SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

AHM Scholtz: Die stille waardigheid ...

Erns Grundling

Die bekende skrywer AHM Scholtz - wat veral bekend is vir sy bekroonde roman Vatmaar - is onlangs op die ouderdom van 81 oorlede. LitNet het 'n paar vrae gestel aan Annari van der Merwe (AvdM), wat sy boeke by Kwela uitgegee het. Sy het ook goedgunstiglik 'n paar voorheen ongepubliseerde foto's beskikbaar gestel.

Klik op die foto vir 'n vergroting en volledige onderskrif!

 
M-Net Boekprys word oorhandig
 
Saam met Annari en gesin
 
Jakes Gerwel met Vatmaar
 
Saam met Chatherine Knox
 
Die Perdeskoen, Mafikeng

1. Hoe het jy hom die eerste keer ontmoet?

AvdM: Ek het natuurlik eers met die manuskrip kennis gemaak, wat meer in Engels as in Afrikaans was. Die manuskrip is by David Philip voorgelÍ en gelukkig het Russell Martin, die redakteur wat dit onder oŽ gekry het, genoeg savvy gehad om te sien daar steek iets in. Kwela het toe pas begin, en toe stuur hy die manuskrip vir my aan. Die basiese vertelling was in Engels, goed deurspek met Afrikaans, maar mnr Scholtz kon nie sy karakters Engels laat praat nie en ander begrippe kon ook net in Afrikaans uitgedruk word. Toe het ek en hy per telefoon, en seker brief ook in daai dae, ooreengekom dat die manuskrip in Afrikaans teruggesit moet word. Hy baie teŽsinnig aanvanklik. Hy het nie belang gestel om dit self te doen nie - hy het toe al aan akute asma gely en hy het gevoel hy wil liewer sy oorblywende tyd aan iets meer skeppends spandeer. Wium van Zyl het die eerste rowwe Afrikaanse weergawe gemaak, en toe het ek oorgeneem en uiteindelik is ek op Mafikeng toe sodat ek en mnr Scholtz saam deur die manuskrip kon werk sodat hy tevrede kon wees dat die Afrikaans sy Afrikaans was - daar was oorgenoeg aanduidings, selfs in die oorwegend Engelse vertelling, dat sy Afrikaanse taalgebruik uniek is en dat 'n buitepersoon sou vashaak. Ook sy spelwyse, wat sover moontlik behou is, kon net van hom kom. Een van die redes, en daar was ander ook, waarom hy in Engels geskryf het, was juis dat hy net in Engels onderrig is, en nooit voorheen Afrikaans geskryf het nie, net gepraat het. VanweŽ sy gebrek aan kennis van geskrewe "standaard"-Afrikaans was hy aanvanklik huiwerig om dit te skryf. Maar daar was ander redes ook. Ons leef mos al baie lank in 'n uiters komplekse en verskuiwende sosiale omgewing. Sy volgende manuskripte was egter almal in Afrikaans.

2. Wat het vir jou die meeste uitgestaan van sy karakter?

AvdM: Die stille waardigheid wat hom as mens omgewe het, die nederigheid (wat nie verwar moet word met slapheid nie), sy respek vir ander, en sy soeke na dieper (geestelike) waarhede as wat 'n mens selfs in die kerk kan vind. Ook sy eiesinnigheid en mensekennis. Hy het geweet wat hy wou en wat hy weet, en dit is gedistilleer uit bitter ervaring - van armoede, swaarkry, eensaamheid, teleurstelling, uitgeslotenheid (vanweŽ sy huidskleur). Hy het ook 'n besondere begrip van en vir vroue gehad.

3. Hoe dink jy sou verdere skool- en tersiÍre opleiding sy skryfwerk beÔnvloed het?

AvdM: Dit sou dit wat juis uniek aan sy skryfwerk is, vernietig het. Moet geen fout maak nie: AHM Scholtz was nie naÔef nie - die kennis waaraan hy 'n behoefte gevoel het, het hy self gaan soek en gevind. Hy het nie gesoek na literÍre teorie nie. Hy het gesoek na dieper waarheid, en dit vind mens nie noodwendig op hoŽrskool of in tersiÍre inrigtings nie. Hy het die merkwaardigste esoteriese boeke gelees. Eers na sy eie boeke verskyn het, het hy vir die eerste keer 'n klompie Suid-Afrikaanse romans gelees. As hy in Afrikaans skoolgegaan het - maar dit was nie 'n opsie in daardie tyd nie - sou dit hom waarskynlik groter selfvertroue gegee het ten opsigte van die gebruik van Afrikaans as skryftaal, maar dan weer eens, dan sou hy ook baie van sy eie taalgebruik afgeleer het, wat juis 'n aanwins vir Afrikaans was.

4. Dink jy jonger generasies het genoeg waardering vir die werk van iemand soos AHM Scholtz?

AvdM: As jy gesien het hoe oud en jonk op die toneelstuk gereageer het, sou ek sÍ ja. Al kon die toneelstuk nie reg laat geskied aan die subtiliteit en genuanseerdheid van sy karakters nie. Daar is geen manier vir my om te meet hoe jong mense op die boek self reageer nie. Nog minder hoe hulle op die werk van "iemand soos" hy reageer. Ek kan dus nie die vraag beantwoord nie. Wat presies is "jonger generasies" in ieder geval?

5. Is daar nog skrywers soos AHM Scholtz, en wat word gedoen om aan hulle blootstelling en publikasiemoontlikhede te gee?

AvdM: Dis tien jaar later. Die gelykmaking in en deur formele onderwys het 'n dekade gehad om 'n uitwerking te hÍ. Wat nie reeds vasgelÍ is nie, is verlore, vrees ek, want daardie generasie potensiŽle bruin en swart skrywers is aan die verdwyn vanweŽ ouderdom. Hulle soek nie meer uitgewers nie.

Daar is twee ander skrywers wat deur Kwela uitgegee is, wat geskryf het uit 'n soortgelyke "agterstand" (wat hulle deur hulle eie gedrewenheid tot 'n wins gemaak het in hulle skryfwerk): Karel Benjamin (Staan uit die water uit! en Pastoor Scholls trek sy toga uit) en Agnes Lottering (Winnefred and Agnes). Hulle het ook net laerskoolopleiding gehad. Oom Kallie was 'n ander storie, maar Agnes Lottering het haar, soos AHM Scholtz, uit haar beperkte omgewing gelees en gedink, al bly sy steeds in 'n nederige huisie in 'n township buite Durban, en voel die gebrek aan kanse in haar lewe nog steeds sterk. Daar is geen verband tussen intelligensie en formele opleiding nie. Die probleem is dat dit byna sonder uitsondering gelykgestel word. Mense sonder fomele opleiding kry dus nie geleenthede nie, of word met minagting behandel. Dit is die groot tragedie.



LitNet: 8 Desember 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.