SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hier is ons nou (entertain us)

Toast Coetzer

Sol Plaatje Diskoers-reeks, Aardklop, September 2002

Om bekommerd te wees oor vandag se jong, Afrikaanse jeug is om bekommerd te wees oor niks spesifieks nie. Ons weet almal dis nie werklik ’n baie homogene groep mense nie, so dis dalk belangrik om meer spesifiek te wees.

Ek’t nie te veel te s oor waarom hierdie groep mense (en ek’s dus seker deel daarvan) nie in groot getalle betrokke raak by die “taaldebat” nie. Dalk voel hulle ’n fok, dalk irriteer dit hulle; dalk is hulle te besig om websites soos www.watkykjy.co.za aan die gang te hou; dalk sit hulle in huise op Mitchell’s Plein en invent nuwe raptunes; dalk is hulle depressief in Upington en wroeg wrede verse op papier neer. Of dalk is hulle besig om jong Taiwannese Engels te leer, skottelgoed te was op ’n kibboets, deur Peru te backpack of te busk buite die Wimbledon-treinstasie. Hoe dit ook al sy, nie een van ons hier vandag is die stem van jong Suid-Afrika nie — niemand kan dit wees nie. Om nie eers te praat van “jong ridders” nie — ek ken niemand wat so titel sou wou dra nie. Die stem van jong Suid-Afrika is orals — nie altyd so hard nie, maar ook glad nie op “mute” nie. En daar’s nie ridders nie, daar’s net ouens en girls wat dinge probeer doen, hier en daar, by hook and by crook.

Om die waarheid te s, die enigste argument of “cause” waarby spesifiek die jong Afrikaanse jeug betrokke behrt te raak, is dalk die taaldebat. Afrikaanse mense het nie veel van ’n outentieke kultuur oor nie en Afrikaans as taal is al waaraan ons kan vashou as relatief unieke kulturele denominator. Dit word ook dus meer as bloot net ’n artefak — dis die medium waardeur ons onsself uitdruk en assosiasies skep met ander binne die taalgemeenskap. As Afrikaans jou moedertaal is, is dit in jou belange om dit te koester vir wat dit werd is sodat dit nie oor 100 jaar gaan uitsterf soos al die ander minder predatoriese tale van die wreld nie. Ons is nie alleen in daardie krisis nie; honderde tale die wreld oor is in groter gevaar as Afrikaans. Om die waarheid te s, dit lyk asof daar mense is wat goed in beheer van hierdie preserveer-aksie is en ek glo dus nie Afrikaans moet gered word teen die mense wat dit wil red nie. Elke Afrikaanse persoon wat daagliks Afrikaans as spreektaal gebruik, is deel van hierdie erosiebekampingsaksie en elke ouer wat sy/haar kinders op Afrikaans grootmaak, staan voor in die linies. Sustainable development en al daai kak.

Tog, bloot omdat ons in ’n multikulturele Suid-Afrika woon, behoort kinders minstens drie tale magtig wees op ’n basiese vlak wanneer hulle skool verlaat. Alhoewel ek Engels goed magtig is, wens ek veel eerder dat ek Xhosa, Sotho of Zoeloe ewe vlot kon gepraat het. Dit was nooit ’n opsie waar ek skoolgegaan het nie en dis iets waarmee ek nou moet opvang om my werksomgewing optimaal te benut. Daar bestaan geen twyfel dat taal ’n instrument van bemagtiging is nie — selfs in ’n wreld wat daagliks kleiner gemaak word deur tegnologie en Engels, het ons steeds ’n land vol vreemde tale vir die meeste ore. Daar’s geen rede dat Afrikaans voorrang bo Xhosa of enigiets anders behoort te geniet nie. Afrikaans was op hierdie manier nog altyd redelik selfsugtig.

Die debatte oor die preservering van Afrikaans as vaktaal, mediese taal of tegniese taal is effe anders as die bekommernis oor die “algemene” voortbestaan van die taal. Julle mag my nou dalk stenig, maar ons moet aanvaar dat ons in ’n veranderende wreld vertoef waar baie min mense ooit Afrikaans in sekere tegniese, wetenskaplike of mediese velde gaan gebruik. Tog, dit sal my dag maak as ’n IT-techie op perfekte Afrikaans vir my kan s wat fout is met my hard drive. Ook, bloot omdat hierdie vaktaal alreeds bestaan, is dit op sigself belangrik om dit te bewaar, nes dit belangrik is om plastieksakke te bewaar, selfs al is daar meer omgewingsvriendelike en biodegradable produkte in die rondte.

Ons’t nie almal die tyd en geld en geduld om in lang vergaderings die aksieplan vir die toekoms uit te werk nie. Die meeste van ons is heeltemal te besig om die huur te probeer te betaal, dronk te word op die sypaadjies van studentedorpe en te probeer uitfigure presies waar ons in hierdie gek wreld vol oorlog, armoede en paspoorte kan inpas sonder te veel moeite, bagasie of ongemaklike vrae. Dis tog wat elke generasie gegun wil word, sou ek raai, dat hulle hulleself kan uitfigure so met die tyd saam en nie voorgeskryf sal word oor wat om te voel, dink of doen nie. Dis hoekom ons rock ’n roll, culture jamming, internet-hackers en retro-fashion het. En as ons op die verkeerde pad is hier — mag die Here ons ankle-tap soos dit Hom behaag.

Dit daar gelaat, al die ander probleme van die jong Afrikaanse jeug is die probleme van elke ander jongmens in Suid-Afrika. Vir al ons kulturele diversiteit, is dit belangrik om die land se belangrikste probleme almal se probleme te maak.

Dis ’n algemene probleem van witmense om byvoorbeeld VIGS as swartmense se probleem af te maak; net so is dit ’n flou refleks om die ho misdaadsyfer voor swartmense se deur te l. Hoe gouer die maatskaplike probleme wat armoede en werkloosheid tot diefstal, drankmisbruik, moord, verkragting en wat ook al laat oorslaan, aangespreek word, hoe gouer kan ons ’n samelewing begin opbou wat gebaseer is op wedersydse respek, begrip en ’n deurlopende proses van opbouende kritiek.

Ons is nog ver daarvan om ’n goed opgevoede nasie te h waarbinne almal op gelyke vlak in die arbeidsmark kan meeding — dalk sal ons dit nooit bereik nie, maar dit beteken nie ons hoef nie te probeer nie. Ek weet nie veel van politiek en hoe hierdie prosesse met integriteit gemplementeer kan word nie, maar mens weet nooit wanneer die regering mens surprise nie. Hulle doen tog op ’n manier hul bes, alhoewel dit altyd kan verbeter. Die brug moet so half van twee kante gebou word. Diegene in magsposisies moet nie hul mag misbruik nie, nie korrup wees nie en moet ware humanitarians wees, en nie soseer politikusse nie. Wanneer mense die mag of regering ten volle vertrou, behoort daar minder simpel ver regses te wees wat snags die land se stofpaaie platry met trokke vol bomme en brandewyn. Dit help ook nie om sulke ekstreme groepe as ’n grap af te maak nie — ook hulle probleme moet aangespreek word binne die bestek van die konstitusie en algemene sinvolheid of common sense. Andersins moet hulle maar tronk toe gaan en kieries kerwe.

Die grootste probleem vir jongmense vandag is sonder twyfel VIGS. En nie net oor hoe om dit te voorkom nie — ons doen goed met safe sex campaigns en so aan — maar hoe om daarmee saam te leef. Moenie s “Ag ek ken niemand met VIGS nie” — dit verander niks nie. Dit raak almal rondom jou, dit raak die ekonomie, dit vernietig gemeenskappe, verlaag produktiwiteit; en wees verseker, dit maak duisende mense dood. Ons moet ons gereed maak vir ’n hele leeftyd se saamleef met die gevolge van VIGS, selfs al ontdek hulle mre ’n geneesmiddel.

Die ander krisis-area is die herverdeling van grond/eiendom. Vir Suid-Afrika om nie ’n Zimbabwe-geval te word nie, moet die herverdeling op baie sensitiewe wyse hanteer word, omdat dit die maklikste oorblywende teiken van die ou Suid-Afrika is. Om grond te besit, is om in beheer te wees en om rykdom te h. Vir witmense is dit ’n bewys van wie baas is, vir swartmense is dit ’n onaanvaarbare onreg dat die grond nie aan hulle behoort nie. Dit maak vir twee skynbaar onversoenbare kampe. Ek skeer nou hier met ’n rowwe kam, maar ek glo julle verstaan hoe sensitief hierdie kwessie is en dat dit elkeen se verantwoordelikheid is om ingelig te wees daaroor.

Natuurlik is dit baie maklik om te argumenteer dat die hele wit/swart-kwessie nie meer bestaan nie en dat die land deesdae bloot op ekonomiese lyne verdeel is. Dis natuurlik gedeeltelik waar, want ons is tog nog geskoei op ’n kapitalistiese stelsel waar die met mag die rykdom beheer, en die met rykdom die mag kan benvloed. So gaan dit orals. Dit lyk dus asof diegene wat enigiets besit, nie regtig omgee oor diegene wat niks besit nie. ’n Algemene houding bestaan onder jongmense dat dit “elke man vir homself” is, veral onder witmense. Omdat jong witmense soms voel dat daar teen hulle gediskrimineer word tydens werksaanstellings in Suid-Afrika — of bloot net omdat hulle elders meer kan verdien — probeer elke tweede skoolverlater en gegradueerde wat dit kan bekostig, om oorsee te gaan.

Daar is natuurlik baie probleme met hierdie nuwe generasie trekarbeiders, alhoewel die voordele (geld) altyd as meer belangrik geag word. Daar word nie altyd gedink aan die versplintering van gesinne, sosiale groepe en verdunning van gemeenskapsbande nie. Jare terug het verstedeliking dieselfde gedoen met jongmense — dit duur natuurlik voort en ons’t al daarby aangepas — maar om groot afstande te plaas tussen jou en jou ouerhuis of gemeenskap waarbinne jy grootgeword het, lei tot vervreemding van die groep. Dis natuurlik nie noodwendig ’n slegte ding nie, maar dit benvloed tog byvoorbeeld iets soos taalgebruik en die stelselmatige uitfasering van Afrikaans as spreektaal, bloot omdat die jonger generasie genoodsaak word (of dit uit vrye wil doen) om minder en minder Afrikaans te praat. Dis egter verblydend om te sien hoe baie Suid-Afrikaners wat oorsee is, na hul taal gryp wanneer hulle die geleentheid kry, selfs al kom dit soms oor as ’n baie kunsmatige en nostalgiese sentiment — getuienis hiervan is die talle websites, nuusbriewe ens in Afrikaans en ook die gewildheid van feeste soos Ukasie in Londen.

En wie kan hierdie trekarbeiders blameer? Ons lewe in ’n wreld waarin alles moontlik is — met die regte geld, kontakte en durf kan jy enige land ter wreld besoek, daar werk, reis en so meer. Sommiges doen dit net vir die geld, anders reis omdat hulle voete jeuk en die dwelm van die altyd bewegende horison net te verslawend raak. Alle jongmense het bloot nie ’n benul van wat dit beteken om deel van ’n volk te wees nie, want Suid-Afrikaners is nog nie ’n volk nie. Ons is nog baie volke onder een vlag en ons’t nog nie genoeg ideale onder daardie vlag opgebou om dit met bomwerpers en vliegdekskepe te wil verdedig soos Amerika nie. Amerika het ’n idee van volkwees, ons het nie. En dis nogals kommerwekkend, selfs al is hulle idee van volkwees effe verwronge. Ons huidige idee van volkwees hou op by ons rugby, krieket en sokkerspanne, en selfs daar is dit nog vol slaggate, nartjiepitte en kwotas.

Dis prakties vir jongmense om die beste jare van hul lewens oorsee te spandeer. Nie net verbreed hulle hul verwysingsraamwerk nie, maar die geld wat hulle potensieel terug kan bring, kan hul lewens aansienlik vergemaklik wanneer hulle terugkom. Natuurlik kom almal nie terug nie, maar mens kan altyd hoop. Ons is almal individue wat verskillend redeneer oor kwessies soos volkwees, taalgebruik ens, so om te veralgemeen en te s dat jongmense nie meer omgee vir Suid-Afrika nie, is verkeerd en verwys ten beste na ’n relatief klein persentasie wat wel oor die hulpbronne beskik om elders ’n permanente of tydelike heenkome te gaan soek en ’n fok voel oor die res. Almal wil in ’n land bly waar misdaad laag is, mense veilig ry op die paaie en jou salaris jou ’n goeie, gemaklike lewe kan laat bekostig. Solank as wat die wreld so vry bly as wat dit tans is, sal jong (en ou) Suid-Afrikaners hul bes probeer om ’n beter lewe elders te gaan soek. Die Amerikaanse droom het lankal ’n internasionale droom geword. Jy kan die American Dream in Duitsland beleef, in Japan, Australi of waar ook al. Natuurlik in Suid-Afrika ook, maar mense is nuuskierig en leer nie maklik nie.

Jong Suid-Afrikaners kan maar net hulle bagasie probeer afskud wat hulle by hulle ouers gerf het en hul bes probeer om nie te veel op te fok oor die volgende vyftig jaar nie. Daar’s al klaar ’n nuwe generasie op pad, so dalk is hulle OK en kan nie meer Casspirs en taakmagte en necklacing onthou nie. Dalk is ons gelukkig. Die eenvoudigste ding om te doen is dalk om net woes oor die kleurlyn babas te maak, sodat almal oor so 100 jaar bruin is. Dink julself dit in — geen rassisme nie. Hey, dis net ’n ide 

Die geskiedenis was nog altyd ’n googly wat nie noodwendig atoombomme, terroriste-aanvalle, stealth bombers, aardbewings, komete of die humeure van pissed-off bedelaars kon voorspel nie, so wat ook al met Afrikaans oor die volgende tien, twintig, dertig jaar gebeur, sal vir ons almal ’n verrassing wees, selfs al beplan ons die toekoms daarvan hoe goed. As Afrikaanssprekendes, jonk of oud, kan ons Afrikaans preserveer deur dit te praat en skryf, soveel en so goed en so lank as wat ons kan en sonder die geroeste kettings van ou politiek, wat alles net ontsier en te veel ruik na Old Spice.


Toast Coetzer 2002

Lees ook “her name is Yoshimi, she’s got a black belt in karate” — The Flaming Lips op NetFiksie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.