SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Afrikaans bind mense saam

Ton Vosloo

FAK, Bellville
20 September 2002

Dit is nie vreesaanjaging nie as ’n mens sÍ dat die Afrikanervolk in krisis verkeer, as jy die rooi ligte op die bestaanspad in ag neem. Die voorbeelde van verskraling is talryk: die plekke waar die Afrikaner lewensruimte verower, beding of uit eie inisiatief tot stand gebring het, word toenemend bevraagteken. Selfs die vanselfsprekende, soos om deur ’n owerheid bedien te word in ’n amptelike taal, ’n taal wat deur daardie selfde owerheid erken word.

Hoe benader ’n mens hierdie aanslag? Daar is verskeie vlakke van ’n sinryke kulturele bestaan. Kom ek hanteer ’n paar.

Ten eerste is daar die begrippe — nou nogal gelade — van Afrikaner of Afrikaanse of Afrikaanssprekende. En die begrip volk. Ek wil dit vanaand sien in die konteks van u beraad se tema, “Afrikaans bind mense saam”.

Die eerste punt is dat ons wat begrippe betref, oorgedefinieer is oor dekades, veral op sg Juliemaand-vakansie-simposia. Vir my is die antwoord te vind in die praktiese: jy moet aanvaar wat jy is en daarvolgens leef. Jy verskraal jouself as jy ’n ander mantel wil aantrek. Ons moet egter in ’n tyd van ’n owerheid wat hom op ’n afstand van jou plaas vanweŽ die naweŽ van wetlik afgedwonge skeiding, onthou dat ons nou een is wat aan ’n tafel van elf sit, net wat taal betref.

Baie van ons bedryf nog in die regerende meerderheid se oŽ ’n lewenstyl wat sÍ ons is steeds die baas en “hulle” die klase.

So ’n lewenshouding deug nie meer nie. Jare gelede het ek geskryf ons sal oorleef as ons suksesvol deel van die meerderheid word; met ander woorde, ons lewenshouding as ’n minderheid in ’n see van swart getalle sal positief moet wees teenoor ons landgenote indien ons bedingingskrag wil behou. Die definisies en kodes van eksklusiewe kleuroorheersing en waar volk gelyk was aan “die meerderwaardigste wees”, het historiese bagasie geword.

Hierdie groot sprong het die oorgrote deel van die Afrikaanse segment van ons nasie gedoen met die oorgang van 1994.

Die taak is nou om ’n balans te vind tussen meerderheidsleiding en minderheidsaansprake. As ’n mens nou heeltemal die tafel gedek het vir alle moontlike items op die agenda wat vir die Afrikaanse landgenote belangrik is (dit sluit in die negatiewe sy van regstellende aksie, die opvoedkundige situasie, die grond-kwessie ens), bly daar eintlik net een onderhandelingspunt oor waarom al die ander dinge wentel, en dit is die plek van Afrikaans in ons landsbestel. Word hy uitgerangeer, met of deur ons eie toedoen of nalatigheid, val omtrent alle ander Afrikaanse aansprake plat.

Laat ek uit een perspektief vir u staaf waarom Afrikaans se oorlewing kernbelangrik is vir ons gedeelde toekoms. Oudpresident Nelson Mandela het in 1978, sestien jaar voordat hy landsleier geword het, in antwoord op die Swart Bewussynsbeweging se aandrang dat met Afrikaans weggedoen word, soos volg geantwoord:

In dealing with a question of this nature, we must learn to think with our brains and not with our blood. The movement’s approach is emotional and far from objective.

Afrikaans is also the language of a substantial section of the country’s blacks, and any attempt to deprive them of their language would be dangerous. It is the home language of 95 percent of the coloured population and it is used by Indians as well, especially in the country dorps of the Transvaal. It is also widely spoken by the African youth in the urban areas, and to tamper with their medium of expression will finally drive them into the opposition camp.

Even if only Afrikaners spoke the language, it would still be unwise to abolish it.

Language is the highest manifestation of social unity in the history of mankind and it is the inherent right of each given group of people to use their language without restriction. Not only would its abolition be out of step with progressive developments in the enlightened world, but it would be inviting endless strife. The question of minority rights has been of major concern to progressive forces throughout history and has often led to sudden and violent strife from the aggrieved community. Today (in 1978) South Africa has almost three million Afrikaners who will no longer be oppressors after liberation but a powerful minority of ordinary citizens whose cooperation and goodwill will be required in the reconstruction of the country.

’n Beter getuigskrif van ’n meer onberispelike bron vir Afrikaans en sy mense kan jy nie kry nie. Ek aanvaar dit is steeds mnr Mandela se geldige mening en ek aanvaar die huidige president en kabinet verskil nie daaroor nie. Eintlik behoort ek nou te gaan sit — “I rest my case,” soos hulle in die howe sÍ.

Hoe moet ’n mens dan ons dilemma benader? Ek dink ons moet dit doen in ’n gees van betaamlike nederigheid; ons arrogansie moet ’n paar grade sak en ons moet nie leef as meerderwaardige spesie nie. Die “top dog” moet aanleer hoe om “bottom dog” te wees, en dis nie maklik nie.

Dit gegewe, meen ek die belangrikste pad om te loop is om Afrikaans te sien as saambindmiddel. Ons moet ’n volk van uitreikers word, en ten eerste moet die sg eksklusiewe definisie van volk verruim word — in ons gedagtes ťn in die praktyk — om te aanvaar dat kleur en godsdiens nie bepalend is nie. Watter taal die medelandgenoot praat, is vir Afrikaans belangrik, en hoe meer getalle ons kan monster, hoe beter.

Betaamlike nederigheid beteken egter dat ons medetaalgenote oor die kleurgrens moet binnenooi, dat ons self met ons gedrag en waardes vir hulle ’n magneet-effek moet hÍ, dat hulle graag met ons en ons strewes wil assosieer. In daardie opsig dui die onlangse vennootskap van vier bruin skole en die HoŽrskool DF Malan hier in Wes-Kaapland die regte pad aan. Ons kan hierdie kontaksituasie op vele terreine uitbou en dit is ’n groot uitdaging vir die beraad wat hierop volg, om sulke aksiestasies te identifiseer.

Ons kan dit met ’n gees van opwinding doen. Om Suid-Afrikaner te wees, is om die kop hoog te kan hou in die wÍreld — Piet Cilliť se befaamde “muishond van die wÍreld”-uitdrukking van drie dekades gelede het plek gemaak vir ’n pronkende Springbok.

In ’n kort tyd in terme van nasiebou, van 1994 tot nou, het daar vir die Afrikaanstalige weer ’n uitsonderlike geleentheid ontstaan om sy plek in ons land vol te staan. Die Afrikaner is in 1902 verneder in die stryd teen ’n imperiale orde en hy het opgestaan danksy sy geloof, waardes en inherente vermoŽ tot aanpassing en oorlewing. Ons is nou nie verneder nie, maar uitgeskakel vanweŽ ons versuim om werklik tot terme met die kleurmeerderheid te kom terwyl ons nog mag in die hande gehad het.

Ons het nou weer ’n Godgegewe kans as deel van die nasie om ’n belangrike rol te speel in die uitbou van daardie nasie, wat in simbool en binding nog maar broos is.

Ek wil my verstout om te sÍ (en moenie dit lees as arrogansie nie) dat die Afrikaner soos Nelson Mandela na hom verwys het, veelal die gom is wat ons nasie aanmekaar sal hou. Daar is verstommende rapport tussen die inheemse Afrikaanse landgenoot en swart- en bruinmense. Ons het heelwat om by te dra tot ’n verenigde nasie. Vir daardie bydrae kan ons wel ’n voorwaarde stel: die grondwet waarborg heelwat van ons voorwaardes — godsdiensvryheid; ’n erkende taal; wetlike geregtigheid; vrye ekonomiese handelinge, insluitende eiendomsreg; en vryheid van spraak.

Dis die Utopiese sy daarvan. Die realis sal egter vir hom of haar uitmaak dat regerings wat te lank regeer, byna onvermydelik onverwyderbare eendmossels aan die romp van die staatskip ontwikkel. Die vratte neem toe, en die arrogansie en hovaardigheid ook. Vandag se begripvolle leier kan opgevolg word deur ’n nasionalisties gedrewe heethoof.

In hierdie verband wil ek Alan Paton aanhaal wat een tyd geskryf het: “Dis net ’n dwaas of ’n filoloog wat Afrikaans sou wou bespreek sonder om ook aan Afrikaner-nasionalisme te dink ...” Die punt hier is dat as ons huidige regeerders nie aan die Afrikaanse eise voldoen nie, ons van ons kant heethoofde na vore kan stoot wat die pad na nasieskap kan beduiwel.

Ons moet dus nou, waar baie soos ek voel dat ons in ’n toenemende krisis inbeweeg, handevat en aandring op praktykgerigte maatreŽls wat inhoud gee aan die mooi woorde van die grondwet.

Ons moet ferm en beslis intree vir ons taal en ons vaste deel van die skool, die universiteit en technikon, die staatsdiens en die bedryfswese. Ons moet besef dat ons op onsself aangewese is. Daar is nie, soos voorheen, ’n simpatieke owerheid wat ghries aan die ratte sal smeer nie. Die sakeman, die boer, die jappie, die handewerker, die mede-Afrikaansprater van watter kleur ook al (en daar is miljoene) moet bondgenote wees in hierdie herbedinging van verkreŽ regte wat afgeskeep, oor die hoof gesien of sommer net benadeel word.

In diť verband is daar vier terreine waar ons wat dit erns het met hierdie dinge, uitreiking moet doen:

  • Ons witboordjiemense moet ’n slag kyk na en omgee vir ons ambagslui. Ons het skaam geword vir hulle. Hulle moet opnuut ingenooi word om ons hande te vat.

  • Bg groep verwaarloosdes sluit ’n paar miljoen swart en bruin taalgenote in. Hoe om hulle te nooi — nie paternalisties nie, maar met werklike eerlikheid en opregtheid — om hande te vat tot ’n herlewing, is ’n groot uitdaging. Ons in die Afrikaanse media weet lank reeds ons getallegroei kom van Afrikaansgebruikers oor die kleurlyn. Maak kleurvooroordeel dood en bou ’n taalverbintenis in as enigste voorwaarde vir samesyn. Taalgenote oor die kleurlyn deins egter terug vir die begrippe Afrikaner en volk, wat hulle as aggressief en uitsluitend sien. Moet ons daarby hou? is die vraag.

  • Nooi ons jongmense opnuut na binne deur ons huis vir hulle aantreklik te maak. Gebruik die moderne tegnologie om ons jeug aan te skakel by die veranderende en tegnologies gedrewe wÍreld. Ons het reeds Afrikaanse sentra van uitnemendheid in die wetenskappe en die internetbedrywe; koester hulle en stel vir ons ’n doelwit om bv 12 tot 20 sulke sentrums van uitnemendheid landwyd tot stand te bring.

    Ek mag grys wees, maar ek dra nie grys skoene nie, en ek is nie verkramp of ouderwets as ek vir jongmense sÍ dit is “cool” om Afrikaans te wees nie. Hulle moet die uitdaging om ’n moderne Suid-Afrikaner te wees in Afrikaans, aangryp en uitleef.

  • My vierde woord rig ek tot mede-Afrikaanse sakelui. Julle het ’n goeie erfenis, nie net deur jul inisiatief nie, maar veral deur die baanbrekerswerk van die Willie Hofmeyrs, Charlie Louws, Vader Kestells, Klasie Havengas, Gus Fichardts, Phil Webers, Sieg Kuschkes, Jan Marais’s, Etienne Rousseaus, Anton Ruperts, die Schaborts en die Schumanns — te veel om te noem.

    Hulle het die insig gehad om prakties te kyk na die lÍ van ’n fondament en die uitbou van die raamwerk vir Afrikaanse ekonomiese ontwikkeling, en vanaf ’n beskeie basis ontsaglike bedrywe gelanseer, gebaseer op die eenvoudige formule van Willie Hofmeyr: ’n taal wat nie kommersiŽle waarde het nie, sterf.

    Ons nuwe geslag Afrikaanse sakeleiers het nie ’n unieke situasie nie. Ons het net ’n uitdaging om van huis uit Afrikaans te wees en te oorleef in die opset van elf amptelike tale, soos die Franse, Duitse en Nederlandse sakelui dit doeltreffend hanteer in die Europese Unie. ’n Mens hoef nie uit te verkoop om te oorleef nie.

    Ek het begin met die krisis-scenario. Dit sal ’n selfvervullende krisis word as ons nie die heerlike uitdaging aanvaar van Afrikaans te wees in die nuwe opset nie. Wees prakties in Afrikaans. Moet nie ’n emosielose pop wees, verskraal deur ’n vreemde tong wat neerkom op ’n verloŽning van jou erfenis nie.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.