SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kennis van sensuur

Andr P Brink

Klik op boekomslag om Kennis van die Aand by kalahari.net te bestel!

Bestel nou by kalahari.net! Kennis van die Aand
Deur:
André P Brink
Uitgegee deur: Human & Rousseau, 2004
ISBN: 0798142839
Bladsye: 480
Prys: R130
Sagteband

Met die jongste heruitgawe van Kennis van die Aand in Human & Rousseau se Klassiek-reeks kan ek dit eintlik nie verhelp om terug te dink aan die gedoe rondom die verbod op die boek net mooi dertig jaar gelede nie. Vandag is dit moeilik, selfs vir di wat dit meegemaak het, om jou in te dink in die buitensporigheid van die hele gedoente - wat nog te s vir 'n hele nuwe generasie vir wie dit veilig in die geskiedenis l.

Om die konteks te begryp moet mens eers bietjie trustaan na die eerste sensuurwet wat in die jare sestig gepromulgeer is. Hoewel die uitwerking van daardie wet jare lank betreklik "mak" was, omdat gesiene literatore soos prof Gerrit Dekker daarby ingesleep is en die sagte pedal probeer trap het, was dit net 'n kwessie van tyd voordat 'n jonger kabaal die mag sou oorneem en sensuur openlik 'n politieke speelbal sou begin word het.

Maar die woeling in die literre hoenderhok was vanaf 1963 al aan die gang - trouens vandat Ingrid Jonker se onsalige pa, wyle Abraham H, dit taamlik duidelik gemaak het dat die wet, wat eintlik sy baba in die parlement was, vir hom 'n Trojaanse ryperd was waarop hy as hoofsensor, en wie weet mettertyd minister van binnelandse sake, die magsposisie sou verwerf waaroor hy lank vergeefse nat drome gekoester het. Eintlik het hy homself die genadeslag toegedien met sy berugte uitspraak dat sensuur eintlik in wese 'n goeie ding is en dat selfs William Shakespeare "verbeter" kan word deur die snoeiskr van kuisheid in te l. Uitsprake soos di het van hom 'n openbare gek gemaak, en toe grootkanonne soos Van Wyk Louw en Opperman ook begin inklim (nadat ons eerste kampanje teen sensuur deur Jan Rabie en ander jongeres aangevoor is - toevallig by die einste byeenkoms in Groenpunt in April 1963 waar ek Ingrid vir die eerste keer ontmoet het), was Vader Abraham se doppie geklink.

Woelgeeste was egter toe al aan die woeker. Vandag totaal vergete manne soos dominee Dan de Beer van Aksie Morele Standaarde het hul quixotiese stryd teen die windmeulens van "pornografie" al heftiger begin voer; en dom donners soos Koot Vorster, 'n moderator van die NG Kerk (deesdae moet mens al verduidelik wie en wat hulle was, anders sal niemand weet nie), het 'n skrikbewind begin voorberei teen die "vuilspuite" van Sestig. Deels omdat Oom Koot met sy boetie Oom Jn hand-op-die-blaas was, wat baie gerieflik Kerk en Staat saam in een onheilige en bloedskandelike bed laat beland het, was dit net 'n kwessie van tyd voordat morele stryders ook die veiligheidspolisie in hul stryd sou inspan. En dit was sekerlik nie toevallig nie dat uit hierdie woeling ook Willem de Klerk se bekende onderskeid tussen "verkramp" en "verlig" 'n verdeling tussen bokke en skape begin bevorder het. Om verkramp te wees, het ook so min of meer beteken om anti-Sestig te wees; die verligtes was dikwels ook juis di (baie van hulle 'n jonger generasie op universiteit, wat teen daardie tyd al net so gatvol was vir armblankes, droogtes en sprinkane as die kentekens van Groot Literatuur as wat ons jonger skrywers dit was) wat kampvegters vir Sestig geword het.

Nadat die sensors aanvanklik veral Engelse boeke verbied het (miskien omdat die meeste van hulle nie eintlik Engels kon lees nie), beginnende - glo dit as jy wil - met Wilbur Smith se vretende leeu, was die tyd ryp dat 'n Afrikaanse boek ook 'n slag nader getrek word.

Vreemd en selfs naef soos dit vandag mag klink, het ons Afrikaanse skrywers in 'n valse gevoel van veiligheid ons ding gedoen: ons het nie rgtig gedink ons staan in die vuurlinie nie. Selfs n die dwarrelwinde rondom Sewe dae by die Silbersteins (toe een Mevrou Dominee mos getel het hoeveel keer - was dit 69? - sy seksueel beroer is deur die boek, en verkondig het dat die heel ergste van di roman nie dit was wat in die hoofstukke geskryf staan nie, maar dit wat mens jou kon verbeel tssen die hoofstukke op die plaas Welgevonden plaasvind ), het ons nie werklik geglo iets soos 'n verbod sou ons tref nie. Ons was mos darem Afrikaans, dan nie? En al het die establishment ons verpes, in die parlement teen ons gepraat, van preekstoele teen ons gepreek, op markpleine ons boeke verbrand (ja, hoor!), was ons mos tog darem "familie" dan nie? Maar eintlik moet ons geweet het dat as familie die dag begin baklei, dit viesliker en vreesliker as enige ander baklei kan word.

Party van ons het ook oor onsslf moerig begin raak. By die Kaapse Somerskoolberaad aan die begin van Sewentig, waar al die Sestigers op 'n knop gejaag is en Breyten ook sy sen- en vloekwoord gespreek het, was daar van ons wat begin vra het: As dit dan nou so is dat daar regtig nog niks in Afrikaans verbied is nie, is dit nie dalkies nt omdat ons nog niks geskryf het wat regtig die banvloek verdien nie ?

Nee, die tyd was soos 'n goeie vy aan die ryp word.

En toe Kennis dus sy verskyning maak - 'n boek wat die "gevestigde" uitgewers nie met 'n tang wou aanvat nie en waar Daantjie Saayman se steeds onvolprese klein uitgewerytjie Buren gewaag het waar die belangriker menere nie voor kans gesien het nie (net soos, ironies, die toe nog klein uitgewerytjie Human & Rousseau in 1962 dit gewaag het om dinge soos Silbersteins en Lobola te publiseer toe Nasionale Boekhandel dit nie durf waag het nie ) - was die tafel gedek, die gaste aangesete; en net die gemeste kalf het nog ontbreek.

En daar kap Oom Jannie Kruger - nie die grootste gees wat die literatuur in hierdie land al gesien het nie - toe vir Kennis. Gee bietjie hier, s hy, laat ons kyk. Al wat koerant is, begin spekuleer. Omtrent al wat leser is, begin briewe skryf. En al wat nuuskierig is, begin lees. Net, helaas: die boek is nou uit druk en Daantjie Saayman kan dit nie waag om die boek te herdruk voor uitspraak gelewer is nie, anders sit hy dalk met 'n outydse kleinhuisie vol onverkoopte eksemplare in sy stoorkamer, en boekhandelaars en biblioteke stuur terug, en 'n hele klomp riool slaat die fan.

Ter wille van Daantjie se finansies bel ek oom Jannie om te verneem na die welstand van my boek.

Nee, seg hy, die sensors se meule maal, soos God s'n, fyn, en ons moet maar geduld gebruik.

Maar wanneer kan ek ten minste wt of die boek verbied is of nie? vra ek.

Het jy die boek by die sensors aangekla? vra hy.

Nog nie eintlik daaraan gedink nie, erken ek ruiterlik.

Dan kan jy nie weet voor dit in die Staatskoerant gepubliseer is nie, lig hy my welwillend in. En voeg meesmuilend by: Of vind uit by Rapport - hulle weet mos altyd alles.

Bliksem, dag ek. Moenie my dare nie. En wetend dat die boek in elk geval klaar uit 'n hele paar oorde aangekla is en dat 'n Komitee besig is om dit te oorweeg, bel ek 'n goeie vriend en hy rel met sy sekretaresse dat sy k die boek aankla. En sy doen dit. En so teen die Vrydag, as ek reg onthou, word sy toe, soos die ander klaers (almal voorlopig nog anoniem), vertroulik verwittig dat die boek wel verbied gaan word, al kom dit eers volgende week in die Staatskoerant. En die sekretaresse s vir haar baas, en haar baas s vir my, en ek s vir Coenie Slabber by Rapport. En Sondag, soos oom Jannie nydig voorspel het, maar nooit in sy wildste drome verwag het nie, toe staan dit inderdaad in Rapport.

En toe bars die hel los.

'n Burlesk. Maar ook nie net snaaks nie.

Hartverwarmende dinge gebeur. Van heinde en ver word solidariteit bevestig, ook van totaal wildvreemde mense. En toe dit bekend word dat ek en Daantjie hof toe gaan met die saak om die sensors se besluit te betwis, begin die publiek geld skenk om die koste te betaal: honderde en honderde mense, hier tien rand, daar vyf, daar twee. Tot dit 'n aardige bedrag word. En skrywersvriende - Ampie Coetzee, John Miles, Ernst Lindenberg, Chris Barnard - rel voorlesings en proteste. Alles nogal opwindend.

Mr! - agter al die opwinding is daar iets van 'n verskriklike eensaamheid by die besef van wat dit regtig beteken.

Want as jy in 'n wreldtaal soos Engels skryf, mag 'n verbod op 'n boek jou steeds soos 'n skop in die maag tref, maar dit hoef nie die einde van jou skrywersloopbaan te beteken nie. In 'n klein en gesoleerde taal soos Afrikaans kn dit.

En dit was hoekom ek toe besluit het: nou goed, as ek dan in my eie taal stilgemaak word, dan sal ek - die Jirre weet! - in Engels ook begin skryf, net om te sorg dat ek ni stilgemaak sal word nie. En ek spring nog dieselfde dag daaraan om Kennis in Engels te vertaal - met die hulp van dierbare Engelse vriende, want my eie Engels is nog maar onwennig. (Tevore het ek, ook met vriende se raad en daad, Ambassadeur wel in Engrels vertaal, vir 'n uitgawe wat erbarmlik misluk het - ten minste ten dele, glo ek, omdat die Engels so onsekuur was, met die gevolg dat ek dit later moes hrvertaal. Maar dit was in elk geval anders. Dit was 'n keuse, 'n toontoets in die water. Di keer was dit kan-nie-anders-nie.)

Nog voor die saak behoorlik op dreef kon kom - voor drie regters wat die verbod eenparig sou handhaaf: een omdat hy van die eerste dag af al geen geheim daarvan gemaak het dat hy hierdie donnerse boek gaan laat afkak, maak nie saak wat die reg s nie; een omdat hy die wet, die hele wet, en niks behalwe die wet nie raaksien; en een omdat hy met die beste wil ter wreld moet erken dat die Sensuurwet hom nie tlaat om enigiets anders as nee te s nie - is die vertaling klaar.

En teen daardie tyd het die publisiteit al so hand uitgeruk dat dit oor die rande van Suid-Afrika in Time en Newsweek en godweetwaaroral inplas. En toe die boek eers in Engels gepubliseer is (in 'n aaklige uitgawe wat lyk soos 'n reklamebord vir 'n masseersalon), begin die boek, soos Ingrid se Kind, deur die wreld te loop, sonder 'n pas. En dit is direk draan toe te skryf dat Kennis se opvolgers dan sedertdien drie en dertig tale geleer praat het. Alles net omdat die sensors probeer het om dit stil te maak. Wat iets s oor sensuur.

Maar op 'n manier was dit nog net die begin. Want Kennis is om drie stelle redes verbied:

  • omdat dit pornografies is (daar kom seks tussen instemmende volwassenes voor);
  • omdat dit godslasterlik is (iemand s byvoorbeeld: "God, dis warm", en gebruik derhalwe die naam van die Here ydellik);
  • omdat dit die veiligheid van die Staat in die gedrang bring (onder meer slaap 'n bruin man by 'n wit vrou, en dit diskreditreer regeringsbeleid en stel dus die apartheidsregering en sy beleid in gevaar).

    En mits dese word die jag toe oopgestel vir die veiligheidspolisie. Wat deur die daaropvolgende jare (totdat ek vir FW sou vra of hy dan nie iets aan die saak gaan doen nie, en hy laat weet hy sal die polisie vra om ondersoek in te stel) alle denkbare vorme sou aanneem: die voor die hand liggende prosedures om my foon te tap en my pos te onderskep (altyd op so 'n manier dat mens wt dit word gedoen); of om vriende - en studente - om te koop of af te dreig om op my te spioeneer; om my huis te deursoek, my manuskripte en selfs my tikmasjiene te konfiskeer ("Ons sal hierdie huis afbreek," s die kolonel wat later hand sou bysit om Steve Biko te vermoor, "tot daar nie twee bakstene op mekaar bly staan nie"); om my op die wondbaarste ure van die nag te bel en met die dood te dreig; om my en my familie oral en altyd, selfs op vakansie, en selfs oorsee, te agtervolg; om my motor te probeer opblaas; om my huis te probeer afbrand . Ensovoorts, ensovoorts, ensovoorts. Tot mens geen enkele aand vir jou kinders kan nag s in die seker wete dat jy mreoggend nog saam met hulle gaan wakker word nie. En dit alles net, onthou asseblief, oor 'n boek. Nie oor ek 'n bom geplant het of 'n kragstasie opgeblaas het of 'n landmyn gel het nie.

    Dit laat mens dink, onder andere, oor boeke.

    Dit tap 'n mens se energie.

    Maar daar is kompensasies. Jy ontdek wie jou eintlike vriende is. Wie deur dik en dun by jou sal staan. En jy maak ontelbare nuwe vriende, waarskynlik die meeste van hulle lankal nie meer wit nie. En jy kry kans om in tientalle lande van die wreld apartheid aan die kaak te gaan stel. En bowenal: jy kry elke dag opnuut die versekering dat wat jy doen, op die een of ander (dikwels obskure) manier die moeite werd moet wees - anders sal die bliksems jou nie so onnodig ernstig opneem nie.

    Wat is, te midde van dit alles, die heel moeilikste?

    Om met elke boek wat jy skryf, in die diepste diepte van jou gewete te probeer luister na wat daardie boek self vir jou s oor hoe hy geskryf wil en moet word: om nie enigiets sagter te stel om volgende keer by die sensors te probeer verbykom nie; maar om ook nie moedswillig enigiets strker te stel net om hulle uit te tart nie. Want skryf is 'n donners moeilike - en gevaarlike - ambag. En as jy nie bereid is om drmee eerlik te wees nie, moet jy liewer nooit die pen opneem nie.

    * * *

    Dit was nog nie die einde nie. 'n Paar jaar later, soos wat die wet voorskryf, het ons weer die boek voorgel om te toets of die sensors al intussen van snaar verander het. O, en daar's vriende wat nou binne-in die bedeling sit en belowe om jou saak di keer te steun - selfs al weet almal dat weinig beto hond haar-af gaan maak by die jongste hoofsensor, die onillustere regter Lammie Snyman. (Iemand het gevra: Kan mens 'n bter naam vir 'n sensor bedink as Sny-man?) Daar is 'n literator van faam wat s hy gaan dit op literre meriete "stoot" - maar wat dan, op die kritieke moment, nie meer kan stoot soos in sy jeug nie. 'n Man van God wat jou voor die Here belowe jou saak is in veilige hande: hy gaan met volle morele oortuiging die boek se saak steun. En wat dit agterna tog ietwat moeilik vind om te verduidelik hoe die hervoorlegging dan toe eenparig verwerp is?

    Maar dan, op 'n tyd dat dit skaars nog saak maak, is daar wr 'n verskyning voor die Raad. Di keer is dit Koos Human self wat die appl loods en wat van die beste regslui in die land inspan. En heel belangrik: nadat die Raad met die skandalige verbod op Stephen le Roux se Magersfontein o Magersfontein sy gat gesien het (in die oorspronklike betekenis van die uitdrukking), verdwyn die Sny-man uit sy pos en die veel oopkoppiger Kobus van Rooyen neem oor. En bowenal: teen di tyd is literre sensuur in Suid-Afrika regtig nie eintlik meer van belang nie, omdat die apartheidsregering op soveel nder fronte moet bontstaan om die dyke van verspoeling te red: vakbonde, kerke, universiteite, internasionale sanksies En mits dese is die Kennis-hoofstuk dan toe ook min of meer, godlof, afgesluit.



    LitNet: 04 Augustus 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.