarom is daar geen groter trekpleister as interaktiewe programme nie, veral as dit ook nog ’n skeut realiteitstelevisie insluit. Want wat met die interaktiewe realiteitsprogram gebeur, is dat die private nou die openbare word. In Nazi-Duitsland, Kommunistiese Rusland of apartheid-Suid-Afrika — hoogs patologiese samelewings — was die privaat lewe volledig onderworpe aan die eise van die openbare lewe. Vandag, veral met interaktiewe realiteitstelevisie, word die openbare onderwerp aan die tirannie van die private. Mense wat kan deelneem aan diť programme via die telefoon of die internet, bevredig hul diep menslike begeerte na die openbare op pynlik verwronge wyse.

Dit is dan ook geen wonder dat die politieke lewe in duie stort nie. Maar dit is ook geen wonder dat die geprivatiseerde samelewing sy eie patologieŽ skep nie: vereensaamde gesinne en individue; die verval van stadskerne en die hoogbloei van private sekuriteit; die brutale najaag van verbruiksartikels om ’n skyn van opwinding aan die saai privaatbestaan te verleen; goedkoop emosionele ervarings wat as godsdienstige diepgang met mense se binnekant smous; en die algemene perverse vergryp aan “openbare figure” se privaat doen en late. En aangesien die heengaan van ’n lewenskragtige openbare sfeer ook veroorsaak dat daar al hoe minder openbare figure in die tradisionele sin van die woord is (politici, kunstenaars, wetenskaplikes, ens), skep die televisiebedryf sy eie “openbare figure”, wie se enigste aanspraak op bekendheid hul gebeeldsaaide bestaan is.

Terwyl daar geen debat in die breŽr Suid-Afrikaanse of Afrikaanse kringe as sodanig oor tegniek en politiek is nie, klop ons onsself op die skouer oor ons grondwet, ons regstaat, ons demokratiese instellings. Maar in feite behoort hierdie instellings reeds tot ’n wÍreld wat vir goed verby is. Die eintlike politieke lot van vandag en mŰre word gewerp in die gange van ons koopsentrums en die sitkamers van ons huise. Ons het nodiger as ooit om ons eie verhale op televisie en radio te vertel. So nie, word ons uitgelewer aan die hel van private geluksaligheid.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.