SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Laat die hof besluit

Andries "Roof" Bezuidenhout

sing vir die Brixton Moord & Roof Orkes.

My geskiedenisonderwyser het altyd gesê Suid-Afrika is 'n land van vloede en droogte. Dis 'n cliché, maar dalk is dit waar. Hier rond is jou highs baie hoog en jou lows baie laag. In 1994 kry ons demokrasie. Terselfdertyd vang ons VIGS. Saam met ons nuwe lewe kom die dood. Die ekonomie groei konstant, maar werksgeleenthede word minder. Die kloof tussen die rykes en die armes word al hoe wyer. Sommige spring net betyds oor na die ander kant toe. Die rykes bou mure om Dainfern. Die armes wag by die hek. Hulle sê hulle voorvaders lê daar begrawe. Onder alles borrel die duiwels van ras en etnisiteit.

'n Mens kan verstaan hoekom Suid-Afrika 'n gevaarlike plek is. Dit het die potensiaal om 'n wonderlike land te wees, maar dit het ook die potensiaal om weer langs Bosnië en Rwanda in die geskiedenisboeke te gaan staan. 'n Mens moet versigtig wees in só 'n plek. Ons het baie wonde wat nog moet genees.

Maar dalk is ons soms net 'n bietjie té sensitief. Miskien is dit nodig om aan ou wonde te torring sodat die etter onder die rowe kan uitkom. Dalk dien iemand soos Dan Roodt 'n goeie doel. Hy verwoord wat baie mense te bang is om in die openbaar te sê. In die proses skep hy die geleentheid om neorassistiese argumente te weerlê. Hy het immers die reg om te skryf wat hy wil. Ons konstitusie sê so.

Maar die saak het ook 'n ander kant. Miskien veroorsaak die getorring gangrene en verloor die pasiënt 'n been of twee. Of dalk sterf sy 'n aaklige dood. Die mense wat ons konstitusie geskryf het, het wel besluit dat ons vryheid van spraak het. Hulle het hierdie reg egter gekwalifiseer met die konsep haatspraak. Ons mag ook nie op grond van ras, geslag, seksuele voorkeur en 'n rits ander dinge diskrimineer nie. Maar dít word weer gekwalifiseer sodat daar regstellende aksie kan wees. Hierdie is maar twee van die vele toertjies wat ons moet doen om nie aan die een of ander kant van ons skisofreniese tightrope af te val nie.

Dis dus maklik om Dan Roodt se vryheid van spraak te verdedig. Maar sê nou net hy kry dit reg om die latente rassistiese sentimente van baie mense tot só 'n mate te mobiliseer dat die lae-intensiteit-oorlog tussen klasse en rasse in Suid-Afrika uitbars in die volskaalse oorlog wat almal verwag het? Mense het ook aanvanklik gedink Hitler is 'n hanswors. Gaan 'n mens dan soos die Engelse liberals sê: "Oh, how ghastly" en niks doen nie?

Dan Roodt spreek baie sensitiewe kwessies aan. Oor sommige van daardie kwessies moet wél gepraat word. Dis jammer dat ons President so 'n chip op sy skouer het spesifiek as dit kom by kwessies van ras, misdaad, seksualiteit en die dood. Daar is te veel dinge waaroor ons maar net stilbly en te bang is om te bespreek. Te veel keer word gesprekke anoniem gevoer.

In Suid-Afrika is haatspraak 'n misdaad. Moord is ook. Verkragting is ook. Jy kan nie beweer iemand is 'n moordenaar sonder om die owerhede daarvan te verwittig nie. As 'n mens oortuig is dat iemand haatspraak pleeg, moet jy hom voor die hof sleep.

Dis verkeerd om van die organiseerders van kunstefeeste te verwag om 'n oordeel daaroor te fel.



LitNet: 22 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.