SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Maar hoe gemaak met Roodt?

Jason Lloyd

is 'n voormalige politieke joernalis. Hy is tans media-direkteur vir die Oos-Kaapse minister vir finansies, 'n rubriekskrywer vir LitNet, en waag sy hand aan kortverhale.

Hoe hanteer 'n mens Dan Roodt se rassistiese (?) en haatuitsprake (?)? Dis seer sekerlik geen maklike taak nie. Veral as 'n mens Suid-Afrika se apartheids- en koloniale verlede, waar vryheid van spraak net 'n droom was, in ag neem. Die vrylating van Nelson Mandela in 1990, die eerste nierassige demokratiese verkiesing in 1994 en die aanvaarding van die nuwe Grondwet (die hoogste gesag in die Republiek van Suid-Afrika) in 1996 het die Suid-Afrikaanse landskap op alle vlakke fundamenteel verander.

En om te verseker dat hierdie veranderinge spesiale aandag geniet, het die grondwetskrywers spesiaal 'n Handves van Menseregte (hoofstuk twee van die Grondwet) in die Grondwet verskans. Reël 16(1) van hoofstuk twee stippel duidelik uit dat elke landsburger spraakvryheid geniet. En dan stippel reël 16(2) weer die beperkings op spraakvryheid uit, want ons weet nie alle regte is absoluut nie. Waar die grense van die vryheid van spraak hulle bevind, of wie bepaal waar die grense getrek word, is nie die punt nie. Die punt is dat alle mense vryheid van spraak geniet. En die "grense" beteken vir my dat spraakvryheid met verantwoordelikheid beoefen moet word. Wel, so behoort dit te wees - nie dat Roodt hom daaraan steur nie.

Bogenoemde in ag geneem sou dit dan heel veilig wees om te sê alle mense, insluitend Roodt, het die reg op vryheid van spraak. Maar dat Roodt 'n omstrede figuur is, is gewis. Sy artikel getiteld "Adapt and die - SA's new motto" is 'n bewys daarvan. En vir my is dit erger as haatspraak en rassisme. Net so ook was sy rubriek "Dis jong swart mans wat roof, verkrag en moor" wat hy in 2003 vir Rapport aangebied het vir publikasie. Tim du Plessis, redakteur van Rapport, was toe die josie in vir Roodt en het hom op die spot as rubriekskrywer gefire. Wel, vir my was dit sensuur (deur nie die rubriek te plaas nie) om Roodt se morsige uitlatings uit die openbaar te kry. Die media se rol om in te lig weeg swaarder as om die lesers, kykers of luisteraars (of gehoor) te beskerm.

En dit is reeds hier waar ek dink Rapport moes nie vir Roodt oor sy standpunte gefire het nie. Miskien moes Du Plessis ander redes gevind het om van hom ontslae te raak. Koerante en tydskrifte dank nie hul rubriekskrywers af net omdat hulle nie met die inhoud van die rubrieke saamstem nie. (Hier dink ek sommer aan Die Burger, wat nog steeds met Leopold Scholtz as apartheidsrubriekskrywer opgeskeep sit. Iemand het aan my genoem dat as hy sy sin kry, sal hy Scholtz se rubrieke elke Donderdag delete voordat dit Vrydag verskyn.)

Maar hoe gemaak met Roodt? Wel, "ou perde" wat terug hunker na die vleispotte van gister, is nog dik gesaai in Afrikaner-geledere. Party doen dit net ordentliker as Roodt agter "intellektuele fasades". Hier dink ek aan Hermann Giliomee, Jaap Steyn, Scholtz en kie. So, hoekom net vir Roodt takel?

Aan die anderkant dink ek mense maak te veel van Roodt se uitsprake, want van hom geld ook die stelling van Steve Biko: "I am what I write." Wie is Roodt dan nou werklik, dat hy ernstig opgeneem moet word? As hy rassisties is, laat hom wees. As hy haatspraak uiter, laat dit so wees. Hy is geen faktor nie. Net 'n verveelde man wat die swart regering wil weg wens. Geen Suid-Afrikaner wat werklik "getroud is" met die nuwe orde sal toelaat dat Roodt hom of haar van stryk sal bring nie. Suid-Afrika is onherroeplik op die pad van verandering. Nooit weer sal daar Afrikanerheerskappy in Suid-Afrika heers nie. Dan man, kry dit in jou kop.

Ek wil my verstout om te sê ek dink nie die debat gaan oor vryheid van spraak nie. Dit is liewer 'n groepie Afrikaners wat mekaar in die openbaar probeer opfok. Dink maar aan die Fischer-debat; Johann Rossouw en Anton van Niekerk wat mekaar takel oor of Agaat 'n regse roman is, al dan nie; Joan Hambidge en Amanda Gouws se oor en weer skrywery oor - nee, ek het al vergeet waaroor hulle so stry. En die hele blerrie debat oor Afrikaans. En boonop is daar Max du Preez wat soos 'n poephol opgetree het deur weg te hardloop vir Roodt. Deur dit te doen het hy 'n streep deur die geskiedenis van die Vrye Weekblad-dae getrek. En daarop kan ek net sê: "Sies Max, jy het jou broek natgepiepie."

Laat Dan Roodt praat waar hy ook al wil. Want elke mens is immers op die aarde vir 'n doel, en wat Roodt op die oomblik doen, is sy doel. Met ander woorde: sy optrede is deur God so bestem om altyd dwaas te wees. Niemand, insluitend God, neem hom dus ernstig op nie.



LitNet: 23 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.