SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Francken, Eep en Luc Renders: Skrywers in die strydperk

Chris van der Merwe

Skrywers in die strydperk   Krachtlijnen in de Zuid-Afrikaanse letterkunde
van Eep Francken en Luc Renders
Bert Bakker
ISBN 90 351 2692
336 blz
prijs 19,95


Anders as wat die titel laat vermoed, is Skrywers in die strydperk in Nederlands geskryf, soos wat die newetitel dan ook aandui: Krachtlijnen in de Zuid-Afrikaanse letterkunde. Die outeurs is twee Nederlandse akademici, Eep Francken en Luc Renders, wat hul oor baie jare met die Afrikaanse letterkunde bemoei het. Die hooftitel herinner aan Andr Brink se Literatuur in die strydperk - 'n verband wat die skrywers dan ook erken (p 12). Die titel dui daarop dat die Afrikaanse literatuur hier nie in isolasie bespreek word nie, maar in sy relasie tot die politieke ontwikkelinge in die land, met die klem op die maatskaplike betrokkenheid van Afrikaanse skrywers.

Die boek is gerig op Nederlandssprekende lesers met 'n belangstelling in die Suid-Afrikaanse letterkunde, spesifiek die Afrikaanse letterkunde. Die skrywers wys in die voorwoord tereg daarop dat vorige oorsigte vir Nederlanders en Vlaminge oor die Afrikaanse letterkunde, di van Abel Coetzee, FEJ Malherbe en Jan Eykings, nou sterk verouderd is, en dat die boek dus in 'n wesenlike behoefte voorsien, naamlik om belangstellende Nederlandssprekendes 'n opdatum-oorsig te gee oor die Afrikaanse letterkunde.

Skrywers in die strydperk bevat drie dele: deel 1, geskryf deur Eep Francken, is getitel "Historisch overzicht", en bevat die volgende vier hoofstukke: "Sinds 1652" ('n kort historiese oorsig oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis); "Het Afrikaans" (kortliks oor die aard en geskiedenis van die Afrikaanse taal); "De Afrikaanse literatuur"; en "Andere Zuid-Afrikaanse literatuur". Die laaste hoofstuk het twee onderafdelings, oor "Afrikaliteratuur" en "Engelse literatuur". Hieruit blyk dit dat die "Zuid-Afrikaanse letterkunde" van die newetitel nie net, soos gebruiklik in Nederlands, op die Afrikaanse letterkunde dui nie, maar ook op die letterkunde wat in ander tale van die land geskryf is.

Die gedeelte oor "Afrikaliteratuur" beslaan slegs sewe bladsye en fokus op die skrywers in Afrikatale wat deur vertaling bekend geraak het - mense soos Thomas Mofolo en AC Jordan. Die gedeelte oor die Engelstalige Suid-Afrikaanse literatuur is (uiteraard) baie meer volledig, en sluit besprekings van 'n groot aantal skrywers in, met die meeste aandag aan JM Coetzee. Ondanks die bewonderenswaardige aantal Engelstalige skrywers wat betrek word, is daar tog 'n aantal opvallende leemtes: wat die prosa betref, skrywers soos Mike Nicol, Ivan Vladislavic en Damon Galgut; wat die poësie betref, Guy Butler, Douglas Livingstone en Stephen Watson. Die uitvoerigste hoofstuk is die derde een, oor die Afrikaanse letterkunde - 'n volledige en betroubare oorsigtelike geskiedenis. Vir Nederlanders is dit 'n kosbare gids; selfs vir Afrikaanse lesers wat 'n korter oorsig verlang as Kannemeyer se lywige werke, is dit 'n waardevolle bydrae.

Deel 2, deur Luc Renders geskryf, is tematies gerangskik. Hier is 'n hele aantal temas wat Nederlandse lesers se belangstelling sal prikkel, maar ook Afrikaanssprekende lesers sal interesseer. Ek noem enkeles: "In de ban van de geschiedenis"; "De Khoisan herontdekt"; "Het proza van bruine schrijvers"; en "Van euforie tot ontnuchtering" (oor Afrikaanse letterkunde n 1994). Renders fokus veral op die sosiale betrokkenheid van die Afrikaanse skrywers: "De kracht van de hedendaagse Afrikaanse literatuur ligt in het maatskappelijke engagement en het ethisch appl dat ervan uitgaat" (p 173). Hy bespreek byna uitsluitlik Afrikaanse prosawerke, veral werke van die laaste paar dekades.

Die grondliggende element wat in al sy hoofstukke aanwesig is, is die weerstand van die Afrikaanse skrywer teen die ideologie van apartheid. Renders openbaar 'n groot belesenheid in die Afrikaanse prosa, laat dikwels die lig val op redelik onbekende werke, en beskou telkens die bespreekte werke vanuit boeiende perspektiewe. Alleen enkele kere, wanneer hy die "werklikheid" van die roman te direk met die historiese werklikheid verbind, lei dit tot 'n karikatuuragtige weergawe van die geskiedenis van die Afrikaners. Byvoorbeeld: "Diametraal tegenovergestelde standpunten rukken aan de ziel van de Afrikaner familie en ondergraven de fundamenten waarop de ideologie van het Afrikaner nationalisme en de apartheid gebouwd is. Afrikaner families leven in grote onmin in volledig verscheurde huizen" (p 175).

Deel 3 bevat 'n sestal Afrikaanse "nieuwe verhalen" - verhale van Abraham de Vries, Rachelle Greeff, Elias Nel, HJ Pieterse, Eben Venter en Herman Wasserman. In die lig van die ryke oorsig in dele 1 en 2 is dit jammer dat so min verhale opgeneem is. 'n Mens sou eintlik wou h dat deel 3 uitgebrei word tot 'n aparte boek wat die historiese en tematiese studies van die eerste twee dele begelei en die beskouings wat daarin vervat is, vollediger weerspie?l.

Maar genoeg kritiek. Hoofsaak is dit: 'n mens is dankbaar dat so 'n boek verskyn het. Dit is 'n goeie gids, 'n ryke bron van inligting, veral oor die Afrikaanse literatuur. 'n Mens kan net die hoop uitspreek dat dit 'n groot leserstal sal bereik, in Nederland, Vlaandere en ook in Suid-Afrika.

Skrywers in die strydperk is deur Bert Bakker in Amsterdam uitgegee.



LitNet: 08 Augustus 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.