SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Tagtigers*

Etienne van Heerden

Die HB Thom Teater speel môre (11 Maart) om 19:00 gasheer vir Tagtigers (ondersteun deur Human & Rousseau en Tafelberg). Hierdie multimedia-produksie is 'n terugblik op die tyd van die grensoorlog, noodtoestand, Voëlvrybeweging en onluste. Hoe het Afrikaanse skrywers destyds op hierdie gegewens gereageer? Die Tagtigerskrywers André Letoit (Koos Kombuis), Etienne van Heerden, Jeanette Ferreira, Peter Snyders en Joan Hambidge sal aan die program deelneem. Johann Nel, Francois Toerien, Nicole Holm en die US-dramastudente sal die Tagtigers met kort dramatiserings en musiek verbeeld. Juanita Swanepoel is die regisseur. Kaartjies kos R40 per persoon en die program duur 90 minute.

Die nuwe energieë wat in die jare tagtig deur 'n generasie jong skrywers, rockers, joernaliste en kabaretkunstenaars losgemaak is, moet geplaas word binne 'n klimaat waar Afrikaanse mense hulself begin losmaak het van die wurggreep van party, staat en kerk.

Die reuk van traangas was op die wind. Die Casspirs was in die townships. Skryfblokke en tameletjie is aan die troepe op die grens gestuur. Forces' Favourites oor die radio in stil somermiddae. UDF-marse.

Ons beleef nou eens werklik die resultate van 'n politieke en kulturele ontbondelingsproses wat toe reeds begin het. Terwyl mense deesdae veral na die effek van die Voëlvrybeweging verwys, moet hulle onthou dat die letterkunde eintlik voor Voëlvry daar was.

Tagtig was sosioliterêr belangrik: klein tydskriffies (Graffier, Spado, ens) en uitgewers, aktualiteitsbewustheid (grensliteratuur en protespoësie), taalvariante ("Kaapse Afrikaans") in die poësie, ander genres (rocksongs en literêre kabaret); gay literatuur; die oplewing in die kortverhaal as flitsopname van 'n versplinterde tyd.

Wees egter versigtig. Tagtig lê as begrip inderdaad lekker op die tong omdat 'n stel nuwe stemme in daardie tyd gedebuteer het, dikwels in benouende landsomstandighede. Dis egter net 'n losse beskrywing van 'n verskynsel, want "die Tagtigers" was nie 'n literêre generasie in die ware sin van die woord soos wat Dertig en Sestig dit was nie. Daarvoor steun die sogenaamde Tagtigerskrywers te swaar op die temas en verteltegnieke van 'n ouer geslag skrywers. Hulle het die dinge wat mense soos Aucamp, Brink, De Vries, Haasbroek, Elsa Joubert, Weideman, ensomeer gedoen het, verder geneem en geradikaliseer binne 'n postmodernistiese sfeer.

Eer die vaders en die moeders. Tagtig was 'n radikalisering, eerder as 'n skoon breuk met die verlede. En 'n snuf in die neus oor wat voorgelê het.



* Hierdie artikel het vroeër verskyn in die Maart-uitgawe van INSIG, wat nou nog op die rakke beskikbaar is. Jy ontvang ook gratis die amptelike feesprogram vir die KKNK saam met hierdie uitgawe! Klik hier om INSIG se webwerf te besoek.



LitNet: 10 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.