SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Daar wag ’n blink toekoms op Afrikaans

Hoofrede
Nasionale Beraad van die Afrikaanse Skrywersvereniging
Vrydag 5 November 1999
Huis Der Nederlanden, Pinelands
Deur: Mathews Phosa

Mathews PhosaMeneer Elias P Nel, eregaste, dames en here

Baie dankie vir die geleentheid om vanaand met julle te kan gesels en deel te wees van hierdie beraad. Dit is vir my ’n groot voorreg om tyd saam met julle te kan deurbring.

Ek voel soms om saam met die bekende Afrikaanse sanger, Johannes Kerkorrel, te sê: “Halala, halala ewig is ons Afrika.” Ons woon almal saam in hierdie pragtige land van ons aan die suidelike punt van Afrika. Ek glo dat ons ’n blink toekoms voor ons kan hê as ons hande vat en saam daaraan bou. Ons moet deur ons taal en ons kultuur die reënboog van ons land inkleur, en ja, swart kan ook in die reënboog wees ...

Daar is egter menige Afrikaanssprekendes in ons land wat vrees vir die uitsterf van hulle pragtige taal. Ek wil julle die versekering gee dat solank as wat julle die taal praat en solank as wat julle dit vir julle kinders aan moedersknie leer, hierdie taal nooit sal uitsterf nie. Dit is immers die taal waarin julle dink en waarin julle bid. Dit is die taal waarin julle kommunikeer, waarin julle sing en waarin julle liefhet. Geen mens kan dit van julle af wegneem nie. Wees trots op Afrikaans en praat dit waar julle moontlik kan. Leer julle kinders om hierdie taal lief te kry en te waardeer en hulle sal dit nooit vergeet nie.

In ons land is daar vele begaafde skrywers wat in al die verskillende tale van ons land dig en skryf. Dit is baie belangrik dat hierdie mense hulle talente gebruik om te verseker dat elke mens in Suid-Afrika die geleentheid mag kry om sy gunstelingboeke te kan lees in sy moedertaal. Ek persoonlik lees baie graag en ek lees verskillende tale, maar tog bly dit die heel lekkerste om te kan lees in my moedertaal — die taal wat ek die heel beste verstaan en waarin ek dink.

Afrikaans word deur baie verskillende mense in ons land gepraat. Daar is egter heelwat verskillende dialekte van die taal in Suid-Afrika. Dit is daarom belangrik dat ons nie net boeke moet publiseer wat in die sogenaamde hoë, korrekte Afrikaans geskryf is nie. Ons moet die taal van die Kaap, die Karoo en al die ander streke in ons land op skrif kry vir almal om te waardeer en te geniet.

Hoe kan ons ooit ’n gedig soos dié van Adam Small oorskryf in die sogenaamde amptelike Afrikaans?

    Wie’s hy?

    Die poet,
    wie’s hy?
    Djulle het so baie bek oorie poet,
    ma wie’s hy?
    Is hy rêrag soos djulle dink
    die ou moerie pen ennie ink
    wat in sy study sit en poems dink?

    Nai,
    djulle’s mistaken,
    nie hy nie
    ma djulle is die poets,
    djulle wat innie straat loep
    ennie gladde bek verkoep
    ma die dinge sien
    en soema net daa God tien hulle roep!
Ons kan hierdie pragtige gedig nooit probeer oorskryf in Standaardafrikaans nie. Die hele betekenis en prag daarvan sal vir seker verlore gaan.

Dan skryf Leonard Khosa:

    Die Afrikaner is my broer,
    wat my net wil sien op die vloer,
    sy beeste en skape moet ek voer
    terwyl hy met rugby en krieket toer.
    Tog is die Afrikaner my broer.
Gelukkig kan ons terugkyk en weet dat ons baie vêr gevorder het in ons nuwe land. Ons weet dat ons nou verby daardie tyd is en dat ons saam vorentoe beur na ’n beter en blinker toekoms. Ons het hande gevat in die nuwe Suid-Afrika. Ons verdra mekaar en ons leef saam met mekaar. Dit het nou tyd geword om seker te maak dat ons dieselfde visie het vir hierdie mooi land.

In ons nuwe volkslied vra ons dat God ons moet seën in Afrika. Dat Hy sy hand oor ons sal hou en ons sal lei. Ons vra dat Hy die boosheid van ons sal wegneem. As ons hierdie gebed deel van ons lewe kan maak in Suid-Afrika, sal dit nie nodig wees om te vrees vir die uitsterf van ons tale of ons kulture nie. Ons sal in liefde en vrede met mekaar saamleef en -werk.

Maak nie saak watter taal ons praat nie, ons moet dink voordat ons sommer net praat. Taal is die instrument waarmee ons kommunikeer, waarmee ons ons diepste gevoelens uitbeeld en ook waarmee ons mekaar kan verpletter. Ons het talle tonge waarmee ons kommunikeer. ’n Heuningtong om mekaar mee te vlei, ’n bitter tong waarmee ons van die verlede vertel, ’n tong stomp genoeg om te swyg, ’n skerp tong wat kan pynig en ’n suur tong wat kan brand en skend. Dit is belangrik dat ons nie hierdie tonge onoordeelkundig gebruik nie.

Kom ons gebruik dan ons talente as skrywers om hierdie reënboognasie van ons uit te beeld in elke taal wat in ons land gepraat word. Die een taal is nie belangriker as die ander nie. Elkeen het beslis sy plek in die toekoms van Suid-Afrika. Kom ons gebruik elkeen van hulle op so ’n wyse dat ons mense van mekaar sal leer. Ek vertrou dat elkeen van ons aktief betrokke sal wees by die bou van brûe na ’n toekoms van vrede en vriendskap vir die kinders van Suid-Afrika.

Alle sterkte met julle verrigtinge hier. Mag dit die vrugte afwerp waarna ons almal streef.

Baie dankie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.