SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Pasop vir die kultuurgestapo

Martie Meiring

is 'n bekende joernalis en rubriekskrywer van Stellenbosch. Sy dien ook op die direksies van verskeie kunstefeeste.

Presies waar die sg beswaarmakers teen Roodt se optrede tydens die Woordfees haatspraak in sy (lang!) artikel "Adapt and die" lees, sal interessant wees om te sien.

Wat egter onrusbarend is, indien sy reg aangehaal is in Die Burger van 21 Februarie, is dat me Yvonne Malan gesê het: "Ons voel net nie dit is reg dat die Universiteit van Stellenbosch vir hom 'n forum gee nie."

Sy en ander mag so "voel", en dit gooi dan rooi, rooi waarskuwingseine uit: Het ons hier met 'n kultuurgestapo op die kampus van die US te doen wat "voel" sekere dinge is nie "reg" nie?

Terwyl ek nie Roodt se tesis kan ondersteun nie, is sy waarnemings net so geldig soos soms die rasverwysings in byvoorbeeld ANC Today. Roodt fouteer deur nie sy stellings volledig te substansieer nie: byvoorbeeld deur die groter verskynsel van misdaad onder swart jongmense teenoor wit mense summier te verklaar sonder inagneming van die getalle-oorwig, oorsake soos armoede, apartheid en die "kinders van die lost generation"-sindroom.

Voorts is sy stelling: "Few whites, if any, commit violent crime and there are only 3 900 of them in prison, mostly for white-collar offences such as fraud or insider trading on the stock exchange" so flagrant dat hy homself pootjie. Wie anders as 'n witte het Marleen Konings op verskriklike wyse vermoor; wie sleep 'n "anderskleurige" agter 'n bakkie? Ensovoorts.

Sou regter Hlophe se verslag oor rassisme onder wit regters sonder dat sy aannames gesubstansieer is, of in sommige gevalle reeds as foutief beskryf is, dan volgens hierdie kultuurgestapo nie ook as haatspraak gesien kan word nie? Soos by Roodt is sulke stellings tog deel van die heersende debat en moet dit daarom gelug word. Buitendien, van wanneer af is rasbeheptheid noodwendig haatspraak?

Dis juis omdat die US so openlik die groot debat rondom Bram Fischer gehanteer het dat respek vir die universiteit gehandhaaf en selfs uitgebou is.

Moenie dat, met watter motiewe ook, iets soos 'n kultuurgeleentheid soos die Woordfees besoedel word deur te suggereer dat die universiteit nie die oop debat kan ondersteun nie.



LitNet: 22 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie debat? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.