SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Beoordelaarsverslag: die Leipoldt-biografie vir gedigbydraes tot PoŽsieNet 1999

Karen de Wet

Alhoewel hierdie oorsigtelike leesverslag alle bydraes tot PoŽsieNet 1999 betrek, is die gedigte van redaksionele medewerkers aan PoŽsieNet nie oorweeg vir die toekenning van die erkentlikheidsprys nie.

Lucas Malan
Lucas Malan
Foto: Philip de Vos
Opset (besinning oor die toekenning)
Om een gedig te vind uit ’n oes van honderd een en twintig wat deur twee en veertig digters geskryf is en opgeneem is in die agt nommers van PoŽsieNet wat van Januarie tot Desember 1999 verskyn het, is ’n onbenydenswaardige taak. Immers is daar reeds in die eerste plek geen “kompetisie” uitgeskryf nie ó geen parameters waarbinne “beoordeel” kan word nie, dus. Voorts het ek tog die idee dat bladsye in e-joernale (soos LitNet) die geleentheid sou kon hÍ om meer van ’n anti-kanoniserende rol te speel as om net nog ’n manifesteringsvorm van die noodwendigheid van kanoniseringsmagte te raak. En “pryse” en verdagte benoemings soos “beste” is nie los te make van kanonisering nie. Sonder die / ’n kanon, kan ons per se nie, maar sonder party van die minder mooi gesigte daarvan, sal ek graag wil. Maar dit vir ’n later gesprek.

Waarmee die leser wat een boek moet toeken aan een gedig nog gekonfronteer word, is die uiteenlopendhede van digterstemme, gedigtemas en digvorme: elkeen na sy eie aard. Om nie te praat nie van die samekoms van ervare en bekroonde digters, pas gepubliseerdes (soos bv digters met wie ons onlangs vir die eerste maal kennis gemaak het in Nuwe Stemme; ander wie se name mens hier en daar uit tydskrifte onthou; of diť wat deur die loop van 1999 debuteer het), en dan ook die hand van digters wat miskien in eie kring bekend is, maar nou ook die breŽr speelveld wil betree.

Hierdie aspekte van verskeidenheid, uiteenlopendheid en nuwe / vernuwende energie is natuurlik alles besonder gesog: presies wat PoŽsieNet aantreklik maak, lewenskrag gee. Maar dit maak die lewe nie makliker as daar maar een Leipoldt-biografie is om weg te gee nie. Vergun my dus hierdie bestekopname ó ’n soort oorsigtelike leesverslag van die aard en omvang van die tekste wat in PoŽsieNet se eerste bestaansjaar die blad aan die gang gekry en gehou het.

Oorsig (wie het wat hoe geskryf)
Gevestigde en bekende (ook: bekroonde ó van die Ingrid Jonker- tot die Hertzog- en oorlede Rapportprys) stemme soos diť van Jan Afrika, T T Cloete en en en (raadpleeg gerus self die lys van bydraerdigters); verrassings soos ’n nuwe gedig deur Marlise Joubert en Engelse liefdesgedigte deur Johan van Wyk; bevestigings dat gedigte wat mens in bloemlesings en tydskrifte raakgeloop het, nie die stemme van eendagsvlieŽ was nie (soos wat bydraes soos diť van Zandra Bezuidenhout, Martjie Bosman en Renťe Marais wys); beloftes van stemme na wie mens uitsien om nůg van te hoor ó geÔnteresseer om te sien hoe hierdie digterskap gaan ontwikkel (soos bv diť van Des Fourie, Henk Havenga, Elzabe Kritzinger, Isabel Kotze, Elza Lorenz, Lucie A MŲller, en Deirdre van der Merwe); en verruimende bydraes uit die Nederlandstalige wÍreld en dan dikwels nie vanuit ’n Nederlandse milieu nie ó dŪt, in ’n neutedop, is wat mens in die bydraes van PoŽsieNet 1999 te lese kry.

Dit was lekker om weer op te let na die spelers van die speeltoneel en hoe hulle nuwe klere vir ou vertroudhede kan aantrek.
  • Soos die parodieŽ op die Groot Verseboek-kanon waarop Joan Hambidge in Gesteelde Appels gefokus het en waarop Sonja Verbeek nou voortborduur. In dieselfde asem kan mens na ander reaksies op bestaande gedigte verwys, soos bv Clinton V du Plessis se “in the house” wat ondubbelsinnig in die subtitel (“met apologie: hein willemse: die stormtroepe is in die strate”) aandui dat dit meepraat en teŽpraat.
  • Soos die huldigings- en / of geleentheidsgedigte (in ’n verskeidenheid formate) wat noodwendig soos termometers en windkouse van die Afrikaanse lettere funksioneer ó vergelyk bv titels en subtitels soos: “vir Breyten”, “vir koos kombuis Ö”, “Huldeblyk vir Rika Cilliers Ö”, “Vir Hennie Aucamp”, “Vir die Du Plessis’s”, en “Sheila Cussons (1922- )”.
  • Soos gedigte wat aan styl en / of tema herken kan word as komende van diť of daardie digter se hand (ek dink bv aan die landskaps- of reisgedigte van Johann Lodewyk Marais uit Zimbabwe en Mosambiek) of aansluitende by hierdie of daardie stroming (soos Magmoed Martin se sosiale kommentaar in die onderspeelde “Stonestraat”; en Clinton V du Plessis se snydende op-die-pols “in the house”).
  • Soos gedigte wat weerspieŽlings van politieke, sosiale en literÍre gebeure maak ó bv Elzabe Kritzinger se “Koerantvrou”; Zandra Bezuidenhout se “Era” (wat so herinner aan Ina Rousseau se “Sondag op Stellenbosch”); en Elza Lorenz se “Winterforum by Wits” (waarvan “2” waarskynlik die afgerondste, die verstegnies vaardigste, geskryf is).
  • Dit was ook lekker om met lees en herlees en weerlees te sien hoe bepaalde gedigte hulself tog laat uitkristaliseer. Ek kan ’n kortlysie van hulle maak. Hulle wat telkens vra vir nog eens lees, hulle na wie mens met graagte en verwagting terug kan gaan, hulle wat telkens (en soms selfs opnuut) bly maak of verras ó oor die klaarheid wat hulle inhou, die verstegniese afgerondheid, die patos en passie, die raaksien en raaksÍ, die opinie, die vaardigheid, eenvoudig kort en klaar oor die poŽsie daarvan.

    Wie is baas van die biografie: uiteindelik, ’n wenner! (en die proses van erkentlikheid)
    Ek het die kortlysie gaan opskryf uit die gerf wat die weerlees bymekaargemaak het: 32 uit 121. Toe die lang messe uitgehaal, onverbiddelik soos ’n redakteur: die vaagste spoor van verslapping in ’n teks was die ondergang daarvan. Op hierdie manier by 8 uit 32 gekom. En toe was daar nÍrens meer waarheen die self en leeservaring en poŽtiese intuÔsie gewend kon word nie. Die uur van waarheid, van rekenskap en besluit, dus.

    Ek het dit hardop bly voorlees, daardie agt uitverkorenes. “Stonestraat” (Martin) , “Aan die lede van die stam” (Bezuidenhout) en “Selfportret” (Malan) wou nie gaan lÍ nie. Het geen opmerkings, afwys of teŽspraak geduld nie. En aangesien ek toe tog steeds moes kies, sou ek sÍ dat ek van mening is dat die mees verdienstelike bydrae tot 1999 se PoŽsieNet diť van Lucas Malan se “Selfportret” is. Oor die onomwonde vaardigheid waarmee die sonnet (en die intertekstuele gegewe) bedryf is, oor die huiweringlose eerlikheid waarmee die temas van ars poetica, ouderdom en selfsiening oopgevlek word, oor die herkenbaarheid van ons almal se elkedagse mens wat uit die slotreŽls blyk, gewoon oor dit duidelik die werk van ’n digter is wat kŠn. Wat vondse soos “skilderagtig jonk” en “verdigte verdriet wat na buite staar” sonder melodrama en sonder swaarwigtigheid tot in die vesel van die teks kan laat werk. Baie dankie. En baie geluk.

    Slotopmerking
    Ten slotte dan weer: die idee met die toekenning van die Leipoldt-biografie is minder een van ’n “prys” en meer een van erkentlikheid. Beslis nie een van kanoniserende hovaardigheid nie. Want hoe druk mens in elk geval die hiŽrargie van 1, 2, 3 Ö af op tekste wat in die eerste plek nie vir PoŽsieNet of vir ’n kompetisie (in)geskryf is nie. In Utopia sal daar vir elke bydrae ’n blyk van waardering wees. Baie dankie vir ’n ieder en ’n elk van die gedigte ó dit maak van PoŽsieNet ’n bladsy wat wys hoe die polsslag van poŽsie wat in Afrikaans geskryf word, lyk.


    Aantekeninge

    Medewerkers van wie gedigte nie oorweeg is vir hierdie erkentlikheidsprys nie is Johann Lodewyk Marais, en die redakteur van die Nederlandse bladsy, Renée Marais.

    Na aanleiding van “Winterforum by Wits”
    Vergun my ’n tersyde. Ek het nog nie begin twyfel aan my indruk dat hierdie gebeurtenis van Julie 1993 noodwendig gaan lei tot minstens ’n paar manifesterings van daardie groepering tekste wat mens aan hul tematiese gemoeidheid met ’n soort literatuurgeskiedkundige refleksie herken nie. (Dink byvoorbeeld ter illustrasie aan o.a. daardie gedigte wat “Brief aan Breyten” heet en wat besinnend kommentaar lewer op wat in die Afrikaanse digwÍreld gebeur.) Daar hét dan ook al ’n teks of wat verskyn ó met verwysing na o.a. Versfeld en Prinsloo, asook na die forum in die geheel, maar hierdie gedig van Lorenz is wat ek gedink het my nie sal verbaas as dit gebeur nie. Oor die verskeidenheid vonke wat daardie Winterforum by die kruitvat gebring het, oor als wat toe wel uit die doofpot gekom het. Wat my wel verbaas is dat dit nou reeds meer as ses jaar later al is.

    Karen se kortlysie van 1999 se PoŽsieNet digbydraes (alfabeties)
    (En ja, ek weet dis mż lysie, ek sÍ dit immers vooruit. Maar nee, ek dink nie dis ongefundeer en bloot intuÔtief en onomwonde subjektief nie. So sou ons immers almal ’n soort persoonlike bloemlesing kon opstel ó en wat ek ook probeer bereik het, is om die gedigte hulself so te laat uitkies dat dit ook ’n bloemlesing sou kon word wat ander lesers graag lees. En wat jy kan doen, is om te laat weet hoe joue sou lyk, sou jy wou. Of natuurlik: enige ander opinie of reaksie. Dis die ding van e-joernale: sonder interaktiewe reaksie raak dit ’n droefheid.)
  • Zandra Bezuidenhout: “Aanskouingsles”; “Aan die lede van die stam”; “Era”
  • Martjie Bosman: “Graffiti”
  • Cloete: “I ReŽn” uit “Twee fragmente”
  • Clinton V du Plessis: “in the house”
  • Louis Esterhuizen: “Aardbewerkings”
  • Therese Fensham: “vir koos kombuis (my ex) ó noudat ons getroud is ó maar nie met mekaar nie”; “thirtysomething in afrika”
  • Joan Hambidge: “Sheila Cussons (1922 ó )”; “Huldeblyk vir Rika Cilliers (1951-1999)”
  • Henk Havenga: “Spitstyd”; “koninkryk”
  • Daniel Hugo: “Vir Hennie Aucamp”
  • Marlise Joubert: “’n Middag op Darling”
  • Elzabe Kritzinger: “Koerantvrou”
  • Elza Lorenz: “2” uit “Winterforum by Wits”
  • Peter Louw: “Bleeksiel”
  • Lucas Malan: “Houtbos”; “Selfportret”
  • Johann Lodewyk Marais: “Maputo” en “Landmynslagoffer”
  • Renťe Marais: “Op ’n Sondagmiddag ’n mazurka”
  • Magmoed Martin: “Stonestraat”
  • Vincent Oliphant: “oggend”
  • Alfred Schaffer: “Lost in space”; “Veertien uur van Gordonsbaai, 21:55u”; “Gemaskerd bal”; “Een verhaal op stelten”; IJsvrij”
  • Johan van Wyk: “if only i could breathe you to presence ... ”; “Oh my beautiful one ... ”
  • Die voorfinale rondte
  • Zandra Bezuidenhout: “Aan die lede van die stam”
  • Cloete: “I ReŽn” uit “Twee fragmente”
  • Therese Fensham: “vir koos kombuis (my ex) ó noudat ons getroud is ó maar nie met mekaar nie”;
  • “thirtysomething in afrika”
  • Daniel Hugo: “Vir Hennie Aucamp”
  • Magmoed Martin: “Stonestraat”
  • Alfred Schaffer: “Een verhaal op stelten”;
  • “IJsvrij”
  • Lys van digters wat bygedra het tot PoŽsieNet 1-8
    Jan Afrika
    Chris Basson
    Zandra Bezuidenhout
    Zirk Blom
    Renť Bohnen
    Martjie Bosman
    T T Cloete
    Cinton V du Plessis
    Heilna du Plooy
    Louis Esterhuizen
    Therese Fensham
    Des Fourie
    Albert Hagenaars
    Joan Hambidge
    Henk Havenga
    Bonaventure Hinwood
    Daniel Hugo
    Neels Jackson
    Marlise Joubert
    Kempen
    Isabel Kotze
    Elzabe Kritzinger
    Douw KrŁger
    Elza Lorenz
    Peter Louw
    Lucas Malan
    Johann Lodewyk Marais
    Renťe Marais
    Magmoed Martin
    Lucie A MŲller
    Vincent Oliphant
    Ivor Price
    Lien Roux-de Jager
    Alfred Schaffer
    FranÁois Slabber
    Susan Smith
    Deirdre van der Merwe
    Johan van Wyk
    Sonja Verbeek
    Cas Vos
    Ad Zuiderent

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.