SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Rede by die bekendstelling van die C Louis Leipoldt-prijs van die Maatschappij der Nederlandse letterkunde te Clanwilliam op Saterdag 4 Mei 2002.

JC Kannemeyer

Geagte prof February, dames en here

Dit is vir my ’n besondere groot eer om vanaand die eerste ontvanger van die C Louis Leipoldt-prijs van die Maatschappij der Nederlandse letterkunde vir die bestudering van die Afrikaanse letterkunde te wees.

Ek is bly dat die prys die naam van C Louis Leipoldt dra, en dit is gepas dat die bekendmaking juis hier op Clanwilliam, waar hy grootgeword het, plaasvind. Clanwilliam, met die besondere natuurskoon van die omgewing, was lewenslank ’n voedingsbodem vir Leipoldt se poësie. Van vroeg in sy lewe af was hy lief daarvoor om alleen in die pastorie se ruig begroeide tuin te speel en kilometers ver in die veld langs die Jandisselsrivier te stap om plante of klippe te versamel en, soos hy dit by geleentheid stel, van die “wonderskat my toebedeel as kind” te geniet. Clanwilliam met die Karoo-veld van die Olifantsriviervallei vind dan ook sterk neerslag in Leipoldt se werk.

In die verlede is Leipoldt veral geloof as dié digter by uitstek wat die leed van die Boerevroue en -kinders tydens die Anglo-Boereoorlog in dramaties bewoë verse kon verwoord en wat die Suid-Afrikaanse natuur en veld tot poësie kon omtower. Toe daar later in sy poësie sprake was van ’n sterker kosmopolitiese tendens en ’n afkeer van ’n eng nasionalistiese strewe, is daar by tye uit politieke oorwegings sterk standpunt teen hom ingeneem. Sy gedigte oor die Anglo-Boereoorlog — dit het die aanvanklike kommentators op sy werk nie besef nie — het egter voortgekom uit ’n intense meelewing met menslike leed as sodanig, waar ook al ter wêreld. Dat dit Boerevroue en -kinders was wat gely het, was ’n historiese toevalligheid, want verby die spesifieke geval het sy verse uitgegroei tot ’n universeler klag. Sy gedigte was geen wapens in die eng nasionale stryd van die blanke Afrikaner nie. By herhaling later het hy hom dan ook krities uitgelaat oor die politieke benepenheid en kortsigtigheid van die blanke Afrikaner en sy houding ten opsigte van mense wat in velkleur van hom verskil. Feitlik profeties voorspel hy iets noodlottigs vir Suid-Afrika indien sy mense nie drasties in hul politieke uitkyk tot inkeer kom nie. Op die vooraand van die apartheidsera sterf Leipoldt, sodat die onreg, misdade en geweld wat diskriminerende wette meer as veertig jaar lank tot gevolg gehad het, vir hom gespaar is.

As ’n mens Leipoldt as digter en denker vandag opnuut bekyk, verander die beeld van hom as “volksdigter” by vroeë kritici tot ’n ware bevryder van die blanke Afrikaner uit die eng grense wat sy lewensuitkyk en kultuur in so ’n groot mate in die verlede beperk het. Leipoldt was by uitstek dié digter van sy geslag wat die geestelike horisonne van die Afrikaner versit en nuwe wêrelde vir sy mense oopgemaak het. Juis deur hierdie oop karakter van sy werk is hy deur Albert Verwey geloof as die Afrikaanse digter wat, méér as sy tydgenote Celliers en Totius, aan “de dichterlijke inhoud van Zuid-Afrika” gestalte gee en was hy die eerste Afrikaanse skrywer om internasionale erkenning te ontvang.

Juis daarom waardeer ek dit dat die Maatschappij der Nederlandse letterkunde die naam van Leipoldt aan sy prys vir Afrikaanse letterkunde gekoppel het.

Die opstel waarmee ek vanaand deur die Maatschappij bekroon word, handel oor “Uys Krige en die Suid-Afrikaanse politiek”, die ander groot Afrikaanse skrywer wat hom, voor die vernuwing van Sestig, krities teenoor die tradisionele Suid-Afrikaanse rassebeleid ingestel het. Met sy konsekwente en volgehoue verset teen die Nasionale Party se vroeë flirtasie met Nazi-ideologieë, sy steun vir generaal JC Smuts se toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog en sy deelname daaraan, sy verset teen die apartheidsdenke sedert 1948 en sy herhaalde proteste in die vyftiger- en sestigerjare, het Uys Krige in ’n groot mate onder sy generasiegenote ’n alleenpad geloop. Telkens het hy onverskrokke, duidelik en ferm sy afkeer van die rigiede apartheidstelsel, en alles wat daarmee saamhang, laat hoor. Met sy aksent op geestelike vryheid staan hy in die groot lyn van liberale Suid-Afrikaanse denkers waartoe mense soos Olive Schreiner, Onze Jan Hendrik Hofmeyr, FS Malan, JH Hofmeyr, Deneys Reitz en ook C Louis Leipoldt behoort. Saam met sy skeppende werk is hierdie bydrae tot die geestelike vryheid van sy mense sy groot verdienste.

Hierdie standpuntinname het Uys Krige by die literêre “establishment” van sy tyd ongewild gemaak en hy moes vir die grootste deel van sy lewe ’n duur prys daarvoor betaal. Telkens is hy deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir bekronings van sy oorspronklike skeppende werk verbygegaan. Waarskynlik by wyse van boetedoening het die Akademie hom uiteindelik in 1974 met die Hertzogprys vir Poësie bekroon, maar die rol wat dié liggaam oor dekades heen gespeel het om by herhaling bekronings van Krige te weerhou, word daarmee nie ongedaan gemaak nie. Dit is een van die ergste vergrype nóg wat ’n Afrikaanse woordkunstenaar aangedoen is. Die hele aaklige stuk geskiedenis en die Akademie se onverbeterlik slegte rekord in verband daarmee is nou geboekstaaf in Die goue seun, my biografie oor Krige.

Wat myself betref, kan ek werklik, in die lig van die talle bekronings met die Recht Malan-prys, die Ou Mutual-prys, en twee jaar gelede ook met die Helgaard Steyn-prys, nie kla dat my werk nie erkenning ontvang het nie. Hierdie bekronings was egter oorwegend met pryse wat aan die uitgewershuise waar ek gepubliseer het, verbind is. Van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het ek tot dusver vir my totale oeuvre die vorstelike som van R500 ontvang. In die sestigerjare was ek ’n kort tydjie ’n fakulteitslid van die Akademie, maar ek het teen my beterwete in en onder druk van kollegas lid geword. Omdat ek dit feitlik altyd oneens was met die Akademie se literêre bekronings, óók waar hulle sekere skrywers nie bekroon het nie, het ek na minder as drie jaar uit die Akademie bedank — en ek was nog nooit spyt dat ek dit gedoen het nie.

Daarteenoor is ek in 1973, in ’n vroeë stadium van my akademiese loopbaan, uitgenooi om lid van die Maatschappij der Nederlandse letterkunde te word. Deur al die jare heen het ek nooit rede gehad om te dink dat politieke belange of enige vorm van benepenheid die Maatschappij in sy literêre beslissings beïnvloed nie. Daarom beskou ek dit as ’n groot eer om hierdie toekenning van die Maatschappij te ontvang.

Ten slotte my hartlike dank aan prof Vernon February en die ander beoordelaars vir die aandag wat hulle aan my werk bestee het.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.