SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

'n Paar kwessies is hier ter sprake

Jan-Jan Joubert

is 'n politieke joernalis.

Damned rude.

So het mense al Dan Roodt se naam parodieer, en om verstaanbare redes. Die man gee baie mense aanstoot. Maar die pogings om hom nou te verbied om aan die Woordfees deel te neem dui op die ergste vorm van daardie ongemanierdheid waarvan dr Roodt se vele teenstanders hom so graag beskuldig.

'n Paar kwessies is hier ter sprake: eerstens die wysheid daarvan om aan hom 'n podium te verskaf, tweedens vryheid van spraak, derdens sensuur en vierdens doodgewone ordentlikheid.

Op die eerste punt moet mens seker reken dat, as dit jou keuse was, jy nie vir Roodt sou nooi nie. Kyk, hy is regtig 'n aangename, belese en interessante persoon en daar is seker mense wat met hom saamstem. Maar hy besef self nie hoe vuig sy politieke opvattings, en veral sy vergoeliking van apartheid, vir baie mense is nie.

Sy onlangse artikel "Adapt and die" getuig van hierdie ongevoeligheid. Dis 'n ondeurdagte, oorvereenvoudigde stuk rasbehepte verdraaiing. Sy verwagting dat die hoofstroom-media hier te lande dit sal ignoreer is gegrond, maar dit sal nie uit gedienstigheid wees nie. Dit sal gewoon wees omdat dit so swak is. Dit voel asof dit geskryf is deur iemand sonder besef van die nagevolge van die verlede, die probleme van die hede of die sosio-ekonomiese dinamiek waarbinne die toekoms aangepak moet word. Dit kyk ook in geheel die fenomenale geleenthede mis wat ons samelewing bied en is dus ongebalanseerd.

Om hom te nooi as spreker was dus nie spesifiek 'n blink gedagte nie, want hy kan sekerlik poog om die kans te misbruik. Sy rol in die Little Magazine-beweging maak sy keuse vir daardie bespreking sinvol, maar mens wonder oor die rede vir die ander bespreking oor hom as "slegte gewete". Ek dink dit was 'n oordeelsfout, maar die tyd sal leer. Dalk verras hy ons.

Die tweede punt is vryheid van spraak. Dis een van die moeilikste vereistes as jy die liberale demokrasie aanhang dat jy die reg moet verdedig van diegene wat met jou verskil om hul sê te kan sê. Ek self stem baie amper nooit saam met wat Roodt sê nie en vind dit dikwels aanmatigend. Die wese van ons demokratiese en vrye samelewing is dat selfs Roodt die reg het om sy mening te lug, en dis kosbaar, gegewe van waar ons kom. Natuurlik is daar grense van grondwetlikheid waarbinne gebly moet word en grense van haatspraak wat nie oorgesteek mag word nie. Maar daaroor kan ons howe besluit. Wie wil beweer Roodt pleeg haatspraak, kan hom daarvan aankla.

Dit bring mens by die ontstellendste deel van die debat, naamlik die aandrang op sensuur. Daar is 'n polities-korrekte groepie op Stellenbosch wat blykbaar wil hê die universiteit moet terugkeer na die totale gedienstigheid aan die gesag van die dag wat Maties in apartheidsdae gekenmerk het. Elkeen wat met hulle verskil is verkeerd en moet verban word. Hulle behoort te besef dat die korttermyn-voordele wat jy so bereik, nooit kan opweeg teen die nadeel dat mense besef jy offer jou selfstandigheid op vir 'n pot lensiesop nie. As jy nie na Roodt wil luister nie, moet doodgewoon nie opdaag nie!

Die vierde punt gaan oor ordentlikheid. Die Woordfees sit in 'n onbenydenswaardige posisie wat hy weliswaar self geskep het. Ja, om Roodt te nooi was ondeurdag. Maar as jy iemand genooi het, sou dit die grofste gebrek aan maniere wees om die uitnodiging terug te trek. Daarom doen prof Dorothea van Zyl en haar mense by die Woordfees die regte ding om nie in te gee op die drang om sensuur nie, en maak dit mens bly om te sien die Universiteit van Stellenbosch respekteer die fees se besluit. Kom ons hoop Roodt weet wat sy teenwoordigheid van sy gasheer verg, en stel dieselfde ordentlikheid ten toon.



LitNet: 24 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie debat? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.