SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Suid-Afrika: Gaan ons ryker of armer word?

Erns Grundling

Money makes the world go round, lui die bekende spreuk. By gister se Sol Plaatjie-diskoers (“Gaan ons ryker of armer word?”) is die kwessies van welvaart en armoede tydens ’n vurige gesprek onder die loep geneem.

Die drie sprekers was Sampie Terreblanche, voormalige hoogleraar in ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch, Neville Gabriel van die Konferensie van Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe en Leon Louw van die Vryemarkstigting.

Terreblanche was eerste aan die beurt en het sy mes ingehad vir die ryk elite, wat blind is vir die lot van die armes. “Die Suid-Afrikaanse middelklas-elite het ’n obsessie om ryker te raak terwyl die armes al hoe meer wegsink in hulle ellende,” het hy gesÍ.

Volgens Terreblanche is daar ’n “underclass” in Suid-Afrika wat een derde van die totale bevolking uitmaak. Hierdie 15 miljoen mense is ontsettend arm en kan glad nie in hul basiese menslike behoeftes voorsien nie.

Hy het die rykdom en uitspattige lewenstandaard (“’n KaliforniŽ-lewenstyl”) van die hoŽr klas as vulgÍr beskryf. Terreblanche het ’n pleidooi gelewer dat daar nie net meer empatie moet wees teenoor armes nie, maar ook met groter nuansering na die dinamika tussen ryk en arm gekyk moet word.

Terreblanche het die NP se swak ekonomiese nalatenskap, sowel as die nuwe regering en die korporatiewe sektor se onbereidwilligheid om werklik in die armes se behoeftes te voorsien, as moontlike faktore uitgesonder wat tot die verergering van die armoedekwessie lei.

Hy meen daar moet indringend gekyk word na die regering se politiek-ekonomiese stelsel. Hy bespeur egter ’n onwilligheid by Thabo Mbeki en ander ANC-segsmanne, wat die omvang van die armes se dilemma blykbaar ontken.

Volgens Gabriel is dit deesdae modieus om die armes vir hul eie lot te blameer en om na die rykes te kyk vir oplossings. “Die ekonomiese groeikoers en die per kapita-inkomste waarborg glad nie dat armoede gaan afneem, of selfs by die huidige vlak gaan bly nie,” het hy gesÍ.

Daar is ook ander gevaartekens, meen Gabriel, soos die sterftesyfer onder kinders (veral armes) wat die laaste tien jaar al hoe hoŽr is. Verder meen hy die land moet ook bewus bly van ’n “streeksidentiteit” as deel van Suidelike Afrika.

Volgens Gabriel is private kapitaalbeleggings nog altyd die verlore skakel in Afrika se ekonomiese ontwikkeling, en is die uitdaging om dit te laat toeneem.

Vir Louw kom alles neer op keuses. Hoe vryer die ekonomie, hoe ryker sal die land (en sy armes) wees. Hy het intensiewe navorsing gedoen oor vry ekonomieŽ regoor die wÍreld, en sy spreekbeurt het heelwat statistiek ingesluit. Suid-Afrika is 47ste op die lys van vry ekonomieŽ, wat volgens Louw heel gemiddeld is. “As daar minder kapitaal in die regering se hande is, sal die landsburgers groter welvaart ervaar,” het Louw gesÍ.

Terreblanche het heftig reageer op van Louw se stellings, en selfs grappenderwys vir hom ’n kort gediggie geskryf. “Wat help ekonomiese vryheid as ons mag uit die formule sny?” het Terreblanche uitgeroep. “Die elite se kompromieŽ moet in opvolgskikkings opgevolg word, en ’n funksionele politiek-ekonomiese stelsel is nodig om die situasie te verbeter,” het hy gesÍ.

Die armes sal altyd by ons wees, maar so ook die rykes. Hoewel daar nie duidelike antwoorde en moontlike oplossings uit die gesprek gekom het nie, het dit wel die lig gewerp op ’n kwessie wat alle Suid-Afrikaners ten diepste raak.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.