SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Pieternella van die Kaap
Koop nou!

’n Waardering van Dalene Matthee se werk

Lesing gehou by die bekendstelling van Pieternella van die Kaap op 11 April 2000
Deur Franklin Sonn

’n Uiters belangrike voorvereiste van nasiebou is die herinterpretasie van ons geskiedenis. Dit is die grootste diens wat ons Afrikaanse skrywers aan ons land kan verrig om dit in ons eie taal te doen.

Dalene Matthee roep die gedaante op van Krotoa (Eva) en haar dogter Pieternella by die Deense Sjirurgyn. Sy doen dit op ’n diep medemenslike wyse wat tipies van haar geword het. Deel van die probleem van historiese rassisme is juis die kontensie van “White is right and West is best” - dat die Koimense en die nuwe geslag Bruinmense van die Kaap dronk, lui, skelm, werkslui en ’n voorliefde vir baie kinders het - ’n uitbeelding van mense oor wie weinig goed gesÍ kan word.

Voorts gee Dalene Matthee aan ons die voordeel om die Hollanders aan die Kaap en Mauritius van die ontstaansjare deur die oŽ van skerpsinnige en trotse Koimense waar te neem. Die slotsom daarvan is eenvoudig dat onder hulle daar goeies is, bv. Daniel Zaaijman maar ook vrotsiges soos die onnutsige Goewerneur Lomotius enersyds, maar onder die Koi dieselfde geld andersyds. Mense is mense.

Essensieel is egter die voorstelling van Krotoa, Autshumoa en Pieternella, Doman ens., as persoonlikhede wat elk op hul eie manier probeer het om met die onwelkome werklikheid van nuwe mense wat hul land kom vat het, huis op te sit. Steeds die ewigdurende tema van Afrika. Dit is bekend dat oud-president Mandela die hoogste agting koester vir Autshumoa en vertel graag dat dit juis Autshumoa was wat die eerste weerstand gebied het teen die ongevoelige aanslag van Van Riebeek met sy alkohol, spieŽltjies, voorliefde vir grond- en veegryp. Mandela konfronteer ons graag daarmee dat ons vir Autshumoa moet vereer as die eerste politieke gevangene op Robbeneiland en die eerste en weinige wat van Robbeneiland ontsnap het en die hoofland in 1659 bereik het.

Krotoa (Eva) met al haar knakke en moete het daarin geslaag om deur middel van haar slag met die Hollanders en haar huwelik met die gesiene Pieter van Meerhoff die hoŽ kringe binne te dring van waar sy op haar manier haar mense ter wille kon wees. Uiteindelik gaan sy onder in hierdie bomenslik moeilike rol en bevind haar in haar laaste dae as totale alkoholis in aanhouding op Robbeneiland.

Met haar dogter by Van Meerhoff is dit anders gesteld; beide haar vader en haar man is Europeane en kry sy dit reg om hierdie dubbelslagtigheid te verwerk en is dit juis hierdie kenmerk wat haar help om onder die moeilikste en stormagtigste tye te oorleef en te oorwin.

Die waardige wyse waarop sy haar rol as huweliksmaat van die gerespekteerde Daniel Zaaijman gespeel het, asook die besondere opvoeding wat sy aan al haar kinders gegee het, het ’n bepaalde irrelevansie aan haar kleurgemengdheid verleen.

Aan die ander kant het die kleuronderskeiding institusionele minderwaardige sosiale status van Koimense en die verontmensliking van haar moeder en oom, die sosiale onreg teenoor vroue die kern van haar bestaanstryd gemaak.

Dog, ondanks haar dappere en oorwinnende stryd leef die wonder oor haar status selfs in haar geliefde en ongekompliseerde eggenoot Daniel waar hy sÍ: “Hoekom sÍ die mense agter jou rug hulle weet nie wat in Daniel se kop geklim het om vir hom ’n halfwit vrou te vat nie?”

Die spanningslyn is hoe sy as “halfslag- Hottentottin” (p608) eenvoudig moes oorwin oor ’n kleurbehepte sosiale omstandigheid. Aan die einde van die stryd belei selfs sy haar vertwyfeling en smartvolle belewing van kleurvoordeel: “My Ma was ’n Hottentottin - ek’s ’n halwe een ... Die erg kom wanneer ander jou as ’n halfslag-mens sien. Die ergste kom wanneer jy jouself as halfslag-mens begin sien” en dan verder die oorwinnings-kreet; “want daar is iets wat ek weet wat julle Hollanders, julle volwittes, blykbaar nie weet nie, en dis dat julle nie beter is as Hottentotte nie - al dink die meeste van julle so” (p608).

So was haar lewe ook. Sy het in opstand gekom, haar sÍ gesÍ wanneer sy moes; haar kinders van beter geleer, haar moeder en oom Autshumoa (Herrie) geŽer, haar swakker broers Salomon en Jacobus opreg liefgehad en versorg.

Die aangryplike van die “werk is die sensitiewe wyse waarop nuwe historiese werklikhede met die eg menslike bestaanstryd verweef word, maar besonderlik die gewaarwording wat deurgaans by die leser bestaan dat hoewel die historiese omstandighede tyd-ruimtelik anders is, die wesentlike problematiek niks vreemd is nie - trouens dat dit die storie van Suid-Afrika van toe en van nou is.

Terug by Dalene Matthee: Dalene, toe ons in die vroeŽ sestigerjare aan universiteit was, is ons geleer om te memoriseer dat ’n letterkundige stuk, veral poŽsie, ’n outodinamiese kompleks van verstegniese middele is en dat die skepper daarvan moet uitbly.

Maar hoe kan ’n mens nou ontken dat hierdie meesterstuk so eie is aan die Dalene? Dieselfde Dalene is wat aan ons in Kringe in die Bos (1984), Fiela se Kind (1985), Susters van Eva ens. gegee het?

By tye het ek gevoel dat Pieternella ’n herrese niggie is wat hier langs my staan en het ek ook oor jou gewonder, Dalene. Ek kan dit nouliks glo dat so ’n skerpsinnige uitbeelding van hoe dit was en hoe dit is om Bruin te wees, geskep kan word deur ’n persoon wat bloot deur ’n venster daarna kyk. Afsydige interpretasie is een ding, maar gevoelvolle persoonlike herbelewing gans ’n ander saak. Jy verstaan vir Pieternella te goed. Sy beleef die lotsgevalle van halfslagmense te goed. Die geskiedenis van Suid-Afrika - die wonderwerk van ons land is die geskiedenis van miskende helde wat eenvoudig uit verwerping herrys. Die geskiedenis van ons land is ’n kronieke van onmenslikheid en miskenning, maar Dalene Matthee herinner ons daaraan dat dit terselfdertyd die geskiedenis is van moedigheid, van oorkoming, van wonderwerke van terugkeer na mekaar toe, van na mekaar toe uitreik soos Daniel na Pieternella gesÍ het die seerte vashou sodat altyddeur “... die mooite uit die takke (laat klim) en om (ons) kom lÍ ...”

Dalene help ons om opnuut te weet dat ons wel anders is, maar tog nie so anders nie.

Dit beweeg ons tot ’n nuwe gewaarwording van wie ons werklik is en kan ’n mens alleen vertrou dat hierdie nuwe selfbesef ons sal aanspoor om (soos Pieternella van die Kaap) te weet dat ons hard moet werk om die nuwe te bou. Die mooi en susksesvolle gesin van Pieternella en Daniel kan ondanks die onderskeidings en ontberings in die teken staan van die groter nuwe Suid-Afrikaanse gesin waaraan ons deel is en waaraan ons almal bou. In hierdie taak is gevoelige en insigvolle skeppers soos Dalene Matthee broodnodig. Hulle moet vir ons die verlede herinterpreteer, maar ook vir ons inspirerende vergesigte voorhou. Hulle help ons om te sien wat moontlik is.

Toe ek diť pragboek neersit, het ek teruggesit en opnuut geweet dat ek dit reg gehad het toe ek aan die Amerikaners verduidelik het dat die “miracle” van Suid-Afrika juis moontlik was / is omdat Suid-Afrikaners “miracle”-mense is.

Die storie van Pieternella van die Kaap is die storie van die “miracle-mens” wat steeds elke dag in ons “miracle”-land rondbeweeg en bestaan.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.