SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Kan demokrasie in Suid-Afrika oorleef?

Pieter Mulder

Hierdie lesing het deel uitgemaak van die afgelope Aardklop-kunstefees se Sol Plaatje-diskoersreeks.


1. Inleiding

Die vraag is: “Kan Demokrasie in Suid-Afrika oorleef?”

Is dit nie totaal onnodig om so ’n vraag te vra nie? Het ons dan nie ’n verskanste grondwet wat ons demokrasie vir altyd verseker nie? In Europa sou dit ondenkbaar wees om in byvoorbeeld Nederland of Brittanje die vraag te vra of die demokrasie daar kan oorleef. Tog is dit in Suid-Afrika en in Afrika ’n geldige vraag wat nie altyd met net ’n eenvoudige “Ja” of “Nee” beantwoord kan word nie.

Die Ivoorkus was vir meer as twintig jaar ’n model-demokrasie in Afrika. Nieteenstaande al die grondwetlike verskansings en ’n demokratiese tradisie van meer as twintig jaar, is die Ivoorkus deur ’n staatsgreep in chaos gedompel. Oornag is ’n streep deur die demokrasie in die Ivoorkus getrek. Het hulle dit nie sien kom nie? Dalk het hulle nie betyds debatte soos hierdie oor die saak gevoer nie.


2. Akademiese toetse

Kom ons lÍ ’n akademiese toets aan om die vraag te beantwoord.
Robert Dahl dui in Political oppositions and democracy in Western Europe aan dat die demokrasie uit drie bestanddele bestaan:

die reg om te stem;
die reg om verteenwoordig te wees; en
die reg om georganiseerd opposisie te bied.

Aan hierdie drie riglyne gemeet kan daar geen twyfel wees dat Suid-Afrika tans ’n demokrasie is nie. Ek wil verder gaan en voorspel dat Suid-Afrika oor tien jaar steeds hierdie toets sal slaag.

Watter staat in Afrika het tans die sterkste opposisieparty? Dit is Zimbabwe met die MDC wat net minder as 50 persent steun het. Tog is ons baie bewus van die magteloosheid wat die MDC as opposisieparty daar ondervind. Zimbabwe slaag egter ook die driepunttoets wat Robert Dahl aanlÍ. In Zimbabwe is daar steeds ’n reg om te stem; daar is ’n reg om verteenwoordig te wees en daar is ’n georganiseerde opposisie. Zimbabwe mag hierdie toets slaag, maar die Europese Unie het hulle reeds sterk uitgespreek dat Zimbabwe volgens hulle beslis nie meer ’n demokrasie is nie.

Om die vraag te beantwoord of demokrasie in Suid-Afrika kan oorleef, is dit duidelik dat ons sal moet kwalifiseer watter soort demokrasie ons bedoel. Is ’n Zimbabwe-soort demokrasie goed genoeg?


3. Politieke korrektheid

Een van my grootste frustrasies tans is die siekte in ons samelewing van oordrewe politieke korrektheid. Ons word gebreinspoel om al die regte woorde op die regte plekke te sÍ. “Beste grondwet in die wÍreld”; “modernste demokrasie”; “miracle” met die onderhandelinge, ens.

Onlangs het die SA Parlement se Buitelandse Sake Portefeulje-komitee, waarvan ek lid is, ’n gesprek gevoer met die Europese Unie se Buitelandse Sake-groep oor Zimbabwe. Ek het met ’n skok agtergekom hoe politieke korrektheid reeds ons almal besoedel het, en ek sluit myself daarby in. Waar ons ligvoets oor die sensitiwiteite van die moeilike Zimbabwe-situasie beweeg het, het die EuropeŽrs nie gehuiwer om die ondemokratiese bullebakoptredes van president Mugabe by die naam te noem en hom met Hitler en elke ander diktator uit die verlede te vergelyk nie. Hulle was skoon verbaas toe die ANC-parlementslede heftig beswaar maak. Die EuropeŽrs het aggressief gereageer deur aan te dui hoe hulle presies dieselfde kras taal teenoor die vorige Suid-Afrikaanse regering gebruik het en dat die ANC dit toe nie genoeg kon toegejuig het nie.

Iemand wat hom nog nooit aan politieke korrektheid gesteur het nie, is die skrywer Breyten Breytenbach. In reaksie op ’n stelling van Johan Rossouw op die Groep van 63 se internetgespreksblad skryf hy die volgende:

Die feit dat julle land en samelewing vinnig beweeg na ’n totalitÍre eenpartystaat, gekenmerk deur ’n Stalinistiese kultuur en bandelose korrupsie, maak egter nie Apartheid retrospektiewelik ’n maagdelike affÍre nie! Ek dog dan julle is by magte om alternatiewe te bedink!

Ken Owen skryf aan die einde van die onderhandelinge by Kemptonpark die volgende (Sunday Times 1 Augustus 1993, p 22):

So they (NP) rushed everything, at a mad reckless pace. They accepted an election date before they had a constitution, and they are fashioning a transitional executive before they have consensus. Now they want to surrender power before they have secured democracy.

In my ervaring kom die werklike toets vir ’n demokrasie eers as die regerende party die mag moet afstaan na ’n verkiesing. Almal is groot demokrate tot by daardie punt. Niemand kan fout vind met pres Mbeki se huidige uitsprake oor die demokrasie nie. Die toets kom die dag as die ANC die mag moet oorhandig aan ’n nuwe PAC-regering of dalk ’n opposisie-alliansie wat die verkiesing gewen het. Pres Mugabe is nou daar.

Vergelyk pres Mugabe se huidige uitsprake oor blankes en oor die opposisie met die volgende standpunt wat hy 23 jaar gelede in April 1980 met Zimbabwe se onafhanklikheidsviering gestel het:

Oppression and racism are inequalities that must never find scope in our political and social system. An evil remains an evil whether practised by white against black, or black against white.

Hoe het Zimbabwe van daardie posisie in hulle huidige posisie gekom? In Zimbabwe was dit ’n geleidelike proses wat oor 23 jaar plaasgevind het. Ek is deeglik bewus van die feit dat ’n mens baie versigtig moet wees vir ’n enkelvoudige gelykstelling tussen Zimbabwe en Suid-Afrika. Aan die ander kant kan ons ook nie ons oŽ sluit vir die feit dat dieselfde kragte wat daar werksaam was, ook hier by ons werksaam is nie. Deur nou reeds rooi ligte raak te sien, kan ons betyds alternatiewe stappe doen. Ek noem ’n paar rooi ligte:


4. Demokratiese rooi ligte

4.1 Waar stop die regering en waar begin die ANC?

Die onderskeid tussen ANC-regering en ANC politieke party word daagliks kleiner. Die meeste demokratiese lande het streng reŽls om seker te maak dat ’n regerende party nie sy magsposisie en sy toegang tot belastinggeld so misbruik dat opposisiepartye geen demokratiese kans het nie.

Is dit korrek dat senior staatsamptenare in woedende politieke debatte met opposisiepolitici tree? Is dit korrek dat daar, sonder ’n tenderprosedure, te klein polisie-uniforms deur ’n ANC-parlementslid aan kiesers uitgedeel word as ’n guns van die party aan sy kiesers? Is dit korrek dat die regering miljoene rand spandeer om op ’n weeklikse basis aankondigings en prestasies met volbladadvertensies in die media bekend te stel? Minister Mufamadi het onlangs R1 m op een dag so spandeer. Opposisiepartye wat wil spog oor hulle prestasies of ’n krisis wil verduidelik, moet met eie geld advertensieruimte in die media koop.

Ranjeni Munusamy skryf op 20 April vanjaar in die Sunday Times:

Among the biggest challenges facing the media industry is being able to tell the difference between public interest, national interest and regime (ANC) interest.

Alle aanduidings is dat ons volgende jaar verkiesing gaan veg en terselfdertyd groot staatsbyeenkomste gaan hÍ om die eerste tien jaar van die ANC-regering se prestasie te vier. Waar hou regering op en waar begin die ANC as politieke party?


4.2 Goeie opposisie met goeie demokratiese instrumente

’n Doeltreffende opposisie moet lastig en ongemaklik wees vir enige regering. In ’n ware demokrasie word hierdie lastigheid aanvaar as noodsaaklik vir goeie regering. Ten einde ’n doeltreffende opposisie te kan wees, het die opposisie instrumente soos die parlement, parlementÍre vraetyd, departementele jaarverslae en ’n vreeslose media nodig. ’n Regering wat die opposisie te lastig vind, begin die demokrasie afwater deur hierdie instrumente geleidelik te verswak.

Voorheen is die meeste belangrike politieke aankondigings in die parlement gedoen. Daardeur is die belangrikheid van die parlement en sy toesigrol deur die uitvoerende gesag erken. Omdat die President en die meeste ministers baie min in die parlement is, word die meeste van hierdie aankondigings nou in Pretoria gedoen. Hierdeur skuif politieke aktiwiteite steeds meer van Kaapstad na Pretoria. Op hierdie tydstip het verskeie koerante reeds hulle personeel in Kaapstad verminder en na Pretoria verskuif om by die afgeskaalde rol van die parlement aan te pas.

“Prime Minister’s Question Time” is een van die hoogtepunte in die Britse parlement. Op ’n gereelde basis beantwoord mnr Tony Blair onvoorbereid vrae van die opposisie. In Suid-Afrika is die vrae aan die President onlangs verminder tot slegs vier vraaggeleenthede per jaar. By hierdie geleenthede beantwoord die President slegs vyf vrae, wat weke voor die tyd aan sy kantoor gestuur moet word.

Aan die positiewe kant moet genoem word dat die finansiŽle toesig, soos deur openbarerekeninge-komitees en verslae van die ouditeur-generaal hanteer word, nog goed gedoen word. Die wapenaankope mag ’n uitsondering wees.

Die Suid-Afrikaanse media se onafhanklikheid is nog prysenswaardig en iets waaroor ernstig gewaak moet word. Die koelbloedigheid waarmee mnr Mugabe die koerant die Daily News gesluit het, dui aan wat kan gebeur. Die Suid-Afrikaanse regering het al ernstige botsings met die media gehad en die standpunt dat kritiek op die regering onpatrioties is, word al meer deur senior leiers gebruik. Onlangs weer is gekla dat die SABC nie genoeg ANC-nuus uitsaai nie en daarom onpatrioties is en die opposisie help om die ANC te “ondermyn”. Alle gevaarligte behoort aan te gaan as ’n regering hierdie terme begin gebruik.

Andrew Kenny het geskryf:

... the curse of Africa is the refusal to tolerate variety and dissent. Throughout Africa it is often a crime to make fun of political leaders and critism is equated with treason.

Solank Zapiro se spotprente geplaas word en Pieter Dirk Uys met regeringsministers mag spot, is ons nog nie in daardie situasie nie.


4.3 Derdegeslag politieke leiers: Wie volg pres Mbeki op?

Ten einde te voorkom dat ons dieselfde foute maak as wat elders gemaak word, is ’n studie van mislukte politieke skikkings in die wÍreld baie nuttig. Ciprus en Libanon is maar enkele voorbeelde. Een van die lesse wat hieruit geleer word, is dat ’n politieke skikking onder druk kom by die derde en latere geslagte politieke leiers. Hierdie latere leiers voel nie gebonde aan die aanvanklike skikking nie. Hulle speel ook eerder vir gewildheid by hulle eie magsbasisse as om die gemeenskaplike sake te beklemtoon.

Mnr Mandela, mnr De Klerk, genl Viljoen en dr Zach de Beer was die eerstegeslag politieke leiers. Tans begin die druk reeds onder die tweedegeslag politieke leiers opbou om sekere kompromieŽ van die skikking tot niet te maak. In sommige radikale ANC-geledere hoor ek reeds dat gesÍ word dat pres Mandela die witmense se president was en dat pres Mbeki se opvolger sake vinnig en radikaal sal moet regruk tot voordeel net van sy eie ondersteuners. ’n Rooi lig en resep vir konflik. Net wyse en grootmoedige leiers aan alle kante kan dit voorkom.


4.4 Vinnige nuwe middelklas versterk armes se griewe

Niks plaas soveel druk op ’n demokrasie as armoede en ’n gegriefde massa wie se verwagtinge teleurgestel is nie. Clem Sunter vergelyk politieke en ekonomiese hervormings die afgelope dekade in Rusland en China en toon dan aan hoeveel druk armoede en ekonomiese mislukkings op ’n nuwe demokrasie kan plaas.

Die ANC-regering het daarin geslaag om binne die eerste paar jaar van sy bewind ’n ryk middelklas swart amptenare en sakemanne te skep. Stadsklerke wat ’n miljoen rand ’n jaar kry. Syfers, asook die nuwe BMW’s en Mercedes Benze toon dit aan.

Prof Hermann Giliomee wys in sy nuwe boek oor die Afrikaners (p 490) hoe Afrikaanse staatsamptenare, onderwysers en verpleŽrs vir jare lank relatief lae salarisse gekry het nadat die Nasionale Party in 1948 oorgeneem het. Die gevolg hiervan was dat die gaping tussen ryk en arm Afrikaners nie merkbaar groter geword het na die 1948 NP-oorwinning nie. Eers in die sewentigerjare het ’n duidelik klas ryk Afrikaners begin verskyn.

Die skielike ryk middelklas aan die een kant, met groot getalle arm swart mense aan die ander kant, wat volgens syfers nou swakker daaraan toe is as wat hulle voor 1994 was, skep ’n gevaarlike toestand. Dit bring ontnugtering met die demokrasie. Opportunistiese politieke leiers kan hierdie toestand in die toekoms maklik uitbuit en so die hele demokratiese stelsel in gedrang bring.

SAKP-leier Chris Hani het in ’n onderhoud (Beeld, 29 Oktober 1992, p 17) voor sy dood hierdie waarskuwende woorde gesÍ:

Wat ek vrees, is dat die bevryders hulle as elitiste sal ontpop ... en in Mercedes Benze sal ry en hierdie land se hulpbronne sal gebruik ... om in paleise te lewe en rykdom te vergader.


4.5 Toenemende polarisasie

Ongeag al die polities korrekte standpunte in die land, wat almal beskryf hoe goed dit gaan, is daar besig om ’n toenemende polarisasie tussen gemeenskappe in te tree. Dit is tot niemand se voordeel nie.

Tydens die onderhandelinge voor 1994, en weer in 1996, was politieke partye geforseer om deurlopend met mekaar te praat. Praat en onderhandel bring op hulle beurt begrip vir mekaar wat tot groter verdraagsaamheid lei. Die huidige politieke klimaat is presies die teenoorgestelde. Dit is hoog gelaai met politieke beskuldigings en verwyte. Die DA se aanvallende politieke styl gaan goed af by sekere kiesers, soos hulle verkiesingsuitslae bewys. Hulle styl boots die politiek na van gevestigde demokrasieŽ soos die in Brittanje of die VSA. In albei hierdie lande het ons egter te doen met ou gevestigde en volwasse demokrasieŽ in grootliks homogene samelewings.

In Suid-Afrika het ons nie ’n gevestigde volwasse demokrasie nie. Verder sit ons met ’n baie heterogene en emosioneel verdeelde samelewing. Die DA se politieke styl mag stemme wen, maar dit dryf uitmekaar en bring verwyte en verdag. Goeie opposisie is nodig, maar die DA-styl laat geen ruimte vir onderhandel en verdraagsaamheid tussen groepe nie. Daarom sit ons met die ongesonde situasie dat daar reeds vir vyf jaar geen kontak of selfs geheime gesprek plaasvind tussen die President en die leier van die opposisie nie. My afleiding is dat Suid-Afrika nog nie polities gereed is vir hierdie tipe politiek nie. Ons kort minder aggressiewe debatte en meer gespreksgeleenthede om misverstande en vooroordele af te breek.

As die sogenaamde “swart” en “wit” koerante gelees word, is dit baie duidelik hoe ons in twee wÍrelde leef. Dit verklaar hoe dr Zuma as minister van buitelandse sake een van die gewildste leiers in swart geledere is en selfs as ’n moontlike opvolger genoem word, terwyl sy van die ongewildste in wit geledere is. Dit verklaar die uiteenlopende reaksies op die Geo Cronje-gebeure. Vergelyk net vir een oomblik die verskil in atmosfeer tussen 1995, na Suid-Afrika die rugbywÍreldbeker gewen het, en die huidige atmosfeer en braaivleispraatjies na die Cronje-gebeure en die nuwe wÍreldbeker-Springbokspan.

Hoewel die huidige opposisiepolitiek beslis ’n rol speel het in die polarisasie in Suid-Afrika, kan die regering hom geensins daarvan verontskuldig nie. Die regering en die ANC het ook ’n groot aandeel daarin. In elke mediaverklaring, in elke toespraak, in elke TV openbare optrede kan jy maar voorspel dat die ANC-woordvoerder, as verduideliking vir sy probleem, na die bevoorregte wittes as gevolg van apartheid teenoor die benadeelde swartes as gevolg van die onregte van die verlede sal verwys. Soos die ANC onder druk kom met verkiesingsbeloftes wat nie nagekom kan word nie, word hierdie pap steeds dikker aangemaak. Dit het onvermydelik sy invloed en werk polarisasie in die hand.

Dit is tragies dat agt jaar na die 1994-verkiesing, “Kill the Boer” nog by openbare geleenthede gedreunsing is. Daarna het dit nog twee jaar geneem om die slagspreuk as haatspraak verklaar te kry. Nieteenstaande al die verduidelikings wat gegee is, bly dit vir my ontstellend as mev Winnie Mandela steeds ’n oorweldigende ovasie by die Cosatu-kongres kry asof sy steeds deur apartheidstrukture onderdruk word. Dit terwyl snedige liedere deur die afgevaardigdes oor mnr Bulelane Ngcuka se ondersoek na pres Zuma gesing word.

Robert Kennedy het gesÍ dat die probleem van ekstremiste nie soseer is dat hulle ekstreem is nie, maar dat hulle so onverdraagsaam is:

The evil is not what they say about their cause, but what they say about their opponents.

Met meer tyd kon ek ook ’n lys maak van wat die Suid-Afrikaanse situasie anders en beter maak as die meeste Afrika-state s’n. Daar is egter genoeg ANC-lofsangers wat dit wel sal doen. Omdat hulle die rooi ligte sal ignoreer, het ek dit aangestip.

5. Afrikaners

Maar omdat ons by Aardklop is, wil ek ook met Afrikaners praat. Oplossings kan nie van net een kant kom nie. Vier opmerkings:

5.1. Ek wil praat met Afrikaners wat hoop dat Suid-Afrika so gou as moontlik in duie stort. Die onderliggende van hulle argument is dat die ou Suid-Afrika herstel sal word as alles in duie stort. Dit werk nie so in Afrika nie. NÍrens in Afrika is die ou bewind herstel daar waar alles in duie gestort het nie. Wat wel gebeur, is dat die inflasiekoers na 300 persent spring, dat die middelklas ekonomies daardeur vernietig word, dat die bietjie demokrasie tot niet is en dat die militÍre sterkman as diktator oorneem. Andersins gaan so ’n land in ’n lang uitgerekte burgeroorlog in. Dit is negatiewe denke, wensdenkery en bring geen oplossing nie.

5.2. Daar is ook Afrikaners wat hulle verlekker in alles wat verkeerd loop in Suid-Afrika. Hulle persoonlike frustrasies met die nuwe Suid-Afrika lei daartoe. Natuurlik het hulle rede tot frustrasies. Kom sit vir ’n week langs my in die parlement as jy oor frustrasie wil praat. Die feit is egter dat as die Suid-Afrikaanse skip sink, sink ons almal daarmee saam. Daar is geen manier waarop ’n bos kan brand en jy as ’n doringboom ongeskonde daar uit kom terwyl al die eikebome alleen afbrand nie. Dieselfde geld vir Suid-Afrika. Staan op jou reg en veg vir dit wat jy glo, maar bly verantwoordelik en gebalanseerd.

5.3. Afrikaners het hulle na die kontinent Afrika vernoem — tog sukkel hulle om met die werklikhede van Afrika vrede te maak. Natuurlik het ons Europese wortels en verbintenisse — dit is deel van ons erfenis. Maar die toekoms van Afrikaans en die Afrikaner sal nie in Europa of in AustraliŽ bepaal word nie, maar in Afrika en in Suid-Afrika. Daarom die ideaal en droom om hier ’n eie toekoms uit te kap en ’n rol te speel om ’n eiesoortige demokrasie in Suid-Afrika en Afrika te vestig. Ons kinders kort ’n droom om hulle te motiveer en sinvol vir die toekoms te laat werk. Die armste man is nie die man sonder ’n sent nie, maar die man sonder ’n droom!

5.4. Die Afrikaner se ideale en toekoms in Suid-Afrika kan nooit op ’n rassistiese benadering gebou word nie. Dit kan ook nie gebou word deur soos bullebakke jeens andere op te tree nie. Die Afrikaner moet nie in die manier waarop hulle vir hierdie sake veg, hulself as die turksvy in die Suid-Afrikaanse boord posisioneer nie, ’n turksvy in die sin dat elkeen wat met hulle in aanraking kom, gesteek of gebrand voel nie. Om jouself te wees en op jou regte te staan het niks met rassisme te doen nie. Dit erken slegs die werklikhede van etnokulturele diversiteit in Suid-Afrika.

6. Demokrasie: Voorwaardes en toekomsdrome

Kan die demokrasie in Suid-Afrika oorleef? Ja, op sekere voorwaardes.

’n Definisie van politiek is dat dit die hantering van verskille is. Hierdie verskille kan outokraties of demokraties hanteer word. Die huidige gewilde demokratiese model in die wÍreld is die liberaal-demokratiese. Dit word in ’n kits verpak en dan na Irak en Afrikastate uitgevoer as die enigste demokratiese model.

In ’n simplistiese liberaal-demokratiese model, soos die Weste aan Afrika aanbied, dwing 51 persent van die bevolking hulle wil af op die ander 49 persent. In ’n homogene staat, waar regerings mekaar gereeld afwissel, mag dit nog verduur word. In die tipiese heterogene state soos ons in Afrika kry, is dit ’n resep vir mislukking. Afrika se geskiedenis bewys dit.

Die opposisie, wat meestal spesifieke etniese lojaliteite het, ervaar hierdie model nie as demokrasie nie maar as onderdrukking en oorheersing. Dit lok verset en ondermyning uit.

Die simplistiese model waaraan Afrikastate gemeet word, word in min heterogene Westerse state gebruik. Switserland, BelgiŽ, Spanje het almal reeds aangepaste en verfynde modelle. Dit dui aan dat die liberale demokrasie soos dit aan ons voorgehou word, besig is om in die wÍreld vervang te word. Deelnemende demokrasie of radikale demokrasie volg daarop. Hierdeur word plaaslike gemeenskappe erken en bemagtig. Die werklike kultuur van demokrasie lÍ tog opgesluit in die gees van deelname. Soos die grondslag van individuele regte in menswaardigheid opgesluit lÍ, lÍ die grondslag van gemeenskapsregte in erkenning. Ek glo die toekoms van demokrasie, in Suid-Afrika en Afrika, lÍ in die politiek van erkenning.

Daarom glo ek dat selfbeskikking en minderheidsregte deel moet word van die Suid-Afrikaanse grondwetlike oplossing. Nie selfsugtige selfbeskikking wat sommige gemeenskappe bo ander wil verhef of bevoorreg en glo dit is ’n oplossing nie; nie isolasionistiese selfbeskikking wat ’n laer wil trek en glo dat byvoorbeeld die Afrikaner deur selfbeskikking kan ontvlug van die werklikhede van Afrika waarvan hy nie hou nie. Nie oneerlike selfbeskikking en minderheidsregte wat eintlik net ’n dekmantel vir verskuilde onderdrukking of diskriminasie is nie. Selfbeskikking het niks met rassisme te doen nie, maar selfbeskikking is nie bang om die werklikhede van ons verskillende gemeenskappe en etniese verskeidenheid aan te spreek nie. Moderne realistiese selfbeskikking en minderheidsregte wat geskoei is op die internasionale voorbeelde. Selfbeskikking wat selfstandige gemeenskappe daarstel en hulle sekuriteit en sekerheid gee. Met hierdie sekuriteit kan die lede van so ’n gemeenskap, soos Afrikaners, uitbeweeg en ’n rol in Suid-Afrika en Afrika speel. Daarsonder word al hulle energie spandeer in tou trek en argumenteer met die owerheid oor watter regte hulle toekom.

Dr Robert Goddard word as die vader van die Amerikaanse Ruimteprogram en as stigter van die ruimte-agentskap NASA gesien. Hy het gesÍ: “Elke droom is ’n grap, totdat die eerste mense dit bereik.”

Lesers word uitgenooi om te reageer by egrundling@mweb.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.