SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Seks en dood — die twee groot eksistensiŽle temas


Coenraad Walters

Om liefde te score
Pierrť Uys
Homeros
2002

Dit blyk uit al hoe meer flieks, boeke en debatte dat daar twee groot eksistensiŽle temas uitkristalliseer: seks en dood. En as ’n mens orgasme se bynaam kleindood in gedagte hou, lyk dit amper asof ons kan praat van ’n kulturele universele teorie, iets waarby die natuurwetenskaplikes nog moet uitkom.

Die manier waarop die dood in al sy vorme die menslike bestaan bepaal, blyk ook uit Pierrť Uys se roman. Ek het dit gistermiddag (Saterdag) gekoop, aan die lees gespring en dit voor kerk vanoggend klaargemaak. Enersyds dui dit daarop dat Uys ’n vlot teks geskep het wat vinnig lees en hierdie leser geboei gehou het, maar andersyds ook dat hierdie bespreking nie die deurtastende resensie is wat ’n literator of queer teoretikus sal wil lewer nie, maar ’n voorlopige leesverslag.

Pieter is ’n gay boekhouer wat vir homself werk. Een aand tel hy — uit frustrasie en eensaamheid — ’n rent op genaamd Steven. Daar is dadelik ’n diepgaande verbintenis tussen die twee: hulle is duidelik vir mekaar bedoel. Maar die boek is 150 bladsye lank en die lewe is nie so eenvoudig nie. Benewens Pieter se vriende soos Ousus, Jimmy, Sef en Larry, is daar sy eks, Dirk, wat jaloers is, en ook Steven se dwelmverslawing. Gelukkig het die rugteks ’n mens reeds vertel dat die skrywer ’n afgetrede onderwyser is wat nou liefdesverhale skryf en reeds ’n vyftal by ’n ander uitgewery gepubliseer het. Die eind-goed-alles-(hopelik)-goed-slot is dus nie te veel van ’n verrassing nie, wel ’n verligting.

Dit sal interessant wees om Uys se ander liefdesverhale met hierdie een te vergelyk. Per implikasie het sy vroeŽr verhale nie gay temas nie; ek sal graag wil sien hoe daardie stories verloop. In Om liefde te score tref die karakters my as oortuigend, en hul taalgebruik (soms grof, en met meer oortuigende gebruik van Engelse woorde as in ander onlangse werk) gepas vir die situasie. Soms kom die gesprekke egter ’n bietjie prekerig oor, veral in die tonele waar Larry met Pieter oor godsdiens gesels. Miskien probeer Uys effens te hard om aan die leser ’n oorsig oor die gay lewe te gee. Die verskeidenheid karakters is ook tog verteenwoordigers van gay stereotipes; die uiteenlopende reaksie van ouers en ander betrokkenes miskien net te eksemplaries.

Tydens vanoggend se kerkdiens het jongmense openbare belydenis van geloof afgelÍ. Een van die vrae waarop hulle “Ja!” moes antwoord, was: “Beloof jy om enige leer wat met die Bybel in stryd is, te verwerp?” Dit het my weer laat besef dat die karakter Pieter se godsdiensstryd relevant is. Onlangse publikasies soos Pieter Cilliers se outobiografiese ’n Kas is vir klere, Jean du Plessis se Oor gay wees en Gay en gelowig? van Pieter Oberholzer en Carel Antonissen het aangesluit by gesprekke in Suid-Afrikaanse kerke, veral die NG Kerk, oor houdings teenoor gay mense en veral gay lidmate. Uys laat nou hierdie debat as ‘t ware tot verhaal kom, en toon verhaalmatig hoe diť “nuwe” interpretasie van die Bybel gays se godsdiensbelewing kan vorm. Hoe oortuigend dit storie word, moet lesers maar self besluit. Dat dit ’n essensiŽle verhaalelement is, is waar; ek dink egter die verhaal sou kon baat vind by ’n langer tydperk in die skrywer se laai.

Ek is tans besig om Ethan Mordden se boek Some men are lookers te lees. Hierdie Amerikaner het nou al ’n hele aantal kortverhaalbundels uitgegee waarvan die verhale byna almal uit die mond van ’n eerstepersoonsverteller, Bud, kom en oor ’n redelik standvastige groep karakters handel, met so nou en dan ’n nuwe persoon (of persoonlikheid, soos die drag queen met grimering deur Jackson Pollock) om sake op te kikker. Die verhale lees soos hoofstukke van ’n roman, aangesien die karakters oor soveel bladsye heen opgebou word en kans kry om op te tree.

Miskien moet Uys sy fassinerende karakters neem en hulle gewoon laat leef in Gay Johannesburg, soos Mordden s’n in Gay Manhattan, en Armistead Maupin se Tales of the city-karakters in San Francisco. Daar moet baie stories geskryf word oor Steven-en-Pieter, oor Ousus en Jimmy, en ook oor Larry; Sef se lewe kan weer opgeroep word; miskien kan ’n mens meer in storievorm uitvind omtrent die tyd toe Pieter en Dirk bymekaar was. Heelwat van die stories sal moontlik nekomgedraai word, maar wat oorbly, behoort dan meer organiese vertellings te wees waarin die Groot Kwessies van die Gay Bestaan groei uit hul alledaagsheid, en ook met ’n ligter hand aangebied kan word. Lees mooi: Mordden preek ook maar lekker, veral waar sy karakters iemand wat pas uit die kas geval het, “touwys” maak. Tog is die ironiese toon en ligte aanslag twee tegnieke wat die prekerigheid oortuigend laat pas in die karakters se monde.

Ek meen dat Uys se roman reeds ’n groot stap vorentoe is nŠ van die onbeholpe tekste wat opgeneem is in Party van ons: die Homeros leesboek 2001 (minstens een daarvan het ook gehandel oor die verhouding tussen ’n rent en ’n score). Hy moet dalk nog werk aan sy visuele woordeskat (is “die maer lyf met die koper hare” bedoel as motief of irritasie?), en hopelik sal sy uitgewer in die toekoms sorg vir beter proefleeswerk.

Tog kan Uys ’n positiewe rol speel om vir die Suid-Afrikaanse gay gemeenskap ’n oortuigende stem in ons fiksie te help uitbou. Ek hoop hy aanvaar die uitdaging.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.