SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Dan Roodt se web

Deborah Steinmair

is geen deskundige nie. Sy sal enigiets eenkeer lees. Sy glo in vryheid en woon in Vredehoek.

Oor Dan Roodt se web-artikel "Adapt or die - South Africa's new motto": ek beveel nie 'n pleister aan nie. Sekere wonde moet asemhaal.

Almal van ons het 'n onheilsboodskapper-tante. Die soort wat om eenuur in die nag al wat leef wakkerbel om met blink oog en somber toon die nuus van 'n heengaan mee te deel. Om tog net die eerste te wees om die slegte nuus oor te dra. Suid-Afrika het vir Dan Roodt, 'n slim frankofiel wat sy skoene met ingevoerde byewas poets.

Klein Dan staan regop in die sandput en gil dat die keiser kaal is.

Ja, hy's reg.

Maar sy invalshoek steek in my strot. Sy sneeublindheid: wit sover die oog kan sien. En die feit dat hy so 'n ooglopende behae uit die uitryg van ellende put. Behoort hy dit soveel te geniet? En mag hy naasbestaandes se persoonlike smart vir sy saak skaak?

Ja, in 'n demokrasie mág die gillende Daantjie sy stem verhef. En die kinders wat koppe bymekaar sit en probeer bou aan 'n sand- of lugkasteel, mag sê: gaan gil in 'n ander sandput.

Die soort waansin wat ons in Suid-Afrika beleef, weerspieël die siekte van die samelewing as 'n geheel, nie een sektor, ras of geslag nie, Dan. Een en almal is aandadig. Kuikens word groot en kom huis toe om nes te maak. Die goedige oom Verwoerd en die landjie wat rustiger as Switserland was, is 'n vals wit herinnering.

Moet my nie weer wakker bel nie, Tante. Of nog beter: ek prop liefs die telefoon uit as ek gaan slaap.



LitNet: 21 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.