SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Wat van laertrek by Pramberg?

Jackie Nagtegaal

(Hierdie toespraak is onlangs gelewer tydens ’n colloquium oor Gemixde Afrikaans, aangebied deur die Universiteit van Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands.)

Om bestaansreg te h behoort enige term of groepering tog vatbaar te wees vir ’n logiese analise.Daar moet tog ’n verantwoordelike definisie wees voordat iets in ’n kategorie geplaas kan word. (Sien, ek kan Afrikaans praat )

En dit is hir waar my probleem met die term Engfrikaans l. Ek weet die term is sommer so in ’n briewekolom uitgedink en dis miskien hoekom ek so bang is om nog eendag (miskien deur my eie kinders) uitgelag te word as een van die GEKKE wat daadwerklik deelgeneem het aan so ’n debat.

Om ’n groepering te regverdig, behoort ons dus ook parameters te kan stel vir wanneer iets “Engfrikaans” is en wanneer dit as “suiwer Afrikaans” sou geld.

Ek het regtig lank en diep hieroor nagedink. Ek het in my ma se boekrak Die Staatsdrukker se Afrikaanse Woordeboek gevat (’n mother van ’n ensiklopedia van alle gerapporteerde erkende woorde in Afrikaans), en die Laaste Afrikaanse boek van Schoeman, en Van Wyk Louw se Raka (want ek weet my oupa haal altyd daaruit aan en ek sien mos hulle tweetjies word alom beskou as stoere puriste van die Afrikaanse Taal). Ek het selfs my kamerdeur gesluit en ’n bordjie op my deur gesit: “Moenie steur nie, ek dink.”

Nou het ek na veertien dae se diepe studie tot die volgende gevolgtrekking geraak: Schoeman en Van Wyk Louw gebruik albei die taal van die Afrikaanse Woordeboek soos vasgel deur die Staat se drukkery. Sou jy byvoorbeeld s: “Ek felisiteer jou met jou engagement”, praat jy die goedgekeurde suiwer Afrikaans van my oupa se helde. Suiwer en goed en nice. Mr, sou jy byvoorbeeld s: “Hey man, congrats met jou verlowing”, dan moer jy jou taal. Of liewers, dan huil jou moeder oor jy haar taal vermoor, of jy pleeg moedersmoord. Of so iets — hierdie dinge maak my baie deurmekaar. Maar die eintlike punt is, dan s hulle wat die kategorie uitgedink het: jy praat Engfrikaans.

Of as jy sou s: “Ek wil jou hartlik felisiteer met jou fellowship” (ja, ek sweer die woord fellowship staan net so op bl 667 in deel 11 van hierdie Bybels) — nou sou ek die sin so gebruik, dan praat ek Afrikaans. Mr sou jy die sin oorsit in normale Gebruiksafrikaans, sou jy miskien s: “Hey man, congrats met jou fellowship!” Maar dan sal jy sien dat di wat die parameters vir Afrikaans en verwante dinge bepaal, vir jou vies is, want dis weer Engfrikaans.

So dis vir my ’n uiters moeilike debat hierdie. Hoeveel woorde uit Engels is presies nodig per sin of paragraaf om as Engfrikaans geklassifiseer te word? En s nou ek sou Xhosawoorde inbring, byvoorbeeld “Hey man, moenie uthuvi praat nie”, word dit Xhofrikaans? En my pa is ’n Hollander, as ek sy Hollandse uitroepe sou meng, soos: “Verdomd, kyk hoe bestuur die stommerik!”, word dit dan Holfrikaans? Ek glo nie, want ek het hierdie vae vermoede dat dit nie soseer oor die indringerwoorde gaan nie, maar dat dit gaan oor die Boereoorlog. Dit gaan oor die vrees vir die Engelse Gevaar. In plaas van dat die Engelse nou die land kom vat, kom vat hulle die taal. Maar die bloody Engelse het al die movies gekaap. Hulle het die greatste boeke gekaap, ons luister hulle Engelse musiek. Sedert ons ’n nuwe regering het en meer TV-dekking het as net Haas Das, is 90 persent van ons blootstelling aan die internasionale wreld via Engels. En di van ons wat vatbaar is vir suggestie, gaan tog die taal van blootstelling in ons daaglikse gebrabbel opneem. Dis mos logies. Die enigste manier om dit te beveg is om te maak soos die Afrikaners nog altyd in tye van krisisse maak: ons trek ’n laer, steek doringtakke tussen die waens en hou die kinders binne en die gevaar buite.

Dit maak my nogal bang, want as Afrikaans nou net mooi klaar gekategoriseer is en die definisies mooi bepaal is, weet ek sommer hulle gaan onmiddellik voortgaan om al ons Engfrikaners van die Ererol van Afrikaans te verwyder. But I’ve got news for you: ek gaan ’n voorspelling waag. Waar daar nou plus minus ses miljoen Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika en elders in die wreld is, gaan ons na so ’n sensusopname oorbly met miskien (as ons gelukkig is) so ’n miljoen Afrikaners. Die res sal dan maar moet deurgaan as Engfrikaners.

Dis miskien bad, maar ek het klaar ’n plan. Miskien moet ons uitgewekenes dan maar “‘’n ou vergaderinkie” hou. Miskien daar in die Paarl. Miskien moet ons so sewe verteenwoordigers afvaardig en miskien moet ons dan maar ’n genootskappie stig. Dan noem ons onsself die Genootskap van Regte Engfrikaners en ons stel iemand aan om ons regte te verdedig. Iemand soos Maretha Maartens (want ek sien sy gebruik nogal Engfrikaans in ’n Pot vol winter). En dan vra ons haar om maar te begin druk uitoefen op die regering om ons Engfrikaners, wat nou tog die nuwe meerderheidstaal praat, amptelike erkenning te gee en Pramberg aan ons te skenk as ons volwaardige taalmonument. Dis tog net FAIR!

4 Desember 2003

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.