SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Om op die Groot Verbod te reageer

Ampie Coetzee

is 'n bekende resensent en akademikus voorheen verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK).

Ons mense wat met die Groot Verbod grootgeword het - spraak, skryf, samesyn, seks, sensuur - ons wat "skelm" en openlik daarteen geveg het, ons lewens versuur het daardeur, ons kan nie glo dat daar in 'n veronderstelde demokrasie mense is wat nog dink aan die Verbod nie.

Jy kan sekerlik 'n satanis verbied om in jou kerk te kom praat. Die konteks bepaal die handeling.

Maar om van 'n universiteit te verwag om iemand wat sy/haar standpunt stel vir die hele wêreld om te lees, en persone nog uitnooi om dit te versprei - om van 'n universiteit, wat daar is om die ruimte te bied vir spraak en denke, om van sodanige instelling te verwag om die Verbod toe te pas? Dit kan ek wragtig nie glo nie.

Jy legitimeer nie 'n persoon wat op jou kampus voor 'n gehoor praat en dinge sê of skryf waarvan jy nie hou nie. Al is dit die veelgeprese Universiteit van Stellenbosch. Jy redeneer met hom. Hier moet hy kan verdedig wat hy dink - want hier is mense wat oop kan dink, wat logies kan dink, en wat rustig argumente wat aanvegbaar is kan toets.

Om by Dan Roodt uit te kom.

Dít sou mens aan hom kon sê: Jou vergelyking tussen politieke geweld en sosiale geweld is geldig, en dit belig die skynbare onoplosbaarheid van sosiale geweld. Maar kan jy nie dink aan oplossings nie? 'n Nuwe regering? Terug na die terreur van apartheid? En jy steun te veel op statistieke en hoorsê-stories. Statistieke in hierdie land is onbetroubaar. Ons weet nie eens hoeveel mense daar in Suid-Afrika is nie. Een historiese statistiek is wel betroubaar: dat daar meer swart mans in hierdie land is as wit mans, en as misdaad-"statistieke" reflekteer dat daar meer misdaad deur swart mans gepleeg word, dan hoef jy nie verder te teoretiseer nie.

Maar verder: Haatspraak? Of is dit kwaadspraak, of bangspraak? Ek glo nie dis haatspraak nie, en as daar diegene is wat so dink en wat die man wil verbied om te praat, dan moet daar met hom gedebatteer word, want vanuit gedagtewisseling - al is dit ook aggressiewe gedagtewisseling - kom mens by waarhede uit.

Ten slotte. Ek wil Dorothea van Zyl gelukwens met haar standpunt. So behoort letterkundiges - wat al gelees het van die gruwelikste wandade, maar ook van die hoogtepunte van die mens se denke en handelinge - te reageer op die Groot Verbod.



LitNet: 22 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.