SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Dis finaal  Saartjie Baartman kom huistoe!!!

Jason Lloyd

Ek onthou nog goed toe ek maar net ’n muispoepie was, hoedat ek altyd gestaar het na die kiekie van Saartjie Baartman — die sogenoemde “eksotiese Hottentot Venus.”

Min het ek geweet — hierdie is ’n ikon uit eie reg. Maar dis seker te verstane dat ek nie geweet het nie. Want kyk, sy het glad nie soos die ware mensdom gelyk waaraan ek op daardie stadium gewoond was nie.

Ek onthou nog goed hoe ons geskater het van die lag. “Wow, maar sy is lelik. Watse soort dier is sy? ’n Bobbejaan, ’n aap of dalk ’n seekoei?” het van my maats altyd gevra.

Een van my maats wie se van toevallig ook Baartman is, wou glad niks weet dat hy familie van Saartjie was nie. En spot jy hom, was hy altyd gou moerig en wou net appels swaai.

Min het ek geweet dat sy op ’n manier maar familie van ons almal is. Dit was eers later, toe my muispoepie-dae vergete was, dat ek besef het: hierdie is ’n merkwaardige vrou. Sy is ’n afstammeling van my voorouers; sy is ’n bloedverwant; en inderdaad — ’n ware familielid.

Maar wie is hierdie vrou, wat nou n amper 200 jaar beskou word as ’n nasionale simbool? Die geskiedenis vertel ’n treurige, plek-plek bisarre, verhaal. Ja, bykans twee eeue gelede was sy toenemend ’n simbool van verknegting en verdrukking vir die inheemse volkere van Suid-Afrika, en van feminisme.

Geskiedkundiges is dit eens dat sy om en by 1789 in die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap gebore is. Ja, hier in my valley, sommer net hier anderkant. Sy het glo later uitgewyk na die Kaapse Skiereiland.

Daar aangeland, toe het haar ongewone uitstaande agterstewe, oftewel steatopigie, sommer dadelik die oog van kolonialiste gevang. Ook haar vergrote geslagsdele het die nuuskierigheid van veral Westerlinge vergroot.

Lank voor Saartjie se aankoms in die Kaap is daar reeds vuilstories van die Hottentotte versprei. Met Jan van Riebeeck se koms na die Kaap in 1652 is sulke vuilstories geboekstaaf. Johan Nieuhof skryf in 1654 dat hulle “luier is as die skilpaaie waarop hulle jag maak en eet”.

Twee broers, Hendrik en Johan Cezar, glo van gemengde afkoms, het die Khoi-vrou aan ’n Britse skeepsdokter, William Dunlop, voorgestel. Dunlop het Saartjie oorreed om saam Europa toe te gaan, waar sy kwansuis ’n fortuin sou verdien deur haar liggaam ten toon te stel. In Londen en in Parys is sy egter onderwerp aan ’n onmenslike vernedering.

Sy is onder meer op sirkusse saam met diere ten toon gestel. Vir die Westerse volk was Saartjie die laagste vorm van menswees en die hoogste diersoort, ’n soort pre-Darwinistiese “verlore skakel”.

Wetenskaplikes het ook toenemend in haar begin belangstel. Haar vergrote geslagsdele was die groot bron van verwondering, maar sy het geweier om haar aan wetenskaplikes te ontbloot. Selfs toe sy geld aangebied was, het sy nog steeds geweier.

In 1816 het sy as ’n verarmde, drankverslaafde prostituut dakloos en alleen in Parys gesterf, ver weg van haar mense in Suid-Afrika. Met haar dood het sy toe reeds ’n bron van groteske stereotipes oor ras en Afrika-seksualiteit geword.

Selfs toe sy reeds dood was, het die wetenskaplikes voortgeploeter om haar te verneder — natuurlik alles in die naam van die wetenskap. Haar geraamte, brein en geslagsdele is in ’n wasafgietsel omskep en bewaar. Dit is tot in 1985 saam met haar skelet in die Museum van die Mensdom in Parys uitgestal.

In Februarie vanjaar het die Franse senaat besluit om Saartjie se oorskot na Suid-Afrika te bring, om hier tussen haar mense begrawe te word. Khoisan-aktiviste in Suid-Afrika was verheug en beplan ’n geestelike plegtigheid en herbegrafnis.

Onder die aktiviste is die Kaapse digter-aktivis, Diana Ferrus, wat in 1998 tydens haar studieverblyf in Nederland ’n hartroerende gedig (lees dit hier onder) vir Saartjie geskryf het. Die gedig (To Sarah Baartman), wat sy oorspronklik in Engels geskryf het, het sy vir die eerste keer ook in Afrikaans geskryf.

Dit is reeds hierdie gedig wat tydens die debat in die Franse senaat oor Saartjie se “vrylating” voorgelees was deur sen Nicola About.

Alhoewel Khoisan-aktivististe deur die bank jubel en juig oor die koms van Saartjie, lyk dit op die oog af of daar onderlinge verskille is wat die laken van eenheid gou-gou kan afruk. Sommiges meen sy moet in die Tuine in Kaap begrawe word, en dan is daar diegene wat meen sy moet in die Gamtoosvallei ter ruste gel word.

Maar hoe nou? Gaan ons ook, soos die wetenskaplikes, Saartjie se lewe selfs na haar dood versuur? Die voorstanders van Gamtoosvallei het na my mening ’n sterk standpunt, want Saartjie is, after all, ’n Oos-Kapenaar.

Maar kom ons wees verstandig en los nou die Oos-Kaap-ding uit, en kyk liewer na die groter prentjie. ’n Man soos dr Willa Boezak, hoofraadslid van die Cochokwa Kultuurraad van die Khoisan, meen byvoorbeeld dat Saartjie in die Tuine in Kaapstad begrawe moet word omdat sy “’n nasionale simbool van eenheid is”.

Inderdaad, sy is, en daarom stem ek saam dat sy daar begrawe moet word. Mense moet die kleinlikheid en die provinsialisme los. Ek is ook ’n Oos-Kapenaar, maar ek gun haar vir die Wes-Kaap omdat sy daar ’n groter doel — versoening en eenheid — gaan dien.

Saartjie se terugkeer na haar geboorteland laat val die aandag opnuut op versoening en eenheid tussen alle Suid-Afrikaners. Saartjie was destyds ’n slagoffer van kolonialisme wat ook bygedra het tot die totstandkoming van apartheid. Maar sedertdien het die politieke landskap in ons land drasties verander. Daarom moet Saartjie se verwagte koms deur alle Suid-Afrikaners aangegryp word, om oor verskille te praat en gemeenskaplike doelwitte te soek om Suid-Afrika soos nog nooit vantevore nie te versoen.

Miskien moet ouers ook ’n les uit Saartjie se koms leer, naamlik om hul kinders te leer om andere te respekteer ongeag ras, kleur, geslag, etnisiteit of nasionaliteit. Want ek moet toegee, deur vir Saartjie destyds te lag was alles behalwe respek. ’n Mens se menswaardigheid l nie daarin om wit te wees of om aan die ANC te behoort nie, maar dit l daarin om jouself as geskape na die beeld van God te aanvaar.

Hier is die gedig, deur Diana Ferrus, vir die eerste keer in Afrikaans

Vir Sarah Baartman

Ek is hier om jou huis toe te neem, huis toe —
onthou jy die vlaktes,
die welige groen gras onder die eikeboom,
die lawende koeltes en die son wat nie steek?
Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
daar sing die rivier ’n verwelkomingslied!

Ek is hier om jou weg te skeur,
weg van die snyende o van die rassistiese monster
wat wegkruip in die donker met sy kloue van haat,
wat jou ligaam versnipper, stukkie vir stukkie,
jou siel vergelyk met die van satan
en syne vergelyk met die van God!

Ek is hier om jou te troos,
jou moe hart teen my bors vas te hou,
die palms van my hande oor jou wange te vou
die lyne in jou nek met my lippe te streel
en jou ewige skoonheid in my o te onthou.
Ek is hier om vir jou te sing
want ek het vir jou vrede gebring.

Ek is hier om jou huis toe te neem,
daar waar die oeroue berge jou naam uitroep!
Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
daar sing die rivier ’n verwelkomingslied.
Ek is hier om jou huis toe te neem
waar ek vir jou sal sing
want jy het ook vrede
vir my gebring.

Jason Lloyd is ’n seniorstudent in joernalistiek aan die Port Elizabethse Technikon. Hy is ’n vryskutjoernalis en skryf kortverhale in sy vrye tyd.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.