SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Ek is baie jammer, maar ek onttrek my hiermee aan die Woordfees

Max du Preez

is 'n bekroonde joernalis, skrywer en politieke kommentator.

Beste Dorothea*

Ek was baie geesdriftig toe ek julle uitnodiging gekry het om aan die Woordfees deel te neem. Dit is 'n wonderlike projek wat ek hoop nog baie groter gaan word.

Ek was ongelukkig heeltemal onbewus daarvan dat Dan Roodt ook genooi is om aan die fees deel te neem. Ek het dit eers agtergekom toe ek van die nuwe debat op die kampus en op LitNet bewus geword het.

Ek het gisteraand Roodt se stuk "Adapt and Die" wat hy die wêreld in gestuur het, gelees. Ek dink al lank Roodt is 'n fundamentalistiese rassis en dat sy gereelde agitasies en selfpromovering die Afrikaanse saak baie skade aandoen. Sy jongste stuk is suiwer haatspraak: swart mense is geneties geprogrammeer om misdaad te pleeg, sê hy. Dit is rassehaat op dieselfde vlak as wat die Nazi's teen die Jode gepredik het.

Ek hou nie van sensuur nie en het my hele volwasse lewe daarteen gestry. Maar daar is 'n groot verskil tussen iemand se mond snoer en hom opsluit weens sy uitlatings, en om aan so 'n haatspreker openbare forums beskikbaar te stel om sy verwerplikhede te verkondig. Ek dink dis baie belangrik dat ons in die Afrikaanssprekende gemeenskap, namens wie Roodt sê hy optree, dit met ons dade duidelik maak dat sy haatspraak nie in ons land 'n plek het nie. Ek wil nie hê Roodt moet aangekla word of iets nie, maar dit is tyd dat gebalanseerde Afrikaners hard en duidelik vir hom sê hulle gaan nie meer sy haatlike ekstremisme vir hom versprei nie.

Ek het destyds beswaar gehad dat hy 'n koerantrubriek gegun word, en ek dink jul besluit om aan hom twee geleenthede te gee om sy rassisme op so 'n respektabele forum te versprei, nogal by my alma mater, was ongelukkig, selfs ondeurdag.

Ek het uitgesien na my eie optrede, ook omdat ek oor my laaste twee boeke sou kon praat. Ek publiseer vanjaar 'n nostalgiese boek oor die Vrye Weekblad-jare en sou graag daaroor ook wou gesels. Maar nadat ek lank en ernstig daaroor nagedink het, het ek besluit ek kan nie by dieselfde geleentheid, op dieselfde dag en in dieselfde lokale as Roodt optree asof ek sy optrede daar as goed en normaal aanvaar nie.

Ek sou natuurlik verkies dat julle sy uitnodiging terugtrek, maar daaroor het ek geen seggenskap nie. In elk geval, ek sien Roodt sê hy gaan opdaag, al is hy nie genooi nie. Dit sal sekerlik net in 'n tipiese Roodt-sirkus ontaard en hom net meer publisiteit gee.

Ek is baie jammer, maar ek onttrek my hiermee aan die Woordfees.

Groete

Max du Preez



* Max du Preez het hierdie korrespondensie vroeër vandag gerig aan die Woordfees en vir LitNet aangebied as 'n bydrae tot die seminaar.



LitNet: 22 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie debat? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.