SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Vryheid: kultureel en taalkundig

Piet Muller

DF Malherbe-gedenklesing, Bloemfontein, 19 April 2000

Taal is veel meer as ’n kommunikasiemiddel waarmee mense hulself vir ander verstaanbaar maak. Dit is ook ’n soort protoplasma wat om enkelinge lÍ en hulle tot ’n gemeenskap saambind.

In ’n taal word ook die verlede van ’n gemeenskap bewaar, sy oomblikke van triomf en sy oomblikke van neerlaag en vernedering. Daarin bid ’n mens en spreek jy jou mees intieme gedagtes uit. Daarin droom jy drome oor die toekoms - vir jouself en vir jou volk.

Taal is baie soos die lied wat die ou vrou in Raka sing: “ ’n naelstring van sagte, kloppende bloed.”

Daarom dat veroweraars so graag vir verowerdes gesÍ het: aanvaar my taal, word ’n Fransman, ’n Engelsman of ’n Portugees en ek sal jou as my gelyke aanvaar. Laat vaar jou taal en gaan in ’n groter, glorieryker, geheel op. Want wanneer volk sy taal laat vaar het, het hy ook sy drome en aspirasies laat vaar. Dan het hy opgehou om ’n volk te wees.

Dit is die wese van die boodskap wat DF Malherbe deur sy loopbaan voortdurend aan sy taalgenote gebring het. Met die insig wat tyd en afstand bring, kan ’n mens vandag wonder of sy bydrae tot Afrikaans as akademikus en taalstryder nie net so groot was as sy bydrae as woordkunstenaar nie.

Die Suid-Afrika wat Malherbe in 1906, na afloop van sy studie in die taalkunde aan die Universiteit van Freiburg in Duitsland, gevind het, het dramaties anders gelyk as die wÍreld waarbinne die taalstryders van die Eerste Taalbeweging gelewe het.

Die Tweede Vryheidsoorlog was maar skaars vier jaar verby. In die Vrystaat en Transvaal het taalgenote ’n wanhopige stryd gevoer teen armoede en verslaentheid. Genl Jan Smuts sou na afloop van die Tweede WÍreldoorlog opmerk dat geen deel van Europa na die oorlog so volledig verwoes was as die Vrystaat en Transvaal na die Tweede Vryheidsoorlog nie. Boonop was Lord Milner besig met ’n stelselmatige poging om die kinders van die voormalige Boere-republieke deur middel van die staatskole stelselmatig te verengels.

Om alles te kroon was die “Hollandssprekende” deel van die bevolking in twee kampe verdeel: die een groep het die volgehoue gebruik van Nederlands in die een of ander vorm voorgestaan en die ander groep het die gebruik van Afrikaans bepleit. In die klimaat van armoede en verslaentheid was dit dikwels moeilik om mense wat van huis uit Afrikaans was van die toekoms van hul taal te oortuig.

Geen wonder dat die leiers van die tweede Afrikaanse Taalbeweging, Gustav Preller, JHH de Waal en ds W Postma, ernstige manne was, wat min tyd gehad het vir die speelsheid en naÔwiteit van die “patriotters”.

In hierdie atmosfeer was DF Malherbe ideaal toegerus om ’n bydrae te lewer. Opgelei in die Germaanse taalkunde en vlot in sowel Duits as Nederlands, het hy die nuwe geslag Afrikaners verteenwoordig. Mense wat hul plek in die geleerde wÍreld kon vol staan.

In 1906 lewer die jong doktor Malherbe ’n beslissende bydrae tot die taalstryd deur op Wellington, waar hy ’n dosent aan die Hugenote Kollege was, ’n lesing te hou waarin hy op taalkundige gronde deurslaggewend aantoon dat Afrikaans geen dialek van Nederlands is nie, maar ’n selfstandige taal. Die lesing het finaal Afrikaans se aanspraak op voortbestaan bevestig.

Hy pleit verder vir begrip vir Afrikaans, wat as jong taal nog al die kenmerke van ’n kultuurtaal moet ontwikkel.

In die tyd word hy ’n stigterslid van die Afrikaanse Taalvereniging, waarvan hy die volgende jaar voorsitter sou word. In sy vrye tyd reis hy deur Kaapland, hou toesprake om die saak van Afrikaans te bevorder en om takke van die Taalvereniging te stig.

Daarna word hy vir twee jaar skoolhoof op Carnavon, voordat hy ’n kort rukkie as dosent op Stellenbosch waarneem.

In 1910, die jaar van Uniewording, bevind Malherbe hom in Bloemfontein, wat tot sy dood toe sy tuiste sou bly. Van meet af neem hy deel aan die taalstryd, wat in die Vrystaat nog hewiger was as in Kaapland.

Milner se verengelsingsbeleid het reeds aanleiding gegee tot die CNO-beweging, wat aan Afrikaanssprekende kinders die keuse wou gee van Christelik-nasionale onderwys in die plek van Milner se “Britse” onderwys. Maklik was dit gewis nie in ’n provinsie waar feitlik almal brandarm was na die oorlog en waar soveel Afrikaners eerder op moedverloor se vlakte wou gaan sit as om weer van voor af by ’n stryd betrokke te raak. Boonop het ’n heftige stryd tusen die private en staatskole uitgebreek, wat eers omstreeks 1914 besweer sou word.

Gelukkig was daar die besielende teenwoordigheid van oud-president MT Steyn, wat ondanks sy swak gesondheid as beskermheer vir die kultuurstryd van die “Hollands-Afrikaanse” burgers, sy taalgenote, opgetree het.

Sy gevleuelde woorde: “Die taal van die veroweraar in die mond van die verowerde, is die taal van slawe’’ het groot indruk gemaak en baie Afrikaners tot besinning geruk. Boonop was Bloemfontein ook die tuiste van die energieke Genl JBM Hertzog, wie se sterk oortuigings hom nog in stryd sou bring met Milner se geesgenote.

In hierdie klimaat het Malherbe volmaak ingepas. Blaai ’n mens deur die notules van Bloemfontein se kultuurverenigings, blyk dit dat hy sy rol veral as opvoeder en inspireerder gesien het. Hy hou lesings oor Afrikaans, maar ook oor moderne Nederlandse digters, en digters soos Jan FE Celliers en Totius, wie se poŽsie pas in Afrikaans begin verskyn het.

Maar Malherbe skroom ook nie om by die oplaaiende rusie oor tweetaligheid betrokke te raak nie. Vier jaar na unifikasie en die Uniegrondwet, wat aan Nederlands dieselfde status as Engels gee, is sekere staatsinstellings nog onwillig om Nederlands op amptelike drukwerk te gebruik. Dit noop Malherbe om ’n veldtog te begin wat Afrikaners bewus moes maak van hul taalregte onder die Unie-grondwet en wat die skoolstryd op die spits sou dryf.

Onder leiding van mense soos Malherbe het die taalstryd in diť stadium ook begin verskuif van laer-onderwys na hoŽr-onderwys en veral universitÍre onderwys. Die hele universiteitstelsel was op daardie tydstip nog volkome Engels, en het geen aansluiting gevind by die werklike behoeftes en agtergrond van Afrikaanssprekende studente nie.

In 1911 vind die eerste kongres van Hollands-Afrikaanssprekende studente op Stellenbosch plaas, met die tema “Wij zullen handhaven”. So groot was die belangstelling vir die kongres, ook uit die Transvaal en die Vrystaat, dat dit tereg beskou kan word as die begin van die Afrikaanse studentebeweging in Suid-Afrika. Daar word belangrike besluite geneem oor die viering van Dingaansdag (later Geloftedag), die gebruik van Hollands as voertaal by universiteitseksamens en die stigting van ’n Sentrale Studente-Werdakomitee.

Dieselfde jaar nog word in Bloemfontein ’n opvolgvergadering gehou, met DF Malherbe as ere-voorsitter, om ’n Afrikaanse Studente-Taalvereniging te stig.

By die geleenthjeid verklaar drMalherbe: “ Ek sien in die studente-taalbeweging ’n nuwe fase van die taalstryd. Vir die eerste maal handhaaf die Hollands-Afrikaanse student sy reg en individualiteit, en begin hy meewerk aan die oplossing van sosiale vraagstukke, begin hy praat, word hy ’n maatskaplike faktorÖ’n Mens kan nooit te jonk wees om te eer en te respekteer wat vir die nasie heilig is nie.

“Daar word van onsimpatieke kant beweer dat die hele taalbeweging op sentiment berus en dat die gevoel van die volk deur ’n paar entoesiaste opgesweep word. Bewys van die teendeel is daar genoeg. Maar al was dit pure sentiment, was daar nog geen rede om ons te skaam nieÖDie sentiment berus op en wortel in die heiligste instink wat ’n nasie ken: nasionale bestaan, geskiedenis, sedes. Kortom, alles wat ons volkskarakter bepaal.”

Al die pogings om Afrikaans op universitÍre gebied tot sy reg te laat kom, word in 1918 bekroon, toe DF Malherbe self aangestel word as die eerste hoogleraar in Afrikaans, aan die destydse Grey-universiteitskollege, wat later die Vrystaatse Universiteit sou word. Hiermee word hy dus ook die grondlegger van Afrikaans as akademiese vakrigting, wat vandag al op drie vastelande bestudeer word.

Die ywer van taalstryders soos Malherbe, die sukses van die vroeŽ geslag Afrikaanse digters en skrywers en die energie van Afrikaanssprekende studente moes eenvoudig op die een of ander tydstip ook ’n politieke uitwerking hÍ. Die stuwing vir Afrikaans waaraan DF Malherbe en andere sedert die begin van die eeu al help bou het, het uiteindelik in die jare twintig ’n vloed geword wat daarop uitgeloop dat Afrikaans in die jare twintig deur die parlement gelyke status saam met Nederlands gegee is.

Maar ook dit was nie die einde van Malherbe se loopbaan as taalstryder nie. In 1939, toe die oorlogswolke al dik saamgepak het oor Europa, was hy een van vier manne wat in die konsistorie van die Tweetoringkerk in Bloemfontein bymekaar gekom het om die Ossewa-Brandwag te stig, ’n liggaam wat hom aanvanklik suiwer sou toespits op die verkryging van kulturele selfbeskikking vir die Afrikaner.

Die verpolitisering van die beweging, ’n mens kan byna sÍ die politieke kaping van die omstrede beweging, sou eers daarna plaasvind.

Selfs dit was nie die einde van Malherbe se taalbetrokkenheid nie. In 1941 het hy vir die tweede keer rektor van die Vrystaatse Universiteit geword en in 1959, meer as 53 jaar nadat hy sy beroemde lesing oor Afrikaans op Wellington gehou het, is hy deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon met die Stalsprys vir Taalkunde.

Wanneer ’n mens die loopbaan van DF Malherbe as taalstryder beskou, word ’n mens opnuut bewus van hoeveel arbeid deur hoeveel mense dit gekos het om Afrikaans vanaf spreektaal te verhef tot kultuurtaal en staatstaal. Hoeveel toewyding en energie dit gekos het. En hoeveel Afrikaans inderdaad vandag gevaar staan om te verloor.

Hierdie staatkundige regte is verwerf in ’n periode toe die woord Apartheid nie eens in die Afrikaanse woordeskat bestaan het nie.

Om nou te beweer, soos die vyande van Afrikaans graag doen, dat Afrikaans hierdie sg “voorregte” verkry het as gevolg van apartheid, is gewoon onsin. Iemand wat so ’n argument gebruik, verraai daardeur slegs dat hy die geringste rookskerm sal gebruik om Afrikaans te probeer bykom.

Wat ’n mens egter treurig maak, is die merkwaardige ooreenkoms tussen die politieke en maatskaplike situasie wat in die tyd van Malherbe geheers het, ooreenkom met vandag se omstandighede.

Die gevoel teen Afrikaans, wat in Malherbe se tyd bestaan het, is weer besig om teen Afrikaans op te laai, en wel om dieselfde redes: dit is skielik vir baie mense nie langer “politiek korrek” om op regte vir Afrikaans aan te dring nie, omdat dit konsuis die proses van nasiebou kan belemmer.

Net soos in Malherbe se tyd is daar vandag weer die banges, die hensoppers en die ankerloses wat reken dat dit in hul kinders se belang is om in Engels (op)gevoed te word ter wille van internasionale werkgeleenthede.Volgens diť soort mense sal ’n kennis van Afrikaans vanself kom.

Tweeduisend jaar gelede het die Romeinse geleerde Quintillianus ook al iets soortgelyks gesÍ, met die gevolg dat ’n geslag van Rome se beste jong manne vergrieks het.

Wat ’n mens vandag byna met hartseer vervul, is die mate waarin die taalstryd in Malherbe se tyd nie net die steun van akademici en kultuurleiers geniet het nie, maar ook die volmondige steun van politieke leiers soos oud-pres. MT Steyn, Genl Hertzog, dr DF Malan.

Vandag staan Afrikaans weer eens midde in ’n soortgelyke stryd, maar sonder die ondersteuning van belangrike politici. Kort na die demokratisering van Suid-Afrika se politieke bestel het talle politici ter wille van hul eie agendas, van Afrikaans af probeer wegskram. Vandag staan politici steeds op die kantlyn: deur weinig vertrou en deur min ernstig opgeneem in die stryd om Afrikaans. Dit is opvallend dat nůg die ondertekenaars van die Ope Brief oor Minderheidsregte nůg die Praagse groep van Jong Turke, enige formele bande met ’n politieke groepering het - en sulke bande trouens angsvallig vermy.

In die tyd van die taalstryder DF Malherbe was politieke leiers ook geŽerde kultuurleiers. Die Afrikaner het uit die Tweede Vryheidsoorlog gekom met ’n sterk en getoetste leierskorps, wat die land die volgende vier dekades oorheers het. Hulle was in ’n belangrike mate die stukrag agter die stryd om Afrikaans.

Die opvallende kenmerk van die Nuwe Beweging vir Afrikaans is dat dit oorwegend gedryf word deur mense buite die aktiewe politiek. Meesal mense wat in die verlede dikwels krities gestaan het teenoor apartheid - veral omdat dit onderskeid gemaak het tussen blanke Afrikaanssprekendes en Afrikaanssprekendes van kleur - en wie se “Afrikanerskap” dikwels daarom onder verdenking was; selfs mense wat uit oortuiging dienspligontduikers was en daarom vir lang tye in die buiteland gewoon het.

Ironies genoeg is hul felste kritici vandag in baie gevalle mense wat onder die vorige bedeling besonder knusse bande met regeerders gehad het, en wat daarin geslaag het om vandag ewe knusse bande met die nuwe regeerders te hÍ.

As ’n mens objektief kyk na die grondgebied wat Afrikaans oor die afgelope ses jaar moes inboet, kan ’n mens nie anders as om te aanvaar dat die owerheid besig is met ’n tienjaarplan om Afrikaans as openbare taal uit te skakel nie. Die verdwyning van Afrikaans as ’n verslagtaal in die howe sal in ’n groot mate hierdie proses afrond. Die enigste sogenaamde “hoŽr funksie” wat Afrikaans daarna nog sal behou, is sy akademiese vermoŽ - en ook hier is ’n proses aan die gang wat Afrikaans sienderoŽ uit die akademiese wÍreld kan laat verdwyn.

En nog steeds is daar Afrikaanssprekers wat glo “dat die situasie nie so erg is nie” en wat verleŽ is met die gedagte aan ’n nuwe taalstryd. Daar is selfs mense wat reken dat, gesien Afrikaans se sogenaamde “apartheidsverlede”, dit onbehoorlik sal wees om Afrikaans alte kragdadig te probeer handhaaf.

As ’n mens egter na die die kille feite van Afrikaans se funksieverlies kyk, moet Afrikaanssprekendes hulself afvra of al die gesprekke met die regering oor die afgelope ses jaar enige winste vir Afrikaans opgelewer het. Is dit bloot toevallig dat daar die afgelope paar jaar ’n ``salami-taktiek” teen Afrikaans was: telkens is een van sy “geringer” funksies afgesny, sodat mense wel kwaad geword het, maar nooit kwaad genoeg om tot ’n volwaardige taalopstand te lei nie. Dink maar daaraan hoe Afrikaans die afgelope paar maande van ons posseŽls af verdwyn het, hoe dit nie meer gebruik word wanneer ’n mens ’n nommervraag by Telkom doen nie, en dat Afrikaans nie meer gebruik word op kennisgewings by die kantore van die Ontvanger van Inkomste nie.

As ’n mens egter al die verlore funksies bymekaar tel, besef ’n mens met ’n skok dat dit Afrikaans jare van eendragtige taalstryd sal kos om daardie taalfunksies weer te herstel.

Afrikaanssprekendes moet hulself ernstig afvra of die regering se bereidwilligheid tot gesprek, en die mooi woorde wat hooggeplaaste politici van tyd tot tyd oor Afrikaans maak, nie maar net ’n diplomatieke rookskerm is waaragter daar teen die taal geknoei word nie.

Het dit nog nut om verdere gesprekke met die owerheid te voer? Of staan Afrikaans reeds voor ’n keuse tussen verset of sterf?

En omdat Afrikaanssprekendes onder die huidige grondwetlike bedeling nooit genoeg steun sal kan monster om die posisie van Afrikaans langs parlementÍr-politieke weŽ te herstel nie, sal enige stryd noodwendig buite-parlementÍr gevoer, en veral ook geÔnternasionaliseer moet word.

Daar is mense wat sal sÍ dat so ’n stryd in ’n geglobaliseerde wÍreld weinig sin sal maak.Volgens sommige oorheers Engels die wÍreld reeds tot so ’n mate dat daar vir klein tale geen toekoms meer is nie. Trouens, ’n paar honderd klein taaltjies en dialekte kan oor die volgende paar dekades verdwyn.

Globalisering het egter ook - ironies genoeg, vanuit die oogpunt van internasionalisme - ’n “skadukant” in die vorm van die opkoms van etnisme. Hoe kleiner die wÍreld word, hoe intenser raak die aandrang op regte vir kulturele minderhede. As ’n mens kyk na wat gebeur op plekke wat so ver uitmekaar lÍ as Wallis en Hongarye, Quebec en Estland, is dit duidelik dat die wÍreld ’n fase binnegaan waarin “kulturele diversiteit” net so belangrik geag word as “bio-diversiteit”.

Trouens, die belangrikste internasionale ontwikkelinge op die gebied van minderheidsregte het sedert 1990 plaasgevind, en Suid-Afrika loop gevaar om weer eens net so uit pas te raak met die wÍreldmening as wat hy tydens die apartheidsera was. Kortom, die internasionale mening is ryp vir ’n appel.

Om die plaaslike mening te oortuig, sal waarskynlik veel moeiliker wees. Afrikaans se grootste bedreiging kom van sy medelandgenote wat glo dat Engels vir hulle die poort tot ontwikkeling en ’n hoŽr lewenstandaard is.

As daar reeds taalbewegings was wat hulle beywer het vir die regte van ander inheemse tale, sou daar waarskynlik meer begrip vir Afrikaans bestaan het. Maar nou glo soveel van ons swart landgenote dat die weg na die toekoms nie deur die ontwikkeling van hul moedertale loop nie, maar deur aanvaarding van Engels.

Miskien is dit juis die les wat Afrikaans aan Suid-Afrika en die res van Afrika kan leer: dat politieke vryheid alleen nie ’n volk vry maak nie. Vryheid is omvattend en begin in die eerste plek in ’n mens se gees.

Geen volk kan dus werklik vry wees voordat hy ook kultureel en taalkundig vry is nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.