SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Een van my gunsteling “kykkookboeke”

Sonia Cabano

Klik op boekomslag om by kalahari.net te bestel. 20%-afslag tot 9 Februarie!

Bestel nou by kalahari.net!
Happy Days with the Naked Chef, deur Jamie Oliver. Penguin, 2004.
(Slapband, 320 bladsye, ISBN: 0141003405. R 180 (R 144 tot 9 Februarie)

’n Aantal jaar gelede het ’n vriendin wat by ons tuisgegaan het, aangebied om vir die gesin aandete aanmekaar te slaan.

Nie om enigsins aan haar sprankelende persoonlikheid afbreuk te doen nie, maar sy is die soort mens van wie ek eerder ’n geselsie oor die meriete van “pan-stick”-grimering sou verwag (sy’s ’n aktrise) as ’n nabetragting oor die laaste crŤme brulee wat sy genuttig het, so ek was dus versigtig optimisties.

By haar terugkeer van die winkels met ’n yslike sak vars kruie onder haar blad en wat na my geoefende oŽ soos ’n baie karige stukkie hoender gelyk het, het sy fluks aan die werk gespring, om skaars minute later ’n geurige dis op die tafel neer te plak. Wat ons in ’n japtrap verslind het.

Nie ’n sweetdruppeltjie op haar rosige voorkoppie te bespeur nie, en ’n selfvoldane glimlag speels op haar beroemde lippe.

Ek was tweevoudig verbaas: dat sy die resep onthou het sonder om enige boek of blaai te raadpleeg, en dat die ete so verstommend lekker was.

“En waar leer jy so vlytig kook, nou?” het ek deur ’n mondvol gemompel.

“Jamie Oliver, natuurlik,” was haar kontante antwoord.

Ek is nie skaam om te erken dat ek in ’n kits al Jamie se boeke uit die naaste boekwinkelrakke gaan opraap het in ’n (vergeefse) soektog na daardie heerlike resep nie (dalk moes ek meer TV gekyk het, want ek kry dit nÍrens), en dat ek in die proses ’n ... wel nie heeltemal aanhanger nie, maar besliste waardeerder van hom geraak het. Want kyk, ek is net so ontvanklik vir bemarkingsfoefies as die volgende vrou in die straat, en my kombuiskroon sal ek altyd lig vir ’n meester op sy terrein ...

Nou ja. Die kombuisknaap met die sappige pruilbek wat my prikkelpopvriendin so moeiteloos in ’n kombuisengel kon laat verander, verdien dubbel en dwars sy Koninginsmedalje, na my mening. Ril soos jy wil vir daardie stoottong (ek’t ’n sagte plekkie vir kokke met spraakdefekte), hy kook ’n barshou los in die kombuis. En nÍrens beter so as in Happy Days with the Naked Chef, wat so pas deur Penguin SA vir die eerste keer in slapband verskyn het.

Enige ou wat dit regkry om nie alleen kosmaak sexy en funky te maak nie, maar ’n praktyk so alledaags en eenvoudigs soos om ’n hemp te knoop, is ’n held in my boek.

Ja wat, Jamie Oliver het nie uit die lug geval nie, dis gewis, maar dat hy as antwoord gekom het op uitgewers en bemarkers se gesamentlike gebede, is onbetwisbaar.

Op die presiese moment wat die ganske Engelse bevolking, van straatsmouse tot voormalige Sloane Rangers, eensklaps Tony Blair se “Cool Brittannia” aan die boesem gegryp het en deur die bank Mockneys geword het, toe selfs die Britse vorstehuis hulle “plummy” aksente platter geskaaf het om meer toeganklik en verteerbaar vir die massas te word na die groteske blaps met Diana se begrafnisdebakel, en die Britse glanstydskrif Vogue sonder ’n sweempie ironie sewepond Topshop (die Britse Mr Price) bloesies aangeblaas het as DIE nuutste mode, is ’n jonge Jamie raakgesien deur ’n arendoog-tv-vervaardiger. (Mens sou dink sy was dalkies ’n meer verdienstelike ontvanger van die OBE, maar wat! Dalk het die Koningin haar vir tee en ’n rugklop genooi na die gedoente. Uit ervaring weet ek mos ook dat agter elke suksesvolle tv-kok ’n nie-heel-verbaasde produksiespan skuil nie ...)

Dis dalk raadsaam om in ag te neem dat Jamie se kleurryke, uitbundige boeke, en die rof-en-los programme waaruit die hele Jamie-fenomeen spruit, ’n hedendaagse spin-sensasie is. Sonder die ontwikkeling van “leefstyl”-tydskrifartikels en soortgelyke tv-vermaakprogramme uit die hand van ontwerpersghoeroes, sou daar so iets bes moontlik nie kon plaasvind nie.

Ja, hy’s koddig en skattig, en die kos lyk — en IS — verslindbaar lekker, soveel so dat jy sommer blaaie uit die boek wil ruk en begin kou — maar ... mense eet nie so nie, skat. Nie diť wat ek geken het nie, in elk geval.

En dis juis een van die aspekte van die jongeheer se tsunamigolf van gewildheid wat ek wil aanroer: dat sy eerste sukses te danke is deels aan ’n hoogs gesofistikeerde, restaurantversadigde glamourati se uitgekuierde lus vir nog nuwigheid — NOG vreemder kombinasies, meer eksotiese bestanddele, altyd uit verder, egter oorde.

Dis soms moeilik vir ons plaaslikes om te verstaan presies hoe ’n alledaagse tydverdryf restaurantgangery is vir die verstedelikte inwoners van die koue Noorde, en hoeveel druk daar is op sjefs om te vermaak, soos Pop Idols en sepiesterre, kompleet met familiefoto’s en skoonheidswenke uit daai oorde.

Bemarking, en seker die uitgewersbedryf, is immers ’n geval van die een hand was die ander, maar ek weet uit dure eerstehandse kennis dat die “sonnige” Engeland waaruit hierdie aantreklike man sy maklike, gemaklike en gesonde kookstyl verkoop, ook desnoods die Brittanje is wat bykans platgelÍ is met betonsnelweŽ, waar omtrent die hele beesbevolking onlangs tot niet gemaak is nadat dit bevind is die Empire se British Beef smelt die populasie se kollektiewe brein tot sop, en waar jy tot vandag toe in November in die Skotse Hoogland nie ’n piesang of vars kruieblaartjie kan koop ten dood of stoot nie.

Ek herkou dus twee keer aan die sogenaamde blitssmaak-supersensasie.

Uit al sy boeke is Happy Days Jamie Oliver se mees verbruikersvriendelike, en ai! dis mooi — volpunte aan die briljante fotograaf David Loftus, en die vlymskerp boekontwerpers. Huidiglik sou ek sÍ dis een van my gunsteling “kykkookboeke”, nŠ Maggie Beer se verruklike Maggie’s Table. Minder “cheffy” ook as die twee voorlopers, en ook straks minder boheems. (Hoe dikwels raak JY lus vir beet tagliatelle met pesto, mossels en witwyn, of die verregaande “ravioli of borage, stinging nettles marjoram and fresh ricotta”, en wanneer laas het ’n boervrou vir jou sop van aartappel, jerusalem-artisjok, tiemie, mascarpone en haselneute voorgesit?)

Een kritiek, en ’n geldige een ook, is dat die meeste bestanddele wat ou Jamie so liries stem, haas onbekombaar is. Nie net vir ons nie, maar ook vir die meeste van sy eie landsgenote. Vergeet tog nooit die outjie shop, en kook, in Londen nie!

En bygesÍ, soms is hy net so kommin dat jy hom wil klap, nŤ? Terug in die kombuis wil skop en sÍ, “Dankie, dis heeltemal genoeg nou, waa’s die sop?!”

Ek geniet tog terdeŽ sy maklike oordrag van restaurantsjef-tegnieke na die tuiskombuis, soos om vleis, vis en groente teen hemelhoŽ hitte te rooster, en ’n wakker kok sal seker baat vind by sy oordeelkundige plaasvervangingswenke (die Siciliaanse geroosterde “brill”-resep op bladsy 146 in Happy Days werk perfek met ’n stukkie Kaapse geelstert — probeer gerus).

Die grootste les wat uit Jamie se losse omgang met kos te leer is, en ’n genotlike een daarby, waarby ons as eters en genieters slegs kan baat, is om die beste moontlike bestanddele te soek, en so min as moontlik daaraan te doen. Dit gaan hier immers om smŠŠk. En dit, liewe lesers, is die een groot bemarkingstruuk, enige rojale toekenning waardig bloot vir die intelligensie van die oŽverblindery: dat wat aan ons beskikbaar is op winkelrakke, hoegenaamd na iets proe.

Maar koop gerus die boek, en gebruik dit — net solank jy dit staanmaak tussen Peter Veldsman se Kos van die Eeu, Ina Paarman se Tydlose Treffers, en Phillippa Cheifetz se hele rits op jou boekrak. Want lekker bly tog lekker, vanwaar dit ook al kom.

Agterop Return of the Naked Chef, Jamie se tweede boek — ook ’n blitsverkoper uit sy kraal — verkondig ’n aanhaling uit die gewigtige Daily Telegraph-koerant so ewe: “He looks like a rock star, sounds like a yob and cooks like an angel.”

Verbeel jou nou ’n kruisbestuiwing, hier in Suid-Afrika, tussen Arno Carstens, Bobby Skinstad en Peter Veldsman, en jy kan verstaan ek het my werk vir my sommer uitgeknip om kers vas te hou, nŤ?



6 Februarie 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.