SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Saartje Baartman in die letterkunde

Helize van Vuuren

      Whether you like it or not,
      your genes have a political past,
      your skin, a political cast,
      your eyes, a political slant.
           Wislawa Szymborska

I. Coree en Krotoa/Eva

In die postkoloniale literÍre diskoers is daar wÍreldwyd ’n intense bewuswording van die inheemse stem en pogings om dit te agterhaal. Wat die Khoikhoi betref, is die oorspronklike elf Khoi-tale in Suid-Afrika, buiten enkele Nama en ‘Auni-sprekers (Traill, 1995:2) onherroepelik uitgesterf. Die Khoi is volledig geakkultureer in ander bevolkingsgroepe — hul tale en kultuur tot niet.

Gaan ’n mens op soek na oorspronklike Khoi-tekste of uitsprake deur Khoi-mense, blyk daar ’n skromelike handjievol te wees. Maingard se Koranna Folktales (1962) bied ’n paar diereverhale en een oor die oorsprong van die mens (wit, swart en bruin). Wilhelm Bleek het in 1864 Khoi-fabels en -verhale gepubliseer in sy Reynard the Fox in South Africa. In Stephen Gray en Johan van Wyk se bloemlesings van Suid-Afrikaanse poŽsie is daar enkele dieregedigte en gebede aan Tsui //Goab, of die donderweer, vertaal deur Wilhelm Bleek (1864), of opgeteken deur Schapera (1930) in die oorspronklike Khoi.

Des te meer frappant is die verhaal en opgetekende uitspraak van die Khoi-man Coree, die SaldaniŽr. In Mei 1613 is Coree saam met ’n makker aan die Kaap met geweld ontvoer deur die bemanning van ’n Engelse skip, die Hector. Die makker sterf op see, maar Coree word na Londen geneem, waar hy algaande ’n bietjie Engels leer onder die voogdyskap van sir Thomas Smythe. Hy gebruik sy nuwe talige vermoŽ egter hoofsaaklik om ’n intense drang na sy vaderland mee uit te druk:

... now one would think that this wretch might have conceived his present, compared with his former condition, as Heaven upon Earth; but did not so ... for never any seemed to be more weary of ill usage than he was of courtesies; none ever more desirous to return home to his country than he; for when he had learned a little of our language he would daily lie upon the ground, and cry very often this in broken English, “Coree home go, Souldania go, home go” (Elphick, 1985:78; my kursivering).

Hierdie opgetekende weeklag van Coree, uit ’n skeepsjoernaal van 1655, is die motto vir Christopher Hope se roman The Hottentot Room (1986) waarin ballingskap sentraal staan. Coree se verhaal het ’n gelukkige einde as hy in Junie 1614 afstap op die Kaapse kus waarheen die Hector hom teruggeneem het, en herenig word met sy Khoi-genote. Sy akkulturasie was klaarblyklik nie ’n suksesverhaal nie.

Heelwat anders verloop die storie van Krotoa/Eva wat tydens Jan van Riebeeck se nedersetting Nederlands leer, as tolk optree, en trou met Van Meerhoff, een van Jan van Riebeeck se sieketroosters. In “Krotoa’s Story” het Karen Press ’n aangrypende verhalende gedig geskryf oor diť Khoi-vrou se wedervaringe (1990:45-68). Episodes van dronkenskap en prostitusie, na haar man se vroeŽ dood, lei tot haar vlug terug na die Khoikhoi, onmiddellike arrestasie, en veroordeling tot vyf jaar lange ballingskap op Robbeneiland, waar sy in 1674 sterf:

they would not take me in, hottentot woman
nor would they let me run away, they broke my legs

mine are the crippled footprints
worn into the rocks along the harbour wall
(Press 1990:66)

Press eindig haar gedig met die reŽls “Krotoa became Eva/and then became again/Eva/died at the Cape, 29th July 1674/and is remembered”.

Die werklikheid was veel harder: na haar gedaanteverwisseling van Khoi na geakkultureerde mevrou Eva van Meerhoff, is terugkeer na haar eie Khoi-mense deur die Kaapse owerhede vir haar onmoontlik gemaak. Krotoa/Eva het ’n half-geakkultureerde “tussenmens” geword: tussen tale en tussen kulture het sy as verstoteling op Robbeneiland gesterf. Sy kon nie binne die ‘ordelikheid’ van die Westerse wette leef nie, het oortree met drank en prostitusie. Hierdie seksuele losbandigheid van Eva/Krotoa berei die weg voor vir die siening van die Khoi-vrou later in die letterkunde as “Hottentot Venus”.


II. Saartje Baartman

Dit was die Oos-Kaapse Kwena-vrou Saartje Baartman (1787?-1815) wie se lewensloop aanleiding gegee het tot vele literÍre uitbeeldinge van die wulpse “Hottentot Venus”. Tydens Saartje se lewe was die Khoi-kultuur reeds grotendeels vernietig. Van haar huisie op die Kaapse Vlakte is sy in 1810 na Londen geneem waar sy ten toon gestel is om haar (vir Westerse oŽ) rare anatomie. Klagtes oor diť mensonterende behandeling gee aanleiding tot ’n hofsaak, maar Saartje se getuienis dat sy vrywillig daar is en die helfte van die profyt kry, lei daartoe dat die tentoonstellings voortgesit word. In 1815 word sy na Parys geneem, waar sy aan die einde van die jaar sterf aan infeksie en alkoholisme. Die wetenskaplike Cuvier doen ’n disseksie, aangevuur deur die eeue-oue hipotese oor Khoi-vroue se veronderstelde “Hottentot apron”. Tot ’n dekade gelede was haar genitalieŽ-op-versterkwater ten toon gestel in die Musťe de’l Homme in Parys, langs die brein van beroemde wetenskaplikes soos Broca.

Die bohaai rondom Pippa Skotnes se uitstalling “Miscast, Negotiating the Presence of the Bushmen” het die aandag opnuut gevestig op Saartje se menslike oorskot, soos ook die hoof van die Xhosa-hoof Hintsa, en gedroogde Boesmanhoofde in ’n Londense museum.

Daar was vertoŽ om haar oorskot terug te bring na Suid-Afrika en dit hier te begrawe. Dit het egter eers op niks uitgeloop nie, deels omdat museumhoofde net bereid was om met nasate te onderhandel, en deels omdat wetenskaplikes die waarde van diť menslike liggaamsdele vir die wetenskap bepleit het. Merkwaardig dat Diana Ferrus se gedig daarin kon slaag om die droŽ ratte van Franse burokrasie aan die beweeg te kry ... dat poŽsie sulke oorredingsvermoŽ kan hÍ dat die Franse parlement nou geswig het en dat Saartje se oorskot terugkom na haar geboortegrond (volgens die besluit in Februarie 2002).

Diť debat is nog lank nie afgehandel nie, soos Moira Simpson duidelik maak in haar boek, Making Representation. Museums in the Post-Colonial Era:

The methods of acquisition of human remains and the reasons for their collection anger indigenous peoples and others who feel that they are evidence of colonial and racist attitudes, reminders of nineteenth-century European attempts to prove the superiority of the white race over others (1996:175).

Sy wys daarop dat kopvelle, vingers en genitalieŽ deur die jare geleidelik uit museums se etnografiese versamelings weggehaal is, want

Their removal, while demonstrating changing attitudes and greater sensitivity towards the public display of gruesome mementoes, also serves to remove such items of unsavoury history from the public consciousness and the actions of their collectors from the public conscience (1996:177).

Bestaande opvattinge wil dit hÍ dat Saartje in alle opsigte die slagoffer van uitbuiters was, ’n patetiese figuur wat die vernedering gelate ondergaan het. Stephen Gray maak ’n saak uit, gebaseer op minder bekende feite wat onlangs aan die lig gekom het, dat sy ’n sterker, weerbaarder figuur was as wat sy voorgestel word. Sy was mev Ceasar, getroud, met twee kinders, gedoop in Manchester, intelligent, het Afrikaans, Engels en ’n bietjie Frans gepraat, en het haar toestemming gegee dat Cuvier haar na haar dood kon ondersoek. Volgens Gray het Saartje waarskynlik meer geweet oor hoe om die sisteem uit te buit as wat die sisteem haar uitgebuit het (Mail & Guardian Augustus 1996:1-2).

Gray het in 1979 ’n bundel poŽsie gepubliseer, Hottentot Venus, waarin Saartje in die titelgedig aan die woord gestel word agter die masker van “Kaatje Kekkelbek”:

My name is Saartje Baartman and I come from Kat Rivier
They called me the Hottentot Venus
they rang up the curtains on a classy peepshow two pennies
two pennies in the slot and I’d wind up.

Die gedig eindig met ’n profetiese siening van die bohaai wat onlangs ontstaan het oor Saartje se menslike oorskot in die Paryse museum, en die aandrang van nasate van die inheemse Khoisan op hul regte aan die einde van die twintigste eeu:

Saartje Baartman is my name and I know
my place I know my rights I put down my foot
and the Tuileries Gardens shake I put down
my foot and the Seine changes course I put
down my foot and the globe turns upside down
I rattle my handful of bones and the dead arise.

Dat Saartje Baartman as inheemse vrou, wat ten toon gestel en nadoods aan ’n disseksie van haar brein, maar veral haar genitalieŽ en haar steatopigiese posterieur onderwerp is, steeds die postkoloniale verbeelding aanspreek, blyk uit twee literÍre tekste uit 1996: die Amerikaner Susan-Lori Parks se drama, Venus (1996) en die Afro-Amerikaanse digter Elizabeth Alexander se digbundel The Venus Hottentot. Alexander se Saartje praat vanuit die dood, vanaf die disseksietafel, met uitdagende, ironiese kommentaar op die geleerde se handelinge:

Monsieur Cuvier investigates
between my legs, poking, prodding,
sure of his hypothesis.
I half expect him to pull silk
scarves from inside me, paper poppies,
then a rabbit! He complains
at my scent and does not think
I comprehend, but I speak
English. I speak Dutch. I speak
a little French as well.

In Colonial Desire. Hybridity in Theory, Culture and Race (1995) wys Robert Young daarop dat rassisme in die neŽntiende eeu twee paradoksale, teenstrydige aspekte ingehou het: aan die een kant afsku van die vreemde, onbekende “ander”, maar terselfdertyd ’n fetisj met die veronderstelde ongebreidelde seksualiteit van die “ander”: “Colonialism was always locked into the machine of desire” (1995:181).

Ook Stephen Clingman merk hierdie vreemde skakeling in neŽntiende-eeuse denke op:

Ö the linkage between racism and sexual projection (...) which in themselves appear obsessive, compulsive, and rather pathological (...) seems to derive from standard nineteenth-century notions or icons, such as the Hottentot Venus, which (...) was a primary marker, as an image, of a supposed black sexual degeneracy and biological inferiority (1991:238).

In die slotsin van sy boek waarsku Young teen die fantasie van postkoloniale kulturele teorie dat diegene in die Westerse akademie hulself bevry het van ’n rassisme wat “gemerk” is deur ’n obsessie met seksualiteit. Volgens Gray is Parks se drama, Venus, niks meer as ’n gebanaliseerde karnivaleske opvoering van blootgestelde agterstewes en seksualiteit nie. Ook Alexander se gedig neig na die banaliserende toe.

’n Noemenswaardige uitsondering in die galery van Khoi-vroue is Jan Rabie se fiktiewe karakter Keas, of Lea, soos sy deur die boere genoem is. In Die groot anders-maak (1964) situeer Rabie die Khoi-groep in 1730, na die vernietigende pokke-epidemie van 1713, en met hul lewenswyse en kultuur onder druk van akkulturasie deur die blanke trekboere. Deur haar twee name gee Rabie aan Keas/Lea twee identiteite — Lea was sy toe sy by die boere gebly het, maar hoewel sy ’n kind van ’n wit boer het, word sy toegelaat om terug te keer na haar Khoi-mense, die Grigrikwa, mits sy die nodige rituele suiwering, die “groot anders-maak” ondergaan. Die einde is egter in sig vir die Grigrikwa-kultuur, en dis duidelik dat hul bestaan, hul godsdiens en hul taal reeds op ’n mespuntjie kantel. Opvallend van Rabie se uitbeelding van Keas/Lea is dat sy geensins as promisku voorgestel word nie. Daar is nie sprake by die uitbeelding van hierdie Khoi-vrouekarakter van onbeteuelde drange wat buite beheer is nie.

Weliswaar is sy ook ’n tussenganger tussen twee kulture, maar sy eindig nie as ’n verstoteling soos Krotoa/Eva nie. Kenmerkend van Die groot anders-maak is die volgehoue inbeelding in die tradisionele leefwÍreld van die Khoi, kompleet met gebede, rituele, godsdiens en taalgebruik. Diť roman is vandag waardevol veral vir die insig wat dit bied in die vergange Khoi-taal en -kultuur, en in die proses van interkulturele wisselwerking. (Daar is vandag groeiende waardering vir hierdie roman van Rabie, wat in die opwinding rondom die vernuwende en destyds eksperimentele prosa van die Sestigers waarskynlik onderwaardeer is.)


III. Kaatje Kekkelbek (1838)

In ’n resente artikel oor taalkontak en taalaanlering in die Oos-Kaap tussen 1800 en 1850 beskryf Rajend Mesthrie Kaaps-Hollands (“ a noticeably vernacular Cape form (of Dutch) which would later be termed Afrikaans”) as die mees gangbare en wyd-gebruikte lingua franca in die neŽntiende-eeuse Kaap, buiten in kommunikasie met die Xhosa (1998:12). Die Khoikhoi het as tolke opgetree vir die buitelandse sendelinge met hul kennis van “Cape Dutch, Xhosa and sometimes a Khoi language”. Hierdie Khoi-tolke was in die proses van taalverskuiwing deur verlies van hul voorouerlike Khoi-tale. Daar is aangeneem dat Nederlands/Afrikaans die taal van die Khoi sou word na die sterfte van hul eie taal. Hierdie tolke, en die res van hul gemeenskap, het hulself in ’n posisie van onsekerheid bevind tussen die blankes en Xhosa (Mesthrie 1998:17-19).

Die taalgebruik in Bain se “Kaatje Kekkelbek, or, Life among the Hottentots” is ’n mengelmoes van Afrikaans-Hollands en Engels. In die versgedeeltes oorheers Engels meesal, en die prosagedeeltes is merendeels in Afrikaans. Bain is in Skotland gebore, en die idiomatiese Engels wat plek-plek in die versgedeeltes gebruik word, maak dit nie onaanneemlik dat hy die outeur veral van hierdie gedeeltes is nie.

Vergelyk Kaatje se beskrywing van haar omswerwinge as sy uit die tronk kom:

De tronk it is een lekker plek
Of ‘twas not juist so dry.
But soon as I got out again
At (Todds) I wet mine eye,
At Vice’s house in Market-Square
I drown’d my melancholies;
And at Barrack hill found soldiers there
To treat me well at Jolly’s.
(Bain, 1949:200-201; my kursivering)[1]

Die idiomatiese uitdrukkings “I wet mine eye” en “I drown’d my melancholies” getuig van taalvlotheid in Engels van ’n moedertaalspreker, soos die Skotse Bain. Die gesproke prosagedeeltes tussen die gesonge versgedeeltes is oorwegend in Kaaps-Hollands. Twee elemente in die prosa val sterk op, en wyk af van die poŽsiegedeeltes: aan ideologiese kant is daar ’n sterk-uitgesproke anti-Engelse houding in op te merk (vergelyk “een Jan Bull is een domme moerhond” en “een Boer is een moer slimme ding”), en op taalvlak word Engelse woorde en name verdraai soos wat tipies is van ’n moedertaal=Kaaps-Hollandse spreker wie se Engelse kennis nie waffers is nie. Die slotgedeelte lui byvoorbeeld:

I wish toch dat de mis-denwaarheid Syety would send me to England to speak the trut net as oom Andries en Jan Zatzoe done in Extra Hole, waar al de Engels kom met ope bek [om alles en te sluk wat ons Hot’nots voortel] want Dr Flipse to praat soetjes in myn oor wat I moet say, so hy done met Jan Zatzoe, and ouw Riet met oom Andries. Kaatje Kekkelbek het zelfs een tong in haar smoel en is op haar bek niet gevalle (Bain, 1949:202; my kursivering).

“Missionary society” word “mis-denvaarheid Syety”, “Exeter Hall” word “Extra Hole”, “truth” is omvorm tot “trut”, dr Philip is platweg “dr Flipse”. Hoewel die effek van hierdie verdraaiings enersyds is om die indruk van ’n halfgeletterde en oningeligte persoon te skep, is dit ook die tipiese volksetimologiese aanpassings wat ’n spreker van Nederlands sou pleeg. (’n Bekende voorbeeld van volksetimologie is “Martjie Louw” vir “martial law”.)

Die twee verskillende style in die prosa- en versgedeeltes van “Kaatje Kekkelbek” skep dus die indruk dat hier twee verskillende “buiksprekers” is agter die masker van Kaatje. Al beweer J du P Scholtz indertyd dat “(d)aar (...) baie aanwysings (is) dat AG Bain die enigste outeur van ‘Kaatje Kekkelbek’ is” (1965:298), lyk dit tog waarskynlik uit die linguistiese getuienis dat daar nog ’n medewerker betrokke was. Die waarskynlikste outeur is Frederick Rex, seun van George Rex, wat volgens Scholtz met Bain se dogter Johannah Elizabeth getroud is in 1838, en “in die opvoerings in Grahamstad die rol van Kaatje vertolk het” (1965:299).

Oor die saak van die outeurskap van “Kaatje Kekkelbek” is klaarblyklik nog argivale navorsing nodig voordat helderheid verkry kan word, al beweer Scholtz:

Die vermaaklike “Kaatje Kekkelbek” is letterkundig en literatuurhistories nie sů belangrik dat daar ’n hele literatuur oor hoef te ontstaan nie (1965:300).

LiterÍr gesproke is die uitbeelding van Kaatje Kekkelbek as karakter nie besonder oortuigend nie. As satiriese skets is die werk funksioneel — dit verteenwoordig die woede van die wit setlaars (Boere en Engelse) oor die onsekere, onveilige situasie met betrekking tot die sendelinge en die Khoi aan die oosgrens.

Maar reeds uit die naamgewing van hierdie vrouekarakter is dit duidelik dat daar gemik word op ’n tipe eerder as ’n unieke identiteit — Kaatje Kekkelbek stel ’n Khoi-vrou voor wat baie praat. Sy is dranksugtig, halfgeletterd, ’n dief, werksku; vind die lewe in die tronk ’n lekker plek; sy vloek, het te doen met mans, weet iets van eietydse sake, is grof en uitdagend. Hierdie tipering is te vlak en negatief-gekleurd om werklik ’n geloofwaardige karakter uit te beeld. Dis die satiriese intensie wat die sterkste van agter die mondstuk of masker van die fiktiewe Kaatje spreek:

My name is Kaatje Kekkelbek,
I come from Katrivier,
Daar is van water geen gebrek,
But scarce of wine and beer.
Myn A B C at Ph’lipes school
I learnt a kleine beetje,
But left it just as great a fool
As gekke Tante Meitje.

Spoken: — Regt dat ‘s amper waar wat ouw Moses in de Kaap zegt van Dr. Ph’lipes zyn school. Hy zegt: “Das ist alles flausen en homboggery,”

Met myn Tol de rol, enz.

But a b ab, and i n, ine,
I dagt met uncle Plaatje,
Aint half so good as brandewyn,
And vette karbonatje,
So off we set, een heele boel,
Stole a fat cow and sack’d it,
Then to an Engels setlaars fool,
We had ourselves contracted.

(Bain 1846)

Die vroegste manuskrip met Bain se handskrif dateer uit 1835 — ongeveer die tyd net voor hy ophou boer het en begin paaie maak het. Grahamstad was indertyd die naaste groot dorp, en dis duidelik dat hy daar aan die sosiale lewe deelgeneem het, aangesien die stuk in 1838 daar opgevoer is.

Kaatje se teenhanger in die realiteit sou mens kon sien in Saartje Baartman. Kaatje word deur Bain in sy dramatiese stuk gebruik as mondstuk om te spot met die sendelinge, en spesifiek met dr Read en die sendeling Philip John se liberale beleid met die Khoi-nedersetting by Katberg. Dit was vir die setlaars ’n irritasie, omdat die Katberg-nedersetting beskutting gebied het vir die verstrooide Khoi, en omdat hulle daarom nie meer vir die boere en Britse setlaars (onder wie die digter Thomas Pringle en sy familie) beskikbaar was as goedkoop bron van arbeid nie.

Bain se gedig is waarskynlik ook ingegee deur die afvaardiging van die sendelinge Philip en Read, die Khoi Andreas Stoffels, en die swartman Jan Tzatzoe na Londen, om daar te kla oor die “wicked Christians” wat die inheemse mense onderdruk. Hulle het voor die “Aborigines Committee” van die Parlement getuig. Bain lÍ Kaatje woorde in die mond waarby sy fantaseer oor hoe aantreklik die Engelse haar sou vind, volgens Oom Stoffels, veral weens haar “face or back”:

Oom Andries Stoffels in England told
(Fine compliments he paid us,)
Dat Engels dame was juist de same
As our sweet Hotnot ladies.
When drest up in my voersits pak
What hearts will then be undone,
Should I but show my face or back
(Kaatje here turns round)
Among the beaux of London.

Daar word gesinspeel op die seksuele aantrekkingskrag wat die vreemdsoortige inheemse vroue van die kolonies vir die metropoolse mense gehad het. Kaatje se fantasie oor hoe aantreklik die Engelse haar sou vind, kry Bain waarskynlik uit die realiteit van die verloop van Saartje Baartman se lewe. Maar tot hoe ’n mate die satiriese skets ook gebaseer was op eietydse gebeure, blyk uit die frappante getuienis van Andreas Stoffels, ’n leiersfiguur uit die Katrivier-nedersetting, in Engeland in 1835 voor die “Aborigines Committee”:

When the Bible (die koms van die sendelinge) came among us, we were naked; we lived in caves and on the tops of the mountains (...) The bible made us throw away all our old customs and practices, and we lived amonged civilized men. We are tame men now (...) The Word of God has brought my nation so far, that if a Hottentot young lady and an English young lady were walking with their faces from me, I should take them both to be English ladies (The Patriot newspaper, which reports this witticism, marks this passage (...) by the words “Laughter and applause!”)
(Review of the Condition of the Frontier Hottentots from 1799 to 1851 and of the Incipient Stages of the Rebellion of the Latter Year, 1852:5)

Opvallend in die resepsie van die teks is dat sowel Afrikaanse linguiste en literatore as Engelse kritici hul met die teks bemoei het.

Scholtz noem dit ’n “deels Afrikaanse, deels Engelse variťtť-stuk” (1965:59). Hy vind dit deel van die konvensie, soos Boniface voorgestel het, dat ’n Khoi-karakter moet Afrikaans praat. Die Engels is volgens hom daar omdat die gehoor op Grahamstad hoofsaaklik Engelssprekend was, en die stuk dus vir hulle verstaanbaar moes wees. Oor die ideologiese intensie maak hy hom nie juis moeg nie.

Dit is in teenstelling met Gerwel in Literatuur en apartheid, wat die teks sien as een met “’n sterk anti-negrofilistiese strekking” en afwysend staan teenoor die “gebruik om gekleurde karakters ’n verwronge vorm van Afrikaans in die mond te lÍ (as) ’n manier om verskille, wat as legitimasie vir hiŽrargiese differensiasie dien, te sinjaleer” (1983:56). Gerwel se afwysende opmerking verontagsaam die taalwerklikhede van die tyd, waarop Mesthrie wys as hy sÍ dat die Kaapse omgangsvorm van Nederlands wat later as Afrikaans sou bekend staan, die lingua franca was (1998:6).

Oor “Kaatje Kekkelbek” bestaan daar uiteenlopende menings in die Engelse kritiek, die mees afwysende diť van Michael Chapman, ook soos Gerwel, ingegee deur politieke korrektheid. Aanvanklik, in sy gepubliseerde doktorstesis uit 1984, prys hy Bain aan vir sy gebruik van “eg Suid-Afrikaanse” dialoog (Chapman 1984:41-42), maar in sy resente literatuurgeskiedenis van Suider-Afrikaanse letterkunde kritiseer hy hom vir sy gebrek aan “progressiewe idees” (1996:101). Stephen Gray, daarenteen, het waardering vir die talige bredie wat hier as tipies Suid-Afrikaans aan die ontwikkel is:

Ö the linguistic bredie out of which Bain derives his theatre was concocted with a strong strain of mutated English (...) it shows that it is drawn from the market-place where Dutch, English and a host of indigenous tongues interfuse once they deal with common concerns: land, stock-theft, liquor, food and justice (1979:52-3).

In Kaatje Kekkelbek het ons ’n literÍre voorganger vir Lena in Athol Fugard se Boesman and Lena, oor mense wat op die “outers” van die samelewing ’n bestaan probeer maak gedurende die apartheidsjare. Kaatje en Lena praat albei ’n hibridiese vermenging van Afrikaans en Engels, wat nog steeds tipies is van Oos-Kaapse spreektaal. Maar terwyl Kaatje ’n kartonkarakter is wat as mondstuk figureer, is Lena ’n geloofwaardige en oortuigende vrouekarakter wat deemoed wek by die leser/toeskouer. Hier is sy aan die reminisseer:

Coegakop days! Lena danced the moon down and the sun up. The parties, Outa! Happy Christmas, Happy New Year, Happy Birthday ... All the Happies. We danced them. The sad ones too. Somebody born, somebody buried. We danced them in, we danced them out. It helps us forget. Few dops and a guitar and it’s voetsek yesterday and to hell with tomorrow (...) [Clapping and singing] Da ... da ... da ... da ...
Ou blikkie kondens melk
Maak die lewe soet;
Boesman is ’n Boesman
Maar hy dra ’n Hotnot hoed.

Not like your dances. No war-dances for us. They say we were slaves in the old days. Just your feet on the earth and then stamp. Hit it hard!
Da ... da ... da ... da ...
Nothing fancy. We don’t tickle it like the white people. Maybe it laughs for them. It’s a hard mother to us. So we dance hard. Let if feel us. Clap with me.
(Boesman en Lena, 43-44)



Opvallend in Fugard se uitbeelding van Lena is die rol van dans, musiek en sang as ’n vorm van taal waardeur sy “met die aarde” kan kommunikeer, en as enigste vorme van syn waarin sy tydelik iets van geluk ervaar in haar andersins sinlose, sirkulÍre bestaan.


IV. Slot

Gemene delers in die historiese en fiktiewe verhale van Khoi-figure en hul nasate is ballingskap, die posisie van die vrou as promiskue wese of seksuele objek en spektakel, akkulturasie, die aanleer van nuwe tale en die geradbraakte vorme daarvan, die sterfte van inheemse tale en kulture, die verlies van land, en armoede. Hierdie kwessies vorm almal sentrale motiewe in die Suid-Afrikaanse letterkunde.

’n Wrang noot by hierdie literÍre voŽlvlug oor die uitbeelding van Khoi-vroue is die bepalende rol wat wit, meesal manlike outeurs daarin gespeel het, en die afwesigheid van die eie inheemse, vroulike Khoi-stem.


Bibliografie

Alexander, Elizabeth. 1996. The Venus Hottentot. Charlottesville: University Press of Virginia.

Bain, Andrew Geddes. 1949 (1838). Kaatje Kekkelbek, or Life among the Hottentots. In Journals of Andrew Geddes Bain. Trader, Explorer, Soldier, Road Engineer and Geologist (ed. Margaret Hermina Lister). Cape Town: Van Riebeeck Society.

Bleek, Wilhelm. 1864. Reynard the Fox in South Africa; or, Hottentot Fables and Tales. London: TrŁbner & Co.

Butler, Guy. 1968. Cape Charade or Kaatje Kekkelbek (a play) . (Albany Series). Cape Town: A.A. Balkema.

Chapman, Michael. 1984. South African English Poetry. A Modern Persp ective. Johannesburg: AD. Donker.

Chapman, Michael.1996. Southern African Literatures. Londen: Longman.

Clingman, Stephen. 1991. In The Bounds of Race. Perspectives on Hegemony and Resistance. (red. D. LaCapra) London: Cornell University Press.

Elphick, Richard. 1985 (1975). Khoikhoi and the Founding of White South Africa. Johannesburg: Ravan Press.

Fugard, Athol. 1992 (1973). Boesman and Lena. Cape Town: Oxford University Press.

Gerwel, G.J. 1983. Literatuur en apartheid. Konsepsies van ‘gekleurdes’ in die Afrikaanse roman tot 1948. Kasselsvlei: Kampen-uitgewers.

Godlonton & Irving. 1852. Review of the Condition of the Frontier Hottentots from 1799 to 1851 and of the Incipient Stages of the Rebellion of the Latter Year (extracted from Narrative of the Kaffir War of 1850-1851). Graham’s Town: Godlonton & White.

Gould, Stephen Jay. 1982. The Hottentot Venus. Natural History 1 9(10). October:20-25.

Gray, Stephen. 1989. The Penguin Book of Southern African Verse. London: Penguin.

Gray, Stephen. 1979a. Southern African Literature. An Introduction. Cape Town: David Philip.

Gray, Stephen. 1979b. Hottentot Venus and other Poems. Cape Town: David Philip.

Gray, Stephen. .1996. To Celebrate Saartje. Mail & Guardian Review of Books. August: 1-2

Hope, Christopher. 1986. The Hottentot Room. London: Heinemann.

LaCapra, Dominick (red.). 1991. The Bounds of Race. Perspectives on H egemony and Resistance. London: Cornell University Press.

Lister, Margaret H. (ed.). 1949. Journals of Andrew Geddes Bain. Trader, Explorer, Soldier, Road Engineer and Geologist. Cape Town: Van Riebeeck Society.

Maingard, L.F. 1962. Korana Folktales. Grammar and Texts. Johannesburg: Witwatersrand University Press.

Mesthrie, Rajend. 1998. Words across Worlds: Aspects of Language Contact and Language Learning in the Eastern Cape, 1800-1850. African Studies 57(1). July: 5-26.

Parks, Susan-Lori. 1996. Venus. New York: Routledge.

Rabie, Jan. 1987 (1964). Die groot anders-maak. Kaapstad: Human & Rousseau.

Press, Karen. 1990. Bird Heart Stoning the Sea. Krotoa’s Story. Lines of Force. Cape Town: Buchu Books.

Schapera, I. 1930. The Khoisan Peoples of South Africa. Bushmen and Hottentots. London: Routledge & Sons.

Scholtz, J. du P. 1965. Afrikaans uit die vroeŽ tyd. Studies oor die Afrikaanse taal en literÍre volkskultuur van voor 1875. Kaapstad: Nasou.

Simpson, Moira G. 1996. Making Representation. Museums in the Post-Colonial Era. London & New York: Routledge.

Skotnes, Pippa (red.). 1996. Miscast. Negotiating the Presence of the Bushmen. Cape Town: University of Cape Town Press.

Van Wyk, J., Conradie P. & Constandaris, N. (reds.). 1988. SA in poŽsie. SA in Poetry. Durban: Owen Burgess.

Young, Robert. 1995. Colonial Desire. Hybridity in Theory, Culture and Race. London & New York: Routledge.

[Hierdie artikel het verskyn in Stilet. Nov 1999: 1-13 en in Oorbrugging. ’n Huldigingsbundel vir W.F.Jonckheere.1998.Red. D.Z. van der Berg, Pietermaritzburg: Brevitas:153-162]

[1]Diť weergawe kom uit Afrikaans in die vroeŽr jare deur G.S. Nienaber, uitgegee deur die Voortrekkerpers vir die Patriot-vereniging vir Afrikaanse teksuitgawes van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns 1971(1942)).
Volgens Nienaber is die eerste skriftelike melding van Kaatje Kekkelbek die volgende aankondiging wat in The Graham’s Town Journal van 25 November 1838 verskyn het:

PRIVATE THEATRICALS
Under the patronage of his Hon. Col. HARE, C.B., Lieut.- Governor of the Eastern Province
THE GRAHAM’S TOWN AMATEUR COMPANY
“Honi Soit Qui Mal Y Pense”
WILL PERFORM
ON MONDAY EVENING, 5th NOV., 1838
the celebrated farce of the SPECTRE BRIDEGROOMS
OR, A GHOST IN SPITE OF HIMSELF
AFTER WHICH THE FAVOURITE FARCE OF
“FORTUNE’S FROLIC”.
KAATJE KEKKELBEK, Characteristic Comic Song
The whole to conclude with the Laughable Farce of

THE HONEST THIEVES
A FAREWELL ADDRESS BY AN AMATEUR


Hierna is die teks die eerste keer afgedruk in The South African Sentinel van 4 Maart 1839 en ek gebruik die teks soos dit deur die koerant in Port Elizabeth ontvang is. By ontvangs het die koerant die volgende opmerking bo-aan die volledige teks afgedruk: “Wy geven insertie aan het volgende van eenen onzer Correspondenten van Port Elizabeth met de laatste Post ontvangen; en waarvan men zegt dat eene Copy aan Dr. Philip werkelyk toegezonden en door zyne Eerw. aangenomen geworden is” .

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.