SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Al lÍ die berge nog so blou

Ralph John Rabie*

Eintlik is dit ’n baie goeie ding dat die Aardeberaad nie in Kaapstad was nie. Ek het die gebeure in Johannesburg met groot belangstelling gevolg, en ek was lanklaas so gefassineer met ’n klomp buitelanders.

Dit was ’n nuwe wind wat deur Suid-Afrika gewaai het: die styl en die gehalte van die protesoptogte en die toesprake het my laat besef: daar het nou ’n klas van mense in Suid-Afrika kom kuier wat ons nie normaalweg hier te lande sien nie.

Buiten nou vir die hele wÍreld se leiers (behalwe natuurlik George W Bush) was daar ook aktiviste en NRO’s wat ons almal gefassineer en gestimuleer het met ’n vlak van diskoers wat jy nie normaalweg in hierdie land te hore kry nie. Ek was geweldig trots op die feit dat Suid-Afrika aan die wÍreld die gehalte van ons demokrasie kon bewys: almal is toegelaat om hul stemme te laat hoor, van Sharon tot by Mugabe — ons kon aan die wÍreld wys dat ons in Suid-Afrika almal die reg op vryheid van spraak gun.

Aan die ander kant het ek veral simpatie gevoel vir die SABC se aankondigers, wat normaalweg met ons (die res van die land) praat asof ons ’n klomp skoolkinders in standerd agt is. Hoe gaan hulle cope met hierdie progressiewe “nuwe’’ taal, het ek gewonder.

Gaan hulle finaal besef die wÍreld is miskien ’n bietjie groter, en ’n bietjie meer bekommerd oor die skade aan die omgewing, as wat hulle ooit in hulle wildste drome kon vermoed?

Ek het maar liewers nie oorgeskakel na die SABC nie; ek was heeltemal gelukkig om na Suid-Afrika te kyk deur die brille van die BBC, Sky en BVN. Ek sal vir die res van my lewe ook gelukkig wees om hard te werk om vir die satellietskottel te betaal, want die eenogige SABC se patroniserende nuusaanbieding kan ek nie meer verduur nie. Dit herinner my te veel aan die slegte ou dae.

Maar dit daar gelaat. Waaroor ek veral bly was, is dat die Aardeberaad nie in Kaapstad gehou is nie. Ek sou my doodskaam voor sulke mense vir die stad waarin ek woon. Dink ’n bietjie goed na. Kyk ’n bietjie na Kaapstad uit die oog van ’n beraadganger wat by die lughawe van Kaapstad land.

Sodra jy uitry by die hekke van die lughawe, word jy (as besoekende buitelander) gekonfronteer met een van die ergste voorbeelde van ’n Afrika-stad se behuisingsprobleme. Die plakkerskampe al langs die lughawepad is ’n goeie voorbeeld van hoe die behuising in ’n derdewÍreldland daar sal uitsien!

Ek meen, van behoorlike sanitasie is daar geen sprake nie! Hier sien jy hoe ’n groot hoeveelheid van Kaapstad se inwoners letterlik op hulle eie vullishope lewe. Is dit nou volhoubare ontwikkeling? Kan enige normale gesin dit onder sulke omstandighede uithou?

Volgens my beslis nie. Maar die Kaapse stadsvaders dink blykbaar dis goed genoeg dat al die besoekers wat Kaapstad besoek, dit direk en deeglik EERSTE onder die oog kry. Dan weet die besoekers mos nou goed hulle is in Afrika!

En moet ook nie dink die nuwe HOP-huise is iets om aan besoekers uit Europa te wys nie: sou u bereid wees om saam met u kinders vir u lewe lank in een vertrek te woon? Ek weet vir ’n feit dis vir mense uit Europa of Amerika, net soos vir mense in Bellville, onaanvaarbaar om onder sulke omstandighede te lewe.

Patricia de Lille het hierdie derderangse oplossing vir die huidige behuisingsnood al lankal onthul. Sy noem dit die 4X4’s. En sy maak dit ook duidelik dat ’n normale gesinslewe onder sulke omstandighede nie moontlik is nie. Het ouers nie ten minste die reg op ’n private slaapkamer nie? Die huidige ANC-regering dink blykbaar nie so nie.

Die nuwe HOP-huise wat nou oral in aller yl gebou word, is blykbaar ook deel van ’n gewaande Afrika-renaissance. Wat ’n misvatting. Die Renaissance het gegaan oor ‘‘enlightenment’’ (opheldering of verligting) en dit het te make gehad met die feit dat die wetenskap sekere kennis algemeen aanvaarbaar en toepasbaar gemaak het. (Die huidige regering het met sy MIV-beleid egter die wetenskap by die agterdeur uitgegooi; daar is eerder sprake van ’n verduistering, sou ek dink.) Die Renaissance het dan ook veral met die estetika (dit wat mooi was) te make gehad. Ek weet smaak verskil, maar hierdie HOP-huise is wragtig nie mooi nie. Kotsgroen is nie ’n kleur wat by hierdie omgewing in Wes-Kaapland pas nie. Om die waarheid te sÍ, dis ’n estetiese ramp!

Is daar dan ’n alternatief? ’n Mens hoef nie te ver te gaan soek om ’n argitektoniese model te vind waarop jy waarlik ’n Afrika-renaissance sou kon bou nie. Kyk maar na Sun City, byvoorbeeld.

So is daar ook baie Afrika-dorpies, byvoorbeeld die Ndebele- en Zoeloe-dorpe, wat fantastiese moontlikhede bied. Dit het ten minste leefruimtes en markpleine gehad. Kyk maar na die Zimbabwe-ruÔnes.

In die Wes-Kaap sou ek dink dat ons ten minste moet kyk na ’n argitektoniese styl wat hoort by hierdie streek. Vat nou maar byvoorbeeld ’n tradisionele Khoi-San-hut, en bied hom aan in moderne, liggewig- en energiedoeltreffende materiaal.

Met vandag se mees gevorderde tegnologie en wetenskap oor behuising (waarmee die Swede en die Nederlanders ons sekerlik graag sou help, neem ek aan) sou jy heel maklik ’n bekostigbare, dog warm en mensvriendelike huis kon skep. Skep markpleine en ontspanningsruimtes, en jy het ’n beskaafde en aanvaarbare lewensruimte, iets wat duursaam en langdurend sou wees.

Ek sou dink dat wat besoekers aan Kaapstad ten minste behoort te sien, is ’n prinslike en verwelkomende interpretasie van die Khoi-San argitektoniese styl op pad van die lughawe af. Iets eersteklas, darem ten minste. Die roete vanaf die lughawe behoort ’n voorportaal vir ons stad te wees: daar behoort hotelle, gastehuise en besoekersentrums te wees. Ons behoort ten minste uit ons pad te gaan om mense te beÔndruk en welkom te laat voel in hierdie stad.

Maar nee, die teenoorgestelde is blykbaar vir die stadsvaders heeltemal aanvaarbaar, want die huidige aaklige en verwaarloosde toestand duur nou al jare so voort.

Dit is natuurlik ’n skreiende skande, en iets wat elke toeris aan
hierdie stad EERSTE tref. As ons nou sou kyk na Mitchells Plein, wat die hoogtepunt van die apartheidstaat se behuisingsplanne was, dan lyk hierdie huidige nuwe HOP-huise beslis derderangs. As Mitchells Plein apartheid se laaste argitektoniese stuiptrekking was, behoort ons in die nuwe Suid-Afrika darem seker ten minste te probeer om dit te ewenaar, of te probeer om beter as dit te doen.

’n Vriend van my (uit Nederland) het eenkeer tydens ’n besoek aan Kaapstad daarop aangedring dat hy ’n toer van die townships in Wes-Kaapland wou doen. Ek het dit gereŽl met ’n toeroperateur op die Foreshore, en het besluit om saam te gaan.

Laat ons maar sÍ ek het daardie dag presies gesien wat die Wes-Kaapse regering dink is behoorlike behuising vir baie van sy mense. Laat ons maar sÍ dat ek my oŽ uit my kop uit geskaam het. Ek wil u verseker dat ek op daardie dag (sewe jaar gelede) besef het dat dit ’n skreiende skande is, die grootte en die gehalte van die boksies wat die Wes-Kaapse regering dink is behoorlike behuising vir ’n groot deel van hierdie stad se bevolking.

Verlede jaar in Oktober het ek deur Vlaandere getoer. In die teater
van die stad Roeselaere het die teaterbestuurder besluit dit sou ’n goeie ding wees as ek na die tyd ’n bietjie vrae beantwoord van die lede in die gehoor wat deel was van die plaaslike teaterklub.

Ek was verbaas om te sien hoe ingelig die gehoor oor Suid-Afrika was. Een man in die gehoor het dit duidelik aan ons almal gestel: wat vir die EuropeŽrs skokkend is oor Suid-Afrika (en Kaapstad), is nie hoe ryk die blankes is nie. Wat hulle wel tot in hul siele ruk, is die feit dat die kontras tussen ryk en arm so brutaal, so ooglopend, so skaamteloos en so duidelik is vir almal om te sien. Dit is die kontras tussen die derduisende plakkerskampe en patetiese bokshuisies, en die ekstravagante villas aan die Atlantiese kus. Dit is die feit dat soveel armoede kan gedy, ja, selfs kan floreer, onder die oŽ van die skynbaar welgestelde en sorgelose blankes, wat blykbaar ook geen snars omgee oor die ellende wat hulle daagliks in die gesig staar op die pad van en na die lughawe nie ...

Onlangs het ek weer van ’n Boeing 777 afgeklim, pas terug nŠ ’n konsert in Europa. Dames en here, ek het presies geweet wat daardie vliegtuig vol Britte en Duitsers en Franse gaan sien as hulle by die lughawe uitry. Ek het presies geweet wat hulle gaan dink: is die dae van armoede en ellende dan nie verby nie?

Nee, blykbaar nie. En dis nie dat daar nie geld is nie, nee; dis bloot die feit dat die stadsbestuur blykbaar aan ’n soort terminale verlamming ly. Ons HET die vermoŽ om die probleem op te los!! Maar ek verseker u, ’n persoon soos Kofi Anan sal duidelik kan sien dat ook hier in Kaapstad die politieke wil ontbreek om iets daaraan te doen.

’n Onlangse studie het bevind die stadsraad bestee nie naastenby genoeg aan behuising nie. Elke besoeker en elke toeris aan hierdie stad kan dit sien. Dis ’n skande en dit skrei ten hemele. Ons behoort nie te rus voordat elke plakkerskamp in hierdie stad platgeslaan is nie; en dit behoort vervang te word met behuising wat ons ten minste met ’n bietjie trots aan die toeriste kan wys.

As Mitchells Plein die beste is wat apartheid kon lewer, dan behoort ons ten minste te probeer om dit te ewenaar. Ten minste is daar ’n sin vir estetika in Mitchells Plein ter sprake! Dis die soort van huise wat pas by die omgewing en goed lyk in hierdie streek.

En u moet nie so naÔef wees as om die huidige ANC-alliansie hiermee te vertrou nie. Die ANC se behuisingsprojekte lyk soos strafkampe wat deur Stalin uitgedink is. Die huise kyk nie noord na die son nie, en daar is geen isolasie nie: dis vrekkoud in die winter onder daardie sinkdakke, en jy gaan ook dood van die hitte in die somer.

Van estetika is daar geen sprake nie: u en ek weet dat huise wat die kleure van skulpe geverf word, die beste lyk in die omgewing van Wes-Kaapland. Maar die munisipaliteit Oostenberg vind kotsgroen is ’n kleur wat heel goed afgaan in omgewing Stellenbosch ... dit is, wat my aanbetref, ’n gruwel in ’n historiese gebied soos Wes-Kaapland.

Verder is dit skynbaar ook van geen belang dat die Kaap elke somer van Sandybaai tot by Pringlebaai afbrand nie. Hoewel dit elke seisoen gebeur (’n ramp vir die toerisme), het daar nog geen enkele bordjie verskyn wat die maak van vure in openbare gebiede verbied nie. Dis blykbaar eerder vir die stadsraad aanvaarbaar om elke seisoen miljoene te bestee aan skadeherstelling weens die brandstigting deur moedswillige leeglÍers.

Die stadsvaders het blykbaar ook nie die krag of die politieke wil om
borde op te rig wat die maak van vure in die openbaar verbied nie.

Die bestuur van die stad Kaapstad verkeer onder die salige illusie dat ons hier in ’n toeristeparadys lewe — so oortuig is die stadsvaders daarvan dat die Kaap alles het waarvan ’n toeris maar kan droom; maar hulle is klaarblyklik heeltemal onbewus van die feit dat hul eie inwoners voor die oŽ van al hierdie toeriste krepeer in aaklige plakkerskampe en vernederende eenvertrek-bokshuisies.

Ek weet om die dood toe nie hoe ek dit aan besoekers uit Europa gaan verduidelik nie. Ek weet ook nie hoe ek aan my Europese kuiergaste gaan verduidelik dat ons op die huidige oomblik in die Kaap regeer word deur ’n klomp oorstappers wat dink hulle kan vir ons, die kiesers van Kaapstad, ore aansit nie.

Hulle dink hulle kan sommer oorstap na ’n ander party sonder om ons, die kiesers, eers daaroor te raadpleeg. Die politici hier in die Kaap meen waarskynlik dat ons vir hulle briljante persoonlikhede gestem het, en nie vir ’n stel beginsels nie.

In enige ander demokratiese land, as jy van party wil verander, dan bedank jy jou setel en jy stel jouself van vooraf verkiesbaar onder die vaandel van jou nuwe party. Die huidige nuwe orde in die Kaap dink hulle kan ons almal, die kiesers, ’n lekker streep trek en sommer net oorstap sonder om ons eers daaroor te laat stem.

Ja, ek weet die Grondwetlike Hof sal nog hieroor uitspraak lewer. Intussen vermoed ek en ’n aantal van my vriende dat die ambisie van sekere politici groter was as hulle gesonde verstand. Een ding is vir seker: ons as kiesers wil darem ten minste weet ons kan die mense vertrou vir wie ons stem, maar op die huidige oomblik lyk dit in Kaapstad nie die geval te wees nie.

* Ralph John Rabie is ’n voormalige joernalis van Die Burger en Rapport, wat vir die afgelope tien jaar buitelandse korrespondent was vir die Vlaamse Radio- en Televisiediens se Radio 1 in Brussel. In Suid-Afrika is hy ook bekend onder sy verhoognaam, Johannes Kerkorrel.

Hierdie artikel het op 12 Oktober 2002 in Die Burger verskyn.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.