SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Toorbos is vir almal wat al gevlug het en dwalend was

Gerda Coetzee

Toorbos
Dalene Matthee

Tafelberg Uitgewers
2003
.

Bestel hierToorbos is nie ’n boek oor die bos nie. Dis ’n boek oor almal wat al gevlug het, weggehardloop het, op soek was, dwalend, soekend en opstandig was. Geklou het aan dit wat nie kan nie en nie die moete van die lewe wou aanvaar nie, teen wil en dank keuses van wit en swart wou h.

Ja, natuurlik is die bos daar. ’n Universele bos. ’n Bos wat midde-in Chicago, Pretoria of Berlyn kan l. Soos in Kringe in ’n Bos is Matthee se omgaan met die Knysna-bosse ’n omgang wat getuig van ’n diepgaande kennis, verstaan van en omgee vir die bome, blomme en diere van die Knysna-bosse. Hierin, saam met die knap karakterisering van Karoliena Kapp, het ons Matthee weer hier as storieverteller op haar beste. Oorrompel sy mens hier weer soos sy destyds met Kringe in ’n Bos reggekry het, sodat jy jare na die lees daarvan nog vir Saul Barnard in die geestesoog kan oproep en die skoonheid van Kate in detail kan onthou. By nadenke steeds dink dat die beskrywing van Saul en Kate se eerste alleen wees in die bos een van die mooiste beskrywings van die verkenning van ’n nuwe liefde is in die Afrikaanse vertelkuns.

Karoliena Kapp is die een waaroor almal in die bos en op die dorp, die kop skud, skouers optrek en tonge klap. Haar pa is deur die weerlig doodgeslaan, aan haar ma steur sy haar nie te veel nie, en haar kom en gaan in die bos is vry en vol misterie. Sy buit die naewe stedelinge en oorsese toeriste se nuuskierigheid oor die bos uit en deur hulle vir kort uitstappies die bos in te lei, verdien sy ’n handige geldjie en leer van piekniekmandjies met gestyfde wit servette en smaaklike happies, waarvan sy sorg dat sy self genoeg kry.

Dis haar opvallende skoonheid wat Johannes Stander, terwyl sy nog op skool is, aantrek en haar sy vrou maak kort nadat sy matriek geskryf het. Op haar troudag, 18 Januarie 1930, weet Karoliena reeds dat sy ’n verkeerde keuse gemaak het, dat die dorpslewe van haar eis om te wees wie sy nie is of wil wees nie. Tot almal se verbystering en haar ma se histeriese woede, verlaat sy Johannes minder as ’n week na hulle huwelik en vlug terug bos toe. Oor ’n periode van meer as tien jaar neem Karoliena die lotgevalle van die houtkappergesinne op haar skouers.

Karoliena Kapp is die individu wat aanwesig is in elkeen in elke samelewing wat skop teen die onregte van die lewe, met ’n deernis vir die geknaktes, ’n ongeduld met die bosmense se uitbuiters en ’n openlike woede teenoor die wat konkel oor die bosmense se toekoms. Sy gee haarself oor aan die bos, soek haar selfkennis en ontvlugting uit mensland letterlik en figuurlik in die bos:

Een tou bind sy om haar kop. Een tou onder haar arms langs om haar lyf. Tou om haar middellyf. Buite skeur sy takkies van die stinkhoutpluksels af en steek dit oral in die toue in totdat sy ’n blarelyf het en binne-in ’n boom staan. ’n Toorboom. ’n Stinkhoutboom. Met o wat van diep af deur die blare kan sien. ’n Boom wat voetjie-vir-voetjie met Kom-se-bos inloop. Menswees toegevou in skuilte waar niks haar kan bykom nie. Sy is alleen,vry. Die toorboom se nuwe gees waarin die vredigheid stadig begin opwel hoe dieper sy boomland inloop. (p 167)

Die instinkte van die olifante wil sy ook haar eie maak. Dis vir haar ’n dringendheid om te weet hoe ’n olifant voel, omdat sy glo dat die kennis haar sal help om ’n pad te kies. ’n Pad uit die bos uit. Om olifant te word kry sy ’n paar skoene van olifantvel gemaak by Abel Slinger:

Sy wil nie met die olifante speletjies maak nie. Sy sweer. Sy wil net voel hoe dit voel om ’n olifant te wees. Sy is selfs bereid om dit te ruil vir die groot wens: om net een keer weer die boomspook te sien.

Mister Fourcade s ’n mens moet ’n wens hardop s. “Asseblief bos, vat my en maak van my ’n olifant in ruil vir die boomspook.”

Toe trek sy die skoene aan. Sy draai die rieme een keer om haar voete en knoop hulle vas. Die oomblik toe sy orent kom voel sy dit: die vreemdheid. Dit laat haar skrik. Sy s vir haarself, dis my verbeel. Sy gee ’n tree vorentoe,dit voel of die aarde deur die olifantskoene in haar voete begin opstyg. Elke klippie, stokkie, dro blaar ...

Stadig begin die vreemde ding met haar gebeur. Al die bange van haar lewe begin bo by haar kop uitstyg ...

Een vir een styg hulle by haar kop uit. Soos om van binne af skoongewas te word. Vry te word, mens te word terwyl sy met die oilfantskoene deur die ruie onderbos loop.

Toorbos waar leef ’n droom is, al is jy wakker.

Sy loop tot by die water, die olifantspore gaan deur die water; sy steek vas, sy weet sy moenie agterna nie, net doodstil op die koei se voet bly staan en die wonderlike bangloosheid vir ewig binne-in haar bre. Om te voel hoe veilig leef kan wees as ’n bul voor jou uitloop om die pad oop te stoot. Die bos sy takke om jou toevou.

Pietjiekanarie vra luidkeels: Wie’s-jy, wie’s-jy?

Sy antwoord: Karoliena Kapp. Olifantkoei. Wat nooit weer bang gaan wees nie. Vir niks. (p 262)

Toorbos is die verhaal van Karoliena Kapp en die houtkappers van die Knysna bos. Maar dis ook veel meer: dit onderstreep die ellende van armoede en die byna onmoontlikheid om daaraan te ontsnap. Die onvermo van mense wat in sulke uiteenlopende wrelde lewe om mekaar te verstaan:

Iewers is ’n lamte in haar. Maria Rothman het boekwoorde, die bos het boswoorde, die vroue het armwoorde - en al die woorde staan op verskillende papiere geskryf. Die een verstaan nie die ander nie en sy, Karoliena, kan nie dink hoe julle ooit sal nie. (p 190)

Fiela se Kind was ’n lekker-lees-boek; Moerbeibos is byna vergete; Susters van Eva word onthou vir die navorsing oor die bobbejane; Brug van die Esels kon maar ongeskryf gebly het; Pieternella van die Kaap staan nou noodwendig in die skadu van Dan Sleigh se Eilande. Toorbos bly in jou hand, die vaak moet maar wyk, want die pad saam met Karoliena wl jy, mot jy enduit loop.

Met Toorbos is Dalene Matthee weer storieverteller van formaat. Is Karoliena nie net maar ’n vroulike Saul Barnard wat ook ’n pad uit die bos moes vind nie? Miskien. As jy die twee boeke direk na mekaar lees, word die ooreenkomste waarskynlik sterk. Miskien moet mens sulke boeke nie twee maal lees nie. Dis al byna twintig jaar gelede dat Matthee se Kringe met stormwind en bostaal ’n nuwe pad in ons huise ingewaai het. Miskien moet jy die opwinding en bruising van kennismaking van ’n Saul en ’n Karoliena hanteer soos die vriendskappe in jou lewe. Jy aanvaar jou vriende met al hulle mankemente (soos hulle joune aanvaar!), vergelyk hulle nie met mekaar nie, groei saam met hulle en vertroetel hulle vir al hulle goeie eienskappe.

Miskien is Matthee se sterkte juis daarin dat sy jou ’n karakter gee waarmee jy kan maak wat jy wil. Jy stap f saam met Karoliena uit die bos uit, f soek saam met Matthee ’n pad terug bos toe. Watter rigting jy ook al inslaan, Dalene is ’n goeie stapmaat.

Lees ook die onderhoud met Dalene Matthee

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.