SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Wel, president Mbeki?

Lauren Thys

Ek kom van Worcester en het op een of ander manier (insluitende baie gebed en Berocca) gevorder tot by BRek III. Ek mik steeds na keuring vir BPhil Joernalistiek en bevind myself in 'n baie opwindende ruimte met my betrokkenheid by wat amptelik die beste ding is wat met die nuwe Suid-Afrika kon gebeur: Brightest Young Minds. En ek dink ek en oom Thabo Mbkei moet 'n slag saam tee drink en gesels ...

Geagte president Mbeki

Ek moet bely dat ek nie rrig in eksamentye te veel koerant lees nie (behalwe die belangrike afdelings, soos die spotprente), maar die afgelope naweek het ek bietjie in LitNet se argiewe rondgekrap en kom toe af op 'n stuk deur een van my vriende geskryf, wat op 29 Oktober verlede jaar in Die Burger verskyn het.

Ivor Price se vraag aan u oor wanneer (indien enigsins!) regstellende aksie sy l gaan kry, eggo die sentiment wat oor die afgelope paar maande die oorsaak van heelparty warm debatte oor die radio en in koerante was.

Di einste onderwerp het al menigmaal my bloed laat kook. Want sien, liewe President: as mens (sonder om arrogant te wees) weet dat jy goed genoeg is vir 'n sekere posisie, voel jy nogal beledig as jy dit kry bloot omdat jy 'n polities korrekte "tan" het. (Ter inligting: ek's een van di met 'n melanien-gedaagde tendens, wat in niepolities-korrekte terme beteken dat ek bruin is.)

En uit blote frustrasie met die powers that be wat die politieke klimaat van die dag bepaal, het die groot RA (regstellende aksie) al vir taamlike bespotting onder my en my (wit) vriende gesorg. Want dis 'n feitlik uitgemaakte saak dat as ek en my wit eweknie aansoek doen vir dieselfde werk, met dieselfde kwalifikasie, ek sommer by voorbaat kan "sign on the dotted line", vanwe die voorsprong wat my velkleur my gee. Dt ongeag of die wit kandidaat dalk meer geskik sou wees vir die spesifieke posisie, vanwe persoonlikheid, vorige ondervinding ens.

Ivor is nou al 'n goeie vier jaar langer as ek in die land en bevind homself midde-in die korporatiewe politiek, maar ek praat vanuit die oogpunt van iemand wat oor twee tot vier jaar (afhangend van hoe lank my ouers nog so goedgesind sal wees om my op Skelmbos te hou) die arbeidsmark sal betree. Mnr Mbeki, met alle respek ges: n koerantopskrifte wat uitbasuin het dat net ses persent van ons matriekjaargenote werk sou kry, was dit vir my taamlik ontnugterend hoe baie werksaanbiedinge daar ewe skielik uit die lug val in di ontwikkelende, werkloosheidsgeteisterde land as jy oor die van en aksent beskik waarmee die regerende meerderheid hulle kan vereenselwig.

Ek is een van die suurstofdiewe in my BRek-klas, wat die kursus nie doen omdat ek 'n onblusbare liefde vir die rekonsiliring van bankstate het nie, maar omdat dit 'n goeie kwalifikasie is en 'n deur oopmaak vir baie ander beroepsrigtings, buiten di van geoktrooieerde rekenmeester. Ek word egter steeds, sonder enige passie vir die rigting, deur ouditeure in die professie geadviseer om by hl maatskappy te kom aanklop as ek tg sou besluit om syfers my eerste liefde te maak. En jammer mnr Mbeki, maar hoewel ek redelik ambisieus is en nie 'n goeie aanbod onnodig van die hand sal wys nie, voel ek skaam om werks- en beursaanbiedinge te kry wanneer ek weet dat ek nie die beste kandidaat is nie. En ek kan verstaan dat my wit eweknie gefrustreerd voel oor di toedrag van sake.

U moet my verskoon, maar soms dink ek u regeringsamptenare het nie werk om te doen nie en uit vrees om oortollig verklaar te word, bedink hulle die allerbelaglikste konsepte om hul tyd om te kry. 'n Goeie voorbeeld is die onlangse voorstel dat sportkwotas ingestel moet word tot op alle skoolvlakke.

Het hulle al gedink dat hulle die veel geroemde "proses van transformasie" meer kwaad as goed doen wanneer hulle daarop aandring dat plek vir "persone uit die aangewese groepe" geskep word, vanwe hl aanname dat die swart persoon nie goed genoeg is om daar te kom op sy eie nie? Een van die seuns wat in dieselfde straat as ek grootgeword het, is onlangs aangewys as Paul Roos Gimnasium (wat vanjaar hul eerste swart hoofseun het) se Junior Victor Ludorum. Ek daag iemand uit om aan my te bewys dat Brynn-Peter se prestasie, sowel as sy insluiting in die nasionale atletiekspan vir sy ouderdomsgroep, met iets anders as sy vermo, talent en harde werk te doen het.

'n Projek soos Brightest Young Minds is 'n sprekende voorbeeld van die kwaliteit van graduandi (vanuit alle demografiese orinterings, mnr Mbeki) wat ons land oplewer. Di jaarlikse konferensie vir die land se voorste 100 finalejaar- en nagraadse studente, wat di besondere groep mense konfronteer met alledaagse probleme en uitdaag om met buitengewone oplossings daarvoor vorendag te kom, se samestelling maak 'n jong Suid-Afrikaner soos ek, wat droom van die dag wanneer ras nie meer sal saak maak by aanstellings nie, baie opgewonde. Die keuringsproses het glad nie 'n "kwota"-element nie, en tog is die groep 78 persent verteenwoordigend.

Mnr Mbeki, al di feite lei my tot een vraag: Is tien jaar van regstellende aksie nie genoeg nie? Ek was tien in 1994 en het vir die grootste deel van my lewe dieselfde geleenthede gehad as my wit maatjies. Wil u werklik vir my s dat, n ek in 'n voormalige Model C-skool was waar ek dieselfde opvoeding gekry het as my ligter vriende (en met beter matriekresultate as baie van hulle daar weg is), daar steeds ongelykhede is? Wil u aanvoer dat ons steeds spesiale behandeling vereis, ongeag tersire instansies se pogings om soveel as moontlik "voorheen benadeeldes" tegemoet te kom so al wat hulle kan, ten einde almal die geleentheid te gee om 'n ordentlike opvoeding te bekom, om hulle effektiewe rolspelers te maak in 'n groeiende formele ekonomie?

As u antwoord op die vorige vrae 'n klinkklare "ja" is, voel ek 'n sterk aantrekkingskrag tot my paspoort en die eerste beste vlug na Timboektoe, of enige plek waar ek nie, soos Ivor dit stel, bloot 'n "bruin vertoonstuk iewers in die korporatiewe wreld" is nie.

As ek u 'n vriendelike wenk kan gee (toegegee uit 'n leke-oogpunt): regstellende aksie spreek nie die wortel van die probleem aan nie. As daar 'n behoefte aan vaardige swart beroepslui is om die mark te vul, gaan kyk hoekom daar nie swart mense is waar die vaardighede aangeleer word nie. En as dr 'n leemte is vanwe swak skoolprestasies, maak opvoeding 'n groter prioriteit, nie net in terme van besteding nie. Hoewel ons een van die ontwikkelende lande is wat die grootste deel van ons begroting bestee aan opvoeding, is daar steeds geen resultate op di gebied nie en di probleem moet aangespreek word. Dis onaanvaarbaar dat daar, n tien jaar van sogenaamde gelyke geleenthede vir almal, steeds kinders is wat met 59 ander kinders 'n klas skaars groter as my koshuiskamertjie moet deel, soms sonder die gerief van elektrisiteit en/of lopende water en leermateriaal.

Liewe President, ek weet mens kan nie werklik die outjie wat in die Joe Slovo-nedersetting langs die N2 grootgeword het, vergelyk met die ware heer wat in Houghton sy vormingsjare gehad het en King Edward VII School bygewoon het nie, maar ons moet ook erkenning begin gee aan die feit dat ons immers 'n kapitalistiese land is. Ongeag probleme op regeringsvlak word daar baie geleenthede geskep wat ontwikkeling vir die Joe Slovo-outjie moontlik maak en hom in staat stel om te kompeteer op dieselfde vlak as die King Edward-outjie, en ons moet, in ware vryemark-styl, die een beloon wat die sukses die graagste wil h.

Dink u nie dis tyd om mense op te hou beledig deur aan te neem hulle het regeringshulp nodig voor hulle volle potensiaal erken kan word nie?

Vriendelike groete
Lauren Thys



LitNet: 23 Februarie 2005


Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.